• No results found

In die navorsing wat gedoen is oor sosiale identifiseringspatrone deur Bornman (2005:390), het dit na vore gekom dat Afrikaanssprekende witmense die sterkste met hulle eie rasse- en etniese groepe identifiseer. “Social identity concerns networks within the same group, its social composition and its material culture. The latter aspect – material culture – is also part of cultural identity, as are education and the use of original language” (Wijsenbeek, 2007:80). Die meeste Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners het grootgeword in huise en omgewings waar mense baie na aan mekaar was en daar baie noue kontak en meegevoel was tussen families en vriende. Dit is die gasvryheid en liefde wat kenmerkend is van die meeste boeregemeenskappe. Dit mag dalk ‘n eienskap wees wat oorgeërf is, die band wat voorsate tot noue kontak gedwing het toe hulle nog rondgetrek het en op mekaar en God staat gemaak het.

Vir baie Suid-Afrikaners is dit juis hierdie sentiment wat hulle in Suid-Afrika hou. Die feit dat hulle geliefdes hier is en dat hulle te na aan mekaar is om die verhoudinge eenvoudig agter te laat. Hulle sosiale identiteit het hier ontwikkel en dit sal ook hier vergaan. Volgens baie mense, wat hierdie standpunt huldig, lê die gelowige se verantwoordelikheid teenoor sy/haar familie daarin dat hulle hierdie geskiedenis moet koester en juis daarom in Suid-Afrika moet bly en hier sterwe omdat die voorgeslagte dit kon doen. Dit is asof dit ‘n teken van dankbaarheid en respek is om vir altyd deel te bly van die “boeregemeenskap” en sosiale struktuur. Die mens word tog geskape binne ‘n bepaalde verhouding met ouers, broers of susters waarin hy/sy ‘n funksie het.

Dit is om hierdie rede dat baie Suid-Afrikaners besluit dat hulle nie sal emigreer nie, en dat emigrante hulle geliefdes ‘n onreg aandoen deur te emigreer na die buiteland. Dit is ook nie net blankes wat hierdie sterk sosiale band het nie. Een van die duidelikste karakterseienskappe van baie swartes se kultuur is hulle gemeenskaplike

64 bestaanswyse. Dit mag dalk ook ‘n wesenlike rede wees waarom emigrasie aanvanklik nie so gereeld onder swartes soos onder blankes voorgekom het nie.

3.13 Vaderlandstrots

Hierdie rede van meeste Suid-Afrikaners om nie te emigreer nie, is seker die sterkste rede wat burgers in Suid-Afrika hou. Vaderlandstrots en nasionalisme is baie nou verwant aan mekaar.

Vaderlandstrots is ‘n gesonde liefde vir die land van geboorte. Patriotisme verwys na ‘n slaafse navolging van die regering en sy demokratiese prosesse. Nasionalisme verwys meer na ‘n ideologie waar ras, etnisiteit, taal of kultuur mense saambind (Heyns, 2004:453). Volgens De Klerk (2009:662) kan die opkoms en bloei van Afrikaner- nasionalisme verbind word met die Groot Trek.

Die vaderlandstrots leef ook sterk in musiek deesdae en al hoe meer jongmense begin opstaan vir hulle kultuur en taal.

Trots SA

“Ek was lank lank gelede in ‘n land ‘n land van vrede Jy ken my land, my land Suid Afrika

Maar nou in die hede is vrede in die verlede Onrus moord en kinders op die straat

Stryders wat gestry het en wit en swart bevry het Alles net vir vryheid in ons land

Maar wat is ons anders as die oorsese lande Ons is die trots, die trots van Afrika

Ek is trots Suid-Afrikaans Ek is trots op my land en naam En ek sal aangaan en daarby staan Ek is trots op my land en naam

Baie van ons beste, vlug nou na die weste Vlug nou uit ons land Suid-Afrika

Jy word hier benodig, niemand is oorbodig Kom stry die stryd saam, saam met my ou maat

65 Ons wil misdaad nie ken nie, dit mag ons land nie wen nie

Ons sal aangaan en nog voortveg vir ons land Hoe doen jy jou beste as jy bly in die weste Hoe veg jy vir jou land Suid-Afrika” (Cloete, 2008)

Die Afrikanerdom en die Afrikaanse taal word baie sterk verteenwoordig. Al hierdie dinge maak deel uit van die groter prentjie van vaderlandstrots. Jongmense hoor gereeld, veral uit die mond van oumense, dat vaders en moeders kaalvoet oor die berge geloop het. Dat hulle dit gedoen het om hierdie rou aarde vir hulle nageslagte bewoonbaar te maak. Daarom sal dit volgens hierdie standpunt onsinnig wees om nie vaderlandstrots tot die uiterste te voer nie. Jong mans van vandag loop ook gereeld met die ou landsvlag op hulle moue, vir sommige is dit die uitdrukking van vaderlandstrots. Die refrein wat met groot nostalgie in baie se koppe draai “...ons vir jou Suid-Afrika!” Dit is waar dat hierdie vaderlandstrots en nostalgie vreemd is aan die post-modernisme wat regoor die wêreld heers. Dit mag dalk ‘n aanduiding wees van hoe sterk hierdie liefde vir Suid-Afrika as vaderland in sommiges se harte is. In Hoofstuk 4.13 van hierdie studie sal gekyk word na die geldigheid en beperkinge van vaderlandstrots vir gelowiges.

Uit bogenoemde motiverings tot emigrasie kan afgelei word dat daar baie sterk emosies en onsekerhede is oor die standpunt wat die Christen behoort in te neem teenoor emigrasie. In die volgende afdeling word daar meer aandag hieraan gegee deur die beoordeling van genoemde argumente.

66 HOOFSTUK 4 – Beoordeling van argumente oor emigrasie

Hierdie hoofstuk behels die beoordeling van die argumente in die emigrasie-debat, soos genoem in hoofstuk 3. Die beoordeling geskied op grond van die Christelik-etiese norme, die etiese sisteme en die menseregte bespreek in hoofstuk 2. Die doel van hierdie beoordeling is om sinvolle gevolgtrekkings te maak in verband met die Christen se reaksie op emigrasie.