• No results found

ONDERHOUDSGIDS: ADOLESSENTE

ONDERHOUDSGIDS: ADOLESSENTE

NAVORSINGSESSIE: VIER ADOLESSENTE MET KOGLEÊRE

INPLANTINGS

• Persoonlike bekendstelling

• Verduideliking van doelstelling van navorsing • Verduideliking van etiese kwessies

• Geleentheid vir vrae

Hierdie onderhoud is baseer op aktiwiteite wat volgens spesifieke navorsingstemas opgestel is. Die respons van die deelnemer op hierdie aktiwiteite sal die gesprek rig. Die onderhoud behels drie aktiwiteite. Die deelnemer het by aktiwiteit 1 en 2 'n keuse tussen twee opsies. Die verskillende opsies van die onderskeie aktiwiteite is op so 'n wyse saamgestel dat dit dieselfde navorsingstemas dek. Indien dit sou gebeur dat 'n deelnemer nie gemaklik is om die aktiwiteite self in te vul nie, sal ek hul ondersteun deur hul verbale response te transkribeer.

NAVORSINGSTEMAS: ERVARINGS • Behoeftes • Motivering • Ontspanning en tydverdryf • Akademie en sport • Vriendskappe en verhoudings • Sterktes en bates ONDERSTEUNING • Sterktes en bates • Primêre ondersteuningsisteem • Leemtes in ondersteuning

AKTIWITEITSBOEK

1 (A). Teken rivier van jou lewe (Navorser demonstreer en verduidelik). Jy kan onder andere aandui waar die rivier sterk of swak gevloei het; waar die rivier breed of nou was; tye wat die rivier in vloed was of toe daar droogte geheers het; waar daar dalk 'n waterval was; wat bo-op die rivier is, byvoorbeeld diere of bote; wat langs die rivier groei; waar daar dalk klippe in die rivier is.

Gesels daaroor.

(Dit dien as beskrywing van tydlyn, lewensgeskiedenis, hoogtepunte en laagtepunte)

OF

1(B). Teken boom van jou lewe (Navorser demonstreer en verduidelik). Jy kan onder andere aandui watter soort boom dit is; of dit boom vrugte of blomme dra; die soort vrugte of blomme; waar die boom die merke het of 'n seisoen waarin die boom vinnig en goed gegroei het; of die boom se blare afgeval het omdat dit herfs is en of die boom baie blare het; of die boom baie water; die mense wat die boom water gee; wat rondom die boom gebeur.

Gesels daaroor.

(Dit dien as beskrywing van tydlyn, lewensgeskiedenis, hoogtepunte en laagtepunte)

2. Boekie met Onvoltooide sinnevraelys

(Belangstellings en ontspanning, akademie, sport, vriendskappe en verhoudings, emosies) Onvoltooide sinne: • Ek hou van ... • As ek moeg is ... • In die skool ... • By die huis ...

• Ek raak opgewonde wanneer ... • Gedurende die wedstryd ... • My beste vriend ...

• Ek word baie moedeloos as ... • Dit laat voel my goed as ... • In die eksamen ...

• Eendag wil ek ... • In die vakansie ...

• Die kinders in my klas ... • Op die sportveld ...

• Dit maak my hartseer as ...

3(A). Facebook in 'n boek

Aktiwiteite in die boek sal insluit:

(3.1) Stig 'n groep op Facebook vir tieners met kogleêre inplantings.

• Wat sal jy alles insluit in jou beskrywing van die groep oor kogleêre inplantings?

• As iemand in sy kommentaar op die beskrywing vir jou vra om te verduidelik hoe om oor die weg te kom met 'n kogleêre inplanting, wat sal jy alles vir hulle vertel?

• Wat sal jy teen die muur van die profiel skryf as jy mismoedig voel? • Wat sal jy teen die muur van die profiel skryf as inspirerende woorde vir

lede van die groep?

• Wie dink jy gaan definitief aansluit by die groep en hoekom?

(3.2) Jy speel rond op jou eie profiel.

• Jy doen 'n aktiwiteit om te sien met watter bekende vermaaklikheidspersoon (TV-persoonlikheid/akteur/aktrise/sportster) jy identifiseer.

Wie dink jy gaan op die skerm verskyn?

Watter eienskappe het hierdie vermaaklikheidspersoon wat hom/haar in moeilike tye help?

Watter eienskappe het jy wat jou in moeilike tye help? (Sterktes)

• Jy doen 'n aktiwiteit om te sien wie jou grootste bewonderaars (fans) is (die mense wat die meeste vir jou omgee en ondersteun).

Wie se name dink jy sal op die skerm verskyn? Wat doen hierdie mense om jou te ondersteun?

• Wat sal jy vir jou grootste bewonderaar inbox as jy die dag mismoedig is?

Vertel vir hom of haar hoekom jy mismoedig is en wat jou mismoedig maak.

• Wat sal jou status update op so 'n dag wees? • Wat sal jy op so 'n dag doen om beter te voel?

• Wat is jou persoonlike motto by die inligting-afdeling van jou profiel?

OF

3(B).

(3.1) Jy word word deur die Raad van Leerders van jou skool gevra om as motiveringspreker een aand by koffiekroeg (sosiale byeenkoms)'n praatjie oor adolessente met kogleêre inplantings te lewer.

• Wat sal jy alles insluit in jou beskrywing van kogleêre inplantings?

• Iemand steek hul hand op en vra vir jou hoe 'n mens oor die weg te kom met 'n kogleêre inplanting. Wat sal jy alles vir hulle vertel?

• Wat sal jy vir hulle vertel as iemand vir jou vra wat jou mismoedig laat voel?

• Wat sal jy vir hulle as woorde van inspirasie gee?

• Wie dink jy gaan definitief by die koffiekroeg vir jou kom luister?

(3.2) Jy is aangewys as die spoggie van die kwartaal. Die skoolkoerant voer 'n onderhoud met jou. Hulle vra vir jou om meer oor die volgende te vertel.

• Met watter vermaaklikheidspersoon identifiseer jy? (TV- persoonlikheid/akteur/aktrise/sportster)

Watter eienskappe het hierdie vermaaklikheidspersoon wat hom/haar help in moeilike tye?

Watter eienskappe het jy wat jou in moeilike tye help? (Sterktes)

• Dis nie enige iemand wat die Spoggie-toekenning van die kwartaal ontvang nie. Wie is jou grootste fans? (Die mense wat die meeste vir jou omgee en jou ondersteun)

Wat doen hierdie mense om jou te ondersteun?

Self al is 'n mens die spoggie van die kwartaal, voel 'n mens nie altyd soos 'n spoggie nie. Jy kom na 'n lang dag tuis en is baie mismoedig. Jy gryp jou dagboek nader.

• Wat is jou opskrif by daardie dag se inskrywing?

• Jy vertel vir die dagboek waarom jy so mismoedig is. Wat skryf jy neer?

• Jy vertel vir die dagboek wat jou op hierdie oomblik sal laat beter voel Wat is dit?

GERELATEERDE DOCUMENTEN