• No results found

2.5 Swart onderwys, 1652-

2.6.1 Wit onderwysers

Die opleiding van wit onderwysers in die Kaapkolonie in die vroeë veertigerjare van die negentiende eeu het aan ’n opleidingskool (nor- maalskool) vir onderwysers, Normal Seminary, in Engels geskied (Cil- liers 1953: 59). Engels is as vereiste gestel, terwyl daar geen melding van Hollands gemaak is in die bepaling vir kwekelingonderwysers in 1866 nie. Oor die jare is onderwysers van Brittanje ingevoer (Cilliers 1953: 84). Die Elementary Teachers Diploma (Elementêre Onderwys- diploma) wat in 1873 ingestel is, het onder andere aan onderwysers die reg verleen tot die gee van onderwys in plaas- en sendingskole waar Engels verpligtend gemaak is, terwyl Hollands nieverpligtend met ’n Afrikataal gelykgestel is (Du Toit 1979: 88; vgl ook Malherbe 1925: Acta Academica Supplementum 2004(2)

147). L Dale, Superintendent van Onderwys, het ook in 1874 heelwat ontevredenheid verwek toe hy ’n program vir eksamens vir skoolser- tifikate opgestel het waaruit Hollands uitgesluit was, terwyl Engels ’n verpligte vak gemaak is. Die leerplan is deur Muir hersien en die vierjarige kursus het nou ook Hollands ingesluit (Coetzee 1958: 81).

’n Regulasie van 1863 in die OVS het onder andere bepaal dat on- derwysers tweetalig (Hollands en Engels) moes wees (Malherbe 1925: 358). ’n Stelsel vir ’n driejarige opleiding van kwekelingonderwysers aan die Grey-kollege en die Dames-instituut (Eunice) is in 1872 in die lewe geroep. Die vakke hier sou onder andere Hollands en Engels wees (Coetzee 1958: 133; vgl Provinsie Oranje-Vrystaat 1951: 269). Om die ernstige tekort aan leerkragte in die OVS die hoof te bied, het pogings om onderwysers uit Europa te trek vanweë taalmoeilik- hede, op niks uitgeloop nie. Die Vrystaat was dus genoodsaak om deurentyd op Engels-opgeleide en -georiënteerde onderwysers uit die Kaapkolonie terug te val. Dit het Hollands in die onderwys onder- myn (Coetzee 1958: 140).

Na die ABO was die beleid van die Kroonkolonieregering in die ORK om die bevolking te verengels. Dit was dus te verwagte dat die medium van onderrig by die onderwyskollege (Normaalkollege) uit- sluitlik deur medium van Engels sou wees (Provinsie Oranje Vrystaat 1951: 270; vgl ook Behr 1978: 276; Behr 1988: 159). Mej E M Firks, hoof van die inrigting, het opgemerk: “By their own choice the students speak nothing but English, even in their hours of recreation” (Coetzee 1958: 153). Engelse onderwysers is uit alle dele van die Britse Ryk ingevoer en meestal is die hoofskap van ’n skool aan sodanige persoon toegeken. By die inwoners van die ORK het dit heftige teen- kanting uitgelok, maar vir ’n hele aantal jare is daarmee in die praktyk volhard. Tussen 1903 en 1906 is 76 onderwysers van oorsee ingevoer (Coetzee 1958: 149, 152). Die Rangskikking van Skole en Onder- wyswet van 1910 het onder andere vereis dat ’n streng tweetaligheid- toets by die eksamens afgelê word (Coetzee 1958: 153).

Al was die Suid-Afrikaanse Republiek ’n Boererepubliek met heel- wat Engelse inwoners, soos reeds vermeld, is die nodige aandag aan die onderwys van Engelse gegee. Reeds in die Reglement vir die Al- gemene Skoolkommissie (1866) is voorsiening gemaak dat by die aanstelling of rangtoekenning van onderwysers voorkeur gegee sou Truter/Taalbeleid in die onderwys

word aan tweetalige onderwysers, en dat op regeringskole waar reeds ’n Hollandse onderwyser was, ook nog ’n tweede benoem sou word vir Engels. Onder president Burgers het die Engelse onderwys voort- geduur om sy hoogtepunt gedurende die jare van die eerste anneksasie te bereik (Coetzee 1958: 274; vgl ook Malherbe 1925: 231; Barnard 1979: 66). Wet nr 14 van 1896 het Mansvelt, die Superintendent van Onderwys in Transvaal, in staat gestel om ’n groot aantal onderwy- sers van Nederland af in te voer wat hulle in kompetisie geplaas het met die Hollands- (Suid-Afrikaans-)gebore onderwysers (Aucamp 1926: 134; Malherbe 1925: 273; Basson 1944: 32). In 1899 is van Transvaalse onderwysers verwag dat hulle ’n deeglike kennis sou hê van Engels en ’n sertifikaat nadat hulle ’n tweetaligheidseksamen deur- gekom het (Malherbe 1925: 284). Soos in die ORK is van 1902 meer as 200 onderwysers(esse) uit Groot-Brittanje en ander dele van die Britse Ryk ingevoer (Coetzee 1958: 276). Hierdie onderwysers se doel was onder andere “to win over the young generation of Dutch Afri- canders to the English way of thought and speech” en moes hulle onder die indruk bring van “the greatness of the English Imperial Idea”. Toelating tot die eerste onderwyskollege in Pretoria het onder andere “a fair standard of proficiency” in English vereis (Behr 1988: 156, 157). In Natal is daar in 1853 van onderwysers verwag om behalwe die klassieke tale ook ’n kennis van Hollands en Frans te hê terwyl Engels nie genoem word nie. Die eksamen is waarskynlik deur medium van Engels gedoen (Steenkamp 1941: 45). Later, in die laat vyftigerjare, is van onderwysers by die rondgaande skole verwag dat hulle kennis moet hê van beide Hollands en Engels (Steenkamp 1941: 94). Gelei- delik is eentalige Engelse onderwysers ook in rondgaande skole aan- gestel (Steenkamp 1941: 119). Ordonnansie nr 2 van 1889 het geld beskikbaar gestel vir die doseer van Hollands en daar is in die Kaap- kolonie geadverteer vir onderwysers wat Hollands kon doseer (Steen- kamp 1941: 172). Die probleem in Natal in die jare negentig en daar- voor was dat daar nie alleen ’n gebrek aan onderwysers was wat Hol- lands kon doseer nie, maar dat sodanige onderwysers, indien hulle wel gevind kon word, al die kinders, dit wil sê beginners en gevor- derde leerlinge wat Hollands as vak gekies het, in een klas moes onderrig (Steenkamp 1941: 191). Tot 1904 het die meeste onderwy- sers vir Natal uit Engeland en Skotland gekom (Coetzee 1958: 231; Acta Academica Supplementum 2004(2)

vgl ook Steenkamp 1941: 104, 105; Behr 1988: 159). Die opleiding van die onderwysers was uit die aard van die saak deur medium van Engels en die kandidate Engelssprekend (Beylefeld 1986: 78).

GERELATEERDE DOCUMENTEN