• No results found

In die analises van die postkoloniale (sonder koppelteken) terugskrywings is gepoog om aan te toon hoe skrywers deur representasie van ‘n sosiale werklikheid, verset bied teen Apartheid. In die post-koloniale (met koppelteken) terugskrywing is gepoog om aan te toon hoe daar protes gelewer word teen ‘n gewelddadige post-apartheid Suid-Afrika.

Die verhaal van “Dol hond” sou geïnterpreteer kon word as een waarin wit plaaseienaars en bruin plaaswerkers teenoor mekaar opgestel is ten einde verset te lewer teen die geografiese en psigiese ontheemding van die gekoloniseerde tydens Apartheid. “Dogters van Afrika” sou geïnterpreteer kon word as ‘n verhaal waarin destabilisering en ambivalensie in ‘n wit, vroulike gemoed gekonstrueer is, sodat die absurditeit van histories-bepaalde rasse-skeiding uitgewys word. Die gevolg van ‘n medepligtige situasie, waarin die potensiaal vir ‘n intensionele kulturele hibriditeit opgesluit lê, sou daarin gelees kon word. “Donker Spore” sou vertolk kon word as ‘n verhaal waarin die teks terug praat na die gewelddadige misdaad wat ‘n nuwe mag in post-apartheid Suid-Afrika geword het. Dié geweld sou ‘n onversoenbaarheid tussen die verskillende groepe kon voorspel en ‘n distopie in die plek van die verwagte euforie tot gevolg hê.

In “Dol hond” het die teks se gebrek aan selfrefleksie tot gevolg dat ‘n selfbewuste skrywerlike posisionering ten opsigte van die “geskryfde” Ander ontbreek. Taalgebruik en stilistiese grepe wat die aanklag teen Apartheid deurkruis, kan veroorsaak dat die teks as paternalisties geïnterpreteer word. Die kritiese leser sou ‘n Eurosentriese, romantiese, wit droom vir die Ander kon lees, ten spyte van die aanklag teen die kolonialistiese stelsel van Apartheid. In “Dogters van Afrika” word die subjektiwiteit en magsposisie van die wit skrywer deur ‘n konstruksie van ‘n selfbewuste, huiwerende fokaliseerder en hoofkarakter verantwoord. Die beswaar van ‘n voyeuristiese kyk op die swart vrou word ondervang deur die bewustelike skrywerlike objektivering van die swart vrou ten einde die implisiete leser mede-medepligtig te

maak aan die fokaliserende hoofkarakter se verwondering. Die bewustelike opstel van ‘n intensionele kulturele hibriditeit in die verhaal se horison van moontlikhede vir ‘n post-apartheid Suid-Afrika, kan as ‘n wins beskou word. In “Donker Spore” bied die fokalisasiekonstruksie die potensiaal tot selfrefleksie, maar so ‘n skrywerlike posisionering van selfbewustheid kom nie uit die verf nie. Die representasie kan gelees word as ‘n verswyging van die geskiedkundig-gegroeide problematiek van die Ander en ‘n onderspeling van die medepligtigheid van die Self. Die aanwending van postmodernistiese stylelemente kan geïnterpreteer word as ‘n leemte wat nie vergoed vir die afwesigheid van die oorsaaklikhied van die huidige geweld nie. Die vooropstelling van nostalgie ten koste van geheue, en die sensasionele toon, kan ‘n lesersidentifikasie met die ontnugtering van die skrywer-verteller ondermyn.

Die analises poog om aan te toon hoe die onderskeie wit skrywers ‘n produksie in sy/haar teks van heersende ideologie lewer, wat minder of meer krities, of bevestigend van ‘n bestaande heersende ideologie is.

“Dol hond” lewer kritiek teen die heersende bestel van Apartheid, maar produseer weens die taalgebruik en stilistiese grepe ‘n gesellige toonaard, en sou uiteindelik as minder krities beskryf kon word. “Dogters van Afrika” se protes sou as meer krities beskryf kon word omdat die produksie die absurditeit van rasseskeiding uitwys, en die moontlikheid tot kulturele hibriditeit tussen bevolkingsgroepe representeer. “Donker spore” sou as minder krities beskryf kon word omdat die nostalgiese toonaard, die onderspeling van die aandeel van die Self en die afwesigheid van ‘n redegewende verband tussen hede en verlede die teks se protes teen die gewelddadige post-apartheid Suid-Afrika ondermyn.

BRONNELYS

Anti-Defamation League. 2001. David Irving: Propagandists’ Poster Boy. Internet: http://www.adl.org/holocaust/irving.asp

Ashcroft, Bill; Griffiths, Gareth & Tiffin, Helen. 1989. The empire writes back: Theory and Practice in Post-Colonial Literatures. London: Routledge.

Aucamp, Hennie. 1988. In: Die bruid en ander verhale. Pretoria: HAUM-Literêr.

Aucamp, Hennie. 2003. Verteller van formaat op sy beleë beste. Rapport, 3 Augustus: 24.

Bhabha, Homi K. 1994. The Location of Culture. London: Routledge.

Boehmer, Elleke. 1995. Colonial and Postcolonial Literature. Oxford & New York: Oxford University Press.

Brink, A.P. 1992. Op pad na 2000 – Afrikaans in ‘n (post)koloniale situasie. Tydskrif vir letterkunde 29(4): 1 – 12.

Coetzee, Ampie. 1992. Ideologiekritiek. In: Cloete, T.T (red.) Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr, 173-177.

Coetzee, J.M. 1988. White writing: On the Culture of Letters in South Africa. Haven: Yale University Press.

Degenaar, Johan. 1992. Ideologie. In: Cloete, T.T (red.) Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr, 171-173.

De Lange, A.M. 1992. Mimesis. In: Cloete, T.T. (red.) Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr, 308-310.

De Vries, Abraham H. 2003. Tot verhaal kom. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Vries, Abraham H. 2005. ‘n Skedonk van ‘n misterie. Internet: http:/www.litnet.co.za/seminaar/deַvriesַskedonk.asp

Dietrich, Linde. 1988. Wat soek sendelinge? Vrye Weekblad, 9 Desember: 6.

Die W.A. Hofmeyr fiksie-prys. 2004. Rapport Perspektief, 30 Mei: IV.

Dullart, G. 1998. Feminisme. In: Van der Merwe, N. en Viljoen, H. Alkant Olifant. Pretoria: Van Schaik, 152-162.

Eagleton, Terry. 1980. Criticism and Ideology. London: NLB.

Erasmus, Elfra. 2004. Onreg teenoor De Vries reggestel. Beeld, 16 September: 3.

Erasmus, Mabel. 1999. Etienne van Heerden. In: Van Coller (red.) Perspektief en Profiel, deel 2. Pretoria: Van Schaik, 679-699.

Focal Point. 2004. Foreword to the original edition of Davids Irving’s famous bestseller: The Destruction of Dresden by Robert Saundby. Internet:

http:/www.fpp.co.uk/books/Dresden/Saundby.html.

Gerwel, Jakes. 1979. Literatuur en Apartheid. Konsepsies van ‘gekleurdes’ in die Afrikaanse roman tot 1948. Brussel: Vrije Universiteit.

Gerwel, Jakes. 2000. Spookagtige magiese realisme. Insig, Oktober: 64-65.

Hough, B. 1995. Wie staan pa op Paternoster? Vuka SA, Desember: 16-17.

Jacobs, Jaco. 2003. Iets donkers los in SA. Die Burger, 19 Augustus: 8.

Jansen, Jonathan. 2005. Hoe moet ons die verlede onthou? Die Burger, 20 September: 12.

Joubert, Elsa. 1993. Dansmaat. Kaapstad: Tafelberg.

Kannemeyer, J.C. 1993. Kruisoffer is nodig vir versoening in Suid-Afrika. Beeld, 17 Junie: 4.

Krüger, Elsa. 1988. Gelouter ná haar reis saam met ‘n boggelrug. Beeld, 10 Desember: 11.

Lasch, Christopher. 1996. The Columbia world of Quotations. Internet: http://www.bartleby.com/66/1/34701.html.

Marais, M. 2000. The possibility of ethical action: J.M. Coetzee’s Disgrace. Internet: http:/www.litnet.co.za/seminarroom/mmarais.asp.

Mishra, Vijay & Hodge, Bob. 1993. What is post(-)colonialism? In: Williams, P. & Chrisman, L. Colonial discourse and post-colonial theory. New York: Harvester

Wheatsheaf, 276 – 290.

Munnik, Victor. 1989. Liegfabriek moes nie prys gekry het. Vrye Weekblad, 26 Mei: 16.

Morris, Pam. 2003. Realism. London: Routledge.

Pratt, Mary Louise. 1992. Imperial eyes: Travel writing and Transcultivation. London and New York: Routledge.

Prinsloo, Koos. 1989. Etienne en die bandopnemer. Vrye Weekblad, September: 15.

Smith, Julian F.; Van Gensen, Alwyn & Willemse, Hein. (reds.) 1985. Swart Afrikaanse skrywers. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland.

Spivak, Gayatri. 1990. In: Harasym Sarah. (Ed). The post-colonial critic. Interviews, Strategies, Dialogues. London: Routledge.

Spurr, David. 1993. The Rhetoric of Empire: Colonial Discourse in Journalism, Travel Writing and Imperial Administration. Durham&London: Duke University Press.

Taylor, Jane. 1999. The impossibility of ethical action. Mail & Guardian, July: 23-29.

Van der Elst, J. 1992. Realisme. In: Cloete, T.T. (red.) Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr, 417-419.

Van der Merwe, Chris N. en Viljoen, Hein. 1998. Alkant Olifant. Pretoria: Van Schaik.

Van Heerden, Etienne. 1988. Liegfabriek. Kaapstad: Tafelberg.

Van Heerden, Etienne. 1997. Postmodernisme en prosa. Kaapstad: Human & Rousseau.

Van Niekerk, Marlene. 1992. Ideologiekritiek as retoriek en as hermeneuse: ‘n voorstel vir ‘n praxis van kritiese en transformerende letterkunde-onderrig. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 33(4): 290-311.

Van Niekerk, Marlene. 1992a. Hermeneutiek en Ideologiekritiek. Ongepubliseerde aantekeninge. Stellenbosch, 1-38.

Van Niekerk, Marlene. 1992b. Aansette tot ‘n praxis van kritiese hermeneutiek. Ongepubliseerde aantekeninge. Stellenbosch, 1-17.

Van Niekerk, Marlene. 1996. Reënboogredenasies: Repliek op ‘n intreerede. Tydskrif vir Letterkunde 34(4): 20-34.

Van Zyl, W. 1992. Regionale Literatuur. In: Cloete, T.T. (red.) Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr, 420- 421.

Viljoen, Louise. 1996. Postkolonialisme en die Afrikaanse letterkunde: ‘n verkenning van die rol van enkele gemarginaliseerde diskoerse. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 3(2): 158-175.

Viljoen, Louise. 1998. Plek, landskap en die postkolonialisme in twee Afrikaanse romans. Stilet X:1, Maart: 73-92.

Viljoen, Louise. 1998a. Die vroue-reisiger: Elsa Joubert se reisverhale Water en Woestyn en Die Verste reis en haar roman Die reise van Isobelle. Tydskrif vir Letterkunde 36 (2): 7-21.

Viljoen, Louise. 2005. Post/post-koloniale terugskrywing. Persoonlike gesprek. Universiteit van Stellenbosch.

Wasserman, Herman. 2000. Postkoloniale kulturele identiteit in Afrikaanse kortverhale ná 1994. Ongepubliseerde doktorstesis. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch.

Weideman, George. 1993. Die waan en waansin van apartheid oopgeskryf. Die Burger, 13 Julie: 6.

Willemse, H. 1990. Die skrille sonbesies: Emergent Black Afrikaans poets in search of

authority. In: Trump, M. (Ed). Rendering things visible. Essays on South African Literary Culture. Johannesburg: Ravan, 367-401.

Young, R. 1990. White mythologies: Writing, History and the West. New York: Routledge.

TWEESPOOR

(kortprosa)

HELENA SMIT

Literêre teks voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad van Magister in Kreatiewe Afrikaanse Skryfkunde

INHOUD

Op die spoor van die heilige maagd 78

Agter die groen deur 93

Op ‘n plaas in Afrika 109

Tweespoor 125

Die haarsny 150

‘n Dag in die dood van 166

Alleen ons beste 181