• No results found

Marnus Greyling organis CD-bespreking

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Marnus Greyling organis CD-bespreking"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

139 CD-BESPREKING

Christiaan Carstens

MARNUS GREYLING • ORGANIS

D. Buxtehude: Präludium in g minor, BuxWV 149; J.S. Bach: Nun komm, der Heiden Heiland, BWV 659; Allein Gott in der Höh’sei Ehr, BWV 676; M. Greyling: Besinning/Contemplation (Herzlich tut mich verlangen); G. fauré (arr: M. Greyling): Romance

sans paroles, Op. 17 no. 3; J. Bonnet: Variations de Concert, Op. 1; J.S. Bach (arr. M. Greyling): Erbarme dich, mein Gott (Matthäus-Passion); S. Barber (arr. M. Greyling): Adagio for Strings, Op. 11; L. Vierne: Allegro (Symphony no. 2 in e minor); M. Mussorgsky (arr: M. Greyling): The old Castle (uit Pictures at an Exhibition); T. Dubois: Fiat Lux.

Marnus Greyling (orrel) ZEROSONIC (CD 62:10) Engelse kommentaar ingesluit

Opnames: St. George’s Anglikaanse kerk, Johannesburg; St. Mary’s Anglikaanse katedraal, Johannesburg; Jesus College, Cambridge, Engeland.

Vrygestel: 2016

Marnus Greyling is een van die helderste opkomende sterre in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld. Dit was dan ook te verwagte dat ’n klankopgawe uiteindelik van sy spel uitgereik sou word. Die opnames vir hierdie CD-uitreiking is hoofsaaklik gedoen in die St. George’s Anglikaanse kerk in Parktown, Johannesburg, waar daar ’n skitterende Rieger-orrel uit Oostenryk staan. Drie snitte is ook opgeneem in die Jesus College van Cambridge (VK) en die St. Mary’s Anglikaanse katedraal, Johannesburg. Die program bestaan uit sowel oorspronklike orrelkomposisies as orreltranskripsies.

Greyling is tegnies goed onderleg en hanteer elke stuk met integriteit, maar skroom nie om tegniese vertoon te benut ten einde opwinding te bewerkstellig nie soos in die Bonnet-variasies, die Vierne asook die Dubois waarmee die program afgesluit word. Vanselfsprekend toon hy ook goeie kennis van uitvoeringspraktyke en orrelregistrasie in die oorspronklike orrelkomposisies. In sy uitvoerings kom die luisteraar onder die indruk dat die kunstenaar begryp hoe ’n akoestiese ruimte as verlengstuk van ’n instrument dien, en hoe musiek dienooreenkomstig binne so ’n ruimte uitgevoer moet word. Die droë akoestiek in die St. George’s-kerk verleen ’n intieme karakter aan die musiek wat daar opgeneem is. Die ruim akoestiek van die St. Mary’s-katedraal, daarenteen, ondersteun weer die uitbundige en virtuose karakter van die Bonnet Variations de Concert.

Afgesien van oorspronklike orrelkomposisies, is daar ook vier verwerkings/transkripsies deur Greyling. In navolging van die tradisie, het Greyling inspirasie geput uit orkestrale sowel as klaviermusiek.

(2)

140

Die Barber- en Moussorgsky-werke is keurig verwerk en uitgevoer. In die aria uit Bach se Matthäus-Passie, waar die orkesbegeleiding vir orrel getranskribeer is, word die luisteraar meegevoer deur die pragtige sang en weldeurdagte vertolking van Esté Meerkotter (alt). Haar stem is uitgeknip vir die meer intieme nuanses van oratoriumsang. ’n Eie komposisie, gebaseer op Herzlich tut mich verlangen, onder die titel ‘Besinning / Contemplation’ is ook ingesluit. Die program word sprankelend afgesluit met Dubois se Fiat Lux.

Die meegaande CD-pamflet bevat ’n uitgebreide en indrukwekkende CV van die orrelis, asook ’n kort geskiedenis oor hoe die Rieger-orrel bekom is. Die disposisie van hierdie meganiese twee-manuaalorrel, ’n prag-instrument, is ook ingesluit. Dit sou gaaf gewees het as inligting oor die ander twee orrels in hierdie opname ook beskikbaar was. Op die voorkant van die omslag verskyn daar ’n fragment van die frontpype van die Rieger, en Greyling se naam en van in groot wit letters. Op die agterkant van die pamflet is daar ’n sfeerryke foto van die kunstenaar. Helaas sien die omslag egter heelwat somber daar uit. Geen programtoeligting word verskaf nie en dit bly dus geslote vir die musiekliefhebber wat meer sou wou weet. Die klein lettertipe, wit op ’n donker agtergrond, bemoeilik die leesproses.

Die algehele indruk wat ’n mens egter kry, is dié van uitstaande spel op instrumente wat getuig van hoogstaande vakmanskap – dus, ’n gelukkige kombinasie. Afgesien van enkele voorbehoude, is hierdie ’n baie goeie toetrede tot die CD-mark. ’n Mens sien met verwagting uit na nog vrystellings deur hierdie jong kunstenaar.

Die CD kan direk bestel word by greylingconcerts@gmail.com. Die prys is R150 (verpakking en versending ingeslote).

GARA GARAYEV • TRANSCRIPTIONS FOR ORGAN

G. Garayev: 24 Piano Preludes (1951-1963), Tsarskoye Selo Statue (1937); Don Quixote – Symphonic Gravures: Pavane, Aldonza, Journey (1960); Funeral Ode for Symphonic Orchestra (1968;, The Path of Thunder: Dance of the Passionate Girl, Lullaby (1958); Seven Beauties: Waltz (1952)

Jamila Javadova-Spitsberg (orrel) DMP RECORDS (CD 70:08) Engelse kommentaar ingesluit

Opname: Grote of Sint-Laurenskerk, Rotterdam, Nederland

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

So, in the case of corruption, it matters what legal tradition (common or civil) and what colonial master (British or French/Dutch) has been in power before the country

The sample of this study consists of fifteen Dutch female Master students. 1002) as the research question revolves female Master students wondering about their perceptions of the

kan deur die ontwikkeling van die eie naturellegebiede in Suid- Afrika aangepak word en deur di e verdeling van Afrika in blanke en nie-blank e gebiede voltooi

[r]

In order to better understand the proposed model and provide a clearer picture of how entrepreneurial spirit can affect self-perceived employability while taking soft skills

The aim of this study was to provide reliable change estimates for an N-back task of working memory, which can be used to evaluate individual cognitive change.. Reliable

Kinderen die hoog scoren op separatie angst, specifieke fobie en gegeneraliseerde angst (trend) hebben moeders die meer overbeschermend opvoedgedrag laten zien in vergelijking

An additional rapping feature that was, implemented was the power down rapping (PDR). This form of rapping occurs with the field de-energised and occurs after a set cycle of