• No results found

TERUGBLIK OP DIE KOOR AS “AMBASSADEUR” VIR SUID-AFRIKA,

Teen 2006 het die koor sy stigtingsdoel bereik – om oorsee aan die wêreld te wys dat Suid- Afrikaners kán en wíl saamwerk. Hier volg uittreksels uit ’n aantal briewe asook ’n berig (slegs voorbeelde uit dié wat beskikbaar is) ter stawing van die ambassadeursrol wat die koor in dié tydperk vir Suid-Afrika vervul het.

Dr. Reinold Möbius het ná die koor se optrede in Salzburg in 1996 aan die Transnet Libertaskoor geskryf: “The Salzburg performance of the Transnet Libertas Choir was a resounding success in every respect. The diverse cultural and ethnic backgrounds of the choir members make the choir truly representative of the New South Africa. Judging by the reaction of the public to their concert, the strong reconciliatory message emerging from their country can find no better messengers than this choir. The emotional appeal of seeing and hearing them live in action is so much stronger than can be communicated by newspaper reports or speeches by politicians” (Möbius, 1996).

Na die koor se besoek aan Londen in 1996 skryf Ingo Capraro (destydse Suid-Afrikaanse Persvertoonwoordiger in Londen) ’n berig in Die Burger:

“Mnr. Ian Hall (56), voorsitter van die Bloomsbury Internasionale Vereniging vir Rasseharmonie deur die Kunste, is om dit sagkens te stel, in vervoering oor die koor. Nadat mnr. Hall, musiekskrywer, orrelis, dirigent en die eerste swart man wat aan die Universiteit van Oxford gestudeer het, die koor by die Statebond se sekretariaat hier hoor sing het, het hy hulle soos ’n skaduwee gevolg.” Hy voeg verder by: “Mnr. Hall, wat die musiek geskryf het vir ’n gedenkdiens vir wyle mnr. Oliver Tambo, ANC leier en vriend van hom, in die St. James’s Church hier in 1994, is vasbeslote om sy invloed by die VN te gebruik sodat die koor na New York genooi word. Die Libertas sangers, wat uit al die lae van Suid-Afrika se multikulturele samelewing kom, is die beste ambassadeurs wat dié land kan hê, meen hy. Hul sang beteken soveel meer as die ‘blote woorde van diplomate’” (Capraro, 1996, 10 Februarie).

Die ondervoorsitter van die Vlaamse Parlement, Suykerbuyk, het op 18 Januarie 1998 aan die koor geskryf: “Ik hoop dat Zuid-Afrika, zijn verleden en cultuur-verantwoordelijken de kwaliteit van het Libertas-koor naar waarde willen schatten en de sympathie en steun willen verlenen, die het nodig heeft. Liefst wordt die steun “verzilverd”. Libertas moet blijven!” (Suykerbuyk, 1999).

Na die 1999-toer in die VSA het heelwat e-pos- en ander briewe met Johan en Louwina se terugkoms in Suid-Afrika op hulle gewag. Die rektor van die St. Columbus Episcopal Church in Washington DC, Rev. James M. Donald, het sy waardering só uitgespreek: “To have your choir which embodies the new South Africa be with us on the anniversary of our American independence was a way of heightening our awareness of the freedoms we can so easily take for granted. You have been powerful ambassadors of the message of freedom and reconciliation [...]. All of us [are] only enhanced by the magnificent music you brought us. The Stellenbosch Libertas Choir is of such a high caliber that it deserves to be known more widely” (Donald, 1999).

Na die toer van 2001 skryf mev. Kirsten Finck, medewerker van die EKD (Evangelische Kirche in Deutschland), uit Duitsland aan Louwina de Villiers:

“What I really want you to know is, that President Rau mentioned your choir, when he met President Mbeki in Pretoria, on January, 21st this year.” Volgens Finck het president Rau die volgende aan president Mbeki gesê: “‘This is my first visit to South Africa. My wife visited your country once and told me much about your beautiful land. The appearance of a choir from Stellenbosch with it’s marvellous singers in December 2001 in Berlin-Bellevue is my freshest memory of South Africa. In this multi-racial choir people found together in peace and harmony. For me there can be no better picture of the new South Africa.’ That is, what he [said] to your President. – Congratulations!” (Finck, 2002).

Na dié suksesvolle oorsese toer van die Stellenbosch Libertaskoor skryf dr. Renier Koegelenberg, uitvoerende direkteur van die Ecumenical Foundation of Southern Africa (EFSA), op 28 Mei 2002 aan prof. Chris Brink, rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch:

“Die Libertaskoor is sonder twyfel van die beste ambassadeurs vir die nuwe Suid- Afrika. Deur hulle musiek is hulle ’n simbool van ’n groter droom: dat kulturele diversiteit mense harmonies kan verenig. Waar ons politieke verlede diversiteit ideologies misbruik het om mense te skei, slaag hulle daarin om ’n simbool van harmonie en verryking te wees. Dit is hierdie unieke boodskap en energie van die Koor wat gehore in Duitsland oorrompel het, aangesien die meeste van die lande in die wêreld probleme ondervind met die dinamika van multi-kulturele en multi- godsdienstige samelewings” (Koegelenberg, 2002).

Dr. Benjamin Locke, dirigent van die Kenyon College Chamber Singers in Ohio, VSA, wat tydens sy drie besoeke aan Stellenbosch onder meer enkele weke met die koor gewerk het,

kon nie uitgepraat raak oor die uitwerking wat die koor se sang op mense het nie. Soos voorheen genoem is, het hy Suid-Afrikaanse inheemse musiek teruggeneem Amerika toe om deur sy koor uitgevoer te word. Hy het aan ’n verslaggewer gesê: “My werk met die Libertaskoor was ’n lewensveranderende ervaring. Ek het eerstehands gesien hoe sang ’n enorme uitwerking op mense én op die politiek kan hê, binne en buite Suid-Afrika” (Die Burger, 2003, 19 Junie).

Ook in Suid-Afrika het die koor probeer om sy versoeningsrol te bereik. Die koor het vroeg in sy bestaan die meeste Suid-Afrikaanse hoofstede besoek, en rondom Stellenbosch en Kaapstad asook verder in die Wes-Kaap besoeke aan die platteland gebring. Vroeg in 2007 het die organiseerder van so ’n besoek aan Vredendal byvoorbeeld laat weet hoe daar uitgesien word na die koor se optrede. Sy sê “al die omliggende dorpe se mense word genooi, want dit verander die mense se harte” (Louwina de Villiers, 2007, 22 Maart).