• No results found

Die enigma van Hendrik Verwoerd: 'n akademikus in die politiek.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die enigma van Hendrik Verwoerd: 'n akademikus in die politiek."

Copied!
23
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die enigma van Hendrik Verwoerd: `n Akademikus in die

politiek

Hermann Giliomee Dept Geskiedenis Universiteit Stellenbosch Summary

Hendrik Verwoerd, one of the main architects of “Bantu education “and the idea of independent Bantu homelands, is one of the most controversial politcians in South Africa. Hailed and almost venerated by his supporters, he was seen by Albert Luthuli and other African nationalists as the architect of their “calamity”. In popular journalism he has been likened to Adolf Hitler and Robert Mugabe. Yet Verwoerd was no conventional racist. Recent reseach has shown that as a Stellenbosch lecturer he rejected the theory that some races were genetically and biologically superior to others. When he went abroad he was not attracted to Nazi thinking but by the ideas of American social scientists who advocated “social engineering” to avoid future conflicts. His main aim in introducing Bantu education in 1954 was to expand mass education on a primary level and to deflect black job aspirations from the cities to the homelands. His plan to impose a rigid form of apartheid was ultimately thwarted by high economic growth and much more rapid black population growth than had been anticipated.

Inleiding

Hendrik Verwoerd sal vir lank een van die mees omstrede figure in die moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis bly. Gedurende sy termyn as Eerste Minister was dit nie net Afrikanernasionaliste wat hom hoog aangeslaan het nie. In 1964 het CW de Kiewiet, `n gerespekteerde liberale historikus, melding gemaak van die “vigour and resourcefulness” waarmee Verwoerd die rassekwessie in Suid-Afrika as `n sleuteluitdaging aanpak. `n Vergelyking tussen Verwoerd en generaal Charles de Gaulle, wat toe in Frankryk aan bewind was, was vir hom

(2)

nie onvanpas nie.1 In Augustus 1966 het die tydskrif Time `n kritiese artikel oor apartheid geplaas, maar Verwoerd bestempel as “one of the ablest leaders Africa has ever produced.” 2

Hierteenoor was daar ook tydgenote wat hom fel gekritiseer het. In 1962 het Albert Luthuli, leier van die African National Congress, hom as die “author of our calamity” bestempel. Sy regering se wette het elke aspek van `n swart man se lewe beheer, van onderwys af tot die graf. Die stelsel van Bantoe-tuislande was “a huge deceit”.3 IB Tabata, leier van die Non-European Unity Movement, het sy onderwysbeleid as “education for barbarism” bestempel, en Alex Hepple, wat gedurende die jare vyftig die Arbeidersparty in die Volksraad verteenwoordig het, het hom `n subtiele demagoog genoem wat homself en meeste witmense gehipnotiseer het.4

Hierdie artikel ontleed Verwoerd se beeld vandag en sy nalatenskap op die gebied van rassebeleid, onderwys en ekonomiese ontwikkeling. Voor hy in 1958 Eerste Minister geword het, was die hoekstene van apartheid, soos beliggaam in rasseklassifikasie, groepsgebiede en `n verbod op seksuele verbintenisse oor die kleurskeidslyn, reeds gevestig. Verwoerd se projek was om volledige stelsel van blanke heerskappy en rasseskeiding te ontwikkel en dit in wetenskaplike terme te probeer regverdig. Volgens hom moes daar naas die wit Suid-Afrikaanse nasie, met sy eie staat en grondgebied tot stand, ander volke met hul eie administrasies, nasieskap en grondgebied tot stand kom. Met die blankes se aandeel van die bevolking onder 20 persent was hierdie beleid so onrealisties en onregverdigbaar dat net iemand met die weergalose akadmiese selfvertroue van `n Verwoerd dit met sulke oortuiging kon verkondig. `n Amerikaanse politieke wetenskaplike het tereg apartheid as een van die radikale ideologieë van die twintigste eeu bestempel.5

Verwoerd as demoniese figuur

Veertig jaar na Verwoerd se dood is hy nog net so omstrede as gedurende sy lewe. In die populêre joernalistiek is daar min skrywers wat bereid is om `n gebalanseerde oordeel oor hom te probeer vel. Hy word eerder uitgesonder

1 CW de Kiewiet, “Loneliness in the beloved country”, Foreign A��airsCW de Kiewiet, “Loneliness in the beloved country”, A��airs, 42 (3), 1964, p. 419. (3), 1964, p. 419. 2 Time, 26 August 1966, pp. 20-25.

3 A Luthuli, Let my people go (Fount Paperbacks, England, 1962), pp. 176-77. 4 A Hepple, Verwoerd (Penguin Books, England, 1967), pp. 327-38.

(3)

as `n demoniese figuur in wie al die boosheid en listigheid van apartheid saamgetrek was. Stephen Mulholland, eens `n finansiële joernalis en later persbaas, het Verwoerd oor een kam met die massamoordenaars Hitler, Stalin en Saddam Hussein geskeer. Die rede vir Mulholland se vergelyking met Hitler is die aanname dat Verwoerd dieselfde obsessie met ras as die Nazi’s gehad het.6

Die poging om die rassedenke van Suid-Afrika gedurende die 1950s met dié van die Nazi’s te vergelyk, getuig van oningeligtheid of intellektuele oneerlikheid. Dit geld ook vir die poging om te probeer aantoon dat Verwoerd gedurende `n kort studiebesoek aan Duitsland gedurende die 1920’s besmet geraak het met die obsessie met ras van baie Duitsers van die tyd. Roberta Millar, die enigste akademikus wat `n wetenskaplike studie van Verwoerd se vroeë rassedenke gemaak het, het gevind dat as rassisme `n geloof behels in die inherente biologiese of genetiese meerderwaardigheid van wit mense Verwoerd nie `n rassis was nie. Sy Stellenbosse klasnotas en memoranda beklemtoon dat daar geen biologiese verskille tussen die groot rassegroepe, byvoorbeeld tussen Europeërs en Afrikane, is nie. Die ontwikkeling van ’n hoër beskawing deur die Kaukasiese ras kan, volgens hom, nie deur sodanige verskille verklaar word nie.

Die grootste buitelandse invloed op Verwoerd was die stroming in die sosiologie in die VSA wat later as maatskaplike ingenieurswese bekend sou staan. Hy het ’n onwrikbare vertroue gehad in die reg van die staat om in te meng ten einde `n ordelike samelewing te reël en toekomstige botsings te vermy.7 Mulholland se siening dat Verwoerd en die Afrikanernasionaliste veel meer rasbehep as die Engelssprekendes was, en deur die Nazi’s beïnvloed was, spruit uit die wanopvatting dat die Verenigde Party-bewind (1933-1948) rasseverdraagsaamheid en integrasie aangemoedig het en dat die Nasionale Party-bewind `n drastiese en dramatiese ommekeer in rassebeleid verteenwoordig het.

In werklikheid is die storie van `n verdraagsame dertiger-en veertigerjare `n mite. Piet Cillié het die volgende parodie daarvan geskryf:

Uit`n tydperk van betreklik goeie en gemaklike rasseverhoudinge voor1948 is Suid-Afrika skielik deur `n bewindsverandering gedompel in byna vier dekades 6 Finansies en Tegniek, 9-13 Junie 2003.

7 R Millar, “Science and Society in the early career of HF Verwoerd”, Journal of Southern African Studies 19, (4), 1993), p. 646.

(4)

van toenemende spanning en rassehaat. `n Bose etniese ideologie is stelselmatig aan `n dikwels niksvermoedende land opgedwing. Die eens mooi saamlewende, veelrassige gemeenskap is deur `n seksionele diktatoriale bewind verdeel en gefragmenteer en ontwortel, en deur die fragmentasie en verdrukking verhinder om die vriendskaplike betrekkinge te ontwikkel waarheen hy op pad was.8

Die liberale denkers van die jare dertig en veertig sou verbaas gewees het oor die voorstelling dat rasseverhoudinge voor 1948 weldadig was. In 1936 het Alfred Hoernlé, `n gerespekteerde liberale denker, geskryf dat `n besoeker van Mars aan Suid-Afrika onmiddellik getref sou wees deur die allesomvattende aard van rasseuitsluiting en segregasie. Die man van Mars, het hy bygevoeg, sou slegs tot een gevolgtrekking kom: ‘[There] was a dominant urge towards segregation, which has moulded the structure of South African society and made it what it now is.’9

Die meeste van hierdie liberales het geen sterk beswaar gehad teen die heersende kodes teen bloedvermenging nie. Vir Hoernlé was rassesuiwerheid noodsaaklik vir “racial respect and racial pride”. Hierdie mening was, volgens hom, “the view of the best public opinion, the most enlightened racial self-consciousness, of natives no less than of whites,”10 The Forum, `n tydskrif wat gestig is om Jan Hofmeyr se liberale politiek te bevorder, het geskryf dat bloedvermenging weersinwekkend was en het residensiële en maatskaplike segregasie voorgestaan.11 Nasionaliste en liberales het nie met mekaar verskil oor die wenslikheid om geslagsverkeer oor rassegrense te beperk nie, maar wel oor die noodsaaklikheid van wetgewing. Liberales het wette teengestaan, maar wou bloedvermenging deur sosiale kodes aan bande lê; die nasionaliste wou wette hê.

Die getuienis dui daarop dat die NP- politici wat na 1948 aan apartheid `n statutêre beslag gegee het die suidelike state van die Verenigde State van Amerika eerder as Nazi Duitsland as voorbeeld geneem het. Hier was daar geen tuislande maar daar was segregasie op feitlik elke vlak van die samelewing. Die rassedenke van Afrikaners verskil nie betekenisvol van dié van die blankes in die Amerikaanse Suide gedurende die 1940s nie. In laasgenoemde geval het net 2 persent in 1942 die integrasie van openbare skole voorgestaan, 4

8 P Cilliers, Baanbrekers vir vryheid (Kaapstad, Tafelberg, 1990), p. 65.

9 RFA Hoernlé, Race and reason (Johannesburg, University of the Witwatersrand Press, 1945), pp. 96-97. 10 The Star, 25 September 1931; Die Vaderland, 18 June 1935.

(5)

persent dié van openbare vervoer en 12 persent dié van woongebiede.12 Toe TE Dönges, Minister van Binnelandse Sake, in 1949 die wetsontwerp op gemengde huwelike indien, het hy daarop gewys dat in 30 state in die VSA `n soortgelyke wet was en dat in 15 van hulle daar `n amptenaar vir huweliksake was wie se taak dit was om die wet toe te pas.13

Na die 1948 verkiesing het die Nasionale Party al die mense in groepe geklassifiseer (voorheen was die wit-swart klassifikasie die enigste formele verdeling wat werklik saak gemaak het), seksuele omgang tussen wit en bruin verbied (die verbod op swart-wit vermenging is reeds in 1927 ingestel), en groepsgebiede ingestel. Verwoerd is nie hiervoor verantwoordelik nie, maar wel die Kaapse nasionaliste, wat die basiese hoekstene van apartheid gelê het met die Sauer-komitee se verslag van 1947 en die wetgewing wat tussen die jare 1948 en 1954 deurgevoer is. Dit is Dönges, en nie Verwoerd nie, wat vir die wette op rasseklassifikasie, ontug en gemengde huwelike en aparte woongebiede pa moet staan. En dit was Die Burger van Phil Weber en Piet Cillié wat hierdie wette onderskryf het, alhoewel die koerant geweet het dat dit groot lyding en soms ook materiële verliese meegebring het.

Nog `n poging om Verwoerd as `n demoniese figuur voor te stel, kom voor in Christopher Hope se “reisverhaal” oor lande onder `n tirannie. Hier beeld hy Robert Mugabe, wat in 1980 president van Zimbabwe geword het, en Verwoerd as “brothers under the skin” uit. Hope bespeur by albei `n haat vir Brittanje en die drang om die grondgebied te suiwer van enige mense wat nie daarop aanspraak mag maak nie. Die boek argumenteer dat die wreedhede en absurditeite van tiranne dieselfde is, ongeag die kleur van die tiran. Hulle is nie net moreel verderflik nie, maar is ook vir hul land materieel `n ramp. Hy skryf oor Verwoerd se loopbaan: “It was a career of almost unrelieved destruction and it left his country so badly wounded that it has still not recovered.” 14

Oor die geestelike lyding wat apartheid meegebring het, kan geen historikus `n oordeel vel nie. Wat die materiële aspek betref, is daar wel sekere indikatore wat gebruik kan word. Die ag jaar van Verwoerd se premierskap was die periode waarin Suid-Afrika ekonomies die vinnigste gegroei het, waarin die proses van herverdeling van inkomste tussen wit en swart begin het, en waarin

12 H Hyman and P Sheatsley, “Attitudes towards Desegregation”, Scientific American, 211, 1964, pp. 18-19; MA Schwartz, Trends in white attitudes towards negroes (Chicago, University of Chicago Opinion Research Center, 1967), p. 131.

13 G Carter, The politics of inequality: South Africa since 1948 (London, Thames and Hudson, 1958), p. 78. 14 C Hope, Brothers under the skin: Travels in tyranny (London, Macmillan, 2003), p. 49.

(6)

die formele sektor van die ekonomie die grootste proporsie ekonomies-aktiewe mense ooit in diens gehad het.

Die verskil tussen Mugabe en Verwoerd is daar vir almal om te sien behalwe vir diegene met ideologiese oogklappe. Mugabe het `n land oorgeneem wat ten spyte van sanksies voorspoedig was en wat Julius Nyerere `n juweel in Afrika genoem het. Van die middel-1990s af het die ekonomie egter vinnig gekrimp. Die inflasiesyfer het tot die hoogste vlak bekend gestyg.

Demograwe gebruik lewensverwagting, saam met die koers van suigelingsterftes, as die beste fisieke indikatore vir `n gemeenskap se welsyn. Swartes se lewensverwagting het tydens die jare waarin Verwoerd in die kabinet was vinnig toegeneem; van 41 jaar vir mans en 42 jaar vir vroue in die 1946-51 periode tot 51 jaar vir mans en 57 jaar vir vroue in die periode 1966 tot 1970. Die swart bevolking het van ongeveer 7 tot 14 miljoen verdubbel. Die “Human Development Index”, wat indikatore soos die kwaliteit van onderwys insluit, is `n beter indikator, maar hierdie indeks is redelik nuut. In algemene terme moet die feit onderstreep word dat materiële vordering (in bogenoemde terme) nooit kan vergoed vir die geestelike skade wat deur apartheid veroorsaak is nie.15

Verwoerd: Pragmaties of konskwent?

Soms het daar twyfel onder die nasionaliste bestaan oor die ingeslane rigting. In 1953 het Phil Weber, Die Burger se redakteur, aan Albert Geyer, `n vorige redakteur en toe Hoë Kommissaris in Londen, geskryf dat hoë kwalifikasies vir alle nuwe bruin kiesers op `n gemeenskaplike kieslys `n wyser alternatief sou wees as die verwydering van alle bruin kiesers van `n gemeenskaplike lys. Hy het dit met twee senior Kaapse leiers, Eben Dönges en PW Botha, bespreek en het die feit dat hulle geswyg het, geneem as aanduiding dat hulle saamstem.16 Op daardie stadium het die magsbelans in die koukus egter reeds weg van die Kaapse NP geskuif waar die Transvaalse en Vrystaatse lede saam twee keer meer was. Die noordelike vleuel van die NP was vasbeslote om verder te bou op die fondament van apartheid wat die suidelike vleuel tussen die jare 1948 en 1954 gelê het.

15 JL Sadie, “The economic demography of South Africa” (Ph.D., Universiteit van Stellenbosch, 2000), pp. 4-9, 113.

(7)

Eers teen 1960 het die Kaapse NP begin twyfel oor die wenslikheid van volskaalse apartheid tussen wit en bruin. Die opstande na die slagting by Sharpeville het Die Burger laat besef dat die blankes bondgenote al meer nodig sou hê. Die blad het voorgestel dat bruinmense toegelaat moes word om hul eie verteenwoordigers vir die Parlement te kies.

Verwoerd het die Kaapse voorstel verwerp met die waarskuwing dat bruin Parlementslede tot toenemende integrasie, selfs “biologiese integrasie”, sou lei. Hy het geglo dat een toegewing tot verdere eise en toegewings sou lei. Die bruin mense sou in meer as een opsig as ‘n brug vir swart-wit integrasie kon dien. Ondertrouery tussen bruin en swart het plaasgevind namate meer en meer mense uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap verhuis het. In Die Burger het Piet Cillié sy groot teleurstelling oor Verwoerd se standpunt uitgespreek en die term biologiese integrasie “’n afskuwelike nuwe eufemisme vir verbastering” genoem.17 Dit is baie duidelik dat die wegbeweeg van apartheid tussen wit en bruin in 1960 tot ondraaglike spanning tussen die noordelike en die suidelike vleuel van die NP sou lei.

Omtrent alle leiers van politieke partye wat aan die mag is, beskou die eenheid van die party as `n prioriteit. Die vraag is, wat sou Verwoerd doen as die magsbalans in sy party stewig was. Is hy deur pragmatisme of logiese konsekwentheid gedryf? In sy herinneringe aan Verwoerd verwys Brand Fourie, Sekretaris van Buitelandse Sake, na die saak in die Wêreldhof oor Suidwes-Afrika. Die Suid-Afrikaanse regspan kon geen regverdiging vind vir `n beleid van apartheid teenoor die bruin mense van Suidwes- Afrika, wat sonder `n tuisland was, nie. Toe hy hieroor gevra is, het Verwoerd gesê dat daar geen logiese rede is waarom die bruin mense apart van die wit mense gehou moet word nie. Hy het privaat verklaar: “Eventueel sal die kleurling sy politieke toekoms met die blanke moet vind. Maar die tyd is nog nie ryp nie.” Brand Fourie het geskryf dat dit te betwyfel is of hy in beginsel een visie vir Suidwes se bruinmense en ‘n ander een vir die republiek se bruin mense sou gehad het. Hy was, het Fourie geskryf, “te konsekwent daarvoor”.18

Die vraag is hoe ver sou hy sy konsekwentheid as die argitek van apartheid neem voordat hy om “konsekwente” redes sou besluit om af te wyk?

17 L Louw (red), Dawie, 1946-1964 (Kaapstad, Tafelberg, 1965), pp. 195-206; JJJ Scholtz, “In die Skemerwêreld”, pp. 195-206; JJJ Scholtz, “In die Skemerwêreld”, WD Beukes (red), Oor Grense Heen: Op pad na `n Nasionale Pers, 1948-1990 (Kaapstad, Nasionale Boekhandel, 1992), pp. 78-79.

18 B Fourie, “Buitelandse sake onder Dr. Verwoerd”, WJ Verwoerd (red.), Verwoerd: So onthou ons hom (Pretoria, Protea, 2001), p. 132.

(8)

Verwoerd se agtergrond as akademikus en sy akademiese benadering het hom `n buitengewone politikus gemaak. Politiek het vir hom nie in die eerste plek “die kuns van die moontlike” behels nie maar om `n bepaalde model af te druk – een waarvan die beginsels met mekaar rym. In dié sin het sy benadering gebots met dié van Immanel Kant (1724 -1804), wat geskryf het: Uit die krom hout waaruit die mensdom gemaak is, kan niks heeltemal reguit getimmer word nie.

Verwoerd is nie afgeskrik deur die probleem dat volhoubare ontwikkeling van die swart tuislande nie moontlik was nie, en dat `n gemeenskap soos die bruin mense hulself nie as `n volk beskou het nie, nie `n eie grondgebied gehad het nie en ook nie dat daar nie so iets soos `n staat-binne-`n-staat kan wees nie. Hy het gesê: “As die teoreties-onmoontlike staat-binne-`n-staat [vir die bruin mense] die prys vir wit voorbestaan is, moet die wit mense bereid wees om die prys daarvoor te betaal.19

Vewoerd was in sy eie oë konsekwent toe hy in 1965 gesê het dat net soos Ceylon die land van die Sinhalese was, ongeag die teenwoordigheid van ander groepe, Suid-Afrika `n wit land was, ongeag die aanwesigheid van ander groepe. “Laat ek baie duidelik wees”, het Verwoerd verklaar: “Wanneer ek praat van die nasie, praat ek van die wit mense van Suid-Afrika.” Richard van der Ross het in reaksie gesê dat dit beteken dat geen nie-blanke ooit die vlag en volkslied as sy vlag en volkslied kan beskou nie.20

Dieselfde konsekwentheid was ook te bespeur in sy aandrang dat alle swart mense lede van `n bepaalde etniese groep moet wees, dat die “swart kolle” in wit gebiede opgeruim moet word, en dat permanent verstedelikte swart mense net tydelik in die stadsgebiede is. Op sportgebied het sy konsekwentheid beteken dat Maori’s nie in Suid-Afrika teen `n wit span kan speel nie. Verwoerd se ideologie het daarop neergekom dat alle nie-blankes tot vreemdelinge in hul eie land verklaar word. Alhoewel hulle nie uit die land gesit is nie, kan hul gedwonge verskuiwing en die latere wegneem van hul burgerskap vergelyk word met die verbanning van minderhede elders wat soveel lyding en verbittering meegebring het.

19 H Kenny, Architect of Apartheid: Hendrik Verwoerd –An Appraisal (Johannesburg, Jonathan Ball, 1980), p. 218.

20 H Giliomee, “The leader and the citizenry”, R Schrire (ed.), Leadership in the Apartheid State (Cape Town, Oxford University Press, 1994), p. 118.

(9)

Apartheid as “kompeterende alternatief”

Onlangs het oud-regter Richard Goldstone die onsinnige opmerking gemaak dat FW de Klerk se apologie voor die Waarheidskommissie nie aanvaar kon word nie.21 Volgens die goeie regter sou die apologie slegs betekenisvol gewees het as hy erken het dat daar “no justification at all” was vir die beleid wat hy, en sy vader voor hom toegepas het nie. Met heelwat meer begrip skryf De Kiewiet in 1956:

Apartheid is no subject for mockery or facile comment. It is very grim, very important, very difficult. Of the men in South Africa who support it some are uninformed and deeply prejudiced…There is, however, a gross and dangerous error in not recognizing that the best of the advocates of apartheid are men of personal worthiness, with genuinely conscientious and moral spirits.’22

Om `n regverdigbare stelsel te bou in `n situasie waar blankes meer as 85 per sent van die grond, feitlik al die kapitaal en al die politieke mag in die hande gehou het, was nie sonder `n dramatiese program van ekonomiese en politieke ontwikkeling en sowel magsverdeling as inkomsteverdeling moontlik nie. Daar was twee geleenthede toe dit op die agenda was. Die eerste keer was in 1954, toe die Tomlinson-kommissie die grootskaalse ekonomiese ontwikkeling van die swart tuislande en die aanwending van blanke private inisiatief aanbeveel het. Verwoerd het egter private blanke inisiatief belet en besluit om veel minder fondse aan die ontwikkeling van die tuislande te bestee as wat die kommissie aanbeveel het.

Die ander keer was die besoek in Januarie 1961 van Dag Hammarskjold, die VVO se Sekretaris-Generaal. Sy opdrag was om die skending van menseregte onder apartheid te ondersoek. Verwoerd en Hammarskjold het die besoek so belangrik gevind dat hulle ses keer privaat ontmoet het. Die Sekretaris-Generaal het gesê dat sy liggaam spoedige integrasie in Suid-Afrika verlang, maar vir Verwoerd was dit totaal onaanvaarbaar. Hammerskjold het toe die belangrike vraag gestel: Is daar `n kans dat apartheid omskep kan word in iets wat dit “a competitive alternative” vir integrasie sou maak?

Verwoerd het geantwoord dat die beleid van swart tuislande so `n alternatief kan wees. Hierop het Hammerskjold gereageer dat die beleid as `n kompeterende alternatief beskou sou word as dit aan die volgende vereistes voldoen:

21 R Goldstone, “Foreword”, M Minow, Between vengeance and forgiveness (Boston, Beacon Press, 1998), p. xiii. 22 CW de Kiewiet, The anatomy of South African misery (London, Oxford University Press, 1956), p. 41.

(10)

• voldoende grond en samehangende gebiede moet deur die regering opsy gesit word;

• `n plan vir hul ekonomiese ontwikkeling moet gepubliseer word;

• instellings moet daargestel word wat op die volkswil berus en kan lei tot onafhanklikheid as die mense dit so verkies.

Hammerskjold het bygevoeg dat die Verwoerd-regering moet besef dat die tuislande nie `n algehele oplossing bied nie. Die swart mense wat buite die tuislande woon en werk, moet dieselfde beskerming kry as wat Westerse lande aan gasarbeiders gee. Na `n langdurige verblyf moet hulle geregtig wees op burgerregte en volle burgerskap.23

Hier het Verwoerd `n unieke geleentheid gehad om `n plan te ontwikkel om minstens Westerse steun te kry vir `n meer aanvaarbare beleid. Hammerskjold is egter `n paar maande later in ‘n vliegongeluk in die Kongo oorlede en daarmee het die Suid-Afrikaanse regering `n waardevolle bemiddelaar verloor. Die regering het nietemin later in 1961 `n vorm van plaaslike regering vir stadswartes ingestel. Raadslede is verkies maar die liggame het min magte gehad. `n Vorm van selfregering is ook in die Transkei ingevoer met die belofte van latere onafhanklikheid.

Die regerings van lande in die Derde Wêreld het die beleid van Bantoestans as `n klugspel beskou, maar as eksperiment is dit nie dadelik deur die vernaamste Brise koerante afgeskryf nie. In Londen het die Sunday Times geskryf dat die Afrikaner-minderheid besluit het om `n alternatief te probeer vind vir `n geveg tot die bitter einde. Die Transkei was `n moedige stap in daardie rigting.

The Guardian het aanvaar dat daar moontlik in Suid-Afrika wit en swart

invloedsfere kan kom, wat uiteindelik tot volle partisie kon lei.24 In 1964 het De Kiewiet na `n besoek aan Suid-Afrika geskryf dat dit onwys is om die beleid van Bantoestans onomwonde te verwerp. Dit het die moontlikheid gebied van “an enlarged political experience” waarin die swartes verligting kon kry van die onderdrukking in die gemeenskaplike gebied.25

Teen 1966 het bedenkinge oor die beleid ontstaan, selfs in die geledere van nasionaliste. Die ekonomiese ontwikkeling van die gebiede het teen `n slakkepas geskied. In die tien jaar tussen 1956, toe die Tomlinson-verslag verskyn het, en 1966 toe Verwoerd dood is, is slegs 45 000 werksgeleenthede

23 B Urquhart, Hammerskjold (Londen, Bodley Head, 1973) p. 498.

24 H Giliomee, The Afrikaners: Biography of a People (Cape Town, Tafelberg, 2003), p. 531.

(11)

in die Bantoestans en in grensgebiede geskep. Dit was minder as wat die Tomlinson-kommissie in een jaar wou hê. In 1966 was die totale produk van al die Bantoestans slegs 1,9 persent van die nasionale produk van Suid-Afrika. Die gemiddelde per kapita produksie in die gebiede was twintig keer laer as in die res van Suid-Afrika. Geen werklike nywerheidsontwikkeling het in die sogenaamde tuislande plaasgevind nie. Na mate die gebiede `n al groter bevolking moes dra, het die landbou vinnig agteruit gegaan.26 Van die vroeë 1970s was daar min of geen geloofwaardige leiers, kommentators of skrywers in die buiteland wat apartheid as enigiets anders as onverbloemde blanke heerskappy en blanke rassisme beskou het.27

Of Verwoerd se aanvaarding van die Tomlinson-voorstelle dramaties die lewensvatbaarheid van die tuisland sou verhoog het, is te betwyfel. Die drie krities belangrike faktore was die suigkrag van die nywerheidssentra, die Weste se toenemende ongeduld met blanke dominasie en die snelle swart bevolkingsgroei en. Veral laasgenoemde faktor was belangrik. Daar was teen die einde van die eeu 10 miljoen meer swartes as wat in die 1950’s verwag is Sien tabel).28

Geselekteerde syfers vir die SA bevolking

1946 sensus 1951 projeksie vir 2000 1991 (werklik)

Blankes 2,376,000 5, 724 000 5,068,000

Swartes 8,618,000 18,937,000 28,396,000 Meer swartes 6,242,000 13,213,000 23,328,000 Die kernvraag is: hoe kon Verwoerd met sy onbetwiste verstandelike vermoëns en politieke dryfkrag `n beleid verkondig wat waarin die retoriek so sleg by die realiteit afgesteek het?. `n Antwoord hierop kan nie op meer as spekulasie berus nie. In vele opsigte is Verwoerd `n enigma. Aan die een kant het hy `n beleid afgedwing waarin die konsekwente uitsluiting van swartes en

26 Vir `n gedetailleerde ontleding sien S van der Horst, “The Economic Problems of the homelands”, NJ Rhoodie(red.), South African dialogue (Johannesburg; McGraw Hill, 1972); J Butler, et al, The Black homelands

of South Africa (Berkeley, University of California Press, 1977; JA du Pisani, “Die ontplooiing van afsonderlike

ontwikkeling tydens die BJ Vorster-era”, (Ph.D., Universiteit van die Oranje Vrystaat, 1989).

27 Kyk Unesco, Apartheid (Unesco, Parys, 1972); en A la Guma, (ed.), Apartheid (New York, International Publishers, 1971).

28 JL Sadie, “The political arithmetic of the South African population”, P Hugo (ed.), South African perspectives (Kaapstad, Die Suid-Afrikaan, 1989), pp. 150-57.

(12)

die verwerping van integrasie die vernaamste oorweging was.

Aan die ander kant het hy besef dat die snelle ekonomiese ontwikkeling ‘n basiese geletterdheid van die swart arbeidsmag vereis en dat beter onderwys mettertyd tot politieke eise sou lei. `n Moontlike antwoord is dat dit vir Verwoerd daaroor gegaan om in `n unitêre meer verteenwoordigende stelsel te vermy deur strukture vir oorlegpleging deur wit en swart leiers te skep. `n Nuwe, meer demokratiese stelsel moes op inkrementele wyse opgebou word. Moontlik het hy nooit die ekonomiese ontwikkeling van die tuislande met erns bejeën nie en was hy meer geïnteresseerd daarin om die grondslag van ‘n konfederale of federale stelsel te lê op die patroon van sy gesprek met Hammerskjold.

Verwoerd was `n kind van sy tyd. So onlangs as die 1970’s was ‘n ander uitkoms as `n swart regering in ‘n eenheidstaat nog moontlik. In 1977 het die liberale kommentator Alan Paton by die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Cyrus Vance, aangedring om die Suid-Afrikaanse regering te oorreed om ‘n federale staat te stig waarin die tuislande as deelstate geïnkorporeer is. Paton het geglo dat dit die land ‘n treetjie nader aan ‘n inklusiewe demokrasie sou bring.29

Verwoerd se naam word vandag algemeen met die uiterste vorm van blanke rassisme en en swart uitsluiting vereenselwig. Ongetwyfeld het sy beleid in die praktyk hierop neergekom. Aan die ander kant het Verwoerd nooit enige rasssitiese stellings gemaak nie en tydens sy termyn het geen kabinetminister hom daaraan skuldig gemaak nie.

`n Tydgenoot van Verwoerd, LE Neame, redakteur van The Cape Argus en die skrywer van ’n boek oor apartheid, het die opvatting verwerp dat apartheid suiwer gebaseer is op die aanspraak dat die wit ras inherent meerderwaardig is. Vir hom is kleurvooroordeel nie die kern van die saak nie. Die probleem is “national rather than pigmental. Differentiation is not enforced as a brand of inferiority but as a bulwark against the infiltration of people of another civilization. The motive is not detraction but defence.” 30 In die praktyk het dit natuurlik min vir swart of bruin mense verskil gemaak op watter gronde hulle uitgesluit en as minderwaardiges behandel is.

29 Alexander, Alan Paton (New York, Oxford University Press, 1994), p. 387. 30 LE Neame, The history of apartheid (London, Pall Mall Press, 1962), p. 89.

(13)

Verwoerd en swart onderwys

Daar is `n sterk opvatting dat in die populêre pers dat Verwoerd se beleid oor “Bantoe-onderwys” die oorsaak is van baie van die land se huidige probleme. Joernaliste wat hierdie oordeel uitspreek, verwys gewoonlik na Verwoerd se toespraak in die Senaat op 7 Junie 1954. Hier het hy gesê: “Die Bantoe moet gelei word om sy eie gemeenskap in alle opsigte te bedien. Daar is vir hom bokant die peil van sekere vorme van arbeid nie plek in die blanke gemeenskap nie. Binne sy eie gemeenskap staan alle deure oop.”31 Kort daarna het hy ook gesê dat dit nie help om `n kind Wiskunde te leer as hy dit nie kan gebruik nie.

Die kritiek op die Verwoerd-beleid was van die begin af skerp. TB Davie, Rektor van die Universiteit van Kaapstad, het geskryf dat die Onderwyswet van 1954 ten doel gehad het om die swart man se minderwaardige status te verewig. De Kiewiet het hierdie wet so beskryf: “Its real intention is to arrest the rise of the native population in the western world and to confirm him to a low and menial position within it…Despite its promises the Act reaffirms the white man’s monopoly of the technical knowledge through which he controls the economy.”32

Daar is verskeie vrae rondom die beleid wat nog nie behoorlik uitgepluis is nie. Die eerste vraag is: Was die idee van Bantoe-onderwys iets heeltemal nuuts? Die antwoord is: nie heeltemal nie. Daar was vir etlike jare `n debat onder opvoedkundiges of presies dieselfde onderwys aan wit en swart kinders verskaf moes word. Dit was wat die klein verstedelikte swart gemeenskap wou hê: dieselfde vakke, hoofsaaklik Engels as voertaal, en dieselfde eksamens, geadministreer deur dieselfde departement

Oor die algemeen was Afrikaner-opvoedkundiges ten gunste van onderwys aan swartes wat minder akademies was en meer prakties gerig. Daar was egter ook liberales wat sterk aan akademiese onderrig vir swartes getwyfel het. In 1943 het ‘n kommentator onder die skuilnaam John Burger die volgende geskryf in `n boek wat andersins skerp krities is oor segregasie as `n onderdrukkende beleid:

[Anyone] who has anything to do with Native education is bound to feel that the

system and content of education in European schools require severe modification when applied to the mass of the Bantu. Not the least unfortunate result of the 31 AN Pelzer, Verwoerd aan die woord, p. 78.

(14)

Europeanising of South Africa has been the growth of a fixed idea among Africans that the European system of education is the best possible and that any deviation from it is likely to be second-rate.33

Kort voor die 1948 verkiesing het Leo Marquard in `n boek saam met `n ander liberaal, Julius Lewin, wat lektor was in Naturellereg en –administrasie, geskryf: “A very important question in Bantu education is whether the courses should be the same as for European children”. ( Die term ‘Bantu education’ is nie geskep deur dr Verwoerd en dr. Werner Eiselen nie, soos wat algemeen aanvaar word.) Marquard en Lewin behandel die twee opsies, naamlik dieselfde onderwys en een wat tussen wit en swart differensieer. Hulle gevolgtrekking is dat wit en swart in sulke verskillende omstandighede groot word dat dieselfde leerplanne nie gebruik kan word nie.34

Die volgende vraag is: Hoekom het Verwoerd in sulke ongevoelige terme sy beleid in 1954 aangekondig toe hy gesê het dat daar vir swartes bokant die peil van sekere vorme van arbeid nie plek in die blanke gemeenskap is nie? Die antwoord is dat Verwoerd behoort het aan `n baie konserwatiewe party en dat hy sy oog op die hoogste pos gehad het. Toe Verwoerd aankondig dat hy primêre onderwys vir swart mense op groot skaal wil uitbrei, moes hy rekening hou met sterk voorbehoude by meeste koukuslede en met die standpunt van JG Strijdom, sy politieke mentor en provinsiale leier, en tussen 1954 en 1958 sy Eerste Minister.

Volgens Strijdom sou die kleurskeidslyn nie gehandhaaf kon word as die swartmense se onderwyspeil steeds styg nie. Hy het in 1946 aan dr. Malan geskryf dat die uitbreiding van swart onderwys sonder die verlening van gelyke regte aan swartmense ‘noodwendig op bloedige botsings en rewolusies sou uitloop. “Ek is bevrees dat baie van ons predikante, alhoewel hulle teoreties vir die handhawing van die kleurskeidslyn is, hulle, veral wat betref die onderwys ens. van die naturel, heeltemal op `n verkeerde pad is deurdat hulle met ander kerkgenootskappe wil wedywer om te sien wie nou eintlik jaarliks die meeste klein kaffertjies skoolopleiding kan laat geniet. Dit geld helaas ook vir sommige van ons politici.” 35

Daar kon geen twyfel wees dat die swart onderwys ernstige aandag geverg het nie. Die geboue was swak, die staf was onderbeman, die klasse groot en

33 J Burger, The Black man’s burden (London, Victor Gollancz, 1944), p. 171.

34 L Marquard and J Lewin, The native in South Africa (Johannesburg, University of Witwatersrand Press, 1948), p. 76.

(15)

die fondse min. Die administrasie van swart onderwys was verdeel tussen die provinsies, die kerke en swart gemeenskappe. 36 Teen 1950 was die gemiddelde skoolloopbaan van `n swart kind slegs vier jaar en slegs 2,6 persent van hulle was in post-primêre klasse. Net 24 persent van swartes van skoolgaande ouderdom was by skole ingeskryf.

Enige oordeel oor Verwoerd se beleid moet die bestaande arbeidsmark in gedagte hou. Die vervaardigingsektor van die ekonomie was nog redelik primitief in die jare vyftig en sestig, en blankes kon in al die behoefte aan geskoolde werkers voldoen. Werkgewers wou werkers hê wat ongeskoolde of semi-geskoold is maar wel kon lees en skryf. Hulle is beskou as beter gedissiplineerd as die verstedelikte swart werkers. Deborah Posel het geskryf: “The overwhelming demand among urban employers was for unskilled labour, which in most cases was expressed as a strong preference for “tribal labour”’. 37

Verwoerd se prioriteit was die verbetering van die basiese geletterdheid van swart werkers. Hy het geglo die klem op elite-onderwys is verkeerd, en hy het nie alleen in hierdie opvatting gestaan nie. Daar was min wittes wat swart kinders in groot getalle tot die hoër standerds wou laat leer in omstandigheide waar daar min geskikte werksgeleenthede vir hulle was.

Binne die konteks van `n beleid van blanke dominasie was dit `n rasionele stap om primêre onderwys gedurende die 1950s sterk uit te brei, net soos dit in die jare sewentig rasioneel was om sekondêre onderwys sterk uit te brei, toe daar `n behoefte aan geskoolde werkers ontstaan het. Meningsopnames wat later gedoen is, sou onomwonde dit aantoon: hoe verder swart kinders op skool vorder hoe sterker verwerp hulle apartheid. Oor aparte wit skole het 34% van die skoliere met St. 3-6 onderwys ja gesê, maar slegs 13% in St.10 en hoër; oor aparte woonbuurte was die proporsies 52% en 15% en oor aparte busse en treine was dit 26% en 2%.38

Onder die Verwoerd-beleid het die getalle van swart kinders in die laagste klasse sterk gestyg en daar was ook `n verbetering in post –primêre klasse.

36 M Horrell, A decade of Bantu Education (Johannesburg, SA Institute of Race Relations, 1964), p. 13. 37 D Posel, The making of apartheid (Oxford, Clarendon Press, 1997), p. 186.

38 H Giliomee en L Schlemmer, From apartheid to nation-building (Cape Town, Oxford University Press, 1990), p. 119.

(16)

Getalle en presentasie (as % van swart skoliere) van kinders in post-primêre klasse (St.6-10) 1954 67 515 7% 1960 102, 515 6,8% 1965 152,879 7,8% 1970 251,929 9,4%

Bron: EG Malherbe, Education in South Africa, 1923-1975 (Cape Town, Juta, 1977), p. 714.

Die getal swart kandidate wat Matriek geslaag het, het vir `n dekade lank baie laag gebly. In 1954 het 243 swart kinders Matriek geslaag en in die daaropvolgende tien jaar het dit in `n band tussen 113 en 284 beweeg. In 1964 het dit tot 391 gestyg, in 1965 tot 423 en in 1966 tot 546.39

Die liberale SA Instituut van Rasseverhoudinge was baie krities op die Verwoerd-beleid, maar het toegegee dat die gehalte van die leerplanne na 1954 verbeter het. Muriel Horrell het geskryf: “The new syllabuses introduced in primary and secondary education are generally considered to be an improvement on the previous ones.” 40

Daar was veral drie sake wat veral swartes en liberale wittes negatief op die Verwoerd-beleid laat reageer het. Eerstens was die uitspraak dat vir `n swart man “bokant die peil van sekere vorme van arbeid nie plek in die blanke gemeenskap [is] nie. Binne sy eie gemeenskap staan alle deure oop.” (Gewoonlik word die laaste sin in aanhalings weggelaat). In die Suid-Afrikaanse debat oor apartheid sedert 1976 word hierdie woorde waarskynlik die meeste aangehaal. Dr Gerrit Viljoen, `n hervormingsgesinde minister verantwoordelik vir swart onderwys gedurende die 1980’s , het in ‘n private gesprek aan my gesê dié uitspraak sy departement se taak erg bemoeilik.

Soos Jonathan Hyslop uitwys, het Verwoerd nie met die toespraak `n nuwe beleid aangekondig nie. Lank voor 1948 was dit die beleid dat die beste werksgeleenthede vir blankes in die sogenaamde blanke gebied gereserveer was. Alhoewel die kleurslagboom in die nywerheid gedurende die Tweede Wêreldoorlog effens afgewater geraak het, was daar geen aanduiding na die oorlog dat die Verenigde Party-regering doelgerig `n nuwe rigting sou inslaan

39 H Giliomee en L Schlemmer, From apartheid to nation-building, p. 118.

40 K Hartshorne, Crisis and challenge: Black education, 1910-1990 (Cape Town, Oxford University Press, 1992), pp. 86-87.

(17)

nie. Verwoerd se beleid het wel vir swartes die deur oopgemaak vir nuwe poste wat in die tuislande geskep is. 41 Min polities bewuste swartes het egter daarin belanggestel om in die tuislande te gaan werk. Daar was wel ook poste buite die tuislande. In die onderwys byvoorbeeld kon swartes tot die rang van assistant-inspekteur van swart skole vorder.

Ten tweede is die beleid negatief ontvang omdat dit in die praktyk die sluiting van ‘n aantal uitstekende kerkskole en onderwyskolleges meegebring het. Vir die swartes was dit `n groot terugslag, want baie swart gemeenskapsleiers het uit hierdie skole gekom. Van hierdie skole het `n besondere plek in die harte van die swart gemeenskap gehad. Afrikaners sal vandag die gevoel van verlies beter verstaan omdat hulle sal weet wat dit aan hulle sal doen as `n Paul Roos Gimnasium of Helpmekaar heeltemal sy karakter verloor of gedwing word om te sluit.

Dit is nodig om die sluiting van die kerkskole in perspektief te sien. Die staat het 100 persent van die salaris van goedgekeurde onderwysers verbonde aan hierdie inrigtings betaal. Min regerings in die wêreld sou voortgaan om subsidies van hierdie aard te betaal indien die betrokke skole nie breedweg met die onderwysbeleid van die regering saamstem nie. Eweneens sal min regerings `n voortsetting toelaat van die voor-1954 toestand dat private instellings die opleiding van onderwysers vir swart skole behartig.

Verwoerd se optrede het egter die indruk geskep van `n doelgerigte aanslag op kwaliteit onderwys. Die staat het die subsidie van die onafhanklike kerkskole tot 25 persent in 1957 verminder en kort daarna gestaak. Min skole kon hierdie drastiese afskaling oorleef en het dus gesluit. Die staat het ook kerkskole wat in blanke groepsgebiede was, gesluit.42

Derdens is die beleid gekenmerk deur groot diskriminasie in die besteding op die verskillende gemeenskappe. In samelewings verdeel op grond van ras, geloof en etniese groepe is ongelyke geleenthede wat uit ongelyke onderwys spruit een van die grootste griewe. In 1970 het amper driekwart van die wit mense minstens Standerds 8 geslaag teenoor 8 per sent in die geval van bruin mense en 6 per sent in die geval van swart mense.43

41 J Hyslop, The classroom struggle (Pietermaritzburg, University of Natal Press, 1999), p. 56. 42 M Horrell, A decade of Bantu Education, pp. 20-33.

(18)

Dit het na 1954 gou geblyk dat die besteding op swart onderwys nie tred hou met die groot toename in die getal swart skoliere nie. Die staat se bydrae tot swart onderwys het vasgepen gebly op die bedrag van R13 miljoen plus vier-vyfdes van die bedrag wat gehef is in direkte belastings op swartmense. As gevolg hiervan, en ook as gevolg van die groot toename in die getal swart leerlinge, het die per kapita besteding op swart kinders gedaal van R17,99 in 1953 tot R13, 80 in 1960-61 en R11,56 in 1962-63, waarna dit weer begin styg het.

In terme van totale besteding was daar egter ‘n styging. Dit het met 14% in reële terme tussen 1952 en 1957 gestyg. Tussen 1957 en 1962 was daar slegs 2% styging, maar tussen 1962 en 1967 het dit met byna 50 persent in reële terme vermeerder.44 Die wit-swart gaping het egter groot gebly. In die vroeë 1970’s was dit die ergste, toe twintig keer meer geld per kapita op ‘n wit kind as op ‘n swart kind bestee is. Dit het veral doen gehad met die onderwysers se lae kwalifikasies en die snelle groei van die swart skoliere se getalle, vergeleke met dié van blankes.

Daar was ook die kwessies van moedertaalonderrig en Afrikaans as voertaal wat kritiek ontlok het. Tussen 1954 en 1966 het die amptenare in die departement die aanwending van Afrikaans as voertaal in swart skole met omsigtigheid gehanteer. Die Departement van Bantoe-onderwys het skoolrade van swart skole oor die hele land gevra watter medium op sekondêre vlak gebruik moet word. Twee-derdes het Afrikaans en Engels verkies, een-derde Engels en een persent die moedertaal. Die departement het die moedertaal as voertaal gebruik tot voor sekondêre skool en daarna Engels en Afrikaans, maar het tot die laat sestigerjare nie aangedring op Afrikaans as voertaal in die Transkei, Natal en dele van die Witwatersand waar onderwysers nie in Afrikaans vaardig was nie45

Anthony Johnson kontrasteer die voertaalbeleid tussen 1954-1976 en 1976-1994 soos volg. Tussen 1954 en 1976 het `n swart kind ag jaar van moedertaal onderrrig gehad om sy kognitiewe vermoëns in sy eie taal te ontwikkel en om `n tweede en derde taal onder die knie te kry sodat hy dan na Engels of Afrikaans as voertaal kan oorskakel. Na die Soweto-opstand in 1976 is die beleid radikaal verander. Die kind moes nou na vier jaar van moedertaal onderrig oorskakel na Engels.

44 H Giliomee en L Schlemmer, From apartheid to nation-building , p. 106.

45 J Rousseau, “Iets oor Bantoe-onderwys”, WJ Verwoerd (red.), Verwoerd (Pretoria: Protea Boekhuis, 2001), p. 174.

(19)

Johnson wys daarop dat die ommeswaai in die beleid saamgeval het met `n dramatiese afname in prestasie. Die slaagkoers onder swart matrikulante was 74% in 1979 en het geval tot 48% in 1982 en 35%-40% in die laat negentigerjare. Die politieke onluste was natuurlik `n belangrike ander oorsaak.46 Die verergering van die krisis in baie swart skole het in die jongste jare swart leiers genoop om weer `n keer na Bantoe-onderwys te kyk. In 2008 het Mamphela Ramphele, ` n vooormalige rektor van die Universiteit van Kaapstad, en Wendy Luhabe, `n sakeleier, verklaar dat “Bantu education served them better than the some township schools do today’s children.”47

Van die begin af was die leiers van die stadswartes sterk gekant teen die gebruik van die moedertaal as voertaal, behalwe vir die vroeë skooljare. Hulle het die onderwysbeleid gekoppel aan die regeringsbeleid om die etniese verdelings in die swart gemeenskap te versterk en om die swartes nie as deel van die hele Suid-Afrikaanse nasie te behandel nie. `n Minister van Onderwys het dit onomwonde gestel dat die doel van swart onderwys is om die “Bantoe-kind `n Bantoe-kind te hou wat graag in sy wese `n Bantoe wil bly.”48 Liberales, wat onder die Smuts-regering gedifferensieerde onderwys nie katgories verwerp het nie, het dit nou ongekwalifiseerd gedoen.

Die aktiewe proteste teen die invoer van die nuwe beleid in die volgende tien jaar het omtrent uitsluitlik gekom van personeel in die kerkskole en – opleidingskolleges wat oorgebly het. In die staatskole en –opleidingskolleges was daar tusssen 1954 en 1966 min protesaksies. Hyslop verklaar dat dit nie bloot toegeskryf kan word aan breinspoeling of onderdrukking nie. Die ouers het die uitbreiding van massaonderwys verwelkom. Volgens ZK Matthews, een van die mees gerespekteerde swart intellektuele van die twintigste eeu, het die biokotte misluk omdat die ouers gevoel het dat die skole die kinders van “ongelukke en jeugmisdaad weghou.49 Die proporsie van die swart skoolgaande bevolking as deel van die totale swart bevolking het toegeneem van 24% in 1948 tot 84% in 1994, wat `n bestendige styging van 5.8 persent per jaar verteenwoordig.50

46 A Johnson, “Bantu education was certainly evil…” Cape Times, 23 June 2003. 47 Sunday Times, 17 Augustus 2008; The Citizen, 9 November 2008.

48 Die woorde in 1959 van WA Maree, Minister van Bantoe-onderwys, aangehaal in Horrell, A Decade of Bantu

Education, p. 5.

49 J Hyslop, The classroom struggle, p. 78.

50 JL Sadie, “Economic-demographic aspects of school education in South Africa”, Ongepubliseerde manuskrip, 2001.

(20)

Verwoerd se onderwysbeleid was sowel pragmaties- as ideologies-gedrewe. Dit het voorsiening gemaak vir massa-onderwys en die uitbreiding van basiese geletterdheid onder `n groot deel van die bevolking. Terselfdertyd het dit die voorsprong wat blanke kinders op onderwysgebied gehad het, bestendig en enige moontlikheid van die integrasie van die swart en wit elite die nek ingeslaan. Die kru woorde waarmee hy die stelsel van Bantoe-onderwys in 1954 ingestel het, is van die begin 1970’s deur die swart elite aangegryp om die hele stelsel te verdoem.

Verwoerd en die ekonomie

Toe Verwoerd Eerste Minister was, het Suid-Afrika gegroei teen `n koers van ses persent per jaar, terwyl die inflasiekoers slegs twee persent was. In 1964 het Harry Oppenheimer in die jaarverslag van Anglo American Corporation verklaar dat in die voorafgaande vyf jaar die gemiddelde lone van swart werkers met 5,4 persent per jaar gestyg het teen `n styging van 3,7 persent per jaar vir blankes. Hy het bygevoeg dat dit vir hom die verklaring is vir die vraag waarom die land “soveel meer stabiel is as wat mense geneig is om te dink”. 51 Op 14 Julie 1967 het die tydskrif Financial Mail `n bylae gepubliseer oor die jare 1961 tot 1966 wat dit die ekonomiese “Fabulous Years” genoem het. Dit was `n era toe Suid-Afrika se nasionale produk met 30 persent gegroei het.

Sommige kenners sê dat net blankes voordeel uit die groei van die jare sestig getrek het, maar dit is nie waar nie, soos blyk uit die onderstaande tabel

Besteebare Persoonlike Inkomste (teen 1990 pryse)

1960 1970 1980

Rand Rand Rand

Wit mense 12,114 17,260 17,878

Asiate 2,171 3,674 5,655

Kleurlinge 2,000 3,033 3,933

Swart mense 1,033 1,439 1,903

Bron: JL Sadie, “The Economic Demography of South Africa”, doktorale verhandeling, US, 2000, p. 310.

(21)

Tussen 1948 en 1981 het die Suid-Afrikaanse ekonomie teen `n koers van 4,5 persent gegroei. Dit was omtrent die gemiddelde groei van `n groep van twintig vergelykbare middel-grootte ontwikkelende ekonomieë van die jare, wat lande soos Oostenryk, Venezuela, Argentinië, Spanje en Chili insluit.52 Sommige kenners meen egter dat Suid-Afrika sonder apartheid veel vinniger kon gegroei het, soos Japan of Korea, en dat dit `n groot verligting van sy politieke en maatskaplike probleme kon bewerkstellig het. In hierdie verband word daar dikwels na Verwoerd en na sy beleid as `n remkskoen verwys. Verwoerd het by geleentheid gesê dat die oorlewing van die blanke beskawing in Suid-Afrika vir hom belangriker is as versnelde ekonomiese ontwikkeling.53 Hy het egter in die praktyk min gedoen wat werklik groei belemmer het.

Suid-Afrika kon inderdaad vinniger gegroei het, maar dit kon ook veel slegter gevaar het. Argentinië is `n voorbeeld van laasgenoemde. Tot 1950 was die inkomste per kop in die land gelyk aan dié van ‘n groep van ag Wes-Europese lande. Daarna het `n periode van politieke onstabiliteit, grootskaalse korrupsie en wisselvalligheid in ekonomiese beleid ingetree. Die inkomste per kop was in 2001 net die helfte van wat dit was in dieselfde groep van ag Wes-Europese lande. Dieselfde kon met Suid-Afrika gebeur het as daar politieke onstabiliteit en `n onbestendige ekonomiese beleid was.

Terwyl die ekonomie gebaat het by die lae koste van arbeid wat apartheid beskikbaar gestel het, het dit op die langer termyn die koste van apartheid ervaar. Van die vroeë sewentigerjare het kostes soos swak onderwys, `n gebrek aan vaardighede en `n vervreemde werkersklas al meer die ekonomie begin strem. Ekonomiese hisorici het pas begin om met deurtastende ontledings `n ekonomiese balansstaat van apartheid op te stel.54

Verwoerd en Afrikaner-nasionalisme

Die vraag is: hoe het dit gebeur dat Verwoerd, wat in Nederland gebore is, so `n ongekende houvas op die Afrikaners verkry het dat nasionaliste hom as die beliggaming van al hul politieke strewes gesien het? `n Bundel van preke wat by roudienste dwarsoor die land gehou is pas na die sluipmoord op hom

52 T Moll. “From booster to brake?: apartheid and economic growth in comparative perspective”, N Nattrass and E Ardington (reds.), The political economy of South Africa (Cape Town, Oxford University Press, 1990), pp. 73-87.

53 H Kenney, Architect of apartheid, p. 214.

54 C Feinstein, an Economic history of South Africa, pp. 224-251; J Seekings and N Nattrass, Class, race and

(22)

in 1966, gee die indruk van mense wat pas deur `n ontsettende ramp getref en herderloos gelaat is.55 Sommige van preke laat eerder dink aan aan die verheerliking van `n gestorwe kultusfiguur as roubetoon by die dood van `n besondere leier.

Danie Malan, seun van dr. DF Malan en predikant in Melville, gee in amper Bybelse terme sy antwoord op dit wat Verwoerd vir die Afrikaners beteken het. Vir Suid-Afrika het die Here lig gegee toe die toekoms vir die blankes duister gelyk het. Toe JG Strijdom in 1958 sterf, was dit nie seker of die apartheidsbeleid uitgevoer kon word nie. “Die ingewikkeldheid van die probleme, die omvang daarvan was oorweldigend.”56 Verwoerd het die sekerheid gebring dat die beleid inderdaad uitvoerbaar was en regverdig was. Maar Verwoerd het ook groot verdeeldheid onder die intelligentsia van die Afrikaners gebring. Piet Cillié, redakteur van Die Burger, het `n jaar voor sy dood geskrytf dat dat Verwoerd die enigste persoon is wat die land kan lei in die rigting wat “logika, self-behoud, gewone menslikheid, en ordentlikheid aandui dat dit moet gaan.” Hy voeg by: ‘Een man een stem is onmoontlik hier, maar die ontwikkeling van elke ras binne sy eie verband is iets anders.’ 57

Sy boesemvriend, Schalk Pienaar, redakteur van die Sondagkoerant Beeld, het anders geoordeel. Hy sou later vertel vertel hoe hy en `n aantal vriende in `n geskokte toestand byeen was nadat die nuus vroeër die dag deurgekom het dat Verwoerd vermoor is. `n Vriendin het egter skielik gevra: “Ons voel almal soos ons nou voel. Maar sê my hoe lank sou Suid-Afrika Verwoerd nog verdra het?” Pienaar voeg by: “Daarmee het hy my uit sy toestand van geskoktheid geskok. Amper die hele Suid-Afrika stel al vandag daardie vraag.” Hy het besluit dat Verwoerd se oorheersing van die debat onder die Afrikaners en die groter blanke gemeenskap `n valse gevoel van sekuriteit gewek het.58

Slot

Die Sharpeville-krisis van 1960 het blanke dominasie onder groot druk geplaas. Verskillende scenario’s was moontlik. Een daarvan was `n wankelende regering wat onder druk huiwerig die gekwalifiseerde stem aanvaar en

55 C Hattingh (samesteller), Hy was groot en gelief: Roudienspreke by die afsterwe van dr. HF Verwoerd (Johannesburg, Voortrekkerpers, 1967).

56 C Hattingh, Hy was groot en gelief..., p. 94.

57 A Drury, A very strange society (London, Michael Joseph, 1968), p. 361. 58 S Pienaar, Getuie van groot tye, (Kaapstad, Tafelberg, 1978), p. 65.

(23)

onderdrukkende maatreëls afskaf, terwyl swart mense op algemene stemreg aandring. Beleggingsvertroue kry `n knak en Suid-Afrika strompel van een krisis na die ander.

Ons weet wat wel gebeur het: Verwoerd, saam met John Vorster, onderdruk die opstand genadeloos. Beleggersvertroue word herstel. Die groot bedrae surplus kapitaal wat nie uit die land kon vloei nie weens valutabeheer, word nou vir beleggings aangewend. Suid-Afrika beleef `n dekade van hoë ekonomiese groei. Die grondslag van`n ontwikkelde nywerheidsektor word gelê. Dit lei tot die grootskaalse toevloei van swart werkers in toenemend meer geskoolde werk. Die getalle van swart kinders wat tot die hoogste skoolstanderds vorder groei dramaties. Onbedoeld het Verwoerd se beleid die deure eers vir industriële demokrasie na die aanvaarding van die Wiehahn-verslag oopgemaak en toe vir politieke demokrasie in 1994.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Although Casino Royale does not quite have a fairy-tale ending like From Russia with Love, in both movies Bond still has to fight off villains, leaving the city in a state

Therefore, we thought it might be fruitful to examine the recall accuracies of the stable phrases versus the recall accuracies of the non-stable phrases within each of the

This will be done looking at their internship experience, their ability to solve business problems (including all element of the Problem Solving Cycle) and how this in turn

Tot slot was de driewegsinteractie tussen conditie, valentie en BIS/BAS groep eveneens niet significant wat impliceert dat deelnemers in de verschillende BIS/BAS groepen in

The third is a three-way interaction between gossip, social value orientation and identifiability on contributions to group goals that is mediated by controlled motivation,

The analysis of the second hypothesis showed strong evidence that the ambidexterity- performance relation could indeed be explained by those ambidextrous freelancers that have

[r]

An overall conclusion as to the moderation effects found in this master thesis might be that intensive leadership, whether it is transformational or transactional, will not work for