• No results found

Ander skrywers se sienings ten opsigte van Gregorius se Gloria Martyrorum en Victor van Vita se Historia Persecutionis

Boek VIII van die Historia Ecclesiastica strek vanaf die geboorte van Christus tot die uitbreek van die “Groot Vervolging” van Diocletianus oor ‘n periode van 305 jaar.

3.5.6 Ander skrywers se sienings ten opsigte van Gregorius se Gloria Martyrorum en Victor van Vita se Historia Persecutionis

Van die vier gemelde werke, vertoon Gregorius van Tours se Gloria Martyrorum tog raakpunte met Victor se HP, alhoewel dit nie op laasgenoemde se HP gesteun het nie, soos weldra uit die studie sal blyk. Trouens, dit blyk dat die Gloria Matryrorum van al

die gemelde bronne, wat inligting betref, naaste aan Victor se HP is. Dié bron blyk die enigste ware maatstaaf te wees waarvolgens Victor se martelaarsverhale geoordeel kan word. Daar is gevalle van ooreenkoms en verskille tussen dié twee werke.

Die bronne wat die periode van die Vandaal-vervolging dek, is uiters skaars en volgens Cain is Victor van Vita se HP, wat in ongeveer 485 geskryf is, die enigste tydgenootlike bron. Gregorius se weergawe van die Vandale is in die vroeëe 570’s geskryf (Cain 2005: 416). Daar bestaan dus die vrees dat ‘n onbevooroordeelde weergawe van die Vandaal- vervolging buite rekening gelaat kan word. Die goedgesinde verwysings na Eugenius enersyds en die vyandige verwysings na Cyrola andersyds is voorbeelde hiervan: “On the one hand there is Eugenius, the archetypal orthodox bishop representing all that is good and holy (sanctum… episcopum, verum inenarrabili sanctitate, qui tunc ferebatur

magnae prudentiae esse), and on the other hand there is Cyrola, the quintessential

heretical pseudo-bishop who embodies all that is evil and dishonest (falso vocatus

episcopus, heretocorum tunc maximus habebatur assertor)” (Cain 2005: 417-418). Daar

word ook na Cyrola verwys as elatus vanitate atque superbia (Cain 2005: 418).

Cain sê vervolgens: “The sources for this period of the Vandal hegemony are both few and biased” (Cain 2005: 412). Gregorius wat omtrent 100 jaar na Victor geskryf het, gee bloot ‘n kort oorsig van die Vandaal-hegemonie: “Gregory’s discussion of […] Vandal (kingdom) […] is intended merely as a brief preface to explain and contextualize the rise of the Franks” (Cain 2005: 413). Sy martelaarsverhale, soos blyk uit die Gloria

Maryrorum, sentreer hoofsaaklik rondom ‘n wonderwerk wat deur die Katolieke biskop,

Eugenius, onder die regering van Huneric, uitgevoer was (Cain 2005: 114, 413). Victor maak in sy HP ook melding van ‘n wonderwerk deur Eugenius (HP II: 47-51).

Gregorius word egter nie as ‘n betroubare bron oor die geskiedenis van die Vandale in Afrika beskou nie: “Gregory’s account is indeed riddled with inaccuracies […]” (Cain 2005: 414). Gregorius se weergawe oor die martelaarskap van Anonyma gedurende die regering van Thrasamund was anachronisties omdat Gunderic en nie Thrasamund gedurende daardie tydperk geregeer het. Volgens Victor het Gunderic se ampstermyn

in Spanje verval vóór die aankoms van die Vandale in Afrika. Gregorius maak geensins van Gaiseric melding nie. Dit was asof Gaiseric nooit bestaan het nie (Cain 2005: 415). Gregorius se weergawe oor die regering van Huneric was egter juis, want: “[…] his Vandal account revolves around Eugenius, who became bishop of Carthage during Huneric’s reign. Huneric’s Arian sympathies and his persecution of Catholics would naturally have piqued Gregory’s interest and even aroused his ire […]” (Cain 2005: 415).

Victor en Gregorius se weergawe van Eugenius vertoon parellelle en ook verskille. Die genesing van ‘n blinde man deur Eugenius word deur beide die Gloria Martyrorum en die HP meegedeel. Hulle verskil egter van mekaar in sover Gregorius die blinde man as ‘n Ariër en Victor hom as Felix, ‘n bekende in Karthago, identifiseer (civibus civitatisque

notissimus).22

Gregorius se weergawe bevat ook ander bykomende inligting wat nie in die HP voorkom nie. Hy maak byvoorbeeld melding van twee biskoppe, Vindimialis en Longinus, wat bekend daarvoor is dat hulle wonderwerke verrig, terwyl Victor nie een van hulle bespreek nie (Cain 2005: 422). Cain dui aan dat Gregorius ook twee ander persone, naamlik Octavianus en Revocatus, vermeld, wat nie deur die HP in aanmerking geneem is nie (2005: 422).

Gregorius lewer enersyds ‘n brief oor wat deur Eugenius op die vooraand van sy ballingskap vroeg in Julie 484 aan sy gemeente gerig is waarin hy pleit dat hulle standvastig bly in hul geloof ten spyte van sy afwesigheid. Sodanige brief is nie in ander bronne vermeld nie. Victor produseer andersyds ‘n ander brief wat deur Eugenius geskryf is en wat nie in enige ander bron voorkom nie. Daar word algemeen vermoed dat albei briewe eg is en die stilistiese ooreenkomste bevestig dat hulle deur dieselfde persoon geskryf is (Cain 2005: 423). Die feit dat die brief in die HP nie die een is waarvan Gregorius melding maak nie, impliseer dat Gregorius dié brief van ‘n ander

22 Cain (2005: 421-422) beweer dat die blinde man in Gregorius se Decem libri historiarum ‘n Ariese

bron verkry het: “Gregory’s story has no discernible genetic relationship with Victor’s” (Cain 2005: 424).

Daar het nie ‘n Passio Eugenii bestaan het nie, maar wel ‘n middeleeuse Passio S.

Eugenii episcopi et martyris, wat in twaalfde eeuse codices vervat is en wat verskeie

martelaarstories bevat. Gregorius het nie noodwendig sy Vandaalse weergawes en martelaarsverhale op ‘n streng hagiografiese tradisie gebaseer nie. Hy het sy inligting blykbaar uit ‘n verlore bron, naamlik die Historia persecutionis sub Hunerico rege, gekry: “This Historia may have resembled Victor’s HP in its basic structural format, enshrining for posterity the tragedies and triumphs of Catholic Christians under Huneric” (Cain 2005: 432). Die afleiding kan dus gemaak word dat Gregorius sy inligting verkry uit ‘n bron wat na aan die HP was. Daar bestaan dus ‘n vermoede dat hierdie bron ‘n uitvloeisel van Victor se HP was (Cain 2005: 432).

Die (verlore) Historia persecutionis sub Hunerico rege, was in Noord-Afrika gedurende die voorlaaste maande van Huneric se regering, saamgestel. Gregorius het, net soos Victor, nie belang gestel in die skryf van ‘n Vandaalse geskiedenis en hul dinastiese opvolging nie, maar ook selektief te werk gegaan deurdat hy slegs Gaiseric en Huneric behandel, en van hierdie twee eintlik net Huneric. Aangaande die Historia persecutionis

sub Hunerico rege word gesê: “This Historia is a ghost source whose shadowy

contours are discernible only by indirect traces left behind in Gregory’s narrative. Its footprints are faded, but they are not completely washed away” (Cain 2005: 436). Die hipotese bestaan dat hierdie bron later verrykende gevolge sou hê vir toekomstige kritiese studies van die Gloria Martyrorum. Dit blyk dus dat Victor moontlik nie die enigste Katolieke skrywer was wat ‘n apologetiese geskiedenis gedurende Huneric se vervolging van die Christene geskryf het nie.

3.6 Gevolgtrekking: die verband tussen die verskillende