• No results found

Kunstekaap/Artscape

HOOFSTUK 3 OPLEWING: KUNSTEKAAP 2011 – “VANDAG”

4.6 Persepsies, behoeftes en toekomsvoorstelle

Verskeie menings is gelug op die Ou LitNet teaterindaba waarin ook Sebatu Sesiu (2014) hierbo sy stelling maak. Doks Briers, voorsitter van die Volksbladfees, se reaksie op die Teaterindaba (25/2010), Nico Luwes se artikel oor die Teaterindaba “Ons sê wát ons wil hê, maar nie hóé nie!” (14/2010), Engemi Ferreira se reaksie op die Teaterindaba-bydraes (08/2010) en “A response to the Theatre Indaba” deur

106 Roshan Sewpersad (08/2010), Kobus Burger en Ilse van Hemert se kommentare gee waardevolle insigte oor die persepsies van hierdie mense oor die stand van sake ten opsigte van die kunstebeleid en die impak wat dit het op die kunste in Suid- Afrika.

Ook die menings van en toekomsvoorstelle van Nico Luwes, Mike van Graan en dr. Brett Pyper, Pieter Fourie en Kobus Burger is van belang vir die besinning.

In 2013 gee Mike van Graan ’n samevatting van die Creative Currencies Conference waarvan hy ʼn afskrif aan die navorser voorsien het. Hy maak waardevolle afleidings mét aanbevelings wat hier bespreek word. Hy identifiseer ’n groot behoefte aan navorsing om data oor kreatiewe bedrywe in te win, asook oor hulle bydrae nie alleen tot werkskepping en plaaslik en nasionale GDP’s (Bruto Binnelandse Produk) nie, maar ook tot maatskaplike ontwikkeling en dies meer. Daar is ’n behoefte om regeringsamptenare en die wat vir die beleid en implementering van kuns en kultuur verantwoordelik is, te onderrig.

We have some great leaders in the creative sector, and we simply do not engage them enough in developing new tiers of leadership. We should identify younger people with potential and devise mentorship programmes in which, for a 1 – 2 year period, they shadow the likes of Tony Lankester, Brett Pyper and Ravi Naidoo, and at least 20 – 30 others, learning from them, learning by doing (ibid).

Hy is ook van mening dat ons meer aandag moet gee aan ons rol op die Afrika- kontinent.

Lest we increase the perception of South Africa as the USA of Africa, exporting our creative goods and media across the continent and infusing consumers with our world views, our values, our ideas. We need to revisit the UNESCO Convention 2005 and the AU Plan of Action on Cultural Industries that we have signed up to, and now need to make a reality of building regional markets for African creative goods and services. Those interested should join the Arterial Network in helping to do this as a pan-

African civil society movement, and participate in the African Creative Economy conference that will take place in Cape Town from 6 to 9 October. (ibid)

Laastens is daar volgens Van Graan ’n behoefte aan meer sulke forums: “I know many are tired of talking, want to get on with doing, and that’s to be encouraged” (ibid). Hy meen egter sulke forums is belangrik, nie soseer vir die gesprekke daar nie, maar vir die netwerke en nuwe inisiatiewe waartoe dit kan lei. Die vraag is natuurlik wie dit behoort te doen. Aanvanklik kan dit gelaat word aan organiseerders van die Creative Currencies Conference, nl. die Universiteit van Johannesburg, die Arts and Culture Trust, ANSA (Arterial Network of South Africa), en verskeie internasionale medewerkers.

4.7 Gevolgtrekkings

Aan die einde van hierdie evalueringstudie, en met in ag genome die bevindinge en persepsies deur betrokkenes uitgespreek, kom die navorser tot die gevolgtrekking dat opsie C beslis die oplossing sal wees om 'n nuwe menswaardige toekoms te skep vir uitvoerende kunstenaars binne Suid-Afrika. Opsie C sou moontlik gerugsteun kon word met die insette van die Suid-Afrikaanse Regering se Departement van Kuns, Kultuur en Erfenis, riglyne van die UNESCO Konvensie oor kunstebeleid in 2005 en toekomstige verkose persone by instansies soos universiteite, technikons, die Kunstekaap Akademie, die borge, kunstebestuurders, kundige beleidmakers en, veral, die stem van uitvoerende kunstenaars self.

Van belang is dat politieke en persoonlike agendas op die agtergrond geskuif moet word en ʼn objektiewe kunstebeleid wat ten beste vir die kunste in die land is en werkbaar implementeer kan word, ontwikkel en as wetgewing bevestig word. Dit is die ideaal.

Uiteraard sal rekening gehou moet word met die finansiële impak van ’n nuwe kunstebeleid. Dit is ’n feit dat die kunste wêreldwyd nie sonder ’n behoorlike regeringsubsidie die mas kan opkom nie. Eksterne fondse soos dié van die Verenigde Nasies en UNESCO sou nie naastenby ’n wesenlike verskil kon maak nie.

108 In ’n telefoniese gesprek in 2013 met Marlène Zenie Raffinis van die UNESCO Konvensie 2005-kantoor in Parys, Frankryk, is hulle antwoord kort en kragtig: “Die Suid-Afrikaanse regering moet die voorgestelde nuwe bedeling finansier.”

Om die finansiële impak te bereken behoort egter nie ’n onmoontlike taak te wees nie. Die regering begroot reeds vir kunste deur die Ministerie vir Kuns en Kultuur, die Nasionale Kunsteraad, en op provinsiale regeringsvlak, terwyl die vorige streeksrade se skouburge en teaters steeds deur die regering in stand gehou word. Die finansieringsmodelle van die vorige streeksrade kan moontlik as voorbeelde dien en teen die uitgawes van die huidige beleid se uitgawes gespieël word. Infrastrukture, soos Staatsbeheerde teaters en teaterbesture, bestaan reeds in die groot stede. Die behoefte aan goed ingerigte teaters elders in die land sou moontlik deur die Staat via die provinsiale en munisipale regeringstelsels befonds en in stand gehou kon word.

Daar sal nou veral vir die voorheen benadeelde kunstenaars en gemeenskappe, wat in die bedeling vóór 1996 nie gedeel het in die finansiële pakket vir die kunste nie, voorsiening gemaak moet word. By nadere ondersoek van die Nasionale Kunsteraad se toekenning aan kunstenaars oor die jare, is dit egter opsigtelik dat hierdie voorheen benadeelde kunstenaars reeds in die regering se finansieringskanale opgeneem is (NAC Funding documents).

Daar is ook invloedryke, geldelik vermoënde persoonlikhede en organisasies wat moontlik ’n bydrae kon maak tot die finansiering van ’n nuwe bedeling vir die Uitvoerende Kunste in Suid-Afrika. Enkele name wat opkom is, byvoorbeeld, Oprah Winfrey, Richard Branson, Warren Buffett, dr. Johann Rupert, die Oppenheimer Trust en dr. Allan Gray, die rykste man in Suid-Afrika wat pas ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Kaapstad ontvang het.