• No results found

HOOFSTUK 4: RESULTATE EN INTERPRETASIE 104 

4.3  Resultate 105 

Onafhanklike t-toetse is gebruik om aan te toon of die uitslae statisties beduidend is. Tabel 4.1 dui die voor- en natoetsgemiddelde, voor- en natoets se standaardafwykings, t-waarde en p-waardes wanneer die resultate van al die afdelings van die TAG 2008, Januarie met Junie vergelyk word. Tabel 4.2 en 4.3 toon dieselfde resultate, maar vir die jare 2009 en 2010 onderskeidelik. ’n Bespreking van die resultate volg na elke tabel.

106

Tabel 4.1 Statistiese resultate van TAG 200819

Veranderlike Voortoets gemiddeld Voortoets standaard- afwyking Natoets gemiddeld Natoets standaard- afwyking t p

Totaal vir vraestel (uit 100) 42,71 8,24 49,31 10,74 5,61 <0,001 Slegs konjunksiemerkers (uit 10) 3,79 1,51 4,60 1,93 3,61 <0,001

’n Onafhanklike t-toets is gebruik om die effektiwiteit van die huidige intervensie te bepaal vir die TAG 2008 wanneer studente se prestasie in die vraestel vergelyk word t (118) = 5,61 p < 0,001, waar die intervensie geassosieer is met verbeterde prestasie as die voortoets met die natoets vergelyk word (voortoets M = 42,71; natoets M = 49,31).

’n Onafhanklike t-toets is gebruik om die effektiwiteit van die huidige intervensie te bepaal vir die TAG 2008 wanneer studente se prestasie in die vrae wat konjunksiemerkers betrek, vergelyk word t (118) = 3,61 p < 0,001, waar die intervensie geassosieer is met verbeterde prestasie as die voortoets met die natoets vergelyk word (voortoets M = 3,79; natoets M = 4,60).

Tabel 4.2 Statistiese resultate van TAG 2009

Veranderlike Voortoets gemiddeld Voortoets standaard- afwyking Natoets gemiddeld Natoets standaard- afwyking t p

Totaal vir vraestel (uit 100) 43,45 8,98 51,70 10,54 6,39 <0,001 Slegs konjunksiemerkers (uit 14) 5,63 2,11 6,44 2,26 3,17 0,002

’n Onafhanklike t-toets is gebruik om die effektiwiteit van die huidige intervensie te bepaal vir die TAG 2009 wanneer studente se prestasie in die vraestel vergelyk word t (114) = 6,39 p <

107

0,001, waar die intervensie geassosieer is met verbeterde prestasie as die voortoets met die natoets vergelyk word (voortoets M = 43,45; natoets M = 51,70).

’n Onafhanklike t-toets is gebruik om die effektiwiteit van die huidige intervensie te bepaal vir die TAG 2009 wanneer studente se prestasie in die vrae wat konjunksiemerkers betrek, vergelyk word t (114) = 3.17 p < 0,001, waar die intervensie geassosieer is met verbeterde prestasie as die voortoets met die natoets vergelyk word (voortoets M = 5,63; natoets M = 6,44).

Tabel 4.3 Statistiese resultate van TAG 201020

Veranderlike Voortoets gemiddeld Voortoets standaard- afwyking Natoets gemiddeld Natoets standaard- afwyking t p

Totaal vir vraestel (uit 100) 46,51 12,28 60,45 14,14 9,12 <0,001 Slegs konjunksiemerkers (uit 14) 5,45 2,47 7,67 2,85 7,24 <0,001

’n Onafhanklike t-toets is gebruik om die effektiwiteit van die huidige intervensie te bepaal vir die TAG 2010 wanneer studente se prestasie in die vraestel vergelyk word t (149) = 9,12 p < 0,001, waar die intervensie geassosieer is met verbeterde prestasie as die voortoets met die natoets vergelyk word (voortoets M = 46,51; natoets M = 60,45).

’n Onafhanklike t-toets is gebruik om die effektiwiteit van die huidige intervensie te bepaal vir die TAG 2010 wanneer studente se prestasie in die vrae wat konjunksiemerkers betrek, vergelyk word t (149) = 7,24 p < 0,001, waar die intervensie geassosieer is met verbeterde prestasie as die voortoets met die natoets vergelyk word (voortoets M = 5,45; natoets M = 7,67).

Tabel 4.4 en 4.5 toon op ’n samevattende wyse die resultate van die huidige studie. Die kursus in 2008, die kursus en 5 weke se intervensie (2009), en die kursus met 9 weke se

20 Die volledige TAG-toets is nie in 2010 herhaal nie, slegs ‘n gedeelte van 63 uit die oorspronklike

100 punte. In die voortoets en natoets is die punt uit 63 vir die vrae wat herhaal het, geneem en verwerk tot ’n punt uit 100, om die data vergelykbaar te hou met die vorige jare. Dit is gedoen deur die punt uit 63 te vermenigvuldig met 0,63, wat dan ’n punt uit 100 gee.

108

intervensie (2010) het elkeen onderskeidelik ’n verbetering veroorsaak. In die kolom langs die effekgroottes word telkens die belangrikheid van die grootte weergegee na aanleiding van Cohen se effekgrootte konvensies (Aron & Aron, 1997:137) vir verskil in gemiddeldes. Aron en Aron (1997:137) toon aan dat Cohen se effekgrootte konvensies aan ’n navorser toon watter effekgroottes as klein, medium of groot beskou kan word. Hulle dui die verbale beskrywings aan soos dit deur Cohen uiteengesit is: ’n effekgrootte van .2 is “klein”, ’n effekgrootte van .5 is “medium” en ’n effekgrootte van .8 is “groot”. Die inligting in hierdie kolom weerspieël dat die studente die beste gevaar het tydens die eksperiment wanneer die TAG in geheel se uitslae beskou word.

Tabel 4.4 Beskrywende verbetering van TAG in geheel21

Jaar Standaardafwyking Aantal studente Effekgrootte Cohen se

beskrywing

2008 15,03 119 0,61 medium

2009 10,54 115 0,78 medium/groot

2010 14,14 150 0,98 groot

Tabel 4.5 Beskrywende verbetering van vrae wat konjunksiemerkers betrek22

Jaar Standaardafwyking Aantal studente Effekgrootte Cohen se

beskrywing

2008 2,7 119 0,42 klein

2009 2,26 115 0,35 klein

2010 2,85 150 0,77 medium

Die metode wat gevolg is vir die data wat in Tabelle 4.4-4.5 verskyn, is as volg: die onafhanklike t-toets is gebruik vir vergelykings in dieselfde jaar. Hierdie metode kan aandui of daar ’n verbetering is wanneer:

 slegs die kursus AFNL116 as intervensie gebruik word;

 die kursus AFNL116 en 5 weke se sluitingsprosedure-oefeninge as intervensie gebruik word; en

 die kursus AGLA111 en 9 weke se sluitingsprosedure-oefeninge as intervensie gebruik word.

21

Die 2008 TAG is aangepas met ’n faktor van 1,4.

109

Om die sukses van die huidige intervensie te meet, moet ook die Junie-uitslae telkens met mekaar vergelyk word, want daar moet bepaal word of die eksperiment beter resultate lewer wanneer dit met die loodsondersoek en kontrolegroep onderskeidelik vergelyk word. Hierdie vergelykings is met behulp van die onafhanklike t-toets gedoen. Die resultate hiervan word in Tabel 4.6-4.7 weergegee.

Tabel 4.6 Onafhanklike t-toetse van TAG in geheel23

2009 2010

2008 0,02 (p=0,98) 3,49 (p<0,001)

2009 3,48 (p<0,001)

’n Onafhanklike t-toets is gebruik om die effektiwiteit van die huidige intervensie te bepaal vir die vraestel in geheel wanneer die eksperimentuitslae vergelyk word met die loodsondersoek- en kontrolegroep. Die t-waardes 3,49 en 3,48 dui daarop dat die verskil in verbetering statisties beduidend is.24

Tabel 4.7 Onafhanklike t-toetse van vrae wat konjunksiemerkers betrek25

2009 2010

2008 0,44 (p=0,66) 3,27 (p=0,001)

2009 3,59 (p<0,001)

’n Onafhanklike t-toets is gebruik om die effektiwiteit van die huidige intervensie te bepaal vir die vrae wat konjunksiemerkers betrek wanneer die eksperimentuitslae vergelyk word met die loodsondersoek- en kontrolegroep. Die t-waardes 3,27 en 3,59 dui daarop dat die verskil in verbetering statisties beduidend is.26

Tabelle 4.6 en 4.7 reflekteer die resultate wanneer die Junie-uitslae van 2010 met 2009 vergelyk word. Hierdie onafhanklike t-toetse toon dat die intervensie die meeste verbetering veroorsaak het. Vir die toets in geheel het die t-waarde 3,49 en 3,48 ’n p-waarde van minder

23

Die p-waarde verskyn tussen hakies.

24

Die waardes wat hier vertoon word, kan nie as onomstootlike bewys beskou word nie aangesien die 2008-2010 TAG nie telkens presies dieselfde toets was nie.

25

Die p-waarde verskyn tussen hakies.

26

Die waardes wat hier vertoon word, kan nie as onomstootlike bewys beskou word nie aangesien die 2008-2010 TAG nie telkens presies dieselfde toets was nie.

110

as 0,001. Vir die vrae wat konjunksiemerkers betrek, is die t-waarde 3,27 (p=0,001) wanneer 2010 met 2008 vergelyk word, en vir 2010 met 2009 is dit 3,59 (p,0,001). ’n P-waarde van 0.05 of minder word gewoonlik beskou as ’n beduidende verskil en dus kan die uitslae van hierdie intervensie as beduidend gesien word.