• No results found

Keuring van leiers onder Bantoemynwerkers

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Keuring van leiers onder Bantoemynwerkers"

Copied!
125
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

KEURING VAN LEIERS ONDER BANTOEMYNWERKERS

deur

Pieter Hugo Honns. B.A.

'n Verhandeling voorgele ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad

MAGISTER ARTIUM

in die

FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE

van die

POTCHEFSTROOMSE UNIVERSITEIT VIR CHRISTELIKE HOER ONDERWYS

(2)

VOOR\-JOORD

Die keuring van bedryfsleiers in die Westerse kultuur was nog altyd 'n probleem omdat mense met wyd uiteenlopende geaardhede en ver-moens sukaesvolle lP.iers binne dieselfde bedryf of werkskategorie kan wees. Ten spyte van al die navorsing wat reeds in die verband gedoen is, kon daar nog geen bevredigende gestandaardiseerde en meer objek-tiewe keuringstegnieke ontwikkel word nie en onder sulke omstandighede blyk die gebruik van praktiese gedragstoetse (situational performance

tests) regverdig te wees.

Wyd uiteenlopende geaardhede en vermoens kan ook onder suksesvolle Bantoebedryfsleiers, en vir die doel van hierdie navorsing, ook onder die leiers of voorjongens van die Bantoemynwerkers verwag word. Afge-sien van die individuele verskille binne die stamverband, is Ba.ntoemyn-werkers van veelvuldige stamverbande binne en buite die Republiek van Suid-Afrika afkomstig; daarbenewens is Bantoemynwerkers oor die alge-meen analfabete of beskik hulle oor weinige skoolopleiding, wat die moontlikhede van gestandaardiseerde en meer objektiewe tegnieke nog

meer uitsluit as by die Westerling. Juis daarom is die mynbedryf steeds genoodsaak om die bestaande praktieae gedragstoetse of Leierlose Groeps-toetse verder uit te bou en te verbeter.

Dit moet egter hier duidelik gestel word dat bevindinge van navor-sing op Blankes, betreffende Leierlose Groepstoetse, nie sander meer as van toepassing op die Ba.ntoemynwerker beskou kan word nie, omdat 'n kulturele en opvoedkundige gaping tussen Westerling en Ba.ntoe bestaan. Daarbenewens moet aangesluit word by die beskouinge van Biesheuvel en Hudson naamlik dat die Ba.ntoe nie individualieties en toegeapits op

individuele ontwikkeling soos die Westerling is nie. Teenoor die inner-lik gerigte persooninner-lik.heid van die Westerling, is die Ba.ntoe, deur sy tradisionele opvoeding, 'n sosiale persoonlikheid. Juis as gevolg van hierdie verskille verwag mens ook 'n verskil in optrede en benadering

ten opsigte van die Leierlose Groepstoetse by die Ba.ntoe as by die Westerling en daarom sal met hierdie navorsing slegs riglyne en aan-slui ting geaoek word by werke wat toeges~its is op Leierlose Groeps-toetse vir Ba.ntoes. Hoewel die huidige toetse, wat met die keuring van

(3)

voorjongens in die mynindustrie gebruik word, ontwikkel is na aanlei-ding van die metodes wat deur die British War Office met die keuring van offisiere gedurende die Tweede Wereldoorlog gebruik is, behoort die uitbouing daarvan voortaan binne die Bantoekultuur gedoen te word.

BEDANKINGS

Graag wil ek hier van die geleentheid gebruik maak om mnr. L. Barlow-Jones te bedank vir sy waardevolle bystand met die praktiese uitvoering van hierdie navorsing asook vir dr.

w.

Hudson vir sy

toestemming dat hi~rdie navorsing gedoen en vir publikasie doeleindes gebruik mag word. Verder is ek besondere dank verskuldig aan die betrokke Mynbesture en personeel van die Anglo American Corporation of South Africa, Limited, vir hulle vriendelike ondersteuning en hulp met die uitvoering van die navorsing op die onderskeie myne in Welkom.

Dankie ook aan J. Barratt vir die fotos wat hy so goedgunstelik vir my geneem het.

Dit was 'n voorreg om Prof. C.F. Schoeman as leier te kon

he

en sy leiding en advies was altyd 'n onderskraging.

(4)

INHOUD

Bladsy

Voorwoord i

HOOFSTUK 1 PROBLEEMSTELLING EN BEPLANNING

1. Formulering van die probleem • • •

• • • • • 1 2. Beplanning van die ondersoek • • • • • • • • • • •

5

2.1

2.2

2.3

Formulering van hipoteses of tentatiewe oplossings • • • • • • • • • • • • Metode van ondersoek en skedulering van die program • • • • • • • • • • • • Die steekproef • • • •

. .

.

2.3.1

2.3.2 2.3.3

Vraelys aan Blankes • Vraelys aan Ba.ntoes • • • • • Toetspopulasie • • • • • • •

. .

• • • • • • • • •

.

.

. .

Samevatting

• • • • • HOOFSTUK 2

5

6 7 7 7 8 10

HUIDIGE METODE VAN KEURING

1. Historiese oorsig • • • • • • • • • • • • • • • • 11 2. Huidige metode • • • • • • • • • • • • • • • • •

15

2.1 Puntetoekenning • • • • • • • • • • • • • • 17 2.2 Afwykings van die voorgeskrewe handleiding

van die N.I.P.N. • • • • • • • • • • • • • •

18

2.3. Toetssituasies • • • • • • • • • •

"Stepping Stones" • • • • • • • •

.

.

Die "Shaft" • • • •

.

.

.

.

• • •

2.3.3

"Crossing the River"

18

19

21 23

2.3.4

11The Gallows" • • • • • • • • • • • •

24

2.3.5

Die Huis Toets (House Test) • • • • •

25

Samevatting

• • •

• •

• • • • • • • • •

26

HOOFSTUK

3

DIE NUWE METODE

1. Blanke vraelys

• • • • • • •

29

iii

(5)

2. 3. 4. 5. 6. (vervolg)

1.1 Voorbereiding en duplisering van vorms • • • • • Insameling van gegewens

• •

• •

• • Tabulering van gegewens • • • • • • • • • • • • Verwerking en ontleding van resultate

• •

Gevolgtrekkings en aanbevelings • • • • • • • • Samevattend

• • • • •

• • Bantoevrael1s • • • • • • • • • • • • • • • • • • 2.1 Voorbereiding en duplisering van vorms • • • 2.2 Insameling van gegewens • • • • • • • • • •

• • • • • • Bladsy 29 29 31 32 35 38 39 39 39 2.3 Tabulering van gegewens • • • • • • • • • • • • 40 2.4 Ververking en ontleding van die resultate • • • 43

2.4.l Betekenisvolle verskil tussen die

4

groepe. • • • • • • • • • • • • • • • • • 43 2.4.2 Betekenisvolle verskil tussen die 11Ja" en

,.Nee" response • • • • • • • • • • • • • 44 2.5 Gevolgtrekkings en aanbevelings

• • • • • • • 48 2.6 Samevattend • • •

• • • •

.

• • • • • • • 49 Samestelling van die voorlopige waarderingskale

50

3.1 Waarderingskaal vir Leierlose Groepstoetse

• •

• 51 3.2 Waarderingskaal vir myngebruik

• • • • • • • 53 3.3 Opleiding van toetsbeamptes • • • •

.

• • • • • 53 3.3.1 Leierlose Groepstoetse • • • • • • • •

53 3.3.2 Die Bantoepersoneelassistente • • • • • • 54 3.4 Proeedure

• •

• •

• •

• • 55 Verandering van die toetssituasies •

. .

• • 55 4.1 .. stepping Stones". • • • • • • • • • • • • • • • 56 4.1.l Deel I • • • • • • • • • • • • • 56 4.1.2 Deel II

.

• •

.

• •

.

• • • • • 57 4.2

,.Lo

Mzele" •

• • • • • • • • • • •

. . . .

• • 58 4.2.l Deel I • • • • • • •

.

• • • 58 4.2.2 Deel II • • • • • •

.

. .

• • • • •

.

59 Toe passing

• • •

• • • • • • • • • • • • •

6o

Samevatting • • • • • • • • • • • • •

.

• • • • •

.

6o

iv

(6)

(vervolg) Bladsy HOOFSTUK

4

RF.SULTATE 2.

3.

4.

Waarderingskaal vir Leierlose Groepstoetse

-ontleding van resultate • • • • • • • • • • • • • 1.1 Bantoes getoets • • • • • • • • • • • • • • 1.2

1.3

Betroubaarbeid van waarderings Tentatiewe slaagpunt • • • • •

• • • • • • •

. .

.

.

. .

.

Waarderingskaal vir myngebruik - ontleding van resultate • • • • • • • • • • • • • • • • •• •

Keuring volgens die buidige metode

Samevatting • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • •

61

61

62

64

66

68

68

Opsomming • • • • • • • • • • • • • • • • • • • •

69

Summary- • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • 72 T

(7)

TABELLE

I Verhouding tussen die

4

groepe Bantoearbeiders

gedurende 1967 • • • • • • • • • • • • • • • • • •

II Persentasie van elke groep in die 3,777

Voorjongens gekeur gedurende 1967 • • •

.

.

.

III Verwerking van Leierlose Groepstoetsresultate • •

IV

v

VI VII VIII IX

x

XI XII XIII XIV

xv

XVI

Verspreiding van vraelyste onder die sewe myne

Verspreiding van die 422 korrek-beantwoorde

vraelyste onder die sewe myne • • • • • • • • • •

• •

Verspreiding van korrek-beantwoorde vraelyste volgens werksgroepe • • • • • • • • • • • • • • • Items van die vraelys gerangskik volgens die

gemiddelde rangwaardes • • • • • • • • • • • • • •

Geselekteerde items

. . .

. .

.

. .

.

. .

. .

. .

Bantoes onderwerp aan Bantoevraelys

.

. .

.

. .

.

• • • • • • • • •

Response van elke groep per item

Response op Item

9 • • • • • • •

• • • •

.

. . . .

Response op Item 22 • • • • • • • • • • • • • • •

Items waarvan

die~

2

-waarde

<

11.341 op .01 vlak •

Items waarvan

die~

2

-waarde)

11.341 op .Ol vlak •

)::2-toets om te bepaal of die verhouding tussen

"Ja" en ,.Nee" response vir elke item 1:1 is • • •

Verspreiding van die 280 Bantoetoetslinge wat op

die Leierlose Groepstoetse getoets is,.~nder die

4

Bantoegroepe • • • • • • • • • • • • • • • • • • Bladsy

8

10 16 30 31 33 35 40 41 42 42

44

44 46 61

XVII Betroubaarheid van waarderings volgens die

Spearman-Brown formule • • • • • • • • • • • • • • 63

XVIII Gemiddelde waardes vir elke item

Bereken vir die toetslinge'met 'n totale telling

~ 17 punte • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • 64

XIX Aantal en persentasie Bantoes per groep met

toetstellingf 17 punte op die Leierlose

Groeps-toetse • • • • • • • • • • • • • • • • • • • •

vi

(8)

BYLAF.S Bladsl Bylae A • • •

.

• • 76 Bylae B • • • • • • • • 77 Bylae

c

• • • •

.

• • 78 Bylae D • • • • • • 79 Bylae E • •

.

80 Bylae F •

• •

. .

81 Bylae G • • • • • • 82 Bylae H •

• • • • • 83 Bylae I • • • • • • • • 84 Bylae J • • •

.

.

• • 86 Bylae K • •

• • • • • 91 Bylae L

92 Bylae M

• • • • • • 93 Bylae N • • • • • • • • 94 Bylae 0 • • • • • • • 95 Bylae p • • • • • • •

96 Bylae Q • • •

. •

• • 97 Bylae R • • • 98 Bylae

s

• • •

.

• 100 Bylae T • • • • • •

.

• 101 Bylae

u •

• • • • • • • 104 Bylae V1 • • • • • • • 106 Bylae V2

• • • • • • 109 Bylae V3 • • • • • • 111 Bylae

WI.

• • • • • 112 Bylae W2

• •

• • • • 114 Bylae W3

• • • • • 116 vii

(9)

HOOFSTUK 1

PROBLEEMSTELLING EN BEPLANNING

1. Formulering van die probleem

Biesheuvel 1)wys daarop dat daar in beginsel nie meer twyfel oor die doeltreffendheid van wetenskaplike personeelkeuringametodes is nie. Sulke metodes het hulleself herhaaldelik bewya oor 'n wye omvang van werksituaaies en onder 'n groot verskeidenheid omstandighede. Die waarde van sulke metodes word die maklikste gedemonstreer waar 'n werk

'n uitgebreide opleidingsperiode vereis. Bewyse van die doeltreffend-heid van keuringsmetodea in die werksituasie is gewoonlik gekoppel aan faktore soos vermindering van die arbeidsomset, atweeigheid, ongelukke en die verhoging van die vermoens- en doeltreffendheidsvlak onder werk-nemers.

Selfs in gevalle waar dit blyk dat sulke toetse nie beter kan doen as ervare beoordeelaars van mense nie, het hulle tog sekere voordele bo sulke beoordelings: bv. (1) dat hulle konstant is ten alle tye en onder alle omstandighede, (2) dat groot groepe gelyktydig hanteer kan word,

(3)

dat toetsnemers geen buitengewone vermoens nodig het nie en enige-iemand dus in 'n kort tydjie in die gebruik daarvan opgelei kan word en (4) dat sulke toetse die basis van 'n sistematiese bemanningsbeleid kan vorm.

Daar moet egter besef word dat sulke metodes nie die basis van 'n sistematiese en wetenskaplike bemanningsbeleid kan vorm as werksfaktore soos omgewingstoestande, opleiding, arbeidsbestuur en algemene

industriele verhoudings nie redelik konstant is nie. Dit is duidelik

..

dat aanlegtoetse nooit geisoleerd van die werksituasie moet staan nie.

1) Biesheuvel, S, Aptitude Tests for Native Labour on the Witwatersrand Gold Mines,

P.8-19,

(10)

Weens die mededinging wat die goudmyne van 'n groeiende aantal Suid-Afrikaanse industriee en van grootskaalse landbou en industriele ontwikkeling van omliggende gebiede buite die Republiekvan Suid-Afrika ondervind, sal daar in die toekoms steeds relatief minder Bantoes vir die goudmynindustrie beskikbaar wees. Juis onder sulke omstandighede kan keuring of klassifikasie van arbeid 'n waardevolle bydrae lewer tot meer doeltreffende gebruik van die beskikbare arbeid. Met die eerste oogopslag wil dit voorkom asof die werk van Bantoes in die goudmyne ongeskoold is en dat selfs diegene met die minimum vermoe in staat sal wees om die werk te doen, maar op die keper beskou is daar tog vaardigheidsverskille tussen die verskeie werkskategoriei te bespeur wat die gebruik van aanlegtoetse vir klaasifikasie en keu-ring van potensiele voorjongens regverdig. Aangesien Bantoemynwerkers kontrak- of trekarbeid is, is hulle dienste slegs vir periodea van on-geveer 8 maande per kontrak of toer beskikbaar en kan aanlegtoetse bydra tot die meer doeltreffende gebruik van die arbeid vir die kort periode wat 'n Bantoe per toer werksaam is. Daar moet egter onthou word dat aanlegtoetse in noue samewerking met opleiding en behoorlike arbeidskontrole gebruik moet word om die doel te bereik.

'n Vraag wat opduik, is of sulke toetse op die Bantoe toepasbaar is. Biesheuvel wys daarop dat besware aangaande die bygelowigheid van Bantoes ten opsigte van sulke toetse ongegrond is en dat Bantoes dikwels trots is om sulke toetsing te ondergaan en graag sertifikate as bewyse van bywoning wil he. 'n Verdere beswaar dat aulke toetse gevestigde assoaiaaies tussen Bantoestamme en spesifieke werksoorte onder die Bantoes mag verstoor word ook as ongegrond verwerp. Tog moet werkskeuses in ag geneem word om sodoende die motivering te versterk en so 'n beleid sal werksdoeltreffendheid ook verhoog.

Met bogenoemde rasionaal as grondslag, het die Nasionale Instituut vir Personeelnavorsing, in 1opdrag van die Transvaal Kamer van Mynwese en geassosieerde Mynmaatskappye, gedurende die laat veertiger jare navorsing begin doen met die doel om

:-(a) die mees doeltreffende gebruik van Bantoea ondergrond te maak;

(11)

(b) individue te selekteer wat meer aanpasbaar in die industriele situasie is;

(c) arbeid in bree beroepskategoriee te klassifiseer; (d) die grondslag te le vir 'n vaste bemanningsbeleid

wat op wetenskaplike gebruik van Bantoearbeid berus 2 )

Vanuit die navorsing, gedoen deur die Nasionale Instituut vir Personeelnavorsing, het die Battery van Aanlegtoetse (General Adap-tability Battery) en die Leierlose Groepstoetse gespruit wat vandag nog, alhoewel in ietwat gewysigde vorm, deur die myne gebruik word vir die klassif ikasie van Bantoewerknemers in een van die volgende werkskategoriee :-(a) (b) (c) Supervisie Meganies Nie-meganies 3)

Met hierdie navorsing is die aandag slegs toegespits op die Leierlose Groepstoetse wat vir die keuring van potensiele voorjongens

b 'k d V 1 H d

4).

ct· k t vi·r · d'

ge rui wor • o gens u son is ie wo a voorJongens op ie

goudmyne 10 persent van die totale komplement van Bantoemynwerkers.

Aangesien sommige potensiele voorjongens medies ongeskik verklaar word en antler die werk weier as dit hulle aangebied word en nog ander die toetse by die opleidingsentrums van die myne mag druip, is die mening tans dat minstens 14 persent van die komplement van Bantoemynwerkers, of 27 persent van die Bantoes wat op die Leierlose Groepstoetse getoets word, as potensiele voorjongens gekeur behoort te word.

Gedurende 1967 is daar by die Aanlegtoetssentrum,~aar die navorsing gedoen word, slegs 8 persent van die totale komplement van Bantoemyn-werkers as potensiele voorjongens gekeur en as gevolg hiervan ondervind die sewe myne, wat deur die Aanlegtoetssent:rtlll)edien word, 'n geweldige tekort aan potensiele voorjongens. Vanaf Januarie 1967 totJuniel967 was net 66 persent van alle voorjongens op die sewe myne dan ook

2) Hudson, W. The Occupational Classification of Africans.

P.5.

3) Id. P.32.

(12)

goedgekeurde Bantoevoorjongens en kan daar geredeneer word dat daar so

'n tekort aan gekeurde potensiele voorjongens is, dat die myne nie

anders kan as om van afgekeurde Bantoemynwerkers gebruik te maak nie. Hierdie redenasie is egter ongeldig omdat baie gekeurde potensiele voorjongens met die aanstellings van voorjongens oor die hoof gesien word en vergete agterbly.

Bogenoemde feite bring mee dat die vraag gestel moet word of die Leierlose Groepstoetse nog van enige waarde is. Indien nie, sou dit

nie beter wees om die keuring van voorjongens in die hande van di~

myne te laat nie? Die huidige metode het egter reeds sy waarde daarin

getoon dat

:-(1) Minder personeel en tyd nodig is om potensiele

voorjongens aan te wys.

(2) Die druipsyfer van potensiele voorjongens aan die opleidingsentrums van die myne, sedert die instelling van die Leierlose Groepstoetse, van 27 tot l persent gedaal het.

Die waarde van bogenoemde voordele spreek sterker as daar ingedagte gehou word dat daar ongeveer 56,000 Bantoes op die sewe myne werksaam is, wat deur die Aanlegtoetssentrum waar hierdie navorsing gedoen is, bedien word.

Die Aanlegtoetssentrum is 'n diensdepartement wat aan die behoeftes van die myne moet voorsien en die feit dat gekeurde potensiele voorjon-gens nie aangestel word nie en dat te min gekeur word, is 'n vingerwy-sing dat die Aanlegtoetssentrum nie meer aan sy funksie voldoen nie.

In die lig hiervan en die reeds genoemde voordele van sulke keuringa-metodes en aangesien geen objektiewer keuringa-metodes beskikbaar is nie, moet hierdie metode in diens dus op een of ander wyse doeltreffender gemaak

word. Hier kan aan twee moontlike oplossings gedink word. Ee rs tens

sou dit moontlik wees om die afsnypunte te verlaag, met ander woorde,

die toetstandaard te verlaag, om in die vereiste aantal aanbevele

voor-jongens te voorsien. Daar bestaan egter ook die mening dat daar iets

met die toetse self en/of die metode skort en dat 'n verlaging in

standaard die gebrek mag vergroot. Tweedens sou die probleem moontlik

(13)

opgelos kan word deur die ontwikkeling van 'n nuwe metode en nuwe toetse wat die doeltreffendheid van die keuring kan verhoog.

Die skep van nuwe toetsituasies blyk noodsaaklik te wees aangesien sommige van die toetse bykans twintig jaar en die jongste ongeveer vyf

jaar in gebruik is en omdat byne alle myne dieselfde toetse gebruik, bring dit mee dat Bantoemynwerkers in hulle omswerwinge op die myne verskeie geleenthede op hierdie toetse kry en dat die toetse algemeen bekend raak. Ander werkers neem weer kennis van die toetse deur

oorvertelling. Kruger

5

)het ook die hipotese bewys dat kennis omtrent die doel van die toetse as aansporing sal dien vir diegene wat graag voorjongens wil word.

Die probleem is egter gekompliseerd omdat so baie Bantoemynwerkers analfabete is en afkomstig is van talle stamgroepe, elkeen met sy eie taal en kultuur, en die gemeenskaplike myntaal 11Fanakalo" wat hierdeur ontstaan het, maak hoofsaaklik vir werksbehoeftes op die myne voorsie-ning en die bruikbaarheid daarvan op sielkundige vlak is baie beperk. Die probleme blyk byna onoorkomelik te wees en daarom ook miakien die gebrek aan 'n geldige keuringsmetode.

2. Beplanning van die ondersoek

2.1 Formulering van hipoteses of tentatiewe oplossings

Die werksbeskrywing van die werk van 'n voorjong wat deur die Nasionale Instituut vir Personeelnavorsing met die ontwikkeling van die keuringsmetode gedoen is, kan, weens die tegnologiese ontwikkeling in die goudmyne gedurende die afgelope twee dekades, nie sondermeer as van toepassing op die huidige voorjong beskou word nie. In die lig hiervan en vanuit die voorafgaande probleemstelling het die gedagte ontstaan dat 'n voorjong aan die vereistes, wat sy blanke meerderes

5) Kruger, C.F. Keuring van Voorjongens in die Goudmyne. P.70.

5.

(14)

en sy Bantoe ondergeskiktes aan 'n suksesvolle voorjong voorhou, moet voldoen voordat hy enigsins kan hoop om sy werk suksesvol te doen.

'n Voorjong moet dus die erkenning van sy meerderes geniet en ook deur sy ondergeskiktes aanvaar word en alleenlik wanneer hierdie sosiale atmosfeer gunstig is, kan hy suksesvol optree.

Die doel van hierdie ondersoek is dus daarin gelee om 'n keuring-stelsel te ontwikkel, wat die idees en houdings van Blankes en Bantoes, betreffende voorjongens, sal bevredig. Vir die doel sal die bestaande toetse asook die waarderingskaal verander moet word.

Tans het die myne geen aandeel in die keuring van potensiele

leiers nie, maar tog dra hulle die verantwoordelikheid vir aanstellings wat gedoen word, en met die oog op die voorafgaande moet beplan word om die myndepartemente wat vir die aanstellings verantwoordelik is, by die keuring te betrek. Die doel hiervan is ook om nouer samewerking tus-sen die myne en die Aanlegtoetstus-sentrum te bewerkstellig. Dit impli-seer verder dat al die eise aangaande leiers nie met die toetse bepaal-baar sal wees nie. Die metode sal die myne ook motiveer om alle moont-like kandidate te oorweeg en kan meebring dat 'n grater persentasie van gekose potensiele leiers in die werksituasie as voorjongens aangetref sal word.

2.2 Metode van ondersoek en skedulering van die program

2.2.1 Die opstel van 'n vraelys wat onder Blanke mynwerkers versprei sal word, met die doel om te bepaal watter vereistes aan 'n voorjong gestel word.

2.2.2 Die opstel van 'n vraelys in Fanakalo, om aan Bantoemynwerkers voor te le, met die doel om te bepaal watter tipe van voorjong aanvaar-baar sal wees.

2.2.3 Vanuit die twee vraelyste sal 'n waarderingstelsel ontwikkel word, wat sal bestaan uit (1) die waarderingskaal wat deur die Aanlegtoets-sentrum gebruik sal word en (2) die waarderingskaal wat deur die myne gebruik sal word.

2.2.4 'n Aantal Bantoeklerke van die Aanlegtoetssentrum sal gekeur

6.

(15)

en opgelei word om met die metode behulpsaam te wees.

2.2.5 Voordat tot toetsing oorgegaan kan word, sal die toetssituasies verander of nuwes geskep moet word.

2.2.6 As doel word gestel die toetsing van ongeveer 300 Bantoes.

2.2.7 Die volgende stap sal wees die opleiding van Departementele

Personeelbeamptes en 11African Personnel Assistants" in die gebruik van die waarderingskaal op die myne. Hierdie persone is verantwoordelik vir die aanstellings van voorjongens.

2.2.B Die myne sal dieselfde toetslinge (~ 300), nadat hulle ten min-ste ses weke werksaam is, aan keuring onderwerp. Die keuring sal uit

'n waarderingskaal bestaan, wat vir elke toetsling met die hulp van sy betrokke voorjong, voltooi sal word.

2.2.9 Die volgende stap in die program is die bepaling van 'n tenta-tiewe slaagpunt sodat ongeveer

27

persent van die toetslinge sal slaag. Gedurende hierdie fase sal items met geen diskrimineringswaarde, in beide waarderingskale elimineer word. Daar sal dus nie gepoog word om 'n finale standaardisering te gee nie, maar slegs 'n inleidende en voorbereidende studie, aangesien die probleem so 'n wye omvang bet, dat dit nie binne die terrein van 'n studie soos hierdie gebring kan word nie.

2.2.10 Vergelyking tussen die huidige en nuwe metodes.

2.3 Die steekproef 2.3.1 Blankevraelys

Op elk van die sewe myne, wat deur die Aanlegtoetssentrum bedien word, sal mynkapteine, skofbnse en myners die vraelys voltooi.

2.3.2 Bantoevraelys

Gerieflikheidshalwe word Bantoes wat op die myne werk in die volgende

4

groepe verdeel

.-(a) Republikeinse Bantoes (b) Tropiese Bantoes (c) Ooskus Bantoes

(d) Bantoes van Hoe Kommissaries gebiede of kolonies.

(16)

Vir die doel van die navorsing sal die Bantoes ook so hanteer word en sorg sal gedra word dat 'n redelike aantal van elke groep ondervra word. Alleenlik Bantoes met ten minste

6

maande ervaring ondergrond, maar met geen ervaring as voorjong nie, sal aan die vraelys onderwerp word.

2.3.3 Toetspopulasie

Die verhouding van die genoemde

4

groepe Bantoearbeiders by die myne was gedurende 1967 as volg

:-TABEL I

Verhouding tussen die 4 groe~e Bantoearbeiders gedurende 19

7

Republikeinse Ban toes

=

38.1% Hoe Kommissaris Gebiede

=

33.3% Tropiese Bantoes

=

16.4% Ooskus Bantoes

=

12.2%

Volgens Tabel I is dit duidelik dat die

7

myne hoo!saak.lik van Bantoes, afkomstig vanuit die Republiek van Suid-Afrika en vanuit Hoe Kommissaris Gebiede, gebruik maak. Weens prak.tiese toetsprobleme dat Bantoes getoets moet word soos hulle arriveer, kan nie by hierdie verspreiding in die toetsmonster gehou word nie, maar ten minste 50 lede van elke groep en 'n groot totaal van

!

300 sal aan die keuring onderwerp word. Dit is verder die beleid dat ongeselekteerde groepe vir die Leierlose Groepstoetse saamgestel word. Indien nou getrag gaan word om by die verhouding (soos in Tabel I) te bly mag dit mee-bring dat geselekteerde groepe gevorm word.

Taalprobleme

Aangesien elke stam sy eie taal het, kan dit probleme ekep in 'n toetssituasie waar kommunikasie 'n vereiste is. As gevolg van dieselfde probleem in die werksituasie het 'n gemeenskaplike myntaal 11Fanak.alo" ontstaan waardeur die stamme onderling en met die blankes kan kommuni-keer. Met die oog daarop is dit 'n beleid dat alegs Bantoea met 'n minimum van

4

maande ondergrondse mynervaring aan die Leierlose Groeps-toetse onderwerp mag word. Hiermee is die taalprobleem in die

(17)

Ouderdom in jare is vir die Bantoemynwerker 'n vae begrip en die grootste gedeelte van die Bantoes dra geen kennis van hulle

geboorte-datums nie. Die klein groepie wat wel te kenne gee dat hulle, hul

geboortedatume ken, kan geen bewys daarvan lewer nie. Al wat met

sekerheid gese kan word, is dat alle Bantoes, wat op die myne kom werk,

fisies volwaese ie. Die gebrek aan ouderdomskennie is egter nie

nadelig nie, aangesien daar blykbaar geen verband tuesen geskatte 6)

ouderdom en leierskappreatasie bestaan nie •

Skoolopvoeding ontbreek by die meeste Bantoemynwerkere en by die groepie wat wel ekoolopleiding ontvang het, is die opvoedkundige

standaard hoofsaaklik tot die laerekool beperk. Tog het verskeie

navorsere 7- 9 )reede bewys dat opvoeding onder die Bantoemynwerker wel

deeglik 'n invloed op aanlegtoetsresultate uitoefen. Bantoes met

skoolopleiding vaar due oor die algemeen beter op die aanlegtoetse. Aangeeien slegs die Bantoes wat goed presteer op die aanlegtoetse, op die Leierlose Groepstoetse getoets word, bring dit mee dat relatief

meer opgevoede Bantoes vir leierskap oorweeg word. Of hierdie toedrag

van sake wenslik is, kan nie met sekerheid gesi word nie, want dit wil voorkom aso! die taak van 'n voorjong hoo!saaklik uit roetine bestaan en geen bepaalde opvoeding o! uitstaande intelligensie vereis nie, Dit verklaar ook miskien waarom afgekeurde Bantoes tog suksesvolle

voorjongens kan wees. 'n Ander aspek is dat daar blykbaar geen

b d t 1 · k · t lli i be•taan nie lO) D t

ver an ussen eiers ap en in e gens e v aar moe

egter gekonstateer word dat indien genoeg suksesvolle voorjongens uit

die 11opgevoede" groep Bantoemynwerkers verkry kan word, sal die faktor

waarskynlik geen skade doen nie. Tog bly dit 'n probleem dat

bril-jante leiers ender die .,minder intelligente groep" verlore mag gaan.

Stamverband. Dit blyk uit Tabel II dat daar gedurende 1967

relatief meer Ooskus Bantoes in die supervisie werksgroep aangetref is, terwyl dieeelfde verepreiding soos in Tabel I moontlik verwag kan word. Aangesien stamvooroordele moontlik onder die Bantoes kan bestaan, kan

6) 7) 8) 9)

Id.

P,57, Biesheuvel, Hudson, op, Gouws, D.J. op. cit., P.79-83. cit., P,86,

The Classification of Native Mine Labour in Job Families. P.4-20,

(18)

so 'n skewe verhouding wel nadelige effekte in die hand werk. 'n Ver-dere faktor wat probleme kan skep, is die vooroordele wat Blanke myn-werkera ten opsigte van sekere stamgroepe mag he.

3.

Samevatting

TABEL II

Persentasie van elke groep in die

3,777

Voorjongens gekeur gedurende

1967

Republikeinse Ban toes =

32.7%

.I

33.5%

Hoe Kommissaria Gebiede =

Ooskus Bantoes =

25.9%

Tropiese Bantoes =

7.9%

(1236)

(1269)

(997)

(275)

Die probleem is dus dat (1) te min voorjongena met die huidige metode aangewys word en dat (2) die myne nie vertroue in hierdie aanwysings het nie, aangesien hulle baie ander, nie goedgekeurde Bantoes, as voorjongens aanstel en baie van die gekeurde leiera nie aanstel nie.

Blykbaar is die enigste oplossing 'n nuwe keuringsmetode, wat waarakynlik QOk nuwe toetse sal bevat. Om dit te bewerkstellig, sal getrag word om eers die vereistes vir voorjongens te bepaal by die mense wat met hulle werk en by hulle ondergeskiktes.

By die keuring word beoog dat die myne ook 'n deel van die keuring sal moet doen.

Die beplande metode is kortliks omskryf en die grootte van die eteekproe!

(!

300) aangedui. Hier sal nie gepoog word om de!initiewe afenypunte of norme te bepaal nie, maar slegs om tentatiewe slaagpunte daar te stel met die oog op verdere navorsing en standaardisering.

Aangesien die navorsing moontlike wysigings ten opsigte van

sommige toetse en 'n wysiging van die metode kan te weegbring, sal dit nodig wees om eers deeglik die bestaande metode van keuring te bestu-deer met die oog op wat gewysig moet word en wat .behou kan word. Hierdie aapekte sal in Hoofstuk 2 bespreek word.

(19)

HOOFSTUK 2 HUIDIGE METODE VAN KEURING

1. Historiese oorsig

1)

Volgens Kruger bestaan daar blykbaar verwarring betreff ende die oorsprong van Leierlose Groepstoetse, aangesien sommige skrywers, soos Fields en Arbous en Biesheuvel, die oorsprong toeskryf aan die werk van die British War Office en die Amerikaanse Offices of Strategic Services gedurende Wereldoorlog II, terwyl 'n soortgelyke tegniek, volgens Mierke en Fitts, gedurende

1935

tot

1938

deur die Duitse See-en Lugmag gebruik is. Die feit dat so 'n tegniek die eerete in Duits-land gebruik is, word volgens Kruger ook deur die Offices of Strategic Services erken. Max Simoneit wat verantwoordelik was vir die tegniek

in Duitsland, koppel die oorsprong van die tegniek aan die naam van J.B. Rieffert wat vanaf

1920

tot

1931

die Direkteur van die Duitse Militere Sielkunde was. Volgens Kruger blyk dit dat Rieffert se be-nadering meer klinies as psigometries van aard was.

Leierlose Groepstoetse vir Bantoemynwerkers is, deur die Nasionale Instituut vir Peraoneelnavorsing, na aanleiding van die werk van die British War Office ontwikkel 2).

Daar is reeds gewya op die verdienstelikheid van Sielkundige keuringsmetodea in die algemeen en die toepaebaarheid daarvan op Bantoemynwerkers

3).

Die teorie waarvan uitgegaan is, m.b,t. Leier-lose Groepstoetse in die besonder, is deur Biesheuvel 4)aa volg uitgedruk

:-1)

2) 3) 4)

"The object of the leadership tests is to place candidates in real life situations which have ample scope for the emergence of inter-personal relations, involving dominance or submission, acceptance or rejection by the group, and other social behaviour patterns which are the essence of effective team work".

Kruger, C.F. Keuring van Voorjongene in die Goudmyne, P,16. Biesheuvel,

s.

Personnel Selection Teats for Africans.

P.5.

Hoofstuk 1. P.l

Biesheuvel,

s.

Aptitude Tests for Native Labour on the Witwatersrand Gold Mines.

P.50.

(20)

V 1 o gens u son H d

5).

is ie op ossing van d' 1 . di e pro eem in eier ose bl . L . 1 Groepstoetse nie so belangrik soos die bepaling van die mate van leierskap en gees van samewerking wat elke lid van die toetsgroep of span in die loop van die toets openbaar nie.

Na aanleiding van bogenoemde samevatting betreffende die doel van en benaderingswyse ten opsigte van Leierlose Groepstoetse, is die vol-gende problematiese situasies vir gebruik in sulke toetse ontwikkel

:-,.Threading the Needle"

11H igh Wall 11

11Stepping Stones"

,.Bridging the Gap 116 )

Alvorens daar verder ingegaan word in die gebruik van die

Leierlose Groepstoetse, sal 'n kart omskrywing van die prosedure van toetsing, waardeur toetslinge in drie werksgroepe?)geklassifiseer

word, moontlike verwarring voorkom. Die toetsing van Bantoemynwerkers, soos ontwikkel deur die Nasionale Instituut vir Personeelnavorsing, bestaan ui t twee fases nl. ( 1) 11General Adaptability Battery" en (2)

Leierlose Groepstoetse. Die prosedure van toetsing is dat alle Bantoes, wat in diens van die goudmyne tree, met die toetsbattery (General Adaptability Battery) getoets word. Diegene wat deur die toetsbattery verwerp word, word as nie-meganies geklassifiseer. Die-gene wat deur die toetsbattery aanDie-geneem word, word vervolgens op die Leierlose Groepstoetse getoets. Die toetslinge wat met die groeps-toetse afgekeur word, word as meganies geklassifiseer en die wat goed-gekeur word, word as potensiele voorjongens geklassifiseer.

Soos reeds aangedui, word Fanakalo as medium om toetsinstruksies aan toetslinge oor te dra en vir kommunikasie onder die toetslinge self, in die Leierlose Groepstoetse gebruik. Slegs ses lede per groep

5) Hudson, W. The Occupational Classification of Africans. P.29. 6) Id. P.28.

7) Hoofstuk 1. P.3.

(21)

word toegelaat en elke lid of toetsling moet ten minste

4

maande ervaring ondergrond agter die rug

he.

In die Leierlose Groepstoetse word elke kandidaat se toetsgedrag deur ten minste twee toetsbeamptes (1 Blanke en 1 Bantoe) op 'n 9-punt ekaal beoordeel. Na die toets kom die toetsbeamptes bymekaar en word die toetsgroep se optrede in die toets bespreek en word 'n finale punt vir elke kandidaat vasgestel. "Such assessment is subjective however well-trained and experienced raters may be11

•8)

Met die metode, soos ontwikkel deur die N.I.P.N., word kandidate na aanleiding van die volgende faktore op globale wyse beoordeel

:-Dominansie (Dominance)

Aktiwiteit (Activity)

Samewerking (Co-operativeness)

Organiseringsvermoe (Organising ability)

Deureettingsvermoe (Perseverance)

Inisiatief (Initiative)

Verantwoordelikheidein (Responsibility)

Selfvertroue (Self Confidence)

Aanvaarbaarheid deur die Groep (Acceptability by Group)

Beplanningsvermoe (Planning Ability)

Praktiese vermoe (Practical Ability)9)

As kriterium is die N.I.P.N. ee waarderingskaal vir voorjongens gebruik, wat ontwerp is om aktiewe supervisiegedrag by voorjongens te meet. Die korrelasiekoeffisient tussen die aanlegtoetsresultate en die kriterium is r

=

.26

!

.078 lO)• Hierdie waarderingekaal is slegs van toepassing op praktiese en persoonlike handelinge van die voorjong en die waardering is baie be1nvloed deurdat voorjongens oordrewe alttief word sodra hulle agterkom dat hulle waargeneem word. Blote aktiwiteit en passiewe eupervisie, SOOS bepaal met hierdie metode, misken

belange-8) Hudson, Op. cito, P.3lo

9) Hudson, Op, cit., P.57.

10) Hudson, Opo cit., P.72.

(22)

rike faktore soos aanvaarbaarheid, lojaliteit, reapek wat deur 'n voor-jong se meerderes en minderes jeens horn gekoester word en die motive-ringseffek van sulke gevoelens in 'n werksituasie. Dit is die hele persoonlikheid wat horn in 'n leiersposisie laat geld. Daarom word hier saamgestem met Kruger wat 11algemene reputasie1111 )as die beste doeltreffendheidsfaktor beskou.

In 'n geldigheidstudie, met opleidingsresultate as kriteria, is 'n vergelyking getref tussen gekeurde potensiele voorjongens en nie-ge-keurde Bantoes en kom Hudson 12)tot die gevolgtrekking dat die toets-batterye die sukses van potensiele voorjongens in opleiding tot 'n hoe mate voorspel. Ongelukkig sluit die groep nie-gekeurde Bantoes,

Bantoes in wat deur die Aanlegtoetsbattery en die Leierlose Groepstoetse verwerp is en nie net Bantoes wat deur die Leierlose Groepstoetse afge-keur is nie. Die groep Bantoes wat met die Leierlose Groepatoetse af-gekeur is, het dieselfde standaard as die af-gekeurde potensiele voorjon-gens op die Aanlegtoetsbattery behaal en is wat intellivoorjon-gensie en leer-vermoe betref, dus die potensiele voorjongens se gelykes. Indien laas-genoemde twee groepe met mekaarvergelykis, aou die resultate miskien anders daaruit gesien het. Dit spreek ook vanself dat om te slaag met die opleiding meesal meer op leervermol as op leierskap wys. Die moontlikheid bestaan ook dat indien Bantoes wat op die Aanlegtoets-battery verwerp is, met Bantoes wat op die Aanlegtoets-battery goed presteer het, vergelyk word, dieselfde resultate, as die van Hudson, verkry kan word, d.w.s. dat lg. groep beter in die opleiding sal vaar. Die bevinding van Hudson m.b.t. die waarde van Leierlose Groepstoetae in die voor-spelling van opleidingsresultate, kan dus nie aanvaar word nie.

Ten spyte van die gebrek aan 'n h.oe geldigheidawaarde, was die metode, sooa ontwikkel deur die N.I.P.N. baanbrekerswerk in 'n rigting waaroor daar nog weinige kennis bestaan en het dit tog sekere voordele soos tyds- en finansiele besparing tot gevolg gehad. Die reaksie op die navorsing was van so 'n aard dat die toetse vandag nog in sy oor-spronklike of in gewysigde vorm deur die mynindustrie gebruik word.

11) Kruger, Op. cit., P.249. 12) Hudson, Op. cit., P.65.

(23)

Weens die gebrek aan 'n bevredigende geldigheid was daar ook ender navorsers wat later gewysigde metodea probeer ontwikkel het, maar sonder veel suksea. So het Kruger

13

),n metode ontwikkel waarin die volgende faktore vir keuring gebruik is

:-(a) Aktiewe leierskap (b) Werksbeplanning

(c) Verbetering van werksmetodes (d) Persoonlike verhoudings Die metode het uit twee dele bestaan

nl.:-(a) 'n Waardering van die kandidate op die Leierlose Groepstoetse,en (b) .9n Individuele nominering deur die

kandidate van leiers in die groep.

Die toetssituasies het uit die volgende kombinasies van toetse bestaan :-Element er Barrel Wall Stopes + + + Sekonder Gap Gallows Stiles Tracks + Scale

Die grootte van die groep wat getoets word, bestaan uit

8

lede

ot

kandidate. Eerstens is die groep in twee groepe van

4

kandidate elk verdeel en is elke groep van

4

kandidate agtereenvolgens op dieselfde elementere toeta getoete. Daarna word al

8

kandidate, wat die totale groep uitmaak, op die.ooreenstemmende sekondere toets getoets. Die geldigheid van die metode is egter laag (r

=

.23,

n

=

112).

Die rede hiervoor kan miakien daarin gesoek word dat met die soek it.a die vereia-te kenmerke van 'n voorjong kenmerke gevind is, wat nie op die Leier-loae Groepatoetse bepaalbaar is nie. Hierdie kerunerke is sondermeer buite rekening gelaat in die keuringsproses. Slegs kenmerke wat op die Leierloae Groepetoetse bepaalbaar is, is in aanmerking geneem.

2. Huidige metode

Die metode wat met hierdie navorsing veral van belang is, is die

(24)

huidige metode wat tans by Aanlegtoetssentrum, waar hierdie navorsing gedoen word, gebruik word. Die metode is deur die personeel van die sentrum, na aanleiding van die aanbevelings van die N.I.P.N.14), opgestelo

Die huidige metode is egter 'n wysiging van die N.I.P.N. se metode in die sin dat gedragsvorme van kandidate, gedurende die toets, sodra dit na vore tree, aangeteken word. Na voltooiing van die toets word die aantal punte, wat vir elke individu in die groep aangeteken is, deur elke toetsnemersaamgetel om die totaal te verkry (Supervisory Ability Test, Bylae A).

'n Verdere afwyking is dat die totale waardes, soos verkry deur die verskillende toetsbeamptes, vir elke kandidaat saamgevoeg word en

'n gemiddelde waarde bereken word. Dit word gedoen aonder dat die resultate deur die toetsbeamptes bespreek word (Final Assessment,

Bylae B).

Die gemiddelde waardes of tellings word dan aan die hand van 'n 9-punt skaal verwerk, soos aangedui in Tabel III.

TABEL III

Verwerking van Leierlose Groepstoetsresultate

Routelling 0-1 2-3

4-8

9-13

14-18

19-21 22-23

24

25

9-Punt Skaal

9

8

7

6

5

4

3 2 l

Die doel van die 9-punt skaal is om by die aanbevelinga van die N.I.P.N. te bly en nie die myne met 'n nuwe puntestelsel te verwar nie. Die slaagpunt op hierdie skaal is enige routelling van 14 tot 14) Hudson, Loe. cit.

(25)

25 of 5 tot 1 op die 9-punt skaal.

2.1 Puntetoekenning

Punte word toegeken sodra van die gedragsvorme op die toetsvorm (Bylae A) na vore tree.

punte vir elke item

:-Daar is egter 'n verskil in die maksimum

1.

2.

Selfvertroue (Self

Confidence):-'n Maksimum van 1 punt kan hier toegeken word. Inisiatief

(Initiative):-'n Maksimum van 2 punte kan toegeken word.

Sodra 'n toetsling 'n punt op aldrie die onderafdelings behaal, ontvang hy 'n bonus van een punt wat die maksi-mum due op

4

punte te staan bring.

4.

Deursettingsvermoe (Perseverance):-'n Maksimum van 1 punt is moontlik.

5.

Verantwoordelikheidsgevoel (Responsibility):-'n Maksimum van 3 punte kan toegeken word.

6.

Aanvaarbaarheid

(Acceptability):-Elkeen van die 2 onderafdelings tel

3

punte, wat die totaal dan op 'n makeimum van

6

punte te staan bring.

7.

Leierekap en Dominansie (Leadership and Dominanoe):-'n Ma.keimum van

4

punte is moontlik.

8.

Bonus vir die standaard van Groe e restasie Group Performance Bonus

:-Hierdie punt word op die etandaard van die algemene optrede van die groep as geheel toegeken en 'n maksi-mum van 4 punte is moontlik.

Die groat totaal, volgens die metode, is due beperk tot 'n maksi-mum van

25

punte.

Uit die waarderingekaal blyk dit duidelik dat items

3, 6

en

7

die meeste gewig dra. Hierdie gewigstoekenning is bloot arbitrir gedoen en berus slege op die menings van die Blanke personeel van die

(26)

toetsaentrum. Verder blyk dit ook dat die definies ~an elke gedrage-vorm ooreenstem met die van die N.I.P.N. se metode l5).

2.2 Afwykings van die voorgeskrewe handleiding van die N.I.P.N.

(a) Die volgende gedragsvorme, wat wel deur die N.I.P.N. voorgeskryf word, is

weggelaat:-(1) Aktiwiteit, (2) Samewerking en (3) Praktiese vermoe (b) Aangeaien Bantoeklerke, wat met die keuring behulpaaam

is, 'n 9-punt skaal uitera moeilik vind, is daar hier gepoog om dit so te wysig dat hulle slega verakillende aspekte soos dit na vore tree afmerk.

(c) Met hierdie metode is daar geen beapreking van resultate aan die einde van die toets nie. Die finale punt word d.m.v. die gemiddelde waarde bereken.

Tot duaver funksioneer die metode bevredigend en verstaan die Bantoeklerke dit ook maklik. Daar is reeds in Hoofstuk 1 daarop gevya dat die metode tog nie heeltemal aan sy doel beantwoord nie, aangesien 'n te klein persentasie potensiele lei@rs gekeur word en dat te min van hierdie potensiele leiers deur die myne gebruik word. Omdat toetsbeamptes die slaagpunt ken, .gebeur dit dat daar nie nou-keurig op die items gelet word nie, maar dat 'n persoon op algemene

indrukke waardeer word. Ongelukkig is daar geen geldigheidstudie van hierdie metode gedoen nie.

2.3. Toetssituasies

Aangesien daar met hierdie navorsing gedink word aan 'n moontlike verandering van die huidige toetssituasies, sal 'n beskryving van die huidige toessituasies 'n nuttige doel dien.

15)

N.I.P.N. Tests for Occupational Classification and Selection of Industrial Workers - Revised Handbook for Testers, P.46~

(27)

2.3.l. 11Stepping Stones"

Deel 1 is dieselfde soos dit deur die N.I.P.N. ontwikkel is.

Die groep van

6

lede moet m.b.v. die

5

blokke na die anderkant van die 11dam11 beweeg en die pyp met hulle saamneem.

Deel 2 van die toetssituasie is onl1Jngs ontwikkel en hier moet die groep en di~ pyp m.b.v. die een blok, by die pyp, en die blokke en plank in die 11dam" na die anderkant van die 11dam" beweeg.

(28)

In die toepaesing van hierdie toets word 'n groep van 6 of 7 lede

agtereenvolgens op albei dele van die toete getoets. Soos reeds

aan-gedui word alega Bantoea met ten minste

4

maande ondergrondae ervaring getoets en word die inetruksies deur medium van Fanakalo aan hulle

oorgedra. Aet die verloop van die toete mag toetslinr,e aan inetrukaiea

herinner word, maar toetabeamptes mag onder geen ometandighede

emosio-nele uitdrukkings veraai nie. Toetsmateriaal wat misbruik word, mag

deur 'n toetsbeampte verwyder word, ~ndien 1n individu baie prominent

na vore tree mag hy in die loop van die toets uitgehaal word aodat die res van die groep ook die geleentheid gegun kan word om na vore te tree.

Daar is geen tydabeperking vir die toets nie,

Die instruksiea in Fanakalo vir deel 1 (Bylae C) kom kortliks hierop neer dat aan die groep verduidelik word dat die

4

muurtjiea 1n dam met water insluit, Van die groep word verwag om met die blokke en die pyp na die anderkant van die dam te beweeg sonder dat die groep of die pyp die water en die dele van die muurtjie wat rooi geverf is, mag aanraak. Die groep kan die 2 blokke en die plank wat in die water staan gebruik, maar indien hulle dit doen moet hulle die materiaal aaam met die ander materiaal na die anderkant van die dam neem. Hulle word

(29)

aangese om saam te werk en ook vinnig te werk aangesien die tyd beperk is. Die groep mag nie aan die kante van die dam verby beweeg nie, maar slegs regdeur die lengte van die dam. Hulle word aangese om Fanakalo te praat en ook hard te praat aangesien die toetsbeamptes wil hoor wat gese word. Almal word gevra of hulle verstaan en indien daar geen vrae is nie mag hulle begin.

Die Fanakalo instruksies vir deel 2 van hierdie toets (Bylae D) kom kortliks daarop neer dat die groep met die pyp en die een blok, by die pyp, asook die ander blokke en die plank in die dam na die anderkant van die dam moet beweeg. Die ander instruksies bly dieself-de as met dieself-deel 1. As almal v~rstaan het, mag hulle begin.

2.3.2. Die 11Shaft"

Hierdie toets is ongeveer

5

jaar gelede deur die personeel van die Aanlegtoetssentrum ontwikkel en bestaan oak uit 2 dele. Alhoewel die naam van die toets 11shaft" is, bestaan daar egter geen verband tussen die ontwerp van die tqet~ en 'n mynskag nie. Tog het die naam behoue gebly ten spyte van die verwarring wat dit soms veroorsaak deurdat toetslinge nie die verband en so oak nie die instruksies snap nie.

Deel 1 bestaan daaruit dat die toetslinge en die pyp m.b.v. 5

planke

(3

voet by

9

duim by 2 duim) en een plank

(5

voet by

9

duim by 2 duim), na die anderkant van die 11shaft" moet beweeg.

(30)

Deel 2 bestaan clnarnit dat die tootslinr.;e en die pyp m.b.v. een

rotsboor (8 voet) en vyf planke (3 voet by 9 duim by 2 duim) van die

anderkant van die ,,shaft'' mo et tr.rugbeweeg •

.Die toepassing van die toets geskied op dieselfde wyse as die

11.Stepping Stones".

Die Fanakalo instruksies vir deel 1 (Bylae !~) kom kortliks daarop

neer dat die konstruksie op die r.;rond 'n 11shaft" veronderstel. Die

toetslinge word gese dat die hele groep en die pyp m.b.v. die planke

na die anderkant van die ,,shaft" meet beweeg, sender dat die groep of

die pyp, dit wat rooi geverf is, aanraak. Daar meet ook sorg gedra

word dat lede van die groep, of die pyp of die planke nie in die ,,shaft"

beland nie. Verdere instruksies sluit in dat daar geen beweegruimte

weerskante van die 11shaft" is nie en die groep moet dus bo-oor die

,,shaft" beweeg; Fanakalo moet gepraat word en die groepslede moet hard

praat sodat die toetsbeamptes kan hoer wat gese word. Verder word die

toetslinge aangese om saam en vinnig te werk aangesien daar tyd gehou

word. Sodra al die toetslinge verstaan wat verwag word, mag hulle

begin.

(31)

Die imitruksies vir deel 2 (Bylae F) is dieselfde as die van deel

1 behalwe vir die verandering van materiaal en die rigting van beweging.

2.3.3 ,,Crossing the River"

Hierdie toetssituasie bestaan uit 2 platvorms (8 voet by 12 voet) wat elk op

4

pype

(4

duim) gemonteer is sodat die een platvorm

5

voet en die ander platvorm 6 voet bo die ~rand staan. Die twee platvorms is

1

8

voet van mekaar af opcerig. Tusoen die twee plntvorms is 'n rivier veronderstel om dAur te loop, wat dan ook die brug tussen die

platvorms weggcspoel het •.

Met behulp van 1 pyp (12i voet by if duim) en twee houtpRle

(6

voet

by

3

duim) en 1 tou

(

36

voet) moet die groep en die drom (met voedsel daarin) nu die ho~r plDtvorm beweeg sonder om die water te raak.

(32)

Die toepassing is dieselfde as met die 11Stepping Stones".

Die Fanakalo instrukeies vir hierdie toets (Bylae G) kom daarop neer dat die groep van hulle 11huiB" (hoe platvorm) na die 11dorp" (laer platvorw) gegaan het om kos vir die ki~ders te gaan koop. Ter-wyl hulle in die 11dorp11 was is die brug oor die rivier (tussen die 11huis" en die 11dorp") weggespoel. Aangesien hulle die koe in die drom

by hulle kinders moet kry sal hull• 'n brug met die materiaal tot hull• beskikking moet bou sodat hulle en die drom by die buis kan kom. In die proses mag die water (hoogte aangedui met rooi verf op platvorm-stutte) nie aangeraak word nie. Daar is geen beweegruimte aan beide kante van die platvorms nie en moet die groep due bo-oor die rivier beweeg. Gedurende die toeta moet daar hard in Fanakalo gepraat word sodat die toetenemera kan boor wat gese word. Verdere instruksies sluit in dat die groepslede saam en vinnig moet werk aangesien die tyd beperk is. Sodra almal verstaan, kan hulle begin.

2.3.4 11The Gallows" toets bestaan uit 'n platvorm (12 voet by

8

voet) wat

5

voet hoog staan. 'n Muur (12 voet wyd en

8

voet hoog) i• l? voet van die platvorm opgerig. In die middel tueaen die platvorm en die muur is 'n pyp

(15

voet hoog) met

'n

4

voet dwarepyp bo-aan wat

na

binne wys.

Met behulp van 'n pyp (l2i voet by

4

duim), 2 houtpale

(6

voet by 3 duim) en 'n tou

(36

voet) moet die groep en die drom van die platvorm a! bo-oor die muur beweeg aonder om grond te raak.

(33)

Die toepassing is weereens identies soos met die 11Stepping Stones".

Die Fanakalo instruksies (Bylae H) kom daarop neer dat die groep

die beskikbare materinal moet gebruik om hulleself en die dram vanaf die platvorm tot anderkant die muur te bring. In die proses mag hulle nie aan die kante van die platvorm en muur verby beweeg nie maar bo-oor die gaping tussen die twee sander om grand of eni~e rooi voorwerp aan te raak. Fanakalo moet gebesig word en hulle moet hard praat sodat die toetsnemers kan hoor wat gese word. Die groep moet saam en vinnig werk, aangesien die tyd vir die toets beperk is. As al die toetslinge die ipstruksies verstaan, kan hulle begin.

2.3.5 Die Huis Toets (house test) bestaan uit 18 een duim pype van verskillende lengtes en is s6 gemaak dat hulle maklik inmekaar voeg. Dan is daar nog

4

toue met U -boute daaraan vas, wat as ankers by die hoeke gebruik word. Die huis word op 'n permanente sementblad opgerig waar penne vir die toue ook permanent ingeplant is.

(34)

Die toepassing is nogeens identies met al die vorige toetse.

Die Fanakalo instruksies (Bylae I) kom daarop neer dat die

toetslinge eerstens deur middel van 'n model gewys word hoe die huis

met sy

4

hoeke en

4

ankers moet lyk. Daarna word die toetslinge

ge-wys waar die huis gebou moet word (sementblad) en waar die penne, vir

die ankertoue is, wat permanent ingeplant is. Vervolgens word die

aantal los pype aangedui en word die koppeling daarvan gedemonstreer.

Verdere instruksies sluit in dat Fanakalo gebesig moet word en die

groep hard moet praat sodat die toetsbeamptes kan hoor wat gese word.

Ten slotte word hulle aangese om saam en vinnig te werk, aangesien die

tyd vir die toets beperk is. Indien almal verstaan wat van hulle

ver-wag word, kan hulle met die toets begin.

3.

Samevatting

Ten spyte van die verwarring wat daar heers oor die oorsprong van

Leierlose Groepstoetse, kan daar tog met sekerheid aanvaar word dat die

keuringsmetode vir potensiele leiers ender Bantoemynwerkers, soos

ontwikkel deur die N.I.P.N., sy oorsprong aan die werk van die British

War Office gedurende Wereldoorlog II te danke het.

(35)

Die grondstellings met die toetsmetode is om kandidate in lewens-werklike situasies te plaas, wat geleenthede vir die openbaring van inter-persoonlike verhoudinge en ander sosiale gedragspatrone skep. Die oplossing van die probleem is van mindere belang terwyl daar veral gelet word op die mate van leierskap en gees van samewerking wat ge-openbaar word.

Daar is gewys op die

4

toetse (Threading the Needle; High Wall; Stepping Stones en Bridging the Gap) en metodes wat deur die N.I.P.N. ontwikkel is. Ongelukkig is die geldigheid van hierdie metode onbe-vredigend en kan die feit dat dit opleidingsukses van potensiele

voor-jongens voorspel, nie aanvaar word nie.

Omdat die metode onbevredigend was, het ander navorsers soos Kruger, ook probeer om geldige metodes te ontwikkel maar sonder veel sukses.

Aangesien Bantoeklerke die 9-punt skaal van die N.I.P.N. se metode moeilik en onverstaanbaar gevind het, het die Aanlegtoetssentrum 'n metode ontwikkel waarvolgens geopenbaarde gedragsvorme aangestip word sodra dit na vore tree. Met hierdie metode word slegs 'n gemiddelde waarde vir elite toetsling, van die totale van al die toetsbeamptes, bereken en is daar dus geen bespreking van toetsresultate nie. Met hierdie metode word 5 toetssituasies gebruik nl. 1) 11Stepping Stones", 2) 11Shaft", 3) 11Crossing the River", 4) 11The Gallows" en 5) Huis-toets. Dit wil voorkom of die metode redelik goed werk en die Bantoe-klerke verstaan dit ook maklik. Afgesien van 'n gebrek aan 'n geldig-heidsbepaling is daar ook ander gebreke nl. 1) dat die toetsnemers bekend is met die slaagpunt en daarom geneig is om toetslinge op 'n glo-bale indruk goed of af te keur, 2) die toetse in gebruik het reeds al-gemeen onder Bantoemynwerkers bekend geraak wat die toetsresultate nadelig beinvloed, 3) belangrikheidswaardetoekenning aan items in die waarderingskaal is bloot arbitrer gedoen en 4) in Hoofstuk 1 is reeds daarop gewys dat daar te min potensiele voorjongens met hierdie metode aangewys word en die myne het blykbaar ook geen vertroue in hierdie keuringsmetode nie.

(36)

Met hierdie navorsing sal daar gepoog word om die neiging tot globale indrukke te voorkom deur die gebruikmaking van 'n atomistiese waarderingskaal waar 'n toetsbeampte elke item op 'n 4-punt skaal moet merk. Aangesien die toetsprosedure tweeledig van aard sal wees, waar-van een dee! deur die myne behartig sal word, sal dit vir toetsbeamptes moeilik wees om keuring op globale wyse te doen. Om die effek van bekendheid met toetse te oorkom, sal die huidige toetse verander word. Daar is reeds in Hoofstuk 1 daarop gewys dat daar gepoog sal word om die gebruik van potensiele voorjongens op die myne te verhoog deur die myne by die keuring te betrek. Hierdie faktore·en die nuwe metode sal volledig in Hoofstuk 3 bespreek word.

(37)

HOOFSTUK 3

DIE NUWE METODE

By die nuwe metode word getrag om eers na te gaan wat die Blankes en die Bantoeondergeskiktes van 'n voorjong vereis.

behulp van die volgende vraelyste.

1. Blankevraelys

1.1 Voorbereiding en duplisering van vorms

Dit is gedoen met

Die doel van die vraelys is om die opinies van Blankes omtrent voorjongens in te win. Soos reeds gemeld, is een van die uitgangspunte in die navorsing dat getrag sal word om potensiele voorjongens te keur wat aanvaar sal word deur die mense wat met hulle moet werk.

Met die doel voor oe het die drie Blanke personeellede van die Aanlegtoetssentrum elkeen 'n lys gemaak van al die kenmerke wat moontlik van belang in die werk van 'n voorjong kan wees. Uit die drie lyste is een lys van kenmerke saamgestel waarby ook 'n aantal items, wat waar-skynlik geen gewig sou dra nie, gevoeg is. 'n Verdere byvoeging tot die lys van kenmerke was die teenoorgesteldes van sekere items om so-doende te kan bepaal of enigiemand horn weerspreek. Die totale aantal items vir die vraelys het op 50 items te staan gekom.

(Bylae J) is getik en vermenigvuldig.

1.2 Insameling van gegewens

Die vraelys

Daar is met die personeeldepartemente van die sewe myne onderhandel, wat dan ook hulle bereidwilligheid te kenne gegee het om waar moontlik behulpsaam te wees met die ondersoek.

Die personeeldepartemente sou dan die vraelyste na willekeur onder die Blanke werknemers versprei, met die voorbehoud dat dit deur Mynkap-teine, Skofbase, Afbouers, Ontginners en algemene Myners voltooi sou word. Die personeeldepartemente het ook onderneem om die voltooide vraelyste in te samel en terug te besorg.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Door een groene plant worden deze stoffen gevormd uit de organische stof glucose.. Bij de vorming van eiwit ziin ook anorganische stikstofzouten

O MDAT VEEL NIEUWKOMERS ONBEKEND ZIJN MET HET DOEN VAN VRIJWILLIGERSWERK , DE N EDERLANDSE TAAL NIET SPREKEN , NIET PRECIES WETEN HOE HET HIER WERKT , VOELT HET VOOR HEN PRETTIG

drinkwaterbedrijven belangrijke stappen hebben gezet in de transparantie van de kosten van drinkwater, is nog onvoldoende inzicht in de kostenscheiding om te voldoen aan artikel

gcnoemde gegewens is dat die aantal kamermaats van die eerstejaarstudente tydens hulle eerstejaar op die univer- si tei t, nie verskille aantoon ten opsigte van

En ook de geestelijk verzorger zelf zegt dat er geschipperd moet worden met beschikbare tijd en geld voor nascholing, waardoor niet altijd gekozen wordt

Voor onze U11 meisjes die voor het eerst 3-3 gaan spelen en ook voor het eerst echt gaan volleyballen, is deze reeks echt geweldig.. Een goede beslis-

Elektriciteit en Stadsverwarming wordt hierbij geconverteerd naar primair energieverbruik (de hoeveelheid energie die de voor de productie van deze energie wordt gebruikt) conform

Studente word met minstens'skooleindeksamen en met 1 n standaard in musiek gelykstaande aan die Gevorderde eksamen van die Universiteit van Suid-Afrika,