• No results found

Signature of child __________________ Date ______________ NO YES NO NO NO YES YES YES

STELLENBOSCH UNIVERSITEIT

TOESTEMMING OM DEEL TE NEEM AAN STUDIE Ouer/Wettige voog

U toestemming word vcriendelik versoek dat u kind aan 'n navorsingstudie, wat deur Nicky de Villiers, ʼn Meesters student by die Departement Sportwetenskap, Stellenbosch Universiteit, mag deelneem. Die Data versamel tydens hierdie navorsingstudie sal gebruik word in 'n navorsingsverslag. U kind is gekies as 'n moontlike deelnemer aangesien hy / sy voldoen aan die kriteria van ʼn Graad R leerder in die geselekteerde skool. Die studie is deur die Stellenbosch Universiteit se etiese komitee goedgekeur.

1. DOEL VAN DIE STUDIE

Hierdie studie is ontwerp om die effek van 'n groot motoriese vaardigheidsprogram op die visueel-motoriese integrasie van 'n kind in Graad R te ondersoek.

2. PROSEDURES

Indien u toestemming verleen dat u kind vrywilliglik aan hierdie studie mag deelneem, sal ons hom / haar vra om die volgende te doen:

Om aan die Die Beery Toets vir Visuele Motoriese Integrasie onderwerp te word om sodoende 'n omvattende begrip van u kind se hand-oog koördinasie vaardighede te bekom.. Hierdie toets bestaan uit twee dele:

• Om ʼn 'n reeks beelde wat met 'n enkele reël begin en na meer komplekse meetkundige vorms vorder, te kopieer. Om 'n reeks beelde aan die binnekant van ʼn vorm op te spoor en volgens spesifieke aanwysings vir elke vorm, te kopieer Na afloop hiervan, sal u kind se bal- en groot motoriese vaardighede met die Toets

vir groot motoriese ontwikkeling (TGMD) bepaal word.

• Die TGMD bestaan uit twee afdelings - voortbeweging en objek beheer: • Beweging: o Hardloop o Galop o Hop o Sprong o Horisontale sprong o Gly • Objek beheer:

o Slaan ‘nʼn statiese bal o Statiese dribbel o Skop

o Vang

o Oorhand gooi o Onderhand rol

Die evaluering vind plaas 2 weke voor en 2 weke na die intervensie. Die intervensie behels een, 30 minuut sessie per week vir 8 weke.

3. POTENSIËLE RISKO’S EN ONGEMAK

Potensiële ongerief vir u kind tydens hierdie studie mag die volgende behels: • Kinders mag ongemaklik voel tydens deelname aan fisieke aktiwiteite. • Moontlike beserings as gevolg van deelname aan fisieke aktiwiteite.

•Gebrek aan fiksheid kan veroorsaak dat sekere aspekte van die intervensie onaangenaam vir u kind mag wees.

Mediese inligting word verlang van elke deelnemer om sodoende die deelname van ʼn hoë risiko kind te verhoed.

As u kind beseer sou word, sal die standaard skool protokol vir beserings gevolg word.

4. POTENSIËLE VOORDELE VIR DEELNEMERS EN/OF DIE SAMELEWING

Deelnemers sal op die volgende maniere by die studie baat vind • 'n Toename in fiksheidsvlakke.

• 'n Toename in balvaardighede en sportaktiwiteite. • Verbeter in die daaglikse funksionering.

• Sosiale interaksie en pret.

• Die ontwikkeling van nuwe vaardighede en deelname aan nuwe aktiwiteite.

Hierdie studie beoog om aan die gemeenskap voordele op die volgende maniere te verskaf:

Nuwe inligting en navorsing rakende die voordele van ʼn visueel-motoriese integrasie program:

5. BETALING VIR DEELNAME

Geen betaling sal aan deelnemers gegee word nie.

6. VERTROULIKHEID

Enige inligting wat verkry word in verband met hierdie studie en wat geïdentifiseer kan word met u of u kind sal vertroulik bly. Dit sal slegs bekend gemaak word met u toestemming of soos deur die wet vereis. Vertroulikheid sal deur middel van 'n wagwoord-beskermde rekenaar gewaarborg word en daarom sal slegs die ondersoeker en die studieleier hierdie data op 'n geheuestokkie hou of liasseer as ʼn harde kopie slegs vir navorsingsdoeleindes.

Indien enige van hierdie navorsing vir wetenskaplike redes gepubliseer word, sal u kind se naam anoniem bly en data wat ingesamel word, sal gebruik word om algehele resultate en gevolgtrekkings van die studie te bepaal, dus sal individue se name nie individueel bekend gemaak word nie.

Inligting mag slegs vrygestel word deur die Departement van Sportwetenskap, waar die inligting vertroulik en veilig gehou sal word voordat dit vrygestel word.

7. DEELNAME EN ONTTREKKING

U kan kies of u kind aan die studie mag deelneem. As u vrywillig instem dat u kind aan die studie mag deelneem, mag hy/sy enige tyd tydens die studie daaraan onttrek sonder enige nagevolge. Die deelname is volkome vrywillig. Indien u nie toestemmig gee dat u kind mag deelneem aan die studie nie, sal dit geen negatiewe gevolge hê nie. Indien u verkies om enige van die vrae nie te antwoord nie sal u kind steeds aan die studie mag deelneem. Die ondersoeker mag u kind aan die navorsing onttrek indien omstandighede ontstaan wat daartoe aanleiding gee. Deelnemers sal slegs gevra word om van die studie te onttrek indien hulle ʼn besering het of siek is, wat kan veroorsaak dat die studie nadelig vir hul mag wees.

8. IDENTIFISERING VAN ONDERSOEKBEAMPTES

Indien u enige vrae of kommentaar oor die navorsing het, voel asseblief vry om ons te kontak Hoofnavorser: Nicky de Villiers Cell: 072 870 4819 E-mail: ndivvy95@gmail.com Studieleier: Dr E. Africa E-mail: africa@sun.ac.za

9. REGTE VAN NAVORSING KINDERS

U kan u toestemming terugtrek en deelname staak sonder enige boetes. U is nie verantwoordelik vir enige eise of regte as gevolg van u deelname aan hierdie navorsingstudie nie. As u vrae het oor u regte, kontak gerus Me Maléne Fouché [mfouche@sun.ac.za; 021 808 4622] by die Afdeling Navorsingsontwikkeling.

HANDTEKENING VAN NAVORSING DEELNEMER OF REGSVERTEENWOORDIGER

Die inligting hierbo is deur Nicky De Villiers aan my in Afrikaans verduidelik en dit is bevredigend vertaal.

Ek stem hiermee in dat my seun / dogter aan hierdie studie mag deelneem. Ek beskik oor 'n afskrif van hierdie vorm.

________________________________________

Naam van deelnemer

________________________________________

________________________________________ ______________

Handtekening van ouer/ regsverteenwoordiger Datum

HANDTEKENING VAN ONDERSOEKER

Ek verklaar dat ek ten volle saam stem met die inligting vervat in hierdie dokument soos voorsien aan ____________________________________ [naam van die deelnemer] en sy / haar wettige voog ____________________________________ [naam van die ouer / wettige voog].

________________________________________ ______________