• No results found

Die evaluering van 'n opleidingsprogram ten opsigte van interpersoonlike doeltreffendheid binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens-Opleidingskollege

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die evaluering van 'n opleidingsprogram ten opsigte van interpersoonlike doeltreffendheid binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens-Opleidingskollege"

Copied!
161
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE EVALUERING VAN 'N OPLEIDINGSPROGRAM TEN OPSIGTE

VAN INTERPERSOONLIKE DOELTREFFENDHEID BINNE DIE SUID-

AFRIKAANSE POLISIEDIENS-OPLEIDINGSKOLLEGE

Len6 Ilyna Jorgensen, B.BK., B.A. Hons.

Sknpsie voorgeli ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad Magister Artium in die Departement Bedryf- en Personeelsielkunde am die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer

I

Ondenvys.

Leier: Dr. S. Rothrnam

(2)

VOORWOORD

Graag wil ek my opregte dank en waardering teenoor die volgende persone en instansies uitspreek vir hul bydraes tot hierdie navorsing:

My Skepper wat my die gesondheid en vermoe skenk om die navorsing te kon afhandel en my gelei het na hierdie spesifieke rigting.

My studieleier, dr S. Rothmann vir sy toegewyde leiding, ondersteuning en voorbeeld as fasiliteerder.

My departementshoof, prof. A.L. Barnard, en departementslede vir hul belangstelling. My pa, Ollie, en ma, Francie, vir hul getroue en volgehoue hulp, belangstelling, ondersteuning en aanrnoediging.

My broer, Olsen, vir sy belangstelling en hulp met die video's. My vriende, en veral Miralda en Hanli, vir hul ondersteuning. Prof P.D. van der Walt vir die taalversorging.

Prof Faans Steyn en Hanli Roux vir die statistiese venverkings. Mev. Babs Pelser vir haar hulp met die versorging van die bibliografie.

Dr. Attie de Lange vir die taalkundige versorging van die Engelse opsomming.

Mnr. D. Meiring van die Instituut vir Gedragswetenskappe van die SAPD vir sy belangstelling en hulp met die rolspele en video's.

Mev. Laal Veldsman en Otelia van Sielkundige Dienste van die SAPD vir hul hulp met die rolspele.

Superintendent Danie Strydom en kaptein 0. Selemela vir a1 hulle hulp met die reelings en koordinering van die empiriese ondersoek

Superintendent Du Plessis van die Suid-Afiikaanse Polisiediens-Opleidingskollege te Hammanskraal vir sy toestemming ten opsigte van die empiriese ondersoek en vir sy belangstelling .

Die proefpersone van die Suid-Mrikaanse Polisiediens-Opleidingskollege te Hammanskraal vir hul deelname aan die navorsing.

Die Instituut vir Navorsingsontwikkeling van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing betreffende finansiele bystand ten opsigte van hierdie navorsing.

Die menings wat in hierdie navorsing uitgespreek word, asook die gevolgtrekkings waartoe geraak is, is die van die outeur en weerspieel nie noodwendig die standpunte van die Instituut vir Navorsingsontwikkeling of die Raad vir Geesteswetenskaplike navorsing nie.

(3)

OPSOMMING

Onderwerp: Die evaluering van 'n opleidingsprogram ten opsigte van interpersoonlike doeltreffendheid binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens-Opleidingskollege

Sleutelterme: interpersoonlike vaardighede, interpersoonlike doeltreffendheid, opleidingsprogram, psigologiese optimaliteit, selfaktualisering, rnikrovaardighede

Die Suid-Afhkaanse Polisiediens (SAPD) beweeg toenemend na gemeenskapspolisiering en 'n groter openheid ten opsigte van die gemeenskap. Laasgenoemde stel groot eise aan die interpersoonlike doeltreffendheid van opleiers. Geen navorsing oor die stimulering van interpersoonlike doel- treffendheid by opleiers van die Suid-Afiikaanse Polisiediens-Opleidingskollege by Harnrnanskraal is tot op hede onderneem nie.

Die interpersoonlike doeltreffendheid en opleiding daarvan in die bedryfsielkunde is vanuit die humanistiese paradigma aangebied. Die interpersoonlike doeltreffendheidsprogram het ten doe1 om psigologiese optimaliteit by die deelnemers te stimuleer en interpersoonlike vaardighede aan te leer. Die metodiek van die program behels 'n individuele groeistimuleringsgesprek, 'n groeigroep en interpersoonlike vaardigheidsopleiding. 'n Tweegroepontwerp met 'n voor- en nameting is gebruik om die interpersoonlike doeltreffendheidsprogram te evalueer. Instrukteurs by die Suid-Afrikaanse Polisiedienskollege te Harnrnanskraal is ewekansig aan 'n eksperimentele en kontrolegroep toegewys. Die Persoonlike Orientasievraelys (POI) is vir die evaluering van die psigologiese optimaliteit gebruik, tenvyl die Carkhuffskale vir die evaluering van die interpersoonlike vaardighede aangewend is.

Wat die kwantitatiewe resultate betref, is bevind dat die deelnemers na afloop van die program meer geneig was om vanuit die self te reageer en hulself te aanvaar. Alhoewel lede van die eksperimentele groep meer bewus was van hul gevoelens na die afloop van die program het dit nie beduidend van die kontrolegroep verskil nie. Die interpersoonlike vaardighede van die eksperimentele groep was beduidend beter as die van die kontrolegroep nadat eersgenoemde die opleidingsprogram deurloop het.

(4)

Wat die kwalitatiewe indrukke betref, is bevind dat aspekte soos beperking van innovasie, outokratiese bestuurspraktyke en misbruik van mag beperkend inwerk op die deelnemers se groei tot psigologiese optimaliteit. Op grond van die groeigroep is gevind dat die deelnemers meer bewus geword het van hul eie verantwoordelikheid en hul gevoelens kon lug. 'n Lae vlak van vertroue in die groep is moontlik deur die outokratiese omgewing veroorsaak. Op grond van die kwalitatiewe indrukke na die afloop van die program blyk dit dat die deelnemers groter selfierantwoordelikheid ontwikkel het, beter luister, groter selfkennis opgedoen het, reageer op gevoelens en meer selfiertroue ontwikkel het.

(5)

SUMMARY

Topic: The Evaluation of a Training Programme with Regard to Interpersonal efficiency within the South African Police Service Training College.

Keywords: interpersonal skills, interpersonal efficiency, training programme, psychological optimacy, self-actualization, micro skills.

The South African Police Service (SAPS) is increasingly moving towards community policing and a greater transparency with regards to the community. This movement places great demands on the interpersonal efficiency of trainers. To date no research has been done about the stimulation of interpersonal efficiency of trainers at the South African Police Service Training College at Hammanskraal.

The interpersonal efficiency and development thereof in Industrial Psychology is presented from a humanistic paradigm in this thesis. The interpersonal efficiency programme has as its aim to stimulate psychological optimacy and to study interpersonal skills. The methodology of the programme involves an individual growth-stimulating discussion, a growth-group and interpersonal skills training. A two-group design with pre and post testing was used to evaluate the interpersonal efficiency training programme. Instructors at the South African Police S e ~ c e Training College at Hammanskraal were randomly assigned to an experimental and control group. The Personal Orientation Inventory was used to evaluate the psychological optimacy, while Carkhuff scales were utilised in the evaluation of interpersonal skills.

As far as the quantitative results are concerned it was found that upon completion of the programme participants tended to react from within the self and to accept themselves. While members of the experimental group were more aware of their feelings after the programme had been completed, this did not diier si@cantly from the control group. The interpersonal skills of the experimental group were significantly better aRer completing the programme than those of the control group.

(6)

As far as qualitative impressions were concerned it was found that aspects such as the restriction of ipnovation, autocratic management practices and the abuse of power inhibited the participants' growth toward psychological optimacy. On the basis of the growth group it was found that participants became more aware of their own responsibilities and that they could air their feelings. A low level of trust in the group was possibly the results of the autocratic environment. Argued on the basis of qualitative impressions, it can be stated that upon completion of the programme the participants had developed a greater self-responsibility, listened better, gained greater self-knowledge, reacted on feelings and developed more self-confidence.

(7)

INHOUDSOPGAWE

Bladsy . . . Lysvanfigure xi .

.

. . .

Lys van tabelle x11

. . . HOOFSTUK 1: INLEIDING 1 . . . 1.1 Probleemstelling 1 . . . 1.2 Navorsingsdoelstellings 3 . . . 1.2.1 Algemene doelstelling 3 . . . 1.2.2 Spesifieke doelstelling 4 . . .

1.3 Paradigmatiese perspektief van die navorsing 4

. . .

1.3.1 Die intellektuele Mimaat 4

. . .

1.3.1.1 Dissiplinere verband van die navorsing 5

. . .

1.3.1.2 Metateoretiese aannames 6

. . .

1.3.1.3 Die mark van intellektuele hulpbronne 7

. . . 1.3.1.4 Teoretiese oortuigings 7 . . . 1.3.1.5 Metodologiese oortuigings 9 1.4 Navorsingsontwerp . . . 10 . . . 1.5 Navorsingsmetode 11 . . . 1.5.1 Fase 1 : Literatuuroorsig 11 . . .

1.5.2 Fase 2: Empiriese ondersoek 11

. . .

1.6 Hoofstukindeling 13

1.7 Hoofstuksamevatting . . . 13

. . .

HOOPSTUK 2: PSIGOLOGIESE OPTIMALITEIT 14

2.1 Begripsomskrywing . . . 14 2.1.1 Klemverskuiwing van abnormale na optimale gedrag . . . 14 . . .

2.1.2 Omskrywing van psigologiese optimaliteit 15

. . .

2.2 Teoriee oor psigologiese optimaliteit 16

. . .

2.2.1 Gordon Allport 16

2.2.1.1 Aannames oor die mens . . . 16 2.2.1.2Doel . . . 17

(8)

INHOUDSOPGAWE (vervolg)

2.2.1.3 Parameters . . . 17

2.2.1.4 Siening van optimaliteit . . . 18

2.2.1.5 Eenheid van hulpverlening . . . 19

2.2.1.6Metodiek . . . 19

2.2.1.7 Die hulpverlener . . . 20

2.2.1.8 Toepassingsmoontlikhede . . . 20

2.2.1.9 Beperkinge . . . 20

2.2.2 ErichFrornrn . . . 20

2.2.2.1 Aannames oor die mens . . . 20

2.2.2.2Doel . . . 21

2.2.2.3 Parameters . . . 21

2.2.2.4 Siening van optimaliteit . . . 22

2.2.2.5 Eenheid van hulpverlening . . . 22

2.2.2.6 Metodiek . . . 22

2.2.2.7 Die hulpverlener . . . 23

2.2.2.8 Toepassingmoontlikhede . . . 23

2.2.2.9 Beperkinge . . . 23

2.2.3 Carl Rogers . . . 23

2.2.3.1 Aannames oor die mens . . . 23

2.2.3.2 Doe1 . . . 24

2.2.3.3 Parameters . . . 24

2.2.3.4 Siening van optimaliteit . . . 26

2.2.3.5 Eenheid van hulpverlening . . . 27

2.2.3.6 Metodiek . . . 28

2.2.3.7 Die hulpverlener . . . 30

2.2.3.8 Toepassingsrnoontlikhede vir hierdie navorsing . . . 31

. . . 2.2.3.9 Beperkinge van die teorie 32 . . . 2.2.4 Abraham Maslow 32 2.2.4.1 Aannarnes oor die mens . . . 32

2.2.4.2Doel . . . 33 . . .

2.2.4.3 Parameters 33

. . .

2.2.4.4 Siening van optirnaliteit 34

(9)

INHOUDSOPGAWE (vervolg)

. . .

2.2.4.5 Eenheid van hulpverlening 35

. . . 2.2.4.6 Metodiek 36 . . . 2.2.4.7 Die hulpverlener 36 . . . 2.2.4.8 Toepassingsmoontlikhede 36 2.2.4.9Beperkinge . . . 37 . . . 2.2.5 Victor Frank1 37 . . .

2.2.5.1 Aannames oor die mens 37

2.2.5.2Doel . . . 37 . . .

2.2.5.3 Parameters 38

. . .

2.2.5.4 Siening van optimaliteit 39

. . .

2.2.5.5 Eenheid van hulpverlening 40

. . . 2.2.5.6 Metodiek 40 . . . 2.2.5.7 Die hulpverlener 40 . . . 2.2.5.8 Toepassingsmoontlikhede 40 2.2.5.9Beperkinge . . . 41 . . . 2.3 Hoofstuksamevatting 43

HOOFSTUK 3: INTERPERSOONLIKE DOELTREFFENDHEIDSOPLEIDING . . . 45

. . . 3.1 Die inhoud van 'n interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram 45

. . .

3.1.1 Psigologiese optimaliteit 45

. . .

3.1.2 Interpersoonlike doeltreffendheidsopleiding 47

. . . 3.1.2.1 Die menslike potensiaalontwikkelingsmodel van Carkhuff 48

. . .

3.1.2.2 Ivey se rnikro-opleidingsmodel 54

. . . 3.2 Die metodiek van die interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingprogram 60

. . .

3.2.1 Selflees- en- doenmetode 60

3.2.2 Lesings . . . 61 . . .

3.2.3 Groeigroepe 62

. . .

3.2.3.1 Omskrywing van die groeigroep 63

. . .

3.2.3.2 Beskrywing van die groeigroep 63

. . .

3.2.3.3 Tipes groeigroepe 64

. . .

3.2.3.4 Evaluering van groeigroepe 66

...

Vlll

(10)

INHOUDSOPGAWE (vewolg) . . . 3.2.4 Gedragsmodellering 67 . . . 3.2.5 Rolspel 69 . . . 3.3 Hoofstuksamevatting 71 . . .

HOOFSTUK 4: EMPIRIESE ONDERSOEK 72

. . . 4.1 Samestelling van die interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram 72

. . .

4.1.1 Motivering van deelnemers 73

. . .

4.1.2 Programinhoud 73

. . .

4.1.3 Praktiese programreelings 74

. . .

4.1.4 Die individuele groeistimuleringsgesprek 74

4.1.5 Diegroeigroep . . . 74 . . .

4.1.6 Doeltreffendheidsopleiding 75

. . .

4.1.6.1 Inleiding tot doeltreffendheidsopleiding 77

. . .

4.1.6.2 Die aard, kenmerke en proses van psigologies optimale hnksionering 77

4.1.6.3 Persoonlikheidskenmerke van 'n psigologies optimaal hnksionerende persoon . . . 77

. . . 4.1.6.4 Interpersoonlike vaardighede 78 4.1.7 Samevatting . . . 90 . . . 4.2 Ondersoekgroep 90 . . . 4.3 Die Metingsbattery 91 ' . . .

4.3.1 Die Persoonlike Orientasievraelys (POI) 91

. . .

4.3.2 Meting van interpersoonlike vaardighede 97

. . .

4.3.2.1 Die Carkhuffskale 97

. . .

4.4 Werkswyse tydens die empiriese ondersoek 101

. . .

4.4.1 Orientering van die proefpersone 101

4.4.2 Voonneting . . . 102 . . .

4.4.3 Aanbieding van die interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram 102

4.4.4 Nameting . . . 103 . . .

4.4.5 Nasien van die meetinstrumente 103

. . . 4.5 Statistiese ontledings 106 . . . . . . 4.6 Hipotesestelling : 108 . . . 4.6.1 Nulhipoteses 108

(11)

INHOUDSOPGAWE (vervolg) . . . 4.6.2 Alternatiewe hipoteses 108 . . . 4.7 Hoofstuksamevatting 109 . . .

HOOFSTUK 5: RESLTLTATE EN BESPREKING 110

. . .

5.1 Kwantitatiewe ontleding 110

5.1.1 Direkte vergelyhng van die voormetings van die eksperimentele en kontrolegroep . . . 1 10 . . . 5.1.2 Psigologiese optimaliteit 111 . . . 5.1.3 Interpersoonlike vaardighede 116 . . . 5.2 Kwalitatiewe indrukke 120 . . . 5.2.1 Kwalitatiewe indrukke tydens die groeistimuleringsonderhoude 120

. . . 5.2.2 Groeigroep 121 . . . 5.2.2.1 Die aanvangsfase 121 . . . 5.2.2.2 Die oorgangsfase 122 . . .

5.2.2.3 Die werkende fase 124

. . .

5.2.2.4 Msluitingsfase 126

. . .

5.2.3 Kwalitatiewe indrukke na afloop van die program 127

. . .

5.3 Hoofstuksamevatting 130

HOOFSTUK 6: GEVOLGTREKKTNGS. LEEMTES EN AANBEVELINGS . . . 131

. . .

6.1 Gevolgtekkings 131

. . .

6.2 Leemtes in die navorsing 133

. . .

6.3 Aanbevelings 134

. . .

(12)

LYS VAN FIGURE

Figuur 1.1 : Voorstelling van die navorsingsontwerp

Figuur 2.1 : Fokusverskuiwing in die sielkunde

Figuur 3.1 : Die Johari-Venster

Figuur 3.2: Die menslike potensiaalontwikkelingsmodel van Carkhuff

Bladsy

10

(13)

LYS VAN TABELLE

Tabel 3.3: Die konkretisering van interpersoonlike vaardighede

Tabel 4.1 : Uiteensetting van program

Tabel 4.2: Die program van die groeigroep

Tabel 4.3: Die doeltreffendheidsopleidingsprogram

Tabel 4.4: Die intensiteit van gevoelens

Tabel 4.5: Die kenmerke van die ondersoekgroep

Bladsy 60

Tabel 4.6: Die interbeoordelaar-betroubaarheid ten opsigte van die Carkhuffskale

van die voormeting 104

Tabel 4.7: Die interbeoordelaar-koasiente ten opsigte van die Carkhuffskale

van die nameting 105

Tabel 5.1 : Vergelyking van die voormetings van die eksperimentele en kontrolegroep 111

Tabel 5.2: Die verskil tussen die voor- en nameting van die eksperimentele groep ten

opsigte van die POI 112

Tabel 5.3: Die verskil tussen die voor- en nameting van die kontrolegroep ten opsigte

van die POI 114

Tabel 5.4: Die verskil tussen die voor- en nameting volgens die POI van die eksperi-

mentele en kontrolegroep 115

(14)

Tabel

5.5: Die verskil tussen die voor- en nameting van die eksperimentele groep ten opsigte van die Carkhuffskale

Tabel 5.6: Die verskil tussen die voor- en narneting van die kontrolegroep ten opsigte van die Carkhuffskale

Tabel 5.7: Die verskil tussen die voor- en nameting ten opsigte van die Carkhuffskale van die eksperimentele en kontrolegroep

. .

.

X l l l

(15)

HOOFSTUK

1

INLEIDING

Hierdie skripsie handel oor die evaluering van 'n opleidingsprogram ten opsigte van interpersoonlike doeltreffendheid binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens-Opleidingskollege.

In Hoofstuk 1 word eerstens die motivering vir die navorsing aan die hand van die probleemstelling en doe1 daarvan aangebied. Daarna word die paradigmatiese perspektief van die navorsing, die navorsingsontwerp, die navorsingsmetode en die hoofstukindeling bespreek.

1 1

PROBLEEMSTELLING

Binne die bedryfsielkunde is daar 'n toenemende bewustheid van die belangrikheid van inter- persoonlike doeltreffendheid (Cilliers, 1988: 1). Interpersoonlike doeltreffendheid by die bedrjf- sielkundige (gedragswetenskaplike) is noodsaaklik om die rolle van konsultant, aanbieder en/of fasiliteerder in gehaltekringe (Amaya, 1984:31), spanbouaktiwiteite (Dyer, 1995), strategiese beplanning (Serfontein & Naude, 1987), organisasie-ontwikkeling (Berry, 1993:23-32) en opleiding en ontwikkeling (Gibb, 1982) te vertolk.

In die opleiding- en ontwikkelingsituasie is die rol van die opleier om groeigeleenthede vir opleidelinge daar te stel (Jones & Woodcock, 1985: 11 1-1 12). Vera1 by volwasse leer is die fokus op die leerproses eerder

as

op die leerinhoud en is die funksie van die opleier om die ontwikkeling van 'n geskikte leerklimaat te fasiliteer (Lidstone, 1988:20; Stuart, 1988: 30). Dit wil egter voorkom asof opleiers dikwels nie oor genoegsame agtergrond enlof vaardighede beskik om interpersoonlike kontak en intrapsigiese gebeure wat vereis word t.0.v. die rolle van fasiliteerder en opleier effektief toe te pas nie (Dyer, 1995; Johnson & Johnson, 1982: 25-26; Harrold, Maxon & Berry, 19885; Lefton, 1988: 5; Leventhal, 1984591 ; Margerison & McCann, 1984:9-13; Woodcock & Francis, 1981 :4).

(16)

Op grond van die persoongesentreerde teorie (Rogers, 1983) kan die afleiding gemaak word dat dit noodsaaklik is dat die opIeier (in sy rol as fasiliteerder) oor hoe vlakke van die kerndimensies van sensitiewe verhoudingsvorrning sal beskik ten einde interpersoonlik doeltreffend te fbnksioneer. Hierdie kerndimensies is respek, empatie en egtheid (Rogers, 1983) en konkreetheid (Wissing, 1978:85-89). Aanwesigheid van hoe vlakke van die kerndimensies van sensitiewe verhoudings- vorming (respek, empatie, egtheid en konkreetheid) by die opleier lei tot groeifasiliterende verandering by die opleideling. Opleiding in die genoemde kerndimensies kan aan die hand van die menslike potensiaalontwikkelingsmodel van Carkhuff (1 987) geskied, tenvyl opleiding in spesifieke interpersoonlike vaardighede aan die hand van die mikro-opleidingsmodel van Ivey (1988) kan plaasvind.

'n Belangrike resultaat wat uit die navorsing van Carkhuff (1969: 126-13 1) voortvloei, is dat 'n hoe vlak van psigologiese optimaliteit (selfontwikkeling) by die opleier groeistimulerend kan inwerk op opleidelinge. 'n Lae vlak van psigologiese optimaliteit kan die opleideling laat agteruitgaan. Daarom behoort die opleiding van opleiers onder andere te berus op die fasilitering van psigologiese optimahteit (Cilliers, 1988:2). Volgens Cilliers (1984:82) moet die opleier oor die intrapersoonlike kenmerke van psigologiese optimaliteit beskik om interpersoonlik effektief te kan fbnksioneer. Psigologiese optirnditeit kan volgens Rogers (1 983 : 1 19- 120) deur middel van individuele voorligting of deelname aan 'n ontmoetingsgroep gestimuleer word.

Opleidingsprogramme t.0.v. sensitiewe relasievorrning as bestuurdimensie (Cilliers,1984:88-89; 1994:96-105) en fasiliteringsdoeltreffendheid (Cilliers, 1988:2; 1996:36-38; Rothmann, 1996) is reeds op grond van bogenoemde konseptualisering van interpersoonlike doeltreffendheid ontwikkel. Cilliers (1984; 1988; 1994) bevind dat hierdie opleidingsprogramme daartoe bydra dat die interpersoonlike doeltreffendheid (wat die intrapersoonlike kenrnerke van psigologiese optimaliteit as voorvereiste insluit) van bestuurders, personeelbeamptes en opleidingsbeamptes verbeter.

Die Suid-Afiikaanse Polisiediens (SAPD) fimksioneer binne 'n omgewing wat die afgelope aantal jare drastiese veranderinge ondergaan het. Ten einde by hierdie veranderinge aan te pas, word nuwe strategiee ge'implernenteer en 'n nuwe stel waardes as maatstaf vir werksprestasie gebruik. Daar word toenemend beweeg na gemeenskapspolisiering en 'n groter openheid vir die gemeenskap. Laasgenoemde stel groot eise aan die interpersoonlike doeltreffendheid van die polisiebeamptes, maar veral ook aan die gedragswetenskaplikes (opleiers) wat by hul opleiding betrokke is.

(17)

Dit blyk uit bogenoemde bespreking dat interpersoonlike doeltreffendheid (wat die intrapersoonlike kenmerke van psigologiese optimaliteit wat as voorvereiste daarvoor dien, insluit) deur middel van opleidings- en ontwikkelingsprogramme gestimuleer kan word. Geen navorsing oor die stimulering van interpersoonlike doeltreffendheid (soos hierbo uiteengesit) by opleiers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens-Opleidingskollege by Hammanskraal is tot op hede onderneem nie. Alhoewel die meganika van kommunikasie by die kurrikulum van hierdie opleidingsbeamptes ingesluit is, word rnin aandag geskenk aan die dinamiese aspekte van hul interpersoonlike doeltreffendheid. Op grond van bogenoemde uiteensetting van die navorsingsprobleem ontstaan die volgende navorsingsvrae:

# Wat is psigologies optimale finksionering, en hoe kan dit gestimuleer word?

Wat is die inhoud en metodiek van 'n opleidingsprogram t.0.v. interpersoonlike doel- treffendheid?

Indien 'n opleidingsprograrn t.0.v. interpersoonlike doeltreffendheid op opleiers toegepas word, is dit suksesvol t.0.v. die verandering van hul interpersoonlike doeltreffendheid (psigologies optimale finksionering en interpersoonlike vaardighede) direk na afloop van die program en drie maande daarna?

Watter gevolgtrekkings en aanbevelings kan gemaak word met die oog op toekomstige navorsing rakende hierdie ondenverp?

Ten einde die navorsingsvrae te beantwoord word die doelstellings van die navorsing vervolgens geformuleer.

1.2

NAVORSINGSDOELSTELLTNGS

Die navorsingsdoelsteIlings word verdeel in 'n algemene doelstelling en spesifieke doelstellings.

1.2.1 Algemene doelstelling

Die algemene doelstelling van hierdie navorsing is om interpersoonlike doeltreffendheid, soos dit van toepassing in die praktiese werksituasie is, te konseptualiseer en die effek van 'n opleidingsprogram t.0.v. interpersoonlike doeltreffendheid binne die werksituasie te bepaal.

(18)

1.2.2 Spesifieke doelstellings

Die spesifieke doelstellings van die navorsing word soos volg beskou:

Om vanuit die literatuur te bepaal wat psigologiese optimaliteit is, en hoe dit gestimuleer kan word.

Om vanuit die literatuur te bepaal wat die inhoud en metodiek van 'n opleidingsprograrn ten opsigte van interpersoonlike doeltreffendheid is.

Om 'n opleidingsprogram ten opsigte van interpersoonlike doeltreffendheid op opleiers in die SAPD toe te pas, en om te bepaal of dit suksesvol is in die verandering van hul interper- soonlike doeltreffendheid (psigologies optimale hnksionering en interpersoonlike vaardighede) direk na die program.

Om gevolgtrekkings en aanbevelings met die oog op toekomstige navorsing rakende hierdie onderwerp te maak.

1.3

PARADIGMATIESE PERSPEKTIEF VAN DIE NAVORSING

Die navorsiig word gerig deur 'n bepaalde paradigrnatiese perspektief wat die intellektuele klimaat en die mark van intellektuele hulpbronne insluit (Mouton & Marais, 1992:21).

1.3.1 Die intellektuele klimaat

Die intellektuele kliiaat venvys na die oortuigings, waardes en aannames wat nie regstreeks te make het met die epistemiese oogmerke van die wetenskaplike navorsingspraktyk nie (Mouton & Marais, 1992:21). Hierdie aspekte is dikwels nie toetsbaar nie of is nie bedoel om toetsbaar te wees nie. Ten einde die intellektuele klimaat van die navorsing te bepaal, word die dissiplingre verband en die paradigmas van die navorsing vervolgens bespreek.

(19)

1.3.1.1 Dissiplinere verband van die navorsing

Hierdie navorsing val binne die grense van die gedragswetenskappe, en we1 binne die dissipline bedryfsielkunde. Bedryfsielkunde word omskryf as,

"

. . . die wetenskaplike waarneming (bestudering, navorsing), evaluering (beoordeling, meting, diagnose,) optimale benutting (keuring, plasing, bestuur) en beinvloeding (verandering, opleiding, ontwikkeling, motivering) van normale en (in 'n mindere mate) afiykende rnenslike gedrag in wisselwerking met die omgewing (fisies, psigies, sosiaal, organisatories) soos wat dit in die beroeps- en bea'zyfw&reld manifesteer" (Raubenheimer, 1985:44).

Subdissiplines ten opsigte van die veld van die bedryfsielkunde waarop daar in hierdie navorsing gefokus word, is die personeelsielkunde en organisasiesielkunde.

Personeelsielkunde

Personeelsielkunde as veld van die bedryfsielkunde het te make met die psigologiese kenmerke van werknemers in verhouding tot hul beroepstake en hulle verhoudings met ander (Plug, Meyer, Louw

& Gouws, 1988:273). Daar word aandag gegee aan opleiding en ontwikkeling en die meting van die

kennis, vaardighede en kenmerke van werknemers. Die samestelling van 'n interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram, sowel as die evaluering wat hiermee gepaard gaan, vorm dus deel van die personeelsielkunde.

Organisasiesielkunde

Organisasiesielkunde as veld van die bedryfsielkunde behels die bestudering van organisasies, die sisteme en subsisteme waaruit dit bestaan en van die faktore wat die finksionering daarvan be'invloed (Plug et at., 1988:256). Groepe word in die organisasie beskou as boublokke en word be'invloed deur die aard van die individue in die groepe en intergroepverhoudings.

(20)

1.3.1.2

Metateoretiese aannames

Drie paradigmas is van toepassing op hierdie navorsing. Eerstens word die literatuuroorsig vanuit die humanistiese paradigma aangebied, en tweedens word die empiriese ondersoek vanuit die behavioristiese en positivistiese paradigmas aangebied.

a. Literatuuroorsig

Die literatuuroorsig van hierdie navorsiig word vanuit die humanistiese paradigma gedoen, aangesien dit relevant is vir opleiding en ontwikkeling .

Volgens Plug et at. (1988: 147) behels die humanistiese paradigma 'n denkrigting wat veral selfierwesenliking en die nastreef van hoer waardes insluit. Die paradigma is gekant teen die siening dat die mens se gedrag slegs daarop gerig is om spanning te verminder. Die volgende basiese aannames geld in hierdie verband (Jourard & Landsman, 1980:440):

positiwiteit vorrn die basis van die mens se aard; die mens se wese is meer as die som van sy dele;

die mens lewe in 'n menslike konteks waarin sy unieke aard na vore kom tydens inter- persoonlike omgang;

die mens is bewus van homself, en die verlede en toekoms besit 'n sin in sy bestaan; die mens maak keuses in plaas daarvan om 'n passiewe toeskouer te wees;

die mens besit 'n doelgerigtheid, en dit vorm die basis van sy identiteit.

b. Empiriese ondersoek

Die behavioristiese paradigma verwerp introspeksie as metingsmetode en beklemtoon die objektiewe en operasionele definiering en meting van veranderlikes (Meyer et al., 1988: 18 1-1 82; Plug et al., 1993:37). In hierdie navorsing is die behavioristiese paradigma van toepassing op opleiding in interpersoonlike doeltreffendheid en die meting daarvan met behulp van gedragskale en video- toerusting.

(21)

Die positivistiese paradigma gaan van die veronderstelling uit dat kennis slegs betrekking het op waarneembare verskynsels en dat metafisiese ondersoeke na die aard van die uiteindelike realiteit onnodig en onwetenskaplik is (Plug el al., 1988:280). Vanuit die positivistiese paradigma word die bestaan van teoretiese konstrukte aanvaar, maar dit word verwag dat hierdie konstrukte operasioneel gedefinieer moet word (Snyman & Du Plessis, 1987: 1-24). Operasionele definisies van vermeende konstrukte word opgevolg deur die konstruksie van indekse, toetse en skale waarin die indikatore van sodanige konstrukte gebruik word om die persoonlikheidskenrnerke en vaardighede van die psigologies optimaal hnksionerende persoon te meet.

1.3.1.3 Die mark van intellektuele hulpbronne

Die mark van intellektuele hulpbronne dui op die oortuigings ten opsigte van die epistemiese status van wetenskaplike stellings (Mouton & Marais, 1992:22). Dit word verdeeI in teoretiese oortuigings en metodologiese oortuigings.

1.3.1.4 Teoretiese oortuigings

Teoretiese oortuigings kan omskryf word as alle oortuigings wat toetsbare uitsprake oor sosiale verskynsels lewer (Mouton & Marais, 1992:22). Die volgende teoretiese stellings dien as vertrekpunt van bespreking in hierdie navorsing en word verdeel in konseptuele omskrywings en modelle en teoriee.

a. Konseptuele omskrywings

Die konseptuele ornskrywings wat in hierdie navorsing geld, word vervolgens gegee (kyk paragraaf

Interpersoonlike doeltreffendheid venvys na effektiwiteit ten opsigte van interpersoonlike verhoudinge en word gekenmerk deur die vermoe om sensitiewe verhoudings te vorm. Interpersoonlike doeltreffendheid is ten opsigte van hierdie navorsing 'n resultaat van psigologiese optimaliteit en interpersoonlike vaardighede.

(22)

P.rigologzes optimale funksonering word vir die doeleindes van hierdie navorsing gedefinieer as die proses van konstante innerlike groei tot die volle uitlewing van die menslike potensialiteite. Daar word ook gestrewe na konstruktiewe interaksie met die omgewing, die venvenving van 'n innerlike lokus van evaluering, en groter buigsaamheid ten opsigte van die toepassing van waardes. 'n Persoon wat psigologies optimaal hnksioneer, word beskou as iemand wat bewus is van sy sterk- en swakpunte en funksioneer in die hier-en-nou. Hy is in staat tot onvoonvaardelike liefde vir homself en ander wat hom omring. Psigologiese optimaliteit word beskou as 'n voortdurende proses waar geen eindpunt bereik kan word nie

-

groei is altyd moontlik (Cilliers, 1988: 16; 1994:97; Schultz,

1977: 143- 144).

b. Modelle en teoriee

'n Model is gerig op die vereenvoudigde uitbeelding van verhoudings tussen die hoofelemente van 'n proses. Dit klassifiseer nie net verskynsels nie maar poog ook om verbande daartussen te sistematiseer (Mouton & Marais, 1992: 143).

'n Teorie word soos volg gedefinieer: ". ... a set of interrelated constructs or concepts, definitions and propositions that present a systematic view of phenomena by specieing relations among variables, with the purpose of explaining and predicting the phenomena" (Kerlinger, 1986:9).

Teoriee wat as relevant vir hierdie navorsing beskou word aangesien dit psigologiese optimaliteit beskryf, behels die teoriee van Rogers (1 97 1, 1980), Maslow (1 978), Frank1 (1 978), Allport (1 96 1) en Frornrn (1955). Die teorie van Lufi (1984) wat verduidelik hoe die prosesse van selfopenbaring en gedragsterugvoer tot die fasilitering van psigologiese optimaliteit kan lei, is ook van toepassing op die navorsing.

Toepaslike teorie en modelle vir die stimulering van sensitiewe verhoudings en die bevordering van interpersoonlike doeltreffendheid is die menslike potensiaalontwikkelingsmodel van Carkhuff (Carkhuff & Anthony, 1979) en die mikro-opleidingsmodel van Ivey (Ivey, 1988).

In die empiriese ondersoek word aanvaar dat die persoonlikheidskenmerke van die deelnemer psigometries bepaalbaar is. Die Carkhuffskale is relevant ten opsigte van die meting van die interpersoonlike doeltreffendheid van die deelnemer in hierdie navorsing. Die klem op psigologiese

(23)

gesondheid en groei deur die humanistiese teoretici het gelei tot die ontstaan van tegnieke om hierdie konsepte te meet. Die Persoonlike Orientasievraelys (Knapp & Shostrom, 1976) sal gebruik word vir die meting van die intrapersoonlike kenmerke van psigologiese optimaliteit in hierdie navorsing.

1.3.1.5

Metodologiese oortuigings

Metodologiese oortuigings kan omskryf word as

"

. . . oortuigings wat uitsprake maak oor die aard en struktuur van wetenskap en wetenskaplike navorsing" (Mouton & Marais, 1992:24). Dit sluit wetenskapsfilosofiese tradisies en die belangtlkste metodologiese modelle (kwalitatief en kwantitatief) in.

Die empiriese navorsing word vanuit die positivistiese en die fbnksionalistiese raamwerk (Snyman &

Du Plessis, 1987: 1-24) aangebied. Die basiese aanname van die fbnksionalistiese raamwerk (Morgan, 1980:608) is dat die gemeenskap op 'n werklike, konkrete en sistematiese wyse funksioneer. Die ontologiese aanname is gegrond op die geloof in 'n objektiewe en waardevrye sosiale wetenskap waarin die navorser onpartydig teenoor die bestudeerde gedrag staan en objektiewe en streng wetenskaplike metodes en tegnieke gebruik. Tematies word venvys na psigologiese optimaliteit, die psigologies optimaal hnksionerende persoon (persoonlikheidsprofiel), en die doel, inhoud en metodiek van 'n interpersoonlike vaardigheidsprogram.

Die meting van die mate van v e r a n d e ~ g in die interpersoonlike doeltreffendheid en persoonlikheids- kenmerke is gegrond op psigometriese beginsels en tegnologie (Srnit, 1991).

'n Kwantitatiewe benadering word gevolg om data ten opsigte van gedragsveranderinge by deelnemers in te samel. Meetinstrumente wat hiervoor gebruik sal word, is die Carkhuffskale (vir die meting van interpersoonlike doeltreffendheid) sowel as die Persoonlike Orientasievraelys (vir die meting van psigologiese optirnaliteit). Die data word kwantitatief (met behulp van statistiese analise) ontleed en gei'nterpreteer. Daarna word die data ook kwalitatief ge'interpreteer.

(24)

1.4

NAVORSINGSONTWERP

Die doe1 van die navorsingsontwerp is om die navorsingsprojek so te struktureer dat die interne en eksterne geldigheid van navorsingsbevindinge verhoog word (Mouton & Marais, 1992: 3 5 ) . In hierdie navorsing sal interne geldigheid op kontekstuele vlak verseker word deur die konseptualisering van teoriee ten opsigte van psigologiese optimaliteit en interpersoonlike doeltreffendheidsopleiding. Eksterne geldigheid op universele vlak word verseker deur die proeQersone ewekansig uit een organisasie te selekteer en die eksperimentele en kontrolegroep op 'n ewekansige wyse aan te wys.

Die navorsing kan geklassifiseer word as verkennend en beskrywend, met kontekstuele belangrikheid (Mouton & Marais, 1992:45-48). Verkennende navorsing is van toepassing betreffende die gee van 'n oorsig van bestaande, toepaslike literatuur ten opsigte van psigologiese optimaliteit. Beskrywende navorsing is van toepassing waar 'n beskrywing gebied word van die reaksies en ervarings van deelnemers ten opsigte van die interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram en die bepaling van die vlak van spesifieke interpersoonlike vaardighede en psigologiese optimaliteit as gevolg van 'n interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram.

'n Tweegroepontwerp met 'n voor- en narneting sal gebruik word. Dit is die voormeting-nameting- kontrolegroepontwerp (Robinson, 198 1 :236). Robinson (1 98 1 :236) wys daarop dat sewe van die nege bronne van sekondere variasie met behulp van hierdie ontwerp beheer kan word. Die navorsingsontwerp wat gebruik sal word, word in Figuur 1.1 voorgestel (vgl. Huysamen, 1993 :60; Kerlinger, 1986:3 10).

Groep Voormeting 4 Ingreep O Nameting

Eksperimentele groep Y1

XA

Y2

Kontrolegroep Y1

XB

Y

waar

X, = Interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram

XB = Geen interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram Figuur 1.1 : Voorstelling van die navorsingsontwerp

(25)

Die doe1 met hierdie ontwerp is om te bepaal wat die effek van die onafianklike veranderlike (interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram) op die afhanklike veranderlike (die interpersoonlike doeltreffendheid van instrukteurs) is (Huysamen, 1993:90). 'n Voormeting sal gebruik word om te bepaal of die eksperimentele en die kontrolegroep met die aanvang van die navorsing van mekaar verskil. 'n Nameting sal direk na afloop van die program ten opsigte van beide groepe afgeneem word.

1.5

NAVORSINGSMETODE

Die navorsing bestaan, in aansluiting by die spesifieke doelwitte, uit twee fases, naamlik die literatuuroorsig en die empiriese ondersoek.

1.5.1. Fase 1

:

Literatuuroorsig

Tydens fase 1 word die volgende stappe uitgevoer:

a Interpersoonlike vaardigheidsopleiding. Die terme wat in hierdie navorsing van toepassing is word omskryf, waarna die teoriee van psigologiese optimaliteit aangebied sal word deur die literatuur daaroor aan die hand van 'n voorafbepaalde struktuur. Die kenmerke van 'n psigologies optimaal hnksionerende persoon word aangebied asook die interpersoonlike vaardighede waaroor hy moet beskik.

a Interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram. Die doel, inhoud en metodiek van 'n interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram sal beskryf word.

1.5.2 Fase 2: Empiriese ondersoek

Die volgende aspekte sal bespreek word in fase 2 in die vorm van stadia:

a Die samestelling van die interpersoonlike doeltreffendheidsopleidin~sprograrn.

a Die samestelling van die steekproef. Die eksperimentele navorsingsontwerp word toegepas

(26)

Polisiediens-Opleidingskollege te Hammanskraal (1 2 persone in die eksperimentele groep en 12 in die kontrolegroep) wat ewekansig toegewys is.

Samestelliig van die metingsbattery. Die metingsbattery sal bestaan uit meetinstrumente ten opsigte van psigologiese optimaliteit en interpersoonlike vaardighede van deelnemers.

Die voormeting. Voor die aanvang van die interpersoonlike doeltreffendheidsopleidings- program word die eksperimentele en kontrolegroep vir die aflegging van die metingsbattery byeengebring en word die voormeting gedoen.

Die aanbieding van 'n interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram. 'n Interper- soonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram word vir die eksperimentele groep aangebied.

Geen ingrepe word gedurende hierdie tydperk ten opsigte van die kontrolegroep gedoen nie.

Die narnetiig. Direk na afloop van die interpersoonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram word die eksperimentele en kontrolegroep vir die aflegging van die metingsbattery byeengebring en word die nameting gedoen.

Datavenverking. Die voor- en nametingsdata word nagesien en met die oog op statistiese verwerking gekodeer. Die venverking sal met gehulp van die SAS-rekenaarprogram (SAS Institute, 1985) geskied. Daar sal van parametriese statistiek (Christensen & Stoup, 1991:234) gebruik gemaak word om die resultate van die navorsing te ontleed. 'n Chi- kwadraattoets word gebruik om die interbeoordelaarbetroubaarheid ten opsigte van die beoordeling van die video-opnames te bepaal (Christensen & Stoup, 1991:387). Gepaarde t-toetse word gebruik om verskille tussen die voor- en nameting van die eksperimentele en kontrolegroep te bepaal en om die verskille binne en tussen die groepe vas te stel (vgl.De Wet, Monteith, Venter & Steyn, 198 1 : 188). Die statistiese beduidendheid en praktiese betekenisvolheid van die resultate word bepaal.

a Rapportering en bespreking van resultate. Die rapportering van resultate sal getabuleerd ten opsigte van die kwantitatiewe resultate en beskrywend ten opsigte van die kwantitatiewe

(27)

resultate en kwalitatiewe indrukke aangebied word. Die verkree resultate sal apart en ge'integreerd per hipotese ge'interpreteer word en met die literatuuroorsig in verband gebring word.

Aanbevelings. Uit die interpretasie van resultate sal aanbevelings ten opsigte van toekomstige interpersoonlike vaardigheidsopleiding en navorsing geformuleer word.

1.6

HOOFSTUKINDELING

Die hoofstukke word in hierdie navorsing soos volg aangebied:

Hoofstuk 2: Psigologiese optimaliteit

Hoofstuk 3 : Interpersoonlike vaardigheidsopleiding Hoofstuk 4: Empiriese ondersoek

Hoofstuk 5: Resultate en bespreking

Hoofstuk 6: Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings.

1.7 HOOFSTUKSAMEVATTING

In Hoofstuk 1 is die agtergrond tot en motivering ten opsigte van die navorsing bespreek, waarna die probleemstelling omskryf is. Hierna is die algemene en spesifieke doelstellings geformuleer. Vervolgens is die paradigmatiese perspektief van die navorsing uitgeklaar. Die navorsingsontwerp en -metode is bespreek, waarna die hoofstukindeling gegee is.

In Hoofstuk 2 word psigologiese optimaliteit omskryf en die teoriee vanuit die humanistiese paradigma bespreek.

(28)

HOOFSTUK 2

PSIGOLOGIESE OPTIMALITEIT

In hierdie hoofstuk word psigologiese optimaliteit as voorvereiste vir interpersoonlike effektiwiteit bespreek. Verskillende humanistiese persoodikheidsteoriee word behandel ten einde te bepaal hoe psigologiese optimaliteit gekonseptualiseer word, en om vas te stel hoe die stimulering daarvan kan plaasvind.

2.1

BEGRIPSOMSKRYWING

Ten einde uiteindelik 'n definisie saam te stel van psigologiese optimaliteit, sal daar eerstens gefokus word op die klemverskuiwing van abnormale verby die normale na optimale gedrag, wat binne die sielkunde plaasvind.

2.1.1 Klemverskuiwing van abnormale na optimale gedrag

Die bestudering van die menslike potensiaal ten opsigte van groei is lank gei'gnoreer binne die sielkunde, deurdat primer gefokus was op psigiese afwykings eerder as psigologiese gesondheid. Die afgelope jare het sielkundiges toenemend die potensiaal vir menslike groei herken en het 'n proses plaasgevind in die sielkunde waar daar weg beweeg is van die negatiewe, abnormale gedrag na die bestudering van positiewe, optimale gedrag. Die fokus het dus verskuif verby die blote normale of gerniddelde na positiewe of optimale gedrag (Schultz, 1977: 1).

Hierdie verskuiwing kan skematies soos volg voorgestel word (Cilliers, 1988: 15):

negatief gemiddeld positief

abnormaal normaal optimaal

ongesond gesond fi ks

[ ,,,,,,,-,,,,,,,,1 1 1 , ,,,,,,,,,,,-,,,,I* --,,-,,-,,,,,

1

--,,,

(29)

Die proses van psigologies optimale funksionering neig om die mens op die hoogste vlak van menslike behoeftebevrediging te laat fbnksioneer en is die unieke, menslike groeiproses tot die venvesenliking van talente en potensiaal. Psigologiese optimaliteit behels meer as net die afwesigheid van patologie (Schultz, 1977:Z).

Volgens Cilliers (1984182) moet die individu oor psigologies optimaal hnksionerende kenmerke beskik om effektief te kan funksioneer. Hierdie kenrnerke kan verdeel word in intrapersoonlike en interpersoonlike kenmerke. Die intrapersoonlike kenmerke van psigologiese optimaliteit word as voorvereiste vir die interpersoonlike kenmerke daarvan beskou.

Daar sal vervolgens aandag gegee word aan die omskrywing van die begrip psigologiese optimaliteit.

2.1.2 Omskrywing van psigologiese optimaliteit

Psigologiese optimaliteit kan beskou word as 'n verhewe welstand en totaliteit in die psige. Dit is 'n natuurlike, dinamiese en kreatiewe groeiproses, waarin die individu met 'n grotenvordende besef van sy verantwoordelikheid, deur selfdefiniering en die optimalisering van fisiese, psigiese en geestelike potensialiteite, tot 'n unieke eenheidsbelewing ontwikkel deur homself, sy werk, sy interpersoonlike relasies en sy religieuse verhouding te transendeer (Cilliers, 1988: 16; 1994:97).

Psigologies optimale fbnksionering word vir die doeleindes van hierdie navorsing gedefinieer as die proses van konstante innerlike groei tot die volle uitlewing van die menslike potensialiteite.

Daar word ook gestrewe na konstruktiewe interaksie met die omgewing, die verwenving van 'n innerlike lokus van evaluering, en groter buigsaamheid ten opsigte van die toepassing van sy waardes. 'n Persoon wat psigologies optimaal knksioneer, word beskou as iemand wat bewus is van sy sterk- en swakpunte en hnksioneer in die hier-en-nou. Hy is in staat tot onvoorwaardelike liefde vir homself en ander wat hom omring. Psigologiese optimaliteit word beskou as 'n voortdurende proses waar geen eindpunt bereik kan word nie

-

groei is altyd moontlik.

(30)

Vervolgens word die teoriee van psigologiese optimaliteit in oenskou geneem.

2.2

TEORIEE OOR PSIGOLOGIESE OPTIMALITEIT

Vervolgens word die kenmerke van psigologiese optimaliteit en die stimuleringsprosedure hiervan uit die oogpunte van die humanistiese persoonlikheidsteoriee van Gordon Allport (1961), Erich Frornrn (1 963), Carl Rogers (1 980), Abraham Maslow (1 97 1) en Victor Frank1 (1 969) bespreek. Die bespreking van die teoriee geskied telkens aan hand van die volgende struktuur:

Aannames oor die mens Doe1

Parameters

Siening van psigologiese optimaliteit Eenheid van hulpverlening

Metodiek

Die hulpverlener

Toepassingsmoontlikhede vir hierdie navorsing Beperkinge van die teorie.

2.2.1 Gordon Allport

Allport se holistiese teorie sal vervolgens bespreek word.

2.2.1.1

Aannames oor die mens

Allport (1961) bied 'n positiewe en kompliment&e beeld van die mens. Alhoewel onbewuste kragte 'n invloed op die gedrag van neurotiese volwassenes het, glo Allport dat die mens nie daardeur beheer word nie. Die individu is 'n komplekse wese, en sy gedrag word deur 'n groot verskeidenheid faktore bepaal. Hy beskik oor wilsvryheid, sodat sy gedrag nie ten volle voorspelbaar is nie (Meyer, Moore & Viljoen, 1988:345).

(31)

Allport het geglo dat die belangrikste probIeem vir die navorser wat persoonlikhede bestudeer, die verduideliking van motivering is. Wanneer die sentrale aspek van die mens se persoonlikheid bestudeer word, vloei sy hoop, verwagtings en drome daaruitvoort. Dit motiveer die volwasse persoon en bied begrip vir sy gedrag (Allport, 1955:5 1).

2.2.1.3 Parameters

Allport se teorie is op die volgende basiese uitgangspunte gevestig (Allport, 1961):

die mens is 'n oop sisteem wat in interaksie met sy omgewing (fisies en sosiaal) verkeer; die mens se gedrag word nie net deur omgewingsinvloede bepaal nie;

die mens se gedrag word ook nie net deur sy eie drange en sy verlede bepaal nie, maar hy Wsioneer op twee vlakke, naarnlik die opportunistiese (alle gedrag wat gerig is op die mens se drange wat sy voortbestaan bevredig) en propriale hnksionering (die neiging van die mens om in ooreenstemrning met sy eie waardes op te tree - die element van wilsvry- heid is dus sterk hierin gelee);

I

die mens se gedrag word in 'n groot mate deur sy toekomsplanne, doelstellings en toekomsvenvagtings bepaal;

elke mens is uniek en moet in totaliteit bestudeer word.

Allport (1961 :360) sien die persoonlikheid van die mens as geheel en al uniek aan homself. Dit kan nie gedupliseer word nie en is 'n netwerk van organisasies wat uit subsisteme bestaan. Die verrnoe van die mens om vrye besluite te neem word ook in hierdie standpunt vervat. Die mens moet in die geheel bestudeer word en nie net bepaalde eienskappe van hom nie. Hierdeur word die uniekheid van die mens verder verhoog.

(32)

2.2.1.4 Siening van optimaliteit

Allport gebruik die term "volwassenheid om die psigologies optimaal hnksionerende persoon te beskryf (Allport, 1967 :276). Volwasse persone word gelei en rigting gegee deur die huidige situasie en deur hul intensies ten opsigte van en venvagting van die toekoms (Schultz, 1977:8).

Die volwasse persoon is in staat om warmte, meegevoel en liefde vir ander te betoon. Hy waak daarteen om ander te oordeel en te veroordeel deur menslike swakhede te aanvaar. Hy tree rasioneel op en beskou die werklikheid in 'n objektiewe lig (Allport, 1961).

Allport stel die volgende kriteria vir optimale hnksionering (Allport, 1961 :275-304):

w

'n

Hoe mate van selfuitbreiding. 'n Aktiwiteit soos die beoefening van 'n stokperdjie word uitgevoer ter wille van die aktiwiteit seIf en nie om 'n eksterne rede nie. Die uitvoering van die aktiwiteit is belangriker en is meer as net die bevrediging van biologiese behoeftes.

Verhoudings met ander mense. Die volwasse persoon handhaaf intieme verhoudinge met 'n paar ander persone, maar is terselfdertyd in staat

om

'n afstand te bewaar, sodat hy nie oorrnatig indring of besitlik is nie. Hy is nie behep met mense of afhanklik nie en toon empatie met hulle.

Emosionele sekuriteit en selfaanvaarding. Die volwasse persoon is in staat om sy emosies te beheer en op 'n gebalanseerde wyse uit te leef.

Realistiese waamerning. Die volwasse persoon besit die verrnoe om homself, ander en die omgewing in die algemeen realisties waar te neem. Realistiese doelwitte word dus in ooreenstemming met sy vermoens gestel deurdat hy sy eie vennoens ken.

w Selfinsig en humor. Die volwasse persoon verstaan sy eie motiewe en besef sy beperkinge; hy kan oor homself en sy foute lag. Hy besit die vermoe om ander korrek te beoordeel en om hulle saam met huI swakhede te aanvaar.

(33)

'n Oorkoepelende lewensfilosofie. 'n Volwasse persoon leef nie net vir die oomblik nie maar het 'n oorkoepelende lewensbeskouing, hy sien dus alles, homself inkluis in 'n geheelverband.

2.2.1.5 Eenheid van hulpverlening

Allport se teorie is hoofsaaklik die van 'n akademikus met 'n bree lewenservaring en navorsingsagtergrond. Daar kan nie veel in die literatuur gevind word oor sy benadering ten opsigte van 'n hulpverleningsituasie nie. Hy het eerder gepoog om gesonde hnksionering in die algemeen te verklaar as om slegs te bestudeer wat binne die hulpverleningsituasie gebeur.

Allport se siening van hulpverlening kan we1 afgelei word van sy bemoeienis met die kind en sy ouer, veral met die hoeveelheid sekuriteit en affeksie wat die moeder die kind bied. Indien genoeg sekuriteit en affeksie gegee word, sal positiewe psigologiese groei plaasvind deur die volgende fases van die kind se lewe. Die kind sal 'n gesonde en 'n selfbeeld vorm en sal bewus word van ander buite homself (Schultz, 1977: 15). Allport plaas ook heelwat klem op die uniekheid van die mens, wat aandui dat hy nie die invloed van die groep op die mens as deurslaggewend erken nie, maar eerder na die mens self kyk.

2.2.1.6 Metodiek

Allport beklemtoon die mens se uniekheid en meen dat die mens in sy totaliteit bestudeer moet word ten einde voorspellings van sy gedrag te kan maak. Volgens Allport (1961:389) is dit belangrik om die geheel te bestudeer en nie net enkele eienskappe nie wanneer die mens se toekomstige gedrag voorspel word nie.

Allport het klem geplaas op waardes, en

'n

direkte uitvloeisel hiervan is die opstelling van die persoonlikheidstoets, "Study of values" wat hy en 'n paar medewerkers ontwikkel het, aangesien waardes dikwels ter sprake kom tydens psigoterapie.

(34)

2.2.1.7 Die hulpverlener

Aangesien Allport se belangstelling 16 by die verklaring van die gesonde individu se gedrag, kan daar min literatuur gevind word oor sy verklaring van die hulpverleningsituasie en gevolglik die hulpverlener se rol in so 'n situasie.

2.2.1.8 Toepassingsmoontlikhede

Die volwasse persoon, volgens Allport, kyk vorentoe in afivagting van die toekoms en is in staat om warmte en meegevoel te bied aan andere. Hierdie aspek sluit aan by die begrip empatie soos gekonseptualiseer vir die doeleindes van hierdie navorsing.

2.2.1.9 Beperkinge

Volgens Meyer et a/. (1988:370) leen somrnige van Allport se sentrale konsepte hulle nie tot empiriese ondersoek nie. Kritiek word uitgespreek dat hy sy teorieverklarings van gedrag aan die hand van onwaarneembare sake soos waardes en doelwitte maak. Daar is min gevind oor die wyse waarop stimulering van psigologiese groei geskied volgens Allport se teorie.

2.2.2 Erich Fromm

Fromm se persoonlikheidsteorie word vervolgens bespreek.

2.2.2.1 Aannames oor die mens

Fromm vind dat daar antagonisme tussen die mens se menslike en dierlike aard wat ontwikkelling en lewe stimuleer, bestaan (Schultz, 1977:41). Die mens se vryheid en onafhanklikheid wat ontstaan vanuit sy menslike natuur, lei horn tot kreatiewe hoogtes (Maddi, 1976: 121). Volgens F r o m (1955:ii) is die gemeenskap nie in staat om aan die individu bevrediging te verskaf nie en daarom ontsnap die mens van die realiteit deur middeI van alkoholisme, selfinoord en moord.

(35)

Die mens is sy eie skepsel, maar net soos hy die aspekte rondom hom kan verander volgens hulle aard, kan hy homself volgens sy eie aard verander (Fromm, 195 5 : 1 3).

Fromrn glo dit is nodig om die struktuur van die samelewing te ontleed, sodat die struktuur van die mens wat binne die samelewing finksioneer, verstaan kan word. Volgens sy teorie glo Fromrn ook dat die mens oor 'n inherente strewe beskik tot welsyn, emosionele gesondheid en 'n neiging tot 'n produktiewe lewe, harrnonie en liefde. As die geleentheid gegun word, sal hierdie neiging voortbloei, wat toelaat dat die mens tot sy hoogste potensiaal ontwikkel. Wanneer sosiale magte egter inmeng met hierdie neiging tot groei, is die resultaat irrasionele en neorotiese gedrag

-

siek mense is die resultaat van 'n siek samelewing (Frornm, 1956:275-276).

2.2.2.3 Parameters

Fromrn beklemtoon veral die invloed wat die sarnelewing op die individu het. 'n Siek samelewing bring siek mense voort. As alternatief vir hierdie gemeenskap bied Fromm 'n gemeenskap met sy fokus op menswees, liefde en verantwoordelikheid, met groei en produktiwiteit as doe1 (Fromm, 1956:275-276).

Volgens Fromm bestaan daar 'n pyn in menswees, aangesien die mens aan die een kant 'n individu

wil wees wat vry is, maar aan die ander kant ook nie eensaam en gei'soleerd wil wees nie. Daar bestaan 'n konflik tussen die mens en die samelewing, wat alleen herstel kan word as daar 'n balans is tussen die mens en die sarnelewingseise. Fromm plaas baie klem op die selfbewussyn van die mens. Hieruit onderskei hy tussen twee menslike prosesse wat menslike gedrag rig, naarnlik rede en gewete. Rede stel die mens in staat om te groei en daardeur 'n eie wGreld te skep waarbinne hy gemaklik voel. Die gewete stel die mens in staat om sy gedrag te rig volgens bepaalde norme en waardes. Dit kan geskied deur rniddel van 'n eksterne outoriteit soos ouers of die staat en deur die sogenaamde humanistiese gewete, die innerlike stem (Fromm, 1949: 14 1 -

(36)

2.2.2.4 Siening van optimaliteit

Fromrn venvys na psigologiese optimaliteit as "produktiwiteit" (Fromm, 1956:275). Volgens Fromm (1955:67) is selfs die bevrediging van a1 die basiese behoeftes nie genoeg vir die bevordering van geestelike welstand nie. Volgens Fromm (1955:32) beskik die produktiewe persoon veral oor 'n produktiewe orientasie ten opsigte van liefde, denke en aksie (werk). Om produktief te wees behels om a1 die kragte en potensialiteite ten volle te benut. Die woord "produktief' kan misleidend wees deurdat daar verwag word dat iets geproduseer moet word; dit is egter sinoniem met ten-volle funksionering, selfaktualisering, liefde, openheid en ervarings (Schultz, 1977:47). Volgens Fromm kan die ontwikkeling van 'n psigologies optimale mens slegs plaasvind binne 'n "gesonde" gemeenskap. Die ontwikkeling van psigologiese optimaliteit is volgens Fromm egter nie moontlik nie, omdat dit juis deur die samelewing verhoed word (Fromm, 1956:275).

Frornm beskryf 'n produktiewe persoon as iemand wat liefderik met die wereld omgaan en wat sy sin vir rede gebruik om die realiteit objektief te beleef Hy beskou homself as 'n unieke en individuele wese, maar voel ook deel van sy naaste. Hy ondenverp homself nie aan irrasionele gesag nie maar aanvaar rasionele gesag geredelik.

2.2.2.5 Eenheid van hulpverlening

Fromm meen dat hulpverlening in die vorrn van 'n soort "samelewingsterapie" behoort plaas te vind. Die Mem moet geskuif word van individuele terapie na samelewingsterapie, sodat 'n "nuwe gesonde mens" in die "nuwe gesonde samelewing" daargestel kan word (Fromm, 1956:276).

2.2.2.6 Metodiek

Fromm (1 956:275-276) redeneer dat wanneer die samelewing "gesond" is, sal gesonde individue voortgebring word. Frornm se metode om die gesonde samelewing te bewerkstelling is deur sy geloof dat die mens oor 'n inherente strewe beskik tot welsyn, emosionele gesondheid en oor 'n neiging tot 'n produktiewe lewe, harmonie en liefde beskik. As die geleentheid gebied word, sal

(37)

hierdie neiging voortbloei, wat toelaat dat die mens tot sy hoogste potensiaal ontwikkel. Daarom beklemtoon Fromm die samelewingsterapie, wat behels dat daar eerder op die samelewing gekonsentreer moet word as op die individu.

2.2.2.7 Die hulpverlener

Daar kon nie enige inligting rakende die hulpverlener se rol in Fromm se benadering in die literatuur gevind word nie.

2.2.2.8 Toepassingmoontlikhede

Volgens Frornrn (1955:32) behels om produktief te wees om a1 die kragte en potensialiteite ten volle te benut. Fromm fokus op die inherente goedheid van die mens. Hierdie aspek kom ooreen met psigologies optimale kenmerke.

2.2.2.9 Beperkinge

Frornm se teorie word nie in 'n een-tot-een situasieterapie toegepas nie. Deur op die samelewing alleen te konsentreer help nie die individu op die oomblik veel nie, we1 op die lange duur. Daar moet dus we1 voorsiening gemaak word vir die hier-en-nou, wat skort in Fromm se benadering.

2.2.3 Carl Rogers

Die persoongesentreerde toerie van Rogers word vervolgens bespreek.

2.2.3.1 Aannames oor die mens

Rogers se persoongesentreerde teorie is ontwikkel om individue en groepe te help om hul konflik te hanteer (Raskin & Rogers, 1989: 155). Rogers se siening plaas die grootste verantwoordelik heid woord vir verandering van die persoonlikheid op die individu self (Schultz, 1977:24).

(38)

Volgens Rogers (1975: 16-1 7) kom die mens meer in kontak met sy eie gevoel indien hy na homself luister. Wanneer 'n mens hom toelaat om ander te verstaan, word hy en die ander persoon albei daardeur verryk. Die aanvaarding van die ander persoon help die persoon om 'n mens te word. Die mens moet horn toelaat om sy ervaring te vertrou. Rogers meen ook dat die mens inherent in 'n positiewe rigting beweeg.

Die persoongesentreerde teorie is fenornenologies van aard en maak hoofsaaklik staat op die konsep van die self as 'n verduidelikbare konstruk. Dit skep 'n beeld van die eindpunt van persoonlikheidsontwikkeling (Raskin & Rogers, 1989: 167). VoIgens Rogers is die doe1 van die psigoterapie om konstruktiewe persoonlikheidsverandering teweeg te bring. Sodanige verandering impliseer oppervlakkige sowel as diepgaande verandering en veronderstel groter integrasie, minder interne konflik, die gebruik van energie vir 'n doeltreffende leefwyse en verandering weg van onvolwasse gedrag in die rigting van volwasse gedrag (Rogers, 195 1).

Geen aspekte van menslike groei en ontwikkeling hnksioneer onafhanklik van die aktualiserings- neiging nie (Schultz, 1977:26). Die doe1 van die lewe is nie net om 'n homeostatiese balans te handhaafnie, maar ook om groei en bevordering te bewerkstellig. Daar word gestreef na die doe1 van verhoogde kompleksiteit van hnksionering, sodat die mens werklik kan word wat hy in sy volle kapasiteit behoort te wees.

2.2.3.3

Parameters

Rogers het sekere teoretiese gedagtes wat sy benadering onderl$ in 19 stellings weergegee, en die word vervoIgens bespreek (Rogers, 1973:483-524):

1) Elke individu leef in 'n voortdurend veranderende wzreld van ervaring waarvan hy self die middelpunt is.

2) Soos die veld waargeneem en ervaar word, so word daarop gereageer. Hierdie waargenome veld is vir die individu die realiteit.

(39)

Die persoon reageer op die fenomeenveld as georganiseerde geheel.

'n Gedeelte uit hierdie perseptuele veld raak mettertyd gedifferensieer om die selfstruktuur uit te maak.

As gevolg van interaksie met die omgewing vind hierdie differensiasie plaas waaruit die selfstruktuur gevorm word as 'n georganiseerde, vloeibare, meer konstante patroon van waarnemings van die eienskappe van die "ek" of "my".

Een basiese neiging en strewe word getoon, naamlik om die ervarende individu te aktualiseer, in stand te hou en uit te bou.

Gedrag word die beste verstaan wanneer dit vanuit die innerlike venvysingsraamwerk van die individu bestudeer word.

Gedrag kan beskou word as die doelbewuste poging van die individu om sy behoefies te bevredig in die veld soos waargeneem.

Emosies word deur doelgerigte gedrag begelei en bevorder. Die soort emosie word bepaal deur die soekende of vervullende aard van die gedrag. Die intensiteit van die emosie hou verband met die belangrikheid van die gedrag vir die instandhouding en uitbouing van die individu.

Die waardes soos deur die individu self ervaar, is die waardes wat

aan

ervarings gekoppel word, en die wat deel is van die selfstruktuur, is in ander gevalle gei'ntrojekteerde waardes wat van ander oorgeneem is maar in 'n verdraaide vorm waargeneem word, asof hulle direk deur die individu self ervaar is.

Soos wat ervaringe in die lewe van die individu voorkom, word hulle gesimboliseer, waargeneem en in die een of ander verhouding tot die self georganiseer of ge'ignoreer omdat daar geen verwantskap met die selfstruktuur waargeneem word nie. Simbolisering kan geweier of verdraai word, omdat die ervaring nie in ooreenstemming met die selfstruktuur is nie.

Die grootste gedeelte van die gedrag wat deur die individu aangeneem word, is wat in ooreenstemming met die selfkonsep is.

In somrnige gevalle kan gedrag die gevolg wees van organiese ervaringe en behoefies wat nie gesimboliseer is nie. Sulke gedrag kan inkongruent wees met die se1fstruktuur.

(40)

14) Psigiese aanpassing bestaan wanneer die selfkonsep sodanig is dat alle ervaringe van die individu op 'n simboliese vlak in verhouding met die selfkonsep geassimileer is, of kan word; in sulke gevalle ontken die individu egter "eienaarskap" van die gedrag.

15) Wanneer die individu belangrike sintuiglike en liggaarnlike ervaringe toegang tot die bewussyn weier en wat gevolglik nie gesimboliseer en in die gestalt van die selfstruktuur ge'integreer word nie, vind psigiese wanfunksionering plaas. Wanneer so 'n situasie bestaan, is daar 'n basiese of potensiele psigiese spanning.

16) Enige ervaring wat nie in ooreensternming met die selfkonsep is nie, kan as 'n bedreiging gesien word, en hoe meer van hierdie bedreigende ervaringe voorkom, hoe meer rigied word die selfstruktuur georganiseer om sigself in stand te hou.

17) Onder bepaalde omstandighede waarin die gevoel van bedreiging verminder, kan ervaringe wat nie in ooreensternrning met die selfkonsep is nie, we1 waargeneem en ondersoek word, en die selfkonsep kan hersien word om sodanige ervaringe op te neem.

18) Wanneer die individu in staat is om alle ervaringe waar te neem en te integreer in sy sisteem, kan hy meer aanvaardend ten opsigte van homself wees asook ten opsigte van individue wat van hom verskil.

19) Soos die individu meer kan waarneem en aanvaar in sy selfkonsep, vind hy dat sy waardesisteem in die mate waarin dit op introjeksies en verdraaiings gebaseer was, voortdurend kan aanpas by en integreer met die realiteit.

Volgens Maddi (1976:87) sien Rogers die mens in die lig van benodiging van twee behoeftes, naamhk die behoefte ten opsigte van positiewe agting en die behoefte ten opsigte van positiewe selfagting. In die proses van goedkeuring en afkeuring van die persoon, ontwikkel die persoon 'n bewuste sin van wie hy werklik is, en dit word genoem die self of selfkonsep. Hiermee saam ontwikkel die mens 'n behoefte aan positiewe agting wat verseker dat die neiging tot selfaktuahsering bereik word deur goedgekeurde gedrag wat konsekwent is aan die selfkonsep.

2.2.3.4

Siening van optimaliteit

Rogers venvys na psigologiese optimaliteit as ten-volle funksionering (Rogers, 196 1 : 185- 187). Rogers beklemtoon een gemeenskaplike, basiese motiverende krag by elke mens, naamlik die

(41)

neiging of strewe om die self te aktualiseer (Schultz, 1977:26). Hoe wyer die spektrum van ervaringe wat die persoon tot sy beskikking het en hoe meer hiervan in sy selfkonsep gei'ntegreer is, hoe beter sal hy homself ken, sy verrnoens en talente benut en in staat wees om beter konstruktiewe optrede te kies en sy potensiaal ten volle te kan venvesenlik (Rogers, 1961: 185-

187). 'n Ten volle hnksionerende persoon is dus iemand wat sy vermoens en talente gebruik, herken en ontwikkel tot verdere selfkennis.

Volgens Rogers beskik die ten volle hnksionerende persoon oor die volgende kenmerke (Rogers, 1961: 185-195):

'n Toenemende oopheid vir ervaring. Die ten voIIe fUnksionerende persoon beweeg weg van 'n proses van verdediging na toenemende ervaring ten opsigte van die proses van psigiese aanpassing.

'n Toenemend eksistensigle leefwyse. Dit behels om elke oomblik voluit te leef en te vind aIles wat die oomblik kan bied.

'n Toenemende vertroue in sy individualiteit. Die ten volle hnksionerende persoon begin alhoemeer op sy eie vertroue staat maak.

Keusevryheid. Die ten volle hnksionerende persoon kan kies wat hy wil binne sy ervaringsveld.

Kreatiwiteit. Die ten volle hnksionerende persoon lewer kreatiewe produkte en leef kreatief

Basiese betroubaarheid en konstruktiwiteit. Die ten volle hnksionerende persoon kan vertrou word om positief en opbouend op te tree.

'n Ryk, vol lewe. Die ten volle Wsionerende persoon ervaar vreugde, pyn, liefde, leed, vrees en moed intensief.

2.2.3.5

Eenheid van hulpverlening

Persoongesentreerde terapie het begin as 'n een-tot-een-situasie in die veertige rjare en het oor die volgende tien jaar uitgebrei na groepterapie. Rogers het 'n benadering ontwikkel wat die meeste verantwoordelikheid vir persoonlikheidsverandering op die individu plaas en nie op die

(42)

hulpverlener nie. Volgens Rogers moet persoonlikheid ondersoek en verstaan word deur die individu se persoonlike standpunt en sy of haar subjektiewe ervarings (Raskin & Rogers,

1989: 167).

In die konteks van psigoterapie in die persoongesentreerde benadering word die volgende aannames gemaak rakende die klient (Raskin & Rogers, 1989: 1 56):

hy kan vertrou word om sy eie hulpverlener te kies; hy kies die gereeldheid en lengte van die hulpverlening ;

hy kan kies om of te praat of om stilte te gebruik;

hy besluit self watter aspekte verder ondersoek moet word; hy kom tot sy eie insigte;

hy is die argitek van sy eie lewe.

Van groepe word daar geglo dat hulle oor die vermoe beskik om die prosesse te ontwikkel wat geskik is vir hulle en wat die konflikte in die groep sal oplos. Volgens Rogers (1970: 137) word psigologiese groei makliker deur middel van 'n ontmoetingsgroep as met 'n individuele voorligtingsessie gestimuleer, aangesien verhoudinge makliker binne die psigol~giese klimaat van die groep gebou word.

Volgens Maddi (1976:80) is a1 die moontlikhede van die mens gerig op die diens aan en instand- houding en verryking van die lewe. Die ideaal wat Rogers voorhou, is die skep van omstandighede sodat die individu hom sal sien presies soos wat hy is, sodat hy alle potensiaal ten volle kan venvesenlik.

2.2.3.6

Metodiek

Die persoongesentreerde teorie is daarop gerig om die individu (groep) die geleentheid te gee om sy potensiaal uit te brei deur aan horn onvoorwaardelike positiewe aanvaarding te verskaf (Meyer, et al., 1988:415). Die klem val dus nie op die metode nie, maar op die kwaliteit van die verhouding tussen persone binne 'n hulpverlening- of groeistimuleringsituasie. Die basis van

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Vanuit de cliënten kan gezegd worden dat ze enerzijds zeer gebaat zijn met dit besluit, omdat er voor velen de wens is om zo veel mogelijk zelfstandig te wonen en ambulant geholpen

In order to test the hypothesis that messages containing fear appeals will lead to higher levels of stigmatization than messages that lack fear appeals, we used an analysis

This thesis looks at four factors that could influence the perceived motives of consumers about why companies engage in CSR: the level of company- cause fit, the level of commitment

The buildings that are taken under consideration do not belong only to the Late Classical period as the Building A of Plakari, which based on the pottery finds it is

Om een situatie te creëren waarin verhoudingen verschuiven, posities in vraag worden gesteld en de mogelijkheid tot (intellectuele) emancipatie kan ontstaan is

Rather, a number of other actors are involved, including local business owners, community groups and residents, who support and/or pursue commercial gentrification because it

Tevens zou het kunnen dat er wel een verschil in afname van craving na tDCS tijdens AAT-training in vergelijking met AAT-training en (placebo-tDCS) aanwezig is, maar dat dit

In order to gain further insight into this mixed magnetic state, temperature dependence of the magnetization M(T) in the form of field cooling (FC) and zero