• No results found

opleiding in CAD-tekeninge gemaak tot die opleiding van IGO-onderwysstudente by die SUT? (sien 1.3). In die verlede en tans word daar in party skole nog gebruik gemaak van handgeskrewe tekeninge. Tekentoerusting is goedkoper om aan te koop en om in stand te hou as rekenaars. Handgeskrewe tekeninge word deesdae egter al meer vervang met tekeninge wat met die rekenaar, toetsbord en muis gedoen word. Die volgende redes kan voorgehou word hoekom dit beter is om met CAD-tekeninge te werk as met handgeskrewe tekeninge.

CAD kan maklik gedupliseer en verander word. 'n Lyn word verkry deur op 'n spesifieke punt te begin, en die muis te sleep tot by 'n volgende koördinaat of aantrekkingspunt. Lyne of voorwerpe kan verleng, verkort, gesny, geskuif, gekopieer of gebuig word (Duggal, 2000, pp.3-2 - 3-3). Ervare tekenaars kom gou agter dat daar moeiliker en makliker maniere is om sekere funksies te gebruik. Hierdie kennis verhoog die tekenspoed. CAD-programme is meer buigsaam en die digitale formaat maak datahantering makliker, veiliger en vinniger. Die 3D tekeninge maksimaliseer die produk en vinniger resultate word verkry omdat ortografiese en isometriese aansigte outomaties gegenereer word. Daarmee saam kan CAD-tekeninge ontwikkel word tot in die kleinste besonderhede (Talley Group, 2012).

CAD-programme bestaan uit meetkundige figure wat die tekenaar help om vinniger en meer akkuraat te teken. CAD word altyd op 'n skaal van 1:1 geteken, wat outomaties deur die rekenaar tot enige skaal vergroot of verklein word. Tekeninge kan maklik op die skerm vergroot en verklein word om in te fokus op 'n enkele aspek van die tekening of om 'n geheelbeeld van die getekende voorwerp te verkry. Dit is ook

31

moontlik om verskillende dele van die tekening op verskillende skale uit te druk om sekere detail te beklemtoon. In CAD word daar in lae (layers) gewerk hierdie lae het die voordeel dat een laag verander kan word sonder om die res van die tekening te beïnvloed. So kan die elektroniese beplanning op ’n laag gedoen word sonder om die res van die beplanning te beïnvloed. Hierdie verskillende lae kan aan en af geskakel word op dieselfde tekening. Letterlik honderde lae kan op mekaar geplaas word sonder om mekaar te beïnvloed. CAD-tekeninge het 'n belangrike verandering in die tekenindustrie gebring waarsonder die tekenindustrie nie kan klaarkom nie. Omdat handgeskrewe tekeninge nie meer aan al die aspekte van tekenbeginsels voldoen nie, is dit belangrik dat onderwysstelsels vroegtydig sal oorskakel na CAD-tekeninge om in pas te bly met die huidige tekentegnologie (Duggal, 2000, pp.3-6). CAD-programme pas maklik aan by die nuutste tegnologie en beroepsvaardighede en daarom moet ingewikkelde berekenings- en konstruksievaardighede deur die tekenaars aangeleer en gememoriseer word. Hierdie berekeninge en konstruksiemetodes word outomaties in CAD deur die rekenaar gegenereer (Talley Group, 2012). Dit is ook makliker om deur middel van CAD met verskillende rolspelers soos gebruikers, argitekte, ingenieurs en beplanners te kommunikeer. Verskillende tekenaars kan nou tegelykertyd aan dieselfde ontwerp werk sonder om in dieselfde kantoor te sit. Veranderings kan onmiddellik aangebring word en alle rolspelers kan onmiddellik goedkeuring gee of veranderings voorstel. Groepwerk kan maklik bewerkstellig word en verskillende kundiges kan nou van oor die hele aardbol ingetrek word om die beste produk te bewerkstellig. SolidWorks het reeds so ‘n interaktiewe webblad waar verskillende ontwerpers (ook leke) insette kan lewer om aan ontwerpe te werk, te verander en te verbeter. Hierdie interaktiewe internetreeks verleen aan ontwerpers regoor die wêreld die geleentheid om saam te werk om oplossings vir ontwerpprobleme te vind (Lets go Design presented by SolidWorks, 2013). Tekeninge kan op verskillende plekke bewaar word, maar ook maklik na bykans enige plek in die wêreld versend word. Uitdrukke van CAD kan onmiddellik gedoen word en, indien nodig. in 'n harde kopié bewaar word.

Standaardtekeninge kan nou onmiddellik beskikbaar wees, hetsy op die internet of op 'n spesiale stoorruimte. Toegang kan aan alle persone verleen word of slegs aan enkeles. Daar kan ook slegs aan sekere persone die reg gegee word om veranderings te maak. Die nodige aanpassings kan aan tekeninge gemaak word

32

sonder dat dit nodig is om met ’n nuwe ontwerp te begin. Animasie kan van die bewegende dele gemaak word om sodoende te help om die doeltreffendheid van die ontwerp te verbeter. Die tekeninge kan onmiddellik na verskillende rolspelers gestuur word vir goedkeuring of verbetering aan die produk (Talley Group, 2012). Die rekenaar kan help met die organisering en bestuur van tekeninge. 'n Hele aantal tekeninge kan nou op een hardeskyf gestoor word. Tekenaars maak gebruik van die nuutste tegnologie soos ipads, skootrekenaars, drukkers, 3D-drukkers (printers) en selfone om tekeninge beskikbaar te stel.

Om ’n meester in jou vakgebied te word, verg dissipline en tyd. Dieselfde geld vir CAD-tekenaars. ’n Suksesvolle tekenaar bestee oor ure aan toegewyde, harde werk agter die rekenaar. ’n CAD-tekenaar moet nie net kennis dra van die tekenprogram nie, maar ook die verskillende kombinasies van oplossing wat toegepas kan word om by ’n oplossing te kom. Dit is ook nodig vir ’n CAD-tekenaar om oor die nodige vakkennis te beskik om te kan teken. Dit is belangrik om altyd in gedagte te hou dat CAD slegs die gereedskap is waarmee geteken word, daarom het elke CAD-tekenaar ook die nodige kennis en vaardigheid nodig. Om ‘n goeie tekenaar te wees, is dus kennis nodig oor wat jy teken, byvoorbeeld as dit siviele tekeninge is, het jy kennis nodig van siviele werk, maar die tekenaar moet ook kennis hê van die tekengereedskap, in dié geval CAD (Glascow, 2000 - 2011). CAD bied in skole blootstelling aan leerders om moontlik hul belangstelling te prikkel om die nodige agtergrondkennis van CAD te verkry om ’n beroep daarvan te maak.

2.6 DIE DEPARTEMENT VIR BASIESE ONDERWYS (DBO) SE VOORSKRIFTE