• No results found

6. Daar’s vis in die punch en Standaardafrikaans

6.3 Onderskeid: geskrewe en gesproke taal

Ponelis (1998:6) het die verskille tussen gesproke- en geskrewe taal soos volg getabelleer:

Spreektaal Skryftaal

1) Word gebruik in onmiddellike situasies. 1) Vind in ’n meer verwyderde situasie plaas en die spreker en aangesprokene is in tyd ’n ruimte van mekaar verwyder.

2) Die diskoers staan sentraal en die 2) Die skrywer is die selfstandige samewerking tussen die spreker deelnemer, terwyl die

en hoorder is baie belangrik. ontvanger minder betrokke is. 3) Die spreektaal word eerste in taal verwerf . 3) Skryftaal word eers ná die

spreektaal verwerf.

4) Intonasies word ryklik weergegee. 4) Skryftaal baie beperk en daar bestaan min middele om

intonasies weer te gee.

5) Korter, meer eenvoudige sinne. 5) Dit het baie meer komplekse sinne wat langer en meer

afgerond is as dié van die spreektaal.

6) Informele stylvlak. 6) Formele stylvlak.

7) Baie minder onderhewig aan vaste reëls, 7) Baie meer gebrekkig, omdat dus baie meer informeel. tradisionele spellingstelsels

daaraan opgedring word.

8) Minder afgerond. 8) Baie meer afgerond met

meer volsinne.

9) Laer aansien. 9) Dit geniet‘n baie hoër

aansien en word gesien as die kultuurtaal.

Volgens Joseph (1987:37) is dit slegs deur middel van die geskrewe vorm van ’n taal dat ware standaardisering bereik en behou kan word en dat die ideologie van standaardisering deur geskrewe taal aan gesproke taal oorgedra word. Joseph (1987:38) beweer ook dat dit die visuele struktuur (alfabet) van taal is wat die prosesse van stabilisering en verandering, wat kenmerkend van die linguistiese struktuur is, bekend maak en ontbloot ten einde standaardisering te laat plaasvind. Bogenoemde prosesse wat die geskrewe vorm van ’n taal teweegbring kan op die volgende gebiede waargeneem word. Geskrewe taal:

• kweek ’n bewustheid van taalverandering wat die inherente normaliseringsmeganisme van taal nie by magte is om te doen nie;

• is ’n konkrete bewys van hoe taal daar uitgesien het voordat verandering plaasgevind het;

• ontwikkel ’n dieper bewustheid van taal op verskeie nuwe vlakke;

• verskaf ’n tydelike kanaal vir die bewustelike refleksie op taal, sowel as die eksperimentering daarmee;

• voorsien ook die kanaal vir die verspreiding van die taal se geskiedenis binne die taalgemeenskap;

• vergemaklik die liniêre kompleksiteit in taal;

• skep ook ’n bewuswording van een van die belangrikste kenmerke van taal, naamlik dat taalsimbole diskreet of selfonderhoudend is;

• rus die taal toe met ’n meer konkrete bestaansreg as wat dit reeds het;

• verhoog ten slotte die geskrewe vorm van ’n taal sy politiese krag. (Joseph 1987:38)

In Daar’s vis in die punch wil dit voorkom of Charlie bewus is daarvan dat skryftaal ’n meer formele styl aanneem en dat dit aan ’n strenger standaardvorm moet voldoen. Hierdie verskille tussen spreektaal en skryftaal is sigbaar in die teks wanneer Charlie vir Kahla op haar skootrekenaar skep:

Charlie: “Maar somehow het ek verander. Dit was miskien te moeilik om te verander toe conform ek. Ek was miskien net onseker. My ma-hulle het al meer begin werk en ek het smiddae in Hyde Park gaan shop saam met die girls in my skool. Ek het een keer per week vir ’n facial gegaan en onderklere begin dra wat duurder was as my ouma se hele winter budget. Toe raak ek so commercial. Ten minste ’n stylvolle commercial. Ek het vergeet wat ek wil doen. Begin konsentreer op instant gratification en droom oor ’n ryk man eendag. Dit is so siek. Shame, ons almal is tog maar net so damn onseker. Maar ek het dit op so ‘n shallow manier gelike dat ek nie eintlik wou change nie. Ek was net nou en dan sad dat my siel so kleinerig geword het.” [21]

Kahla: “Op vier het ek met ballet begin. Vreeslik cute in ’n pienk tutu dag en nag probeer point. Dit was die kern van my lewe. Om te kan point. Ek het min aandag gekry van my ouers. Hulle het my soos ’n jong dame van twintig gehanteer, maar ek was vier. Ek het toe reeds amper alles vir myself gedoen en ek het gedink ballet was die enigste tyd wat ek sommer

net kon speel, sonder reëls. Maar later het ek besef daar is orals reëls. By ballet ook. Die Russiese balletonderwyser het my geforseer om alles op ’n sekere manier te doen. Ek kon daar ook nie net myself wees nie. So was dit van vier tot twaalf. Op twaalf het ek opgehou met die balletklasse. Van toe af het ek alleen gedans. Vir myself en op my eie manier. Dit was mý wêreld. Europese ballet het uit my lewe verdwyn. Ek het Afrika ontdek.” [25]

Kahla maak van ’n meer formele vorm van uitspraak gebruik en beweeg nader aan Standaardrafrikaans as Charlie. Die skrywer (self ’n tiener) is vertroud met die standaardvorm van die geskrewe taal, maar dit wil voorkom of sy opsetlik die norme vir geskrewe taal teengaan, wat aansluit by hoofstuk 2 oor tieners se gedragspatrone en hulle ondermyning van gesag. In hoofstuk 5 is die sienings van verskeie skrywers en akademici rondom Daar’s vis in die punch bestudeer. Brink het na die boek se taalvorm verwys as vernuwing in ons taal.

Steyn (1980:49) verwys na die invloed van die ‘tydgees’ op taal. In die volgende afdeling word verduidelik hoe belangrik die tydgees vir die groei of agteruitgang van ’n taal is.