• No results found

CHAPTER FIVE

TITEL VAN DIE NAVORSINGSPROJEK:

Die geleefde ervaring van die herstel van ‘n eerste psigotiese episode en die vehouding daarvan met simptoomvermindering in skisofrenie.

VERWYSINGSNOMMER: N06/08/148

HOOFNAVORSER: Anneliese de Wet

ADRES: Rhodeslaan 59, Stellenbosch, 7600.

KONTAKNOMMER: 083 564 3471

U word genooi om deel te neem aan ’n navorsingsprojek. Lees asseblief hierdie inligtingsblad op u tyd deur aangesien die besondehede van die navorsingsprojek daarin verduidelik word. Indien daar enige deel van die navorsingsprojek is wat u nie ten volle verstaan nie, is u welkom om die navorsingspersoneel of dokter daaroor uit te vra. Dit is baie belangrik dat u ten volle moet verstaan wat die navorsingsprojek behels en hoe u daarby betrokke kan wees. U deelname is ook volkome vrywillig en dit staan u vry om deelname te weier. U sal op geen wyse hoegenaamd negatief beïnvloed word indien u sou weier om deel te neem nie. U mag ook te eniger tyd aan die navorsingsprojek onttrek, selfs al het u ingestem om deel te neem.

Hierdie navorsingsprojek is deur die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee (GNEK) van die Universiteit Stellenbosch goedgekeur en sal uitgevoer word volgens die etiese riglyne en beginsels van die Internasionale Verklaring van Helsinki en die Etiese Riglyne vir Navorsing van die Mediese Navorsingsraad (MNR).

GNEK Ingeligte Toestemming (Algemeen): Weergawe 1, gedateer Sept 2009

Wat behels hierdie navorsingsprojek?

Die doel van hierdie studie is om meer te verstaan van mense se eie ervaring van die herstelproses van skisofrenie. Die studie sal by Stikland Hospitaal uitgevoer word en ongeveer tien na twaalf deelnemers sal gewerf word. Ek sal twee onderhoude met elke deelnemer voer. Tydens die onderhoude sal u as deelnemer gevra word om te beskryf hoe u verskillende aspekte van u herstel van skisofrenie ervaar.

Waarom is u genooi om deel te neem?

U is genooi om aan hierdie studie deel te neem aangesien u deel is of deel was van die navorsingsprojek deur die Skisofrenie Navorsingseenheid onder leiding van professor Robin Emsley and omdat hierdie ‘n subprojek daarvan is.

Wat sal u verantwoordelikhede wees?

As deelnemer word u versoek om so openlik en vrylik, as wat u kan, u ervaringe met my te deel na aanleiding van die vrae wat ek sal vra.

Sal u voordeel trek deur deel te neem aan hierdie navorsingsprojek?

As deelnemer mag u ‘n duideliker en helderder begrip van u eie ervaringe beleef. Is daar enige risiko's verbonde aan u deelname aan hierdie navorsingsprojek?

Die moontlikheid bestaan dat u ongemak mag ervaar terwyl u u ervaring vn u herstel van skisofrenie met my deel. Ek sal egter sekermaak dat daar ‘n professionele persoon beskikbaar is om met u oor hierdie gevoelens te praat, indien u sou wou.

Watter alternatiewe is daar indien u nie instem om deel te neem nie?

Indien u besluit om nie aan die studie deel te neem nie, sal dit geen invloed hê op die behandeling wat u in die ander navorsingsprojekte, waarvan u deel is en wat deur die Skisofrenie Navorsingseenheid uitgevoer word, ontvang nie.

Wie sal toegang hê tot u mediese rekords?

Ek het nie toegang tot u mediese rekords vir doeleindes van hierdie studie nodig nie.

GNEK Ingeligte Toestemming (Algemeen): Weergawe 1, gedateer Sept 2009

Sal u betaal word vir deelname aan die navorsingsprojek en is daar enige koste verbonde aan deelname?

Nee, u sal nie betaal word vir deelname aan die navorsingsprojek nie, maar u vervoer ten opsigte van elke besoek vir die navorsingsprojek sal betaal word. Deelname aan die navorsingsprojek sal u niks kos nie.

Is daar enigiets anders wat u moet weet of doen?

U moet u huisarts of gereelde algemene praktisyn in kennis stel van u deelname aan die navorsingsprojek.

U moet ook u mediese fonds in kennis stel van u deelname aan die navorsingsprojek.

U kan professor Leslie Swartz kontak by telefoonnommer 021 – 808-3461 indien u enige verdere vrae het of enige probleme ondervind.

U kan die Gesondheidsnavorsingsetiek-administrasie kontak by 021 – 938-9207 indien u enige bekommernis of klagte het wat nie bevredigend deur die navorser hanteer is nie.

U sal ’n afskrif van hierdie inligtings- en toestemmingsvorm ontvang vir u eie rekords.

Verklaring deur deelnemer

Met die ondertekening van hierdie dokument onderneem ek,

_____________________________________, om deel te neem aan ’n navorsingsprojek getiteld, Die geleefde ervaring van die herstel van ‘n eerste psigotiese episode en die vehouding daarvan met simptoomvermindering in skisofrenie.

Ek verklaar dat:

 Ek hierdie inligtings- en toestemmingsvorm gelees het of aan my laat voorlees het en dat dit in ’n taal geskryf is waarin ek vaardig en gemaklik mee is.

 Ek geleentheid gehad het om vrae te stel en dat al my vrae bevredigend beantwoord is.

 Ek verstaan dat deelname aan hierdie navorsingsprojek vrywillig is en dat daar geen druk op my geplaas is om deel te neem nie.

 Ek te eniger tyd aan die navorsingsprojek mag onttrek en dat ek nie op enige wyse daardeur benadeel sal word nie.

 Ek gevra mag word om van die navorsingsprojek te onttrek voordat dit afgehandel is indien die studiedokter of navorser van oordeel is dat dit in my beste belang is, of indien ek nie die ooreengekome navorsingsplan volg nie.

GNEK Ingeligte Toestemming (Algemeen): Weergawe 1, gedateer Sept 2009

Geteken te _____________________________op ________________________ 2012.

_______________________________ . _______________________________

Handtekening van deelnemer Handtekening van getuie

Verklaring deur navorser

Ek, Anneliese de Wet, verklaar dat:

 Ek die inligting in hierdie dokument verduidelik het aan _______________________________________.

 Ek hom/haar aangemoedig het om vrae te vra en voldoende tyd gebruik het om dit te beantwoord.

 Ek tevrede is dat hy/sy al die aspekte van die navorsingsprojek soos hierbo bespreek, voldoende verstaan.

Ek nie ’n tolk gebruik het nie.

Geteken te _____________________________ op _______________________ 2012.

________________________________ ______________________________

GERELATEERDE DOCUMENTEN