• No results found

6 1 Inleiding

Weens ontwikkeling in korporatiewe bestuur in Suid-Afrika en Brittanje, het die pligte en verantwoordelikhede van nie-uitvoerende direkteure aansienlik toegeneem. Soos reeds in hoofstukke 2, 3 en 4 vermeld, speel die begrip onafhanklikheid ‘n deurslaggewende rol in die effektiewe beoefening van hierdie direkteure se pligte. Hierbenewens maak verskeie skrywers en korporatiewe kodes melding van die eksklusiewe poel waaruit nie-uitvoerende direkteure verkies word en die gevaar wat dit vir die uitoefening van hulle pligte, en veral die vereiste van onafhanklikheid, inhou.571 Die onderliggende aanname is dat nie-uitvoerende direkteure nie genoegsaam onafhanklik kan wees en hulle pligte effektief kan uitoefen indien hulle op ‘n hoë aantal direksies dien nie.572

Verskeie skrywers belig die moontlikheid dat meerdere direkteurskappe sekere voordele vir ‘n nie-uitvoerende direkteur kan inhou. Fich maak melding van die voordele verbonde aan ‘n persoon wat op verskeie direksies dien: “There is growing literature that shows that serving on multiple boards can be a source of both valuable experience and reputational benefits for outside directors”.573

Fama en Jeansen wys ook daarop dat “reputational effects can be important incentives for outside directors”.574

‘n Ondersoek deur Fich bewys egter die teendeel naamlik dat:

“[F]irms in which a majority of outside directors hold three or more board seats, have significantly lower market-to book ratios than firms in which a

571

Sien par 1.5 14; par 4.2.4 79-80; par 5.2.4 120-123. 572

Sien par 1.5 14-15. 573

Fich & Shivdasani “ Are Busy Boards Effective Monitors?” 2006 The Journal of Finance 689 690. 574

majority of outside directors hold fewer than three board seats; the magnitude of this effect is economically meaningful”.575

En:

“As the number of outside directors sitting on multiple boards increases, boards are inclined to become distracted and monitoring intensity is likely to suffer”.576

Dit is dus noodsaaklik dat die poel waaruit nie-uitvoerende direkteure verkies word vergroot word. Soos in hoofstuk 5 opgemerk, word diversiteit, met verwysing na ras en geslag, as ‘n moontlike oplossing vir die vergroting van die eksklusiewe poel voorgehou.

Om vas te stel of die poel waaruit nie-uitvoerende direkteure gekies word wél so eksklusief is en of daar herhaaldelik op die ‘usual suspects’ gesteun word om vakatures te vul, word die direksies van al die maatskappye op die JSE ondersoek. Hierbenewens word die demografiese profiel van die top 40 maatskappye in die Suid-Afrikaanse konteks ondersoek om vas te stel in watter mate SEB eksklusief diversiteit kan bevorder en of geslag nie ook as diversifiseringsmeganisme ‘n invloed op die eksklusiwiteit van die poel het nie.

6 2 Agtergrond

Volgens Empowerdex het 25 direkteure in 1980 elk op meer as twaalf direksies gedien, nege op elf direksies, twee op tien, ag op nege en ses op ag direksies. Alhoewel 68 direkteure op meer as sewe direksies gedien het, het hierdie getal in 2004 na slegs ag direkteure verminder.577 In 2004 was David Nurek die besigste direkteur met twaalf poste, met Les Boyd en Alan Levin kort op sy hakke met ag poste elk. In totaal toon die syfers dat 275 direkteure in 1980 meer as een posisie beklee het, en 276 in 2004.578 Hierdie syfers stem ooreen met die standpunt van die Investor Responsible Research Center in die VSA dat

575

Fich & Shivdasani 2006 The Journal of Finance 691. 576

Fich & Shivdasani 2006 The Journal of Finance 691. 577

Jack et al “Pioneers, Powers and Pundits” 1 www.empowerdex.co.za. 578

Who Owns Whom Who owns whom in South Africa: South Africa’s comprehensive business

encyclopaedia of information on listed and unlisted companies Mcgregor “25 years on: then and now –

“the demand for diversity seems to lead to the recruitment of the same individuals for multiple board seats. Corporate America, rather than seeking out a diversity of voices within black America, keeps calling on the same names”.579

Met inagneming daarvan dat die aantal nie-uitvoerende direkteure sedert 1980 toegeneem het, blyk hierdie syfers ‘n afname te toon in die aantal direkteure wat meer as sewe poste beklee. Hierdie vermindering word deur Empowerdex toegeskryf aan die impak wat King II op die aanspreeklikheid en pligte van direkteure het. Terwyl Mcgregor die behoefte aan ‘n wyer groep nie-uitvoerende direkteure beklemtoon ten einde hulle rol effektief te beoefen, lig sy ook hierdie probleem uit soos dit in Suid-Afrika voorkom:

“It is probably time that headhunters establish a pool of competent and experienced persons with strong enough personalities to counter any moves by executive directors which conflict with King recommendations – or at least blow the whistle on such actions”.580

‘n Ondersoek na die demografiese profiel van direksies toon dat slegs 3% swart persone in 1990 bestuursposisies op JSE genoteerde maatskappye beklee het. Nieteenstaande daarvan dat die JSE 90% van Afrika se kapitaal verteenwoordig het, het wit beleggers die meeste Suid-Afrikaanse maatskappye besit en wit bestuurders die maatskappye beheer.581

In 1992 het ‘n gemiddeld van 1173 direkteure op die direksies van die top 100 maatskappye gedien, waarvan minder as 1.2% (dus vyftien) swart was. Teen 1995 was vyftien direksies op die JSE hoofsaaklik swart, op 166 direksies het swart direkteure wel gedien, en op 143 was daar nie een swart direkteur nie. In totaal was daar op die JSE 438 swart direkteurskappe, waarvan 348 nie-uitvoerende was. Hiervan het baie op verskeie direksies gedien.582 Hoewel die aantal direkteurskappe wat deur swart Suid-Afrikaners gevul is toegeneem het, was slegs 88 direkteure swart vroue, waarvan 80 nie-uitvoerend was583 en het swart persone steeds minder as 1%

579

Ackman “Black diversity without diversity” (2002-08-02)

www.forbes.com.home/2002/08/0808blackdirectors.html (toegang 2006-05-19). 580

Who Owns Whom Who owns whom in South Africa Mcgregor “Company Control” 79. 581

Who Owns Whom Who owns whom in South Africa Mcgregor “Company Control” 79. 582

Theobald & Mahabane “Top Empowerment Companies” Financial Mail. 583

van die totale markwaarde van die JSE besit.584 Hoewel dit moeilik is om hierdie syfers met mekaar te vergelyk, het die situasie teen 1997 tog ietwat verbeter deurdat die getal swart direkteure na net minder as 100 opgeskuif het 585 en die ratio van swart teenoor wit vanaf 1:14 na 1:3 verbeter het. Teen 1999 het swart persone ook oor 5.5% van die kapitaalbates op die JSE beheer gehad – dus het dit vanaf 1995 vervyfvoudig.586

Alhoewel Empowerdex aantoon587 dat daar teen 2003 307 swart persone was wat 432 posisies op 187 Suid-Afrikaans gebaseerde direksies van JSE-genoteerde maatskappye beklee het,588 meen hulle dat SEB nie in die korporatiewe konteks bevorder is nie. Omdat 376 van die 432 poste nie-uitvoerende van aard was, argumenteer Empowerdex dat swart persone as nie-uitvoerende direkteure aangestel word om werklike transformasie in die bestuur van maatskappye te ontduik. Dus skat Empowerdex die nie-uitvoerende direkteure se bydrae tot effektiewe korporatiewe bestuur geringer as dié van uitvoerende direkteure.589 Desnieteenstaande is hierdie getal ‘n onomstootlike bewys van die mate van vooruitgang met diversiteit.590

Tabel 6.1: Samestelling van swart direkteure teen Februarie 2004591

Posisie Aantal

direkteurskappe

Persentasie

Uitvoerende voorsitter en ondervoorsitter 4 0.93%

Hoof uitvoerende beampte 11 2.55%

Ander uitvoerendes 41 9.49%

Totaal uitvoerende posisies 56 12.96%

Nie-uitvoerende voorsitter en onder-voorsitter 44 10.19%

Nie-uitvoerende direkteure 332 76.85%

Totaal nie-uitvoerende posisies 376 87.04%

Totale direkteure 432 100%

584

Jackson et al “The Price of Corporate Social Responsibility” www.frbatlant.org. 585

Jack et al “Pioneers, Powers and Pundits” 1 www.empowerdex.co.za. 586

Jackson et al “The Price of Corporate Social Responsibility” www.frbatlant.org. 587

Sien tabel 6.1 119.. 588

Jack et al “Pioneers, Powers and Pundits” 1 www.empowerdex.co.za. 589

Jack at al “Pioneers, Powers and Pundits” 1 www.empowerdex.co.za. 590

Le Roux stem nie met hierdie interpretasie saam nie, en ondersteun die siening van Empowerdex in “Business still 'too white’” (05/03/2004) http://www.news24.com/News24/AnanziArticle/0,,1518-25_1493881,00.html (toegang 2006-09-06).

591

Soos aangepas vanaf ‘n tabel in Jack et al “Pioneers, Powers and Pundits” 1 www.empowerdex.co.za.

In 2004 is die eerste ondersoek geloods na die aantal poste beklee deur een swart direkteur – dit kan ‘n moontlike aanduiding wees dat die klem verskuif het vanaf die aantal swart direkteure op direksies, na die aantal poste beklee deur verskeie swart direkteure. Ten tye van hierdie ondersoek bevind Empowerdex dat die verdeling van direkteursposte van 307 swart direkteure soos volg daar uitsien: 75% het slegs een pos gehou, net meer as 16% het meer as twee poste beklee en amper 5 % het drie of meer poste beklee. Die vraag ontstaan of hierdie syfers positief reflekteer op diversiteit en of dit nie dalk aanleiding daartoe gee dat dieselfde swart persone nie-uitvoerende direkteursposte beklee nie.

Dit blyk duidelik dat die aantal swart persone, beide mans en vroue, se verteenwoordiging op direksies sedert 1992 aansienlik toegeneem het.592 Alhoewel die grafiek nie die poste beklee spesifiseer nie, is dit nietemin ’n aanduiding dat die aantal swart mans, veral swart vroue, op direksies toegeneem het, en kan daar aangeneem word dat die aantal swart nie-uitvoerende mans en vroue moontlik dieselfde tendens toon.

592

Tabel 6.2: Verteenwoordiging van swart mans en swart vroue op direksies593

VORDERING IN