• No results found

Geskiedenis en die invloed van take op die houding van ouers in die primêre skool.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Geskiedenis en die invloed van take op die houding van ouers in die primêre skool."

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

GESKIEDENIS EN DIE INVLOED VAN TAKE OP DIE

HOUDING VAN OVERS IN DIE PRIMERE SKOOL

S

J

Esterhuizen (OKVO)

In hierdie artikeltjie wil ek 'n saak aanvoer wat van aktuele belange is vir die toekoms van die yak Geskiedenis en ouers se houding teenoor die vak. Dit is 'n opvoedkundige beginsel dat leerlinge nie net in die klas sal luister nie, maar hulle moet ook aktief selfwerksaam wees. Hierdie selfwerksaamheid kan ook uitdrukking vind in die opgelegde huiswerktake. Die take kan verskillende vorme aanneem. Dit kan kort take wees; meestal vrae oor die afgehandelde werk - dit vind die kind meestal nie moeilik om te beantwoord nie. Dit kan ook langer opstelle wees, of dit kan korter en langer opdragte en werkstukke wees wat die kind aan die hand van bronne moet uitwerk. Die oorgrote meerder-heid geskiedenisbronne is moeilik geskryf en ook nie altyd beskikbaar nie. Dit bestaan uit gevorderde hand -boeke (veral die wat 'n oorsig oor die geskiedenis gee), monografiee, verhandelinge, ontledings, verklarings, gevorderde beskrywings van historiese gebeurtenisse en verskynsels, bronnepublikasies, dokumente, dagboeke, en bibliografiee. Dan verskyn daar gereeld akademiese ar-tikels in tydskrifte, en meer popul8r geskrewe artikels in koerante. AI hierdie bronne (die oorgrote meerderheid altans) is bo die vuurmaakplek van primereskoolleerlinge en vir die meeste juniorsekond8releerlinge baie moeilik verteerbaar.

Hierdie bronne is grootliks in biblioteke gehuisves. Skoolbiblioteke beskik oor 'n aantal en dorpsbiblioteke beskik ook oor 'n meerdere of mindere getal. Dit is egter eintlik net uDiversiteitsbiblioteke wat oor 'n besondere versameling historiese werke beskik. Min skole is naby universiteite en meeste kinders moet van die bronne in die skoolbiblioteek en ander plaaslike biblioteke gebruik . maak!

Uiteraard wi! die onderwysers die leerling se selfwerk-saamheid bevorder. Dit is hier waar die onderwyser se opdragte baie probleme skep en waar die ouer se beeld van die onderrig van Geskiedenis op skool erg negatief bemvloed word. Die ongunstige beeld kry ons nie net in die primere skool nie maar ook by 'n groot persentasie ouers met leerlinge wat geskiedenis in standerd 6 en 7

bestudeer. Waar Ie die probleem?

Daar word take aan leerlinge opgedra waaroor die bronne nie in die skoolbiblioteek te kry is nie, of ook nie in die dorpsbiblioteek nie. Daar word take aan leerlinge opgedra sonder dat bronne genoem word. Daar word take aan kinders opgedra wat die kind net nie kan baasraak nie. Lees maar net enkele van die opdragte wat leerlinge kry. Die'volgende voorbeelde is sprekend: • Standerd 2

Beskrywe die lewensgeskiedenis van Paul Kruger. Wie is die argitek, die boumeester en houer van die Provinsiale gebou in Pretoria, wanneer is met die

8

bouwerk begin, en hoe lank het dit geneem om dit te bou. (Die sillabus vra dat die leerlinge waarnem-ingsgeskiedenis sal doen en nie die besonderhede naslaan wat selfs volwassenes nie hoef te weet nie). • Standerd 3

Skrywe die geskiedenis van ons viag en wat is die betekenis van die vlag.

• Standerd 4

Die sillabus vra 'n studie van die hoofmomente van die geskiedenis, maar die leerlinge moet werkstukke voltooi oor diepgaande konstitusionele kwessies. • Standerd 5

Skrywe 'n opstel oor die soldate in die Kompanjies-diens aan die Kaap.

Standerd 6 en 7 kan net so oorlaai word. 'n Voorbeeld van wat 'n standerd 7 klas moes deurworstel is: "Beskrywe die politieke beleid van generaal Jan Smuts."

(Hierdie voorbeelde is nie die presiese bewoording van opdragte nie - maar dit illustreer die strekking van dusdanige take wat oor die onderhawige sake gestel is).

Niemand kan die ouers verkwalik nie as hulle

ongelukkig hieroor is, omdat 'n taakopdrag binne

die bevatlikheidsvermoe van die kind moet I~, en die bronne beskikbaar moet wees.

Die ideaal is dat die nodige bronnemateriaal selfs in pakketvorm beskikbaar_ sal wees. Hier doen by. die Jackdaw-series wat iii Brittanfe verskyn 'n groot diens aan die kind en die ouer. Die taak moet sodanig wees dat die ouer dit Die eers moet lees en dan aan die kind verduidelik nie. Die taak moet nie sodanig wees dat dit die kind maagsere laat ontwikkel nie. Die taak moet 'n uitdaging aan die kind wees, want hy moet self werk, maar dit moet hom nie 'n doodskoot gee nie. Natuurlik sal daar leerlinge wees vir wie die opdragte moeiliker sal wees, maar met die nodige bron-nemateriaal byderhand sal die outjie wat die werk baie moeilik vind, tog iets daaruit kan haal.

Dit is dringend noodsaaklik dat 'n herwaardering

van die taakopdragte gedoen sal word. Dit is nood-saaklik dat die take Die die kind wegjaag en die ouer op loop jaag nie. Dit is dringend nodig dat die saak van geselekteerde bronnemateriaal die aandag van aile betrokkenes sal lay. Hoe wonderlik sal die onderrig van geskiedenis Die wees as elke taak

gepaard kan gaan met 'n bronnemateriaalpakket.

Eers wanneer die leerlinge in die sekond8re standerds in Geskiedenis onderrig word behoort hy/sy self geleidelik meer en meer die bronne te vind, mits claar gesorg word dat die bronne wei in die skool-en dorps-biblioteek te vinde is.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Daarna word die groepsfoute in behandeling geneem deur aan die groepe leerlinge wat met sekere soorte foute sukkel intensiewe onderrig in die tipe somme te

gelaat en die heuwel bestyg om die wereld te bespied. Vergelyk ook J.H. Breytenbach, Kommandant Danie Theron, p.214. Van Wyk maak melding van Danie Theron se aankoms by die

nie en sy plaas Hartbeesfontein in die wyk Vaalrivier het as sekuriteit gedien totdat hy betaal net. Burgers se gewildheid het mettertyd afgeneem vanwee aangeleenthede soos

sentielwaardes verskil vir dieselfde onverwerkte telling. Die natuurwetenskaplike houding sal deur bepaalde onderrigm..;todes wa.:'.rskynlik geed ontwikkel word. Die

oue godsdienstige opvattinge en voorstellinge wat diep in die Christen= dom wortel, in gedrang gebring. einde van het conventionele Christendom. Besonder insiggewend

bulle moet die hoof en onderwysers steun in hul pro- fessionele taak, bulle professionele status in die klaskamer respekteer en die ouers aanmoedig om hulself

Die Dameskomitee het egter nooit aanbeveel dat die Pietersburgse konsentras iekamp verskuif moes word nie en daar is geen gegewens in die amptel ike dokumente

(a) Die primere afdeling.. Kruger aangesteld werd. Die hoogste standerds waarmee die skool begin het se leerlinge was nou reeds sover gevorder dst daar vir hulle