• No results found

Inheemse bome en struike: die witstinkhoutboom

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Inheemse bome en struike: die witstinkhoutboom"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Inheemse bome en struike

DIE WITSTINKHOUTBOOM

P.C. Zietsman

Die Witstinkhout, Celtis africana, behoort aan die

familie Ulmaceae waarvan daar slegs drie spesies van die genus Celtis in Suid-Afrika

voorkom.

Die Witstinkhout kom baie wyd verspreid in die land voor, vanaf woude in die Kaap noordwaarts deur die oostelike gedeeltes van die land tot so ver noord as Etiopie. Die habitatte waarin die bome voorkom wissel tussen kuswoude in die suide, langs rivierbeddings, droe lopies in die Vrystaat en woude. Oor die a Igemeen word die bome egter geassosieer met hoe reenvalen vogtige habitatte. Die groeivorm en hoogte van die bohne varieer baie na gelang van die plek waar die boom staan. Die groeivorm wissel van klein struikagtige bome van 'n meter hoog tot 'n pragtige spreidende boom van ongeveer 12 m hoog. In woude bereik die bome hoogtes van tot 30 m.

Die bas is liggrys tot bykans w it met 'n gladde oppervlak. Die bome is met die uitsondering van die in kuswoude bladwisselend. Die volwasse blare is donkergroen van kleur terwyl die jong blare wat in die lente uitloop 'n besonderse liggroen kleur het. Die blomme is onopvallenden word van Augustus tot Oktober gedra. Die geelbruin vrugte w at tussen Oktober en Desember gedra word, word deur o.a. muisvoels, tiptolle en houtkappers geeet.

Die bome het verskeie gebruike onder die swartmense. So byvoorbeeld word geglo dat dit geeste sal verdryf indien penne wat uit die hout gesny is, in die grond ingeslaan word. Die hout word ook somsgebruik virdie maak van jukkeen in enkele gevalle selfs om meubels van te maak.

Die vars hout het 'n onaangenamegeur, vandaar die volksnaam, en is bykans wit van kleur. Die hout het geen kommersiele waarde nie.

Uit die oogpunt van 'n tuinier is dit 'n ideale boom

om in die tuin te plant. Dit groei betreklik vinnig, sowat 1-2 m per jaar en die digte spreidende kroon bied genoeg koelte vir warm somerdae. Die bome is rypbestand en redelik droogtebestand. Die boom word in die Vrystaat, TBVC-landeen in die Nasionale State beskerm. |ilnl|

BIBLIO GRAFIE

COATES PALGRAVE, K. 1977. Trees of Southern Africa. Kaapstad: Struik.

PALMER, E. 8t PITMAN, N. 1972. Trees of Southern Africa, Vol. 1. Kaapstad A.A. Balkema.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons

Ook uit Oos-Kaapland word berig dat nuwe eenhede op die been gebring word. Scdert die invoering van die nuwe geldstelsel het die Russe probeer om dit vir die

atoombomme kan vasgestel en gemcet word, het dr. Joseph Ha- milton, van die universiteit van Kalifornie, verklaar, maar die gevolge van 'n kiemoorlog kan nie

The developed imbalance models is then used to develop novel frequency-dependent im- balance extraction and compensation techniques, which directly extract the exact

1) Die kleuterskool in Suid-Afrika verkeer in n eksperi- mentele stadium, die terrein is nog nie helder om- lyn en beskryf nie; daarom behoort eerste

Through a clear understanding of the variables that influence and impact on job demands, job satisfaction, and intention to leave amongst employees in this

Di t blyk reeds u:.i... groepe uit Bantoe- en Blanke mens tussen die ouderdomme negen- tien- tot vyf-en-dertig jaar sal best9.an. dat die tipe arbeid wat n persoon

1 Dutch Reformed' bekend was, maar dui ook aan dat.dit die spesifieke Afrikaan- se (Dutch) kerk teenoor die Anglikaanse, Roomse en ander volksvreemde kerke was,