• No results found

Hoofstuk 4 Die gebruik van δηθαηνζύλε in Matteus

4.2 Frekwensie van die woord δηθαηνζύλε in die Bergrede

4.2.2 Vervulling van die wet

Jesus gee deur wat Hy leer betekenis aan vervulling van die wet (5:176) en sy koms word die vervulling van die wet (Ladd, 1993:123). Sy leer vervul die wet in die sin dat die wet na sy leer heenwys. Hy stel hoër eise as die wet en daarom is die wet slegs in en deur Hom (Meier, 1976:88) geldig. Die verhouding tussen die leer van Jesus en die wet kan soos volg

en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. 19Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.”

5

Volgens Moore (1970:259) was die beginsel van ʼn heining om die Tora, ʼn hermeneutiese beginsel wat gebruik is om die wet te beskerm deur voorsorgmaatreëls in te stel om iemand te waarsku voordat so ʼn persoon die wet oortree.

6 Matteus 5:17 (1953-vert.): “MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.”

67

beskryf word: (1) Sy leer verwoord die volle betekenis van die wet. (2) Deur hoër eise te stel, het Hy die wet vervul. (3) Dit word uit sy verklaring van die wet duidelik dat die wet ook na Hom heenwys. Die Tora beteken nie meer dat reëls letterlik nagekom moet word nie, maar dit soek op ʼn dieper en uitdagender vlak (dit is die vlak van δηθαηνζύλε) na die wil van God. Die verwysing na ʼn “oorvloediger geregtigheid” in 5:20 gee ʼn nuwe betekenis aan Jesus se leer, naamlik om te leef onder die heerskappy van God. Die skrifgeleerdes en Fariseërs het wet verdedig as ʼn praktiese gids vir ʼn heilige lewe, en hulle is ook daarvoor gerespekteer. Dit het byna onmoontlik geklink om ʼn geregtigheid wat oorvloediger as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs is, te verwag (France, 2007:189). Jesus verwys na ʼn geregtigheid op ʼn dieper of hoër vlak. Ten spyte daarvan dat die Fariseërs en skrifgeleerdes die Ou-Testamentiese reëls nagekom het, gee dit nie aan hulle toegang tot die koninkryk van die hemele nie. Jesus bestry ʼn wettiese houding teenoor die wet (Gnilka, 1997:213). Dit is noemenswaardig dat Jesus in hierdie opsig die klem op dissipelskap laat val. In 5:21- 48 word voorbeelde gegee van hoe mens voor God volgens sy wil (δηθαηνζύλε) moet leef (Combrink, 2006:34-35). Hierdie ses voorbeelde of antiteses illustreer ʼn opvatting van geregtigheid wat verder reik as die wettiese korrektheid van die skrifgeleerdes en Fariseërs. France (2007:197) som die antiteses wat ʼn oorvloediger geregtigheid karakteriseer soos volg op:

1. Dit bevorder ʼn “innerlike” ontferming wat streef na meer as die “uiterlike” nakoming van reëls. Daar word reeds in die Ou Testament vermeld dat die wet uit die hart kom (Deut. 30:11-14; Ps. 37:38; Ps. 40:8; Jer. 31:31-34).

2. In oorvloediger geregtigheid gaan om meer as die nakom van spesifieke reëls; dit is ʼn soeke na dieper beginsels.

3. Dit streef nie die negatiewe doelwit na om spesifieke sondes te vermy nie, maar veel eerder die positiewe doelwit om God se wil te ontdek en na te volg.

4. Die ideaal om “volmaak te wees soos julle Vader in die hemele volmaak is” vervang ʼn geregtigheid wat bereik kan word deur nie ʼn stel reëls te oortree nie. Die geregtigheid van die koninkryk van die hemele wat soek na die wil van God in die lig van Ou- Testamentiese wette, verskil radikaal van die geregtigheid van die skrifgeleerdes en die Fariseërs.

In teenstelling met Przybylski (1980:80-87), wat meen dat Matteus die Rabbynse beginsel toepas om ʼn heining om die Tora te plaas, word die gevolgtrekking uit die voorafgaande gemaak dat Jesus nie soseer oor die wette begaan was nie. Dit was vir Jesus baie belangriker om te verduidelik wat die ware wil van God is en hoe dit verstaan moet word. Dit

68

is waar, soos wat Przybylski uitlig, dat Jesus se leer die dissipels daarvan weerhou het om die wet te oortree, maar dan word sommige van die wette irrelevant vir die etiek van die koninkryk van die hemele (France, 2007:197). Oor hierdie teenstrydigheid word later meer gesê.

Jesus sluit hierdie gedeelte af met ʼn skynbaar onmoontlike opdrag. Morris (1992:133) meen egter ook ʼn belofte in Jesus se woorde opgesluit lê. Volgens hom beteken vers 48 dat die dissipels hulle hulp by God moet soek. Hierdie vers is die konklusie van die perikoop. As Jesus vir sy dissipels sê om “volmaak” te wees, bedoel Hy dat hulle soos hul Vader in die hemel moet wees en hul vyande moet liefhê. Die opdrag om soos die Vader te wees, beteken ook dat die geregtigheid van die dissipels soos dié van die koninkryk moet wees. Dit is ʼn geregtigheid wat oorvloediger as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs is. Dit beteken dat daar geen perke aan hulle barmhartigheid, wat uit hulle liefde voortvloei, sal wees nie (Hagner, 1993:136; Morris, 1992:134). Daar sal dus altyd iets wees om na te streef, naamlik om soos hulle Vader in die Hemel te wees, maar dié strewe sal nie in hierdie lewe die einddoel bereik nie.

Enkele opmerkings oor die tema liefde is ook relevant vir hierdie studie. Die antiteses begin in 5:22 met ʼn waarskuwing dat mens voor die regbank verantwoording sal doen as jy vir jou broer kwaad word en eindig in 5:43-48 met die gebod om jou vyande ook lief te hê. Combrink (2006:36) merk tereg op dat die liefdesgebod ʼn sleutel tot die interpretasie van die wet is (vgl. Hays, 2005:180-182). Jesus lê besondere klem op die liefde tot God én die liefde tot die naaste (Davies & Allison, 2004a:509). Om bloot die wet na te kom soos dit in 5:21, 27, 31, 33, 38 en 43 beskryf word, weerspieël nie ʼn lewe wat “arm van gees” (5:3), “barmhartig” (5:7) en “rein van hart” is nie (5:8).

In reaksie op die Fariseërs se interpretasie van die wet som Jesus die verskil tussen die “regte” en “verkeerde” interpretasie van die wet op deur uit Hosea 6:6 aan te haal as Hy in 9:13 én 12:7 vir hulle sê: “Ek wil barmhartigheid hê en nie offerhande nie.” Hierdie aanhaling kom slegs in die Matteus-evangelie voor (Viljoen, 2009:65) en is ʼn teks wat die Fariseërs kennelik nie verstaan nie (Meier, 1979:84).

Die kern van barmhartigheid is liefde, wat die grootste gebod is. Matteus stel dat liefde vir God en liefde vir jou naaste, en veral liefde vir jou vyand, die gebooie is waaraan die wet en profete hang (22:40) (Hagner, 1993:135). Liefde lê ten grondslag van Matteus se betoog oor die betekenis van die wet. Betz (1995:325) wys daarop dat die Bergrede merkwaardig met die dubbele liefdesgebod ooreenstem.

69

Matteus verduidelik dat liefde en barmhartigheid hulle volle betekenis kry in die Een na wie die Tora heenwys: Jesus Christus (Davies, 1962:31-66). In en deur Hom kry die Tora sy volle betekenis. Daarom rig Jesus die uitnodiging in 11:28-30 aan almal wat moeg daarvoor is om die wet volgens die voorskrifte van die Skrifgeleerdes en Fariseërs na te kom: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee…”