• No results found

Die spookhuis as karakter

Tabel 1: Dominante trekke van spookstorie-verwante genres

HOOFSTUK 4: RUIMTE AS PEEL VAN DIE ROLVERDEL1NG

4.3 Die spookhuis as karakter

In haar artikel 'The houses of fiction: Toward a definition of the uncanny' maak Maria M. Tatar (1981) 'n direkte verbinding tussen spookhuise in die werke van Charles Dickens, Horace Walpole en Nathaniel Hawthorne en Freud se konsep van "the uncanny".

Tatar wys op die oorsprong van, onderskeideiik, die Duitse terme

heimlich/unheimlich (soos deur Freud uiteengesit) en die Engelse en Skotse canny/uncanny, wat beide teruggevoer kan word na die konsep van huise. Tatar

verwys na Freud se uiteensetting van die dubbele betekenis van heimlich, wat aan die een kant verwys na "that which is familiar and congenial", en aan die ander kant verwys na "that which is concealed or kept from sight, and hence sinister" (Tatar, 1981:169). Sy verduidelik verder:

The genesis of this double meaning becomes evident if one reflects on the nature of a house or home. A house contains the familiar and congenial, but at the same time it screens what is familiar and congenial from view, making a mystery of it. Thus it comes as no suprise that the German word for a secret

(Geheimnis) derives from the word for home (Heim) and originally designated

that which belongs to the house. What takes place within the four walls of a house remains a mystery to those shut out from it. A secret, for the Germans in any case, literally ex-cludes51 others from knowledge (Tatar, 1981:169).

'n Soortgelyke patroon kom na vore in haar analisering van die Engelse terme 'canny' en 'uncanny':

The word "canny", as the Oxford English Dictionary tells us, evidently derives either from the verb "can" (in the sense of "to know how, to be able") or from the Scottish noun "can" (signifying "knowledge, skill") and was, in its earliest usage, nearly synonomous with the adjective "cunning". Even today the shrewd or sharp-witted man of the world is often considered (by English minds) to be as canny as a Scotsman. For the Scots, however, the most general meaning of "canny" is: "Careful or cautious in motion or action; hence, quiet, gentle...52' free from commotion, disturbance or noise." From this definition, it is easy to see how the word also came to mean "quiet, easy, snug, comfortable, pleasant, cozy" - definitions that build a bridge to the German heimlich (Tatar, 1981:170).

Die term 'uncanny' word in Afrikaans vertaal as "geheimsinnig, onheilspellend, spookagtig, grillerig, grieselig, angswekkend" (Bosman et al., 1999:1286). Die

51 Tatar se spelling. 52 Tatar se weglating.

ooglopende dubbele betekenis van die term het dus in die Afrikaanse taal verlore gegaan - die een deel van die betekenis wat deur Freud aan die term toegeskryf is, die vrees-element (spesifiek, vrees vir die onbekende/ongekende) is behou, maar die konnotasie met 'huislik' het skynbaar verlore gegaan.

Interessant genoeg word die term in Afrikaans we! direk met spoke verbind - en daarom ook indirek met spookhuise. Die term dra dus, indirek, ook hierdie tweede betekenis, die verbinding tussen die huis en die ongekende. Hierdie verbinding is ongelukkig te vaag om 'n duidelike argument vir die behoud van die term se oorspronklike (Duitse) betekenis in Afrikaans te vorm. 'Spookagtig' is verder net een van die voorgestelde Afrikaanse vertalings vir 'uncanny', en daarom is hierdie verband tussen die ongekende en die huislike nie 'n sterk gevestigde verbinding in Afrikaans nie.

'n Linguis sou uitwys dat die Duitse term 'heim' (huis) in die Afrikaanse woord 'geheimsinnig' (wat een van die vertalings vir 'uncanny' is) uitgewys kan word. Op hierdie stelling sou 'n argument gebou kon word om aan te toon dat die konnotasie tussen die huislike en die onbekende wel in die Afrikaanse taal neerslag gevind het. Dit is egter nie die doel van hierdie ondersoek om die terminologie ter sprake taalkundig te ontleed nie, en ek is geen linguis nie. Daarom sal daar nie verder op

hierdie etimologiese ondersoek ingegaan word nie. Vir die doel van hierdie onder­ soek word daar dus volstaan met Freud se Duitse term, 'unheimlich', bloot omdat dit hier nie gaan om die linguistiese nie, maar die betekenis van die term en die verbande wat inherent in die term opgevat is.

Tatar sluit haar kort taalkundige ondersoek na die terminologie hier ter sprake af deur die fokus van haar ondersoek op die huise wat in fiksie uitgebeeld word, te plaas wanneer sy skryf:

This digression into etymological and lexical matters suggests that one obvious point of departure for a study of the uncanny is the home. If we begin by looking at some of the familiar places of literature, it may be possible to recognize just what makes them mysterious or eerie. What, in short, makes a house

unheimlich, or haunted? It is precisely in the border area between the familiar

and the strange - at the point where heimlich and unheimlich merge in meaning to suggest the sinister or treacherous - that we must search for the matrix of those effects that are called uncanny (Tatar, 1981:171).

Hierdie stelling van Tatar kan, myns insiens, deurgetrek word na die Afrikaanse spookstories wat in hierdie studie ondersoek word. Wanneer daar na die ruimtes -

die spookhuise, die begraafplase, die verlate paaie - van die Afrikaanse spookstorie gekyk word, kan hulle unheimlich-he\d deurgetrek word na hierdie spanning tussen die bekende en die onbekende. Dit is in daardie spanning, daardie onopgeloste raaisel wat in die ruimte vasgevang is, waardeur uiteindelik vrees of ongemak by die leser opgewek word - en hierdie opwekking van vrees is tog die kruks van die gru- welgenre.

In haar ondersoeke na die spookhuise in die werke van Dickens, Hawthorne en Walpole bring Tatar die 'spookagtigheid' van die huis in verband met onopgeloste geheime. Die inwoners van die huise in hierdie tekste kan slegs werklik daar tuis wees wanneer 'n geheim rondom die huis of die vroeer inwoners opgelos word. Die bekende ruimte van die huis word dus onbekend (unheimlich) gemaak omdat daar sprake van onbewuste of verlore kennis is.

Hierdie idee kan, myns insiens, toegepas word op alle spookhuise - maar dalk eerder op 'n breer siening van die spookhuis. Daar is vroeer gepraat van die bekend-

heid van spookhuise as 'n kenmerkende en dalk self stereotipiese ruimte van die spookstorie. Hierdie bekendheid kan dan verder, na aanleiding van bostaande argumente, verbind word met 'n sin van die onbekende. Die huise is bekend nie net omdat hulle daardie kenmerkende voorkoms van spookhuise het nie, maar ook omdat 'n huis 'n alledaagse, bekende ding is. Almal woon (of het al, of sal eendag) in huise, die algemene struktuur daarvan is aan ons bekend. Wat hierdie huise onbekend - en daarom unheimlich - maak, is die geheime wat hulle inhou. Die spook wat daar ronddwaal is, myns insiens, die vergestalting van hierdie geheimenis op minstens twee vlakke

Eerstens is daar die geheim rondom die spook self - wat is dit (hy/sy), waar kom hierdie entiteit vandaan, wat is die doel van sy verskyning? Op hierdie vlak is die spook (en sy verskyning) die geheim, die onbekende element, wat in die bekende geplaas word. Dit kan verder bygebring word dat spookhuise oor die algemeen lee huise is wat nie deur (lewendes) bewoon word nie, in die meeste gevalle staan die huise al jare of dekades lank leeg. In ander gevalle verwissel die huise vinnig van een eienaar na die volgende, omdat die menslike karakters nie in daardie huis kan woon of tuis kan voel terwyl dit daar spook nie. Sodoende word die huis nie net 'n spookhuis nie, maar ook 'n ruimte wat unheimlich is.

Vervolgens is daar die geheim rondom die spookkarakter se lewensverhaal. Baie spookstories sentreer rondom die bekendmaking van geheime. Een voorbeeld is C.J. Langenhoven se verhaal 'Die bouval op Wilgerdal', waar die spook aan sy verloofde bekend wil maak dat sy liggaam deur 'n ander spook (in hierdie geval, dalk eerder gees) oorgeneem is. Omdat niemand die plaas wil bewoon nie (omdat dit daar spook) is die plaas vervalle. Die spook het ook geen persoon om sy boodskap te dra nie, niemand aan wie hy sy geheim kan uitle nie.

Dit is dus eers wanneer hierdie geheim wel uiteindelik openbaar word, wanneer die raaisel opgelos word, dat 'n menslike karakter weer die plaas kan bewoon en die vervalle plasie weer opbou tot die spogplaas wat dit vroeer was. Die inhou van so 'n geheim maak dus van die spookhuis 'n unheimliche ruimte; en dit is die bekend­ making van hierdie geheim wat van die spookhuis weer 'n gewone huis, en selfs 'n tuiste, kan maak.

Hierdie argument steun ongelukkig op 'n veralgemening van die spookstorie as genre. Dit moet genoem word dat die bekendmaking van geheime nie 'n element is wat in alle spookstories voorkom nie. In Fanie Viljoen se 'Spookstorie', byvoorbeeld, word geen geheime rondom die spook openbaar nie. Die enigste 'verrassing' in hierdie storie is dat die hoofkarakter self deur die loop van die verhaal gesterf het en dit eers aan die einde van die verhaal besef. Tog wil ek aanvoer dat hierdie bekend­ making van geheime of oplossings van raaisels wat verbind kan word aan die spook of die spookhuis algemeen genoeg in spookstories voorkom om 'n argument mee te staaf.

Tatar (1981) kom na aanleiding van haar analises van tekste van Charles Dickens (The personal history of David Copperfield). Nathaniel Hawthorne (The House of the Seven Gables) en Horace Walpole (The Castle of Otranto) tot 'n soortgelyke gevolgtrekking:

The fantastic draws its very lifeblood from an event that, defying reason, shatters the stability of the world to create a condition of radical homelessness. A world once safe and secure becomes hostile and treacherous. This new world is situated at the crossroad of heimlich and unheimlich, at the point where the two worlds converge in meaning to suggest sinister and oppressive...53 Whether we are dealing with the marvelous legend, the fantastic romance, or the strange novel, it is knowledge that transforms the sinister habitation of supernatural powers into the secure haven of a home (Tatar, 1981:182).

Dit is dus die bekendheid van die huis in kombinasie met die onbekende van die spook (as vergestalting van geheime of die onbekende) wat die spookhuis unheim-

lich maak - en daarom ook so 'n sterk kenmerkende en effektiewe ruimte van die

spookstorie maak.

Waarom, dan, sou ek wou aanvoer dat die spookhuis as 'n tipe karakter in die spookstorie beskou kan word?

Binne die psigoanalise kan die menslike psige aan 'n huis gelykgestel word. Bachelard skryf, byvoorbeeld, die volgende aangaande die verband tussen mens en huis:

[OJver and beyond our memories, the house we were born in is physically inscribed in us. It is a group of organic habits. After twenty years, in spite of all the other anonymous stairways, we would recapture the reflexes of the 'first stairway', we would not stumble on that rather high step. The house's entire being would open up, faithful to our own being (Bachelard, 1969,14-15).

Die gelykstelling van die huis aan die menslike psige sou waarskynlik die mees oog- lopende konneksie tussen die spookhuis en 'n argument vir sy karakterstatus wees, 'n Volledige ondersoek na hierdie tipe gelykstelling - die menslike psige en die spookhuis - sou myns insiens 'n verhandeling op sigself vorm. Vir die doel van hierdie ondersoek verkies ek daarom om te volstaan met die feit dat hierdie konneksie gemaak is. Dit sou inhou dat die karakters in die spookstorie (en ook die lesers daarvan) moontlik 'n refleksie van die self sou sien in die spookhuis, of die spookhuis sou sien as 'n vergestalting van die karakter/verteiier se psige, of dalk self dat die huis 'n refleksie geword het van die vorige inwoners, die spoke wat nou daar dwaal. Kortliks gestel, as die spookhuis gesien word as die simbool, die vergestalting of die refleksie van enige van die karakters of die leser se psige, het dit reeds op een vlak karakterstatus behaal.

Verder kan die spanning tussen heimlich en unheimlich ook bydra tot die siening van die spookhuis as 'n karakter. Dit kom tog neer op 'n onopgeloste spanning tussen die bekende en die onbekende - dit wat ons ken en verstaan word gestel teenoor dit wat ons nie kan verklaar (en daarom ook nie kan ken of verstaan) nie. Hierdie spanning in menseverhoudings kan daagliks waargeneem kan word. Mense is in 'n mate ook 'n mengsel van bekende en onbekende elemente - almal het sekere, algemeen bekende eienskappe: die liggaamlike vorm, die taal wat gepraat word, die alledaagse

gedragspatrone; maar daar is ook elemente wat onbekend is - almal het geheime. As hierdie stelling aanvaar word, word die huis weereens 'n vergestalting van 'n menslike karakter: dit word 'n entiteit wat 'n bekendheid weerspieel, maar 'n inherente onbekendheid bevat.

Na aanleiding van hierdie stellings sou dit dus geensins vergesog wees om aan te voer dat die spookhuis op hierdie onbewuste vlak as 'n karakter in die spookstorie beskou kan word nie. Ek sou so ver wou gaan om aan te voer dat die spookhuise deur die menslike karakters (en die lesers) as lewende entiteite met geheime gesien kan word.

Dit moet egter duidelik gemaak word dat die spookhuise nie as mense per se gesien kan word nie - hulle is, en bly, per slot van sake, mensgemaakte strukture. Wat ek wel wil se, is dat hierdie huise karakterstatus verkry omdat hulle menslike eienskap- pe vertoon - al is hierdie menslike eienskappe bloot gesetel in die persepsie van die karakters wat die verhaal vertel en die lesers wat in daardie verhale ingetrek word.