• No results found

Die eduktiewe model is sterk beïnvloed deur die psigologie. Rogers se persoonlikheidsteorie het ‘n besondere invloed gehad op die ontwikkeling van die Amerikaanse pastorale beweging. Die gesindheid (pastor) en gevoel (persoon) word ‘n punt van korrelasie wat as ‘n basiese aanknopingspunt vir die pastoraat funksioneer. Op die menslike vlak van relasies word na ‘n aanknopingspunt gesoek ten einde die pastorale bediening van doketisme te vrywaar (die gevaar van ‘n lewensvreemdheid sodat die pastoraat so op die objektiewe geloofsinhoude konsentreer dat dit die mens en sy/haar situasie totaal oor die hoof sien). Om aan hierdie relasiekomponent ‘n teologiese basis te verskaf word die kern van die beeld van God in die verhoudingsaspek van die mens gesoek. Liefde en daadverkondiging word die vertrekpunt van hierdie model se metodiek (Louw 1989:10; 1999:37-38; 2005:166; Van Jaarsveld 2001:63; De Klerk 1978:37).

Die teologiese probleme met die eduktiewe model is die volgende:

1.3.1 Selfhandhawing en selfaktualisering

Selfhandhawing en selfaktualisering is terme van die psigologie wat die Amerikaanse pastoraat sterk beïnvloed het. Die selfaktualiserende potensiaal in die mens word direk met die konsep beeld van God geïdentifiseer. “Beeld van God” word dan die teologiese sous vir die materiële prinsiep in die mens (Louw 1999:38). “Die beeld van God word dan met

behulp van ‘n psigologiese model en biologiese model hermeneuties op so ‘n wyse ontsluit dat die teologiese betekenis opgesuig word deur empiriese analise” (Louw 1989:10).

Menslik emosies, behoeftes en drange word op empiriese vlak die referensiekader vir die toepassing van die “beeld van God”-konsep. Dit is so as gevolg van die oor-romantisering van die menslike outonomiteit van die menslike liggaam wat toenemend die oorheersende faktor word. Die menslike potensiaal word oorskat op die vlak van die affektiewe ervaringswêreld en dit versteur die balans tussen die affektiewe, kognitiewe en konatiewe komponente van die menslike bestaan. Dit hou ook nie genoegsaam rekening met die normatiewe komponent van ons bestaan nie. So ‘n eensydige visie degradeer die mens se transendente komponent van die menslike bestaan (Louw 1989:6). Die mens is nie net ‘n intra-psigofisiese wese (bewus en onbewus) nie hy/sy is ook nie slegs ‘n psigofisiese wese (relasie en sosiale omgewing) nie, hy/sy is ook ‘n transendente psigofisiese wese. Sy/haar normatiewe en etiese dimensie staan in relasie met die mens se ewige bestemmingsfunksie voor God (Louw 1999:38).

Daar is reeds vroeër gereageer op die standpunt. Die navorser is van mening dat daar nie ‘n oordrewe klem op die mens se outonomiteit geplaas word nie. Dat dit wel nodig is dat pastoraat ook moet kyk na die mens se verantwoordelikheid in die “heelword” proses. Heling is van God afhanklik maar die mens het ‘n verantwoordelikheid om mee te werk.

1.3.2 Sonde

Sonde word vereng tot blokkasie, dit wat in ’n holistiese visie groei blokkeer word as sonde geïnterpreteer, faktore wat die mens se wil tot selfhandhawing en sy/haar wil tot relasie

blokkeer. Volgens die Rogeriaanse psigologie word sonde uiteindelik ‘n disfunksie in die persoonlikheid, naamlik ‘n inkongruensie tussen self en die reële ervaring van die persoon.

Sonde word die diskongruensie tussen die self en sy/haar organiese ervaringswêreld. Hierdie diskongruensie kan uit die weg geruim word wanneer die innerlike potensiaal gestimuleer word met behulp van die kommunikasiemodel. Die beginsel in so ‘n kommunikasiemodel is aanvaarding, as die persoon in die gespreksituasie aanvaar voel is God se aanvaarding van die mense se totale bestaan reeds aan hom/haar gekommunikeer (Louw 1989:11; 1999:38-39; 2005:166-168).

Is dit nie waar dat die pastor ook die verantwoordelikheid het om God se liefde en aanvaarding in sy/haar eie houding te kommunikeer en oor te dra nie? Daarom dink die navorser dit is belangrik dat die pastor in die pastorale geprek iets hiervan sal vergestalt. Sonde blokkeer die mens se ontwikkeling. Dit keer dat die mens nie in oorvloed kan lewe nie.

1.3.3 Verlossing

Louw (1989:11-12; 1999:39-40; 2005:166-169) bespreek hoe verlossing in die eduktiewe model funksioneer. Verlossing in die eduktiewe model word al meer “redemption” en al minder “salvation”. Die heilsaspek binne die verlossingskonsep word ‘n toestand van welstand (homeostase) en ‘n soort algemene gesondheidskonsep (health). “Heil word feitlik identies aan heelwees (wholeness)” (Louw 1989:11). Wie gehelp is om kongruent te lewe, wie ‘n optimale ooreenstemming tussen selfbeeld en ek-ervaring bereik en ‘n mate van selfaktualisering verwesenlik het, is ‘n mens wat heil ontdek het. “Redemption” is ‘n

psigologiese bevryding met die oog op kongruensie. By ekstreme eksponente van die model word “redemption” ‘n pastorale bevrydingsaksie. Verlossing is dan ‘n bevryding van al die neerdrukkende faktore in die mens en sosiale omgewing. Verlossing word dan ‘n aggressiewe bevrydingsaksie om alles wat in die samelewing strukturele blokkasies veroorsaak, omver te werp.

Verlossingregverdigverklaring van die sondaar op grond van Christus se soenverdienste word weggesteek agter die verlossing en as bevryding van die moedeloses en onderdruktes op grond van eie-verdienste van menslike aksies. Verlossing is al minder ‘n soteriologiese aangeleentheid en al meer ‘n etiese aangeleentheid. Versoening word gesien as verandering in die mens self, deur die mens self sowel as verandering in sy/haar omgewing.

Die uitwerking van die klem wat die begrippe beeld van God, sonde en verlossing ten koste van hul Skrifbetekenis ontvang is dat sonde maklik geïnterpreteer word as iets wat die mens oorval. Dit is ‘n inkongruensie wat gebeur sonder dat hy/sy dit self doelbewus laat begin het; ‘n blokkasie as gevolg van eksterne faktore, sonder dat dit deel uitmaak van die menslike persoon self. Die verantwoordelikheidsbeginsel word weg van die persoon self verplaas. Hy/sy is nie meer ten volle aanspreekbaar nie. Selfverloëning en diensmoraal moet plek maak vir selfhandhawing en die suksesmoraal. Omdat die verswakking van die versoeningsleer plaasvind verloor die Christelike geloof al meer sy offerkarkater binne die praktyk van elke dag.

Die navorser stem saam met Louw dat die verlossing gehanteer kan word op die manier waarteen Louw waarsku.