• No results found

Resultate en bespreking van resultate

4.1 Beskrywende statistiek vir substansgebruik onder Vrystaatse adolessente

4.1.2 Risikofaktore vir substansmisbruik

Daar bestaan verskeie individuele en sosiale faktore wat as ‘n risiko vir substansmisbruik gedurende adolessensie beskou word. Volgens Grant et al. (2006) en Hingson et al. (2006) is een van hierdie risikofaktore die ouderdom waartydens substanse vir die eerste keer gebruik word.

Tabel 7

Ouderdom van eerste en gereelde substansgebruik

Ouderdom N Minimum Maksimum Mediaan Gemiddelde

Standaard- afwyking

Eerste 171 1 15 12 11.32 2.35

Gereelde 72 2 15 13 12.54 2.41

Volgens Tabel 7 is daar ‘n redelike skewe distribusie volgens ouderdom van eerste sowel as gereelde gebruik aangesien die mediaan groter as die gemiddelde is. Hierdie bevinding is te wyte aan die enkele uitskieters aan die onderkant van die distribusie wat die gemiddelde afbring. Die bevinding moet egter met versigtigheid geïnterpreteer word aangesien die respondente die vraag moontlik verkeerd verstaan het (vandaar die uitskieters van 1 en 2 jaar). Daar moet dus eerder op die mediaan-waardes gelet word wat minder deur die uitskieters beïnvloed word. Uit Tabel 7 word daar verder afgelei dat 171 adolessente (34.55% van die totale groep) ‘n ouderdom van eerste gebruik getoon het, en 72 adolessente

79

(14.55% van die totale groep) ‘n ouderdom van gereelde gebruik aangedui het. Die mediaan ouderdom waartydens substanse vir die eerste keer gebruik is, is dus bereken teen 12 jaar, en die mediaan ouderdom van gereelde gebruik teen 13 jaar. Hierdie vroeë ouderdom van eerste en gereelde gebruik is kommerwekkend nie net omdat vroeë aanvang van substansgebruik as ‘n risikofaktor vir latere substansgebruik beskou word nie, maar ook omdat dit tot die aanvang van substansgebruikversteurings kan lei (Dennis et al., 2002; Grant et al., 2006; Hingson et al., 2006; Mason et al., 2011; Oxford et al., 2000; Steuve & O’Donnell, 2005). Daarom beweer Robertson et al. (2003) en Steuve en O’Donnell (2005) dat intervensies nie tot adolessensie uitgestel moet word nie aangesien substansverwante houdings en gedrag moontlik reeds teen hierdie ouderdom gevestig is en dus moeilik gewysig kan word.

‘n Verdere individuele risikofaktor wat tot substansgebruikversteurings kan lei, is onverantwoordelike en oormatige substansgebruik. Chassin et al. (2002) en Haller et al.

(2010) dui byvoorbeeld daarop dat vergrypingsdrankgebruik uiteindelik tot

alkoholafhanklikheid in die volwasse jare kan lei.

Tabel 8

Oormatige alkoholgebruik

Het al te veel alkohol gedrink Frekwensie Persentasie

Kumulatiewe frekwensie Kumulatiewe persentasie Vals 369 75.61 369 75.61 Waar 119 24.39 488 100.00 N=488

Tabel 8 toon dat ongeveer ‘n kwart van die leerders (24.39%) erken dat hulle al voorheen te veel alkohol ingeneem het, wat ooreenstem met die Suid-Afrikaanse studie van Madu en Matla (2003). ‘n Moontlike verduideliking vir hierdie voorkoms is die invloed van die kulturele konteks waarin adolessente hulleself bevind. Onder andere word daar ‘n toename van gevaarlike drinkpatrone in Suid-Afrika waargeneem, wat aan die sosiale aanvaarbaarheid van oormatige alkoholgebruik toegeskryf kan word (Peltzer, Davids, & Njuho, 2011; Pithey & Morojele, 2002). Hierdie gedrag word boonop met verskeie nadelige gevolge op breinontwikkeling, akademiese prestasie, seksuele gedrag en alkoholmisbruikversteurings

80

geassosieer (Brown et al., 2000; Chassin et al., 2002; Clark et al., 2008; Haller et al., 2010; Jeynes, 2002; Peltzer & Ramlagan, 2009).

Alhoewel die voorafgaande individuele faktore ‘n beduidende rol in die ontwikkeling van substansverwante versteurings speel, word die gedrag van betekenisvolle ander ook as kritiek beskou. Substansmisbruik deur ouers is byvoorbeeld ‘n belangrike element in die adolessent se mikrosisteem.

Tabel 9

Substansmisbruik deur ouer(s)

Ouer(s) was/is ‘n strawwe

drinker of dwelmgebruiker Frekwensie Persentasie

Kumulatiewe frekwensie Kumulatiewe persentasie Vals 388 79.67 388 79.67 Waar 99 20.33 487 100.00 N=487

Volgens Tabel 9 het omtrent een uit vyf adolessente (20.33%) erken dat een of albei van hulle ouers ‘n swaar drinker of dwelmgebruiker was/is. Hierdie hoë voorkoms is kommerwekkend juis omdat adolessensie as ‘n kritieke ontwikkelingstydperk beskou word (Cicchetti & Rogosch, 2002), en die leerders van die huidige studie nou eers adolessensie betree. Met ander woorde, die blootstelling aan ouerlike substansgebruikversteurings gedurende hierdie ontwikkelingstydperk het ‘n aansienlike invloed op die adolessent se eie gedrag ten opsigte van toekomstige substansgebruik en -misbruik (Biederman et al., 2000). Hierdie siening word ondersteun deur die studie van Klipatrick et al. (2000) waar die risiko vir substansmisbruik en -afhanklikheid verdubbel met die blootstelling aan ouerlike substansmisbruik. ‘n Moontlike verklaring vir hierdie verband is dat ouers, volgens die sosialeleerteorie, substansmisbruikgedrag modelleer wat deur die adolessent nageboots kan word (Bektas et al., 2010; Kandel & Andrews, 1987). Verder kan adolessente meer geneig wees om alkohol te gebruik omdat ouers se gedrag nie duidelike verwagtinge teen substansgebruik weerspieël nie – oormatige alkoholgebruik dui in hierdie geval eerder op ‘n toegeeflike as ‘n afkerende houding teenoor substansmisbruik (Bahr et al., 2005; Hawkins et al., 1992).

81

Substansmisbruik deur gesinslede kan ook tot die ontwrigting van die mikrosisteem bydra. Templeton et al. (2009) beklemtoon byvoorbeeld dat spanning en disorganisasie kenmerkend is van ‘n huisomgewing waar substanse misbruik word.

Tabel 10

Emosionele reaksie op die substansmisbruik van gesinslede

Voel dikwels sleg of bang as gevolg van die alkohol- of

dwelmgebruik van gesinslede Frekwensie Persentasie

Kumulatiewe frekwensie Kumulatiewe persentasie Vals 285 58.88 285 58.55 Waar 199 41.12 484 100.00 N=494

Tabel 10 dui daarop dat amper twee uit vyf (41.12%) van die leerders gereeld sleg of bang voel weens die substansgebruik van ‘n gesinslid. Dus is daar ‘n hoë voorkoms van ‘n negatiewe ervaring deur adolessente wanneer hulle in hulle mikrosisteem aan substansmisbruik blootgestel word. Volgens Templeton et al. (2009) sal adolessente sleg en bang voel oor hierdie gedrag omdat hulle onseker is oor hoe om die situasie te hanteer. Die gedrag van die gesinslede kan ook daartoe bydra dat die adolessent in die verleentheid gestel word en verneder voel. Hierdie emosionele gevolge kan ook tot sielkundige versteurings soos depressie lei (Peiponen, Laukkanen, Korhonen, Hintikka, & Lehtonen, 2006), wat op sigself met substansmisbruik verbind word (Armstrong & Costello, 2002).

Die voorafgaande gedeelte ondersteun die voorkoms van risikofaktore vir substansmisbruik onder Vrystaatse adolessente. Vanweë die wederkerige wisselwerking tussen risikofaktore en gevolge van substansmisbruik word ‘n belangrike gevolg uitgelig, naamlik die daling in skoolprestasie, wat volgende bespreek word.