• No results found

6.2 Beskrywende data: Relatiewe hoeveelhede

6.2.2 Posisionele voorkoms van kohesieskakels: Sinsvlak

ʼn Soortgelyke proses as in die vorige afdeling kan gevolg word wanneer die data vir die posisie van kohesieskakels bespreek word. As gevolg van die hoeveelheid data wat in terme van die posisies van die kohesieskakels beskikbaar is, is die data wat in die volgende paragrawe ter sake is, in grys in die tabel 6-4 gemerk. Let ook op dat die kohesieskakel substitusie uit hierdie datastel weggelaat is. Die algemene voorkoms van substitusie is reeds in afdeling 6.2 bespreek, maar vanweë die lae voorkoms daarvan, is dit nie sinvol om dit verder in die posisionele voorkoms ook te verdeel nie. Die data met die geobserveerde hoeveelhede kan onder Bylaag A bestudeer word. Dieselfde inligting word egter as genormaliseerde data in tabel 6-4 voorgestel en dit is die data wat gebruik gaan word om te probeer bepaal waar daar moontlik afwykings mag wees.

110 Tabel 6-4: Genormaliseerde data ten opsigte van die voorkoms van kohesieskakels op sinsvlak

André le Roux Dana Snyman Totale

korpus

K/Verhale Rubrieke Gemiddeld K/Verhale Rubrieke Gemiddeld Gemiddeld

Ellips 1.76 1.06 1.45 1.55 1.36 1.46 1.45 Posisie 1 0.16 0.12 0.14 0.20 0.12 0.16 0.15 Posisie 2 0.40 0.26 0.34 0.49 0.46 0.47 0.40 Posisie 3 0.75 0.30 0.55 0.44 0.43 0.43 0.49 Posisie 4 0.46 0.37 0.42 0.43 0.35 0.39 0.40 L. Kohesie 10.39 9.12 9.82 10.41 10.87 10.63 10.22 Posisie 1 1.01 0.99 1.00 1.51 1.13 1.33 1.16 Posisie 2 2.66 2.03 2.38 2.62 2.67 2.64 2.51 Posisie 3 2.50 2.32 2.42 2.42 2.62 2.51 2.46 Posisie 4 4.22 3.78 4.02 3.87 4.45 4.15 4.08 V/merkers 5.96 7.12 6.48 7.42 7.40 7.41 6.93 Posisie 1 1.24 2.04 1.60 1.88 1.84 1.86 1.72 Posisie 2 1.54 1.78 1.65 2.34 2.27 2.31 1.97 Posisie 3 2.02 1.74 1.89 1.90 2.07 1.98 1.94 Posisie 4 1.17 1.56 1.34 1.30 1.22 1.26 1.30 Verwysing 10.65 10.94 10.78 8.45 9.93 9.16 9.99 Posisie 1 2.37 2.10 2.25 2.24 2.30 2.27 2.26 Posisie 2 3.23 3.37 3.29 2.14 2.85 2.48 2.90 Posisie 3 2.50 2.66 2.57 1.85 2.06 1.95 2.27 Posisie 4 2.55 2.81 2.67 2.21 2.73 2.46 2.57 Hoeveelheid woorde per korpus 8 977 7 249 16 226 7 991 7 441 15 432 31 658 Persentasie van totale korpus 28% 23% 51% 25% 24% 49% 100%

111 tabel 6-4 wys die genormaliseerde hoeveelheid voorkomste van die onderskeie kohesieskakels in die onderskeie korpusse ten opsigte van die posisie wat hul op sinsvlak voorgekom het. Indien daar na afwykings in die patroon van voorkoms van ʼn spesifieke kohesieskakel in óf ʼn spesifieke skrywer se tekste óf ʼn spesifieke genre in tabel 6-4 gesoek word, blyk dit dat daar ʼn aantal reekse data wat moontlike afwykings toon, is. Data wat moontlik van ʼn norm afwyk en verder bespreek gaan word, is in grys op die tabel gemerk. Vir leksikale kohesie blyk daar in sinsposisie twee en vier afwykings te wees terwyl daar vir die voorkoms van verbandsmerkers in sinsverband in posisie twee ʼn afwyking opgelet kan word. Verder is daar ook vir verwysing ʼn merkbare afwyking in die voorkoms in die tweede sinsposisie. Die aard van hierdie afwykings word vervolgens bespreek.

Indien die voorkoms van leksikale kohesie in sinsverband ontleed word, kan gesien word dat daar ʼn amper identiese voorkoms per 100 woorde is tussen die tekste van beide skrywers, behalwe vir die rubrieke van André le Roux. In Dana Snyman se kortverhale en rubrieke kom leksikale kohesie onderskeidelik 2,62 en 2,67 keer per 100 woorde voor en in André le Roux se kortverhale, 2,66 keer. Hierteenoor is die voorkoms van leksikale kohesie in die tweede sinposisie heelwat laer (2,03 keer per 100 woorde) in André le Roux se rubrieke. Sy kortverhale toon egter ʼn baie soortgelyke voorkoms.

Die voorkoms van leksikale kohesie in die vierde sinsposisie toon nie ʼn duidelike patroon nie; trouens, elke voorkoms blyk onafhanklik van enige veranderlikes te wees. André le Roux se kortverhale wys ʼn hoër voorkoms van leksikale kohesie in die vierde sinsposisie as in sy rubrieke (4,22 per 100 woorde teenoor 3,78 per 100 woorde), terwyl die voorkoms in Dana Snyman se tekste die teenoorgestelde wys. In sy rubrieke kom leksikale kohesie 4,45 keer per 100 woorde voor terwyl dit slegs 3,87 keer per 100 woorde in sy kortverhale voorkom. In terme van verbandsmerkers is daar ʼn merkbaar hoër algemene voorkoms in die tweede sinsposisie van Dana Snyman se tekste. Dit strook met die algeheel hoër voorkoms van dié skakel in sy tekste (tabel 6-2). Die grootste deel van hierdie algehele hoër voorkoms, word deur die voorkoms in die tweede posisie uitgemaak met ʼn gemiddelde voorkoms van 2,31 keer per 100 woorde (in die tweede sinsposisie) in Dana Snyman se tekste teenoor 1,65 keer per 100 woorde in (die tweede sinsposisie van) die tekste van André le Roux. Indien na die voorkomste binne die onderskeie genres gekyk word, is die voorkoms in André le Roux se kortverhale effens laer as in sy rubrieke (1,54 voorkomste per 100 woorde teenoor 1,78 voorkomste per

112 100 woorde) terwyl Dana Snyman se tekste die teenoorgestelde toon. In sy tekste is die voorkoms weer hoër in die kortverhale as in die rubrieke (2,34 keer per 100 woorde teenoor 2,27 per 100 woorde). In beide gevalle is die verskil tussen die voorkoms in die twee genres egter betreklik klein.

Indien daar na die verdeling van die voorkoms van verwysing op sinsvlak gekyk word, kan ʼn mens sien dat André le Roux oor die algemeen meer van verwysing gebruik maak as Dana Snyman (sien tabel 6-2). Die meeste van hierdie hoë voorkomste word in die tweede en derde sinsposisie waargeneem waar die gemiddelde voorkoms in André le Roux se tekste telkens hoër is as vir Dana Snyman se tekste (Posisie 2: 3,29 per 100 woorde teenoor 2,48 per 100 woorde; Posisie 3: 2,57 per 100 woorde teenoor 1,95 per 100 woorde). In beide posisies, en in die tekste van beide skrywers, is die voorkoms in rubrieke hoër as in kortverhale - in die meeste gevalle betreklike min, maar in sinsposisie 2 vir die tekste van Dana Snyman, met ʼn hoër voorkoms (2,85 per 100 woorde teenoor 2,14 per 100 woorde).

In terme van die posisie waarin die onderskeie kohesieskakels op sinsvlak voorkom, is daar dus ʼn aantal afwykings van die algemene patroon. Hoewel die aard van die afwykings telkens verskil, kan dit op hierdie stadium aangedui word as data wat gebruik kan word in verdere statistiese analise om die grootte of beduidendheid van die afwyking te probeer bepaal. Hierdie moontlike afwykings sluit in:

• Leksikale kohesie in sinposisie 2 en 4 • Verbandsmerkers in sinsposisie 2 • Verwysing in sinsposisie 2 en 3

In hierdie stadium kan ook opgelet word dat daar telkens afwykings in die tweede sinsposisie is. Indien daar dus vir aanduiders van uniekheid gesoek word, sou die voorkoms van die kohesieskakels wat in die tweede sinsposisie is, dalk per skrywer verskil. Hierdie veronderstelling sal in die verdere statistiese analise ondersoek word vir beduidendheid (vergelyk afdeling 6.3.2).

113