• No results found

ARTIKEL 2: AGENTE, SAKE, PERSONE EN RESPONS MET

8. SAKE WAT BINNE DIE KINDERBESKERMINGSTELSEL

8.1 Daar is twee groepe sake wat binne die kinderbeskermingstelsel aangemeld kan word

8.1.1 Mishandeling en doelbewuste verwaarlosing

In terme van artikel 110(1) van die CA (2005:61), sake waar professionele persone op redelike gronde tot die gevolgtrekking kom dat ’n kind mishandel is op ’n manier wat fisiese besering veroorsaak het, seksueel mishandel of doelbewus verwaarloos is. Hierdie sake moet, volgens artikel 110(1) van die CA (2005:61), deur die professionele persone aangemeld word. Hierdie is derhalwe sake waar daar ’n wetlike verpligting is dat dit aangemeld moet word. In die ontwikkeling van ’n IAAP kan daar na hierdie sake as “Groep 1-sake” verwys word.

Die feit dat die wetgewer sekere sake geïdentifiseer het wat wetlik verpligtend is dat dit aangemeld moet word, impliseer dat hierdie “ernstiger” sake is. Dat mishandeling en doelbewuste verwaarlosing “ernstiger” sake is, blyk uit die volgende:

 Volgens artikel 114(1) (Bylae H) van die CA (2005:63), moet daar in Deel A van

die nasionale kinderbeskermingsregister ’n rekord wees van alle aanmeldings van mishandeling en doelbewuste verwaarlosing.

 Regulasie 33(1)(2) (Bylae K) van die Amendment GRRC (2012b:3-5) gee sekere

voorskrifte wat spesifiek op die aanmelding van mishandeling en doelbewuste verwaarlosing van toepassing is, naamlik dat die aanmelder ’n Vorm 22 (Bylae K) moet invul en dat die besonderhede van die mishandeling deur middel van ’n Vorm 23 (Bylae K) by die Direkteur-Generaal ingedien moet word vir opname in Deel A van die nasionale kinderbeskermingsregister.

Daar behoort in die ontwikkeling van ’n IAAP by die agente wat aanmeldings binne die KBS hanteer, vasgestel te word of artikel 110(1) van die CA (2005:61) se uiteensetting duidelik genoeg is om sake van mishandeling en doelbewuste verwaarlosing (Groep 1-sake) te identifiseer.

8.1.2 Sorg en beskerming

In terme van artikel 110(2) van die CA (2005:61), sake waar enige persoon op redelike gronde tot die gevolgtrekking kom dat ’n kind sorg en beskerming benodig.

85

Hierdie sake kan, volgens artikel 110(2) van die CA (2005:61), deur enige persoon aangemeld word. Hierdie is sake waar daar nie ’n wetlike verpligting is dat dit aangemeld moet word nie, maar waar persone wel moreel verplig voel om dit aan te meld. In die ontwikkeling van ’n IAAP kan daar na hierdie sake as “Groep 2-sake” verwys word.

Artikel 150(1)(a)-(i) van die CA (2005:78) identifiseer kinders wat sorg en beskerming benodig as:

1. (a) “has been abandoned or orphaned and is without any visible means of support;

(b) displays behaviour which cannot be controlled by the parent or care-giver; (c) lives or works on the streets or begs for a living;

(d) is addicted to a dependence-producing substance and is without any support to obtain treatment for such dependency;

(e) has been exploited or lives in circumstances that expose the child to exploitation;

(f) lives in or is exposed to circumstances which may seriously harm that child's physical, mental or social well-being;

(g) may be at risk if returned to the custody of the parent, guardian or care- giver of the child as there is reason to believe that he or she will live in or be exposed to circumstances which may seriously harm the physical, mental or social well-being of the child;

(h) is in a state of physical or mental neglect; or

(i) is being maltreated, abused, deliberately neglected or degraded by a parent, a care-giver, a person who has parental responsibilities and rights or a family member of the child or by a person under whose control the child is.”

Hieruit blyk dit dat ’n kind wat ingevolge artikel 110(1) van die CA (2005:61) mishandel is op ’n manier wat fisiese besering veroorsaak, seksueel mishandel of verwaarloos is, gewoonlik ook ’n kind is wat sorg en beskerming benodig. In die ontwikkeling van ’n IAAP kan oorweging daaraan geskenk word om artikel 150(1) van die CA (2005:78) se identifisering van wanneer ’n kind sorg en beskerming benodig, in die IAAP op te neem.

In die ontwikkeling van ’n IAAP moet vasgestel word of al die agente kennis dra van wanneer ’n kind sorg en beskerming benodig.

86

8.2 Sommige kindersake kan ook misdrywe wees wat binne die regstelsel hanteer moet word

Sake waar kinders seksueel mishandel is, is gewoonlik ook sake waar ’n misdryf gepleeg is. Selfs in gevalle waar kinders net sorg en beskerming nodig het, mag ’n misdryf gepleeg gewees het. Artikel 305 van die CA (2005:134-135) bepaal verskeie situasies waar ’n persoon aan ’n misdryf skuldig is. Die volgende is vir die navorsing van belang:

 Artikel 305(3) van die CA (2005:135) bepaal dat ’n ouer, voog, ander persoon wat

ouerlike regte en verantwoordelikhede ten opsigte van ’n kind het, versorger of persoon wat geen ouerlike regte en verantwoordelikhede ten opsigte van ’n kind het nie, maar vrywillig vir ’n onbepaalde tydperk, tydelik of gedeeltelik vir die kind sorg, aan ’n misdryf skuldig is indien daardie ouer of versorger of ander persoon die kind mishandel, doelbewus verwaarloos of verlaat.

 Artikel 305(4) van die CA (2005:135) bepaal dat iemand wat regtens aanspreeklik

is om ’n kind te onderhou, aan ’n misdryf skuldig is indien daardie persoon, terwyl hy of sy in staat is om dit te doen, versuim om die kind van voldoende voedsel, klere, huisvesting en mediese bystand te voorsien.

 Artikel 305(5) van die CA (2005:135) bepaal dat ’n persoon wat die eienaar,

verhuurder, bestuurder, huurder of okkupeerder is van enige perseel waarop die kommersiële seksuele uitbuiting van ’n kind plaasgevind het, aan ’n misdryf skuldig is indien daardie persoon by verkryging van inligting oor daardie voorval, versuim om onverwyld redelike stappe te neem om die voorval aan die SAPD te rapporteer.

Hieruit is dit duidelik dat sekere kindersake wat binne die KBS aangemeld word, ook misdrywe kan wees wat binne die regstelsel hanteer moet word. Dit is noodsaaklik dat die agente wat aanmeldings binne die KBS hanteer, hiervan sal kennis dra en dit behoort in ’n IAAP opgeneem te word.

Seksuele misdryfsake waarby kinders betrokke kan wees, word in artikel 15-22 van die Criminal Law (Sexual Offences and Related Matters) Amendment Act 32 of 2007 (2007:24-32), (hierna, CLAA) soos volg geïdentifiseer:

87

 artikel 15: Acts of consensual sexual penetration with certain children

(statutory rape).

 artikel 16: Acts of consensual sexual violation with certain children

(statutory sexual assault)

 artikel 17: Sexual exploitation of children  artikel 18: Sexual grooming

 artikel 19: Exposure or display of or causing exposure or display of

child pornography or pornography to children

 artikel 20: Using children for or benefiting from child pornography  artikel 21: Compelling or causing children to witness sexual offences,

sexual acts or self-masturbation

 artikel 22: Exposure or display of or causing exposure or display of

genital organs, anus or female breasts to children (“flashing”)

8.3 Alle sake wat binne die kinderbeskermingstelsel aangemeld is, moet hanteer word

In die ontwikkeling van ’n IAAP sal duidelik aangetoon moet word dat alle sake wat by agente aangemeld word, hanteer behoort te word. Die PB moet byvoorbeeld besef dat indien hy tot die gevolgtrekking kom dat daar nie ’n kriminele oortreding begaan is nie, dit nie beteken dat die saak nie hanteer moet word nie, aangesien die kind dalk sorg en beskerming nodig mag hê en daarom ingevolge artikel 110(4)(b) van die CA (2005:61) na die agente wat daarmee werk, verwys moet word. Ook in gevalle waar daar ’n kriminele oortreding begaan is, mag die kind sorg en beskerming nodig hê en daarom moet alle kindersake wat by ’n PB aangemeld is, ingevolge artikel 110(4)(b) van die CA (2005:61), binne 24 uur na ontvangs by die DMO of AKBO aangemeld word. In die ontwikkeling van ’n IAAP sal by PB’s vasgestel moet word of hulle hiervan bewus is, aangesien dit die navorser se belewing in die praktyk is dat sommige PB’s nie alle kindersake wat by hulle aangemeld is ingevolge artikel 110(4)(b) van die CA (2005:61), by die DMO of AKBO aanmeld nie. Dit wil voorkom asof sommige PB’s slegs vanuit die bepalings van die CLAA opereer en nie die bepalings van die CA in ag neem nie.

Die belewing in die praktyk is dat sommige agente slegs bereid is om ’n saak teen ’n beweerde oortreder te open as daar bewyse is dat ’n misdryf plaasgevind het. Volgens die NPF of CANE (2004:20-32), word ’n saak in sommige gevalle toegemaak as die mediese ondersoek nie enige fisiese tekens van mishandeling aandui nie. Die navorser se belewing is egter dat nie alle seksuele misdrywe met fisiese tekens

88

gepaard gaan nie. Gevolglik kry sake soos byvoorbeeld aanvoring (“grooming”), wat ingevolge artikel 18 van die CLAA (2007:28-30) ’n misdryf is, nie die aandag wat hulle verdien nie en moet die kind terugkeer na die omstandighede waarin die misdryf voorkom. In die lig hiervan is dit belangrik dat die agente by wie aanmeldings binne die KBS gemaak kan word, kennis sal dra van die seksuele misdryfsake waarby kinders betrokke kan wees. In die ontwikkeling van ’n IAAP kan oorweging daaraan geskenk word om die CLAA se lys van seksuele misdryfsake waarby kinders betrokke kan wees, in die IAAP op te neem.

8.4 Begrippe moet duidelik omskryf word

Die CA (2005:12-21) omskryf die terme “abuse”, “neglect” en “sexual abuse” wat in artikel 110(1) van die CA genoem word, asook sekere van die terme wat in artikel 150(1)(a)-(i) van die CA (2005:78) genoem word, byvoorbeeld “abandoned”, “child labour”, “commercial sexual exploitation”, “exploitation”, “orphan” en “street child”. Die volledige omskrywing van hierdie terme (Bylae H) soos dit in die CA voorkom, behoort as bylae by die IAAP aangeheg te word, sodat die agente wat aanmeldings binne die KBS hanteer, kennis van die omskrywings kan dra. Die CLAA (2007:12-16) omskryf nie seksuele mishandeling nie, maar omskryf “child pornography”, “sexual act”, “sexual penetration” en “sexual violation” (Bylae M).

Weens die feit dat sommige kindersake wat binne die KBS aangemeld word ook misdrywe kan wees, wat binne die regstelsel hanteer moet word, is daar twee wette waarmee rekening gehou moet word, naamlik die CA en die CLAA. Aangesien die fokus van hierdie twee wette van mekaar verskil, mag daar verwarring tussen terme ontstaan. Dit is belangrik dat die agente wat aanmeldings hanteer van sodanige terme sal kennis neem, sodat die agente dieselfde terme sal gebruik en weet wat met elke term bedoel word. September (2006:69) het reeds in 2006 aangedui dat die terme “mishandeling”, “verwaarlosing” en “eksploitasie” nie duidelik in bestaande beleid omskryf en gebruik word nie. In die Draft Intersectoral Protocols on the

Management of Child Abuse, Neglect and Exploitation in South Africa (DMO, 2002:6)

word gemeld dat alle rolspelers daarby sal moet hou om dieselfde terme en definisies te gebruik as hulle na mishandeling van kinders verwys en dat hulle op gereelde basis hulself sal vergewis van veranderings wat plaasvind as daar na die aard van mishandeling verwys word.

89

9. PERSONE BETROKKE BY AANMELDING BINNE DIE