• No results found

Hierdie band word verder beklemtoon met die aanmerking wat Alan dan teenoor Phil maak: “lt'd be so cool if I could breast-feed, you know?” Tydens hierdie aanmerking is Alan in die voorgrond en Phil in die agtergrond (10D1-10D2). Alhoewel daar op Alan se gesigsuitdrukking gefokus word, is Phil se geskokte uitdrukking in die agtergrond baie duidelik. Hiervan word daar geensins melding gemaak in die OB nie. Die dialoog is hoorbaar, maar daar is wel gesigsuitdrukkings wat verlore gaan. Hierdie gedeelte is van belang omdat Alan se fetisj met borsvoed weer ter sprake sal kom later in die toneel.

Hierdie gedeelte dra by tot die humoristiese uitbeelding van Alan se karakter, wat moontlik tot ʼn mindere mate deur die blinde gehoor ervaar sal word weens die weglating van spesifieke kamerahoeke. Alhoewel daar uit die dialoog afgelei kan word dat Alan abnormaal is en ʼn vreemde band met die baba het, word daar nie op klem geplaas nie en kan dit moontlik problematies wees later in die toneel waar hierdie fetisj van Alan weer ter sprake kom.

4.3.3 Deel 3 (39:15-41:01)

Skote

Visuele beeld Klankbaan

11A

1

ʼn Sportmotor kom ingejaag en die kamera verfilm dit vanuit ʼn medium langhoek om die aksie te wys.

[A sports car skids up.]

Stu: Well, listen...we're about to go for a tractor ride.

Phil: What the fuck?

Stu: I should get going. So pretty. Melissa: A tractor ride?

Musiek is in die agtergrond hoorbaar.

Gangster: Go, out of the car!

Kolf kan teen die kar gehoor word.

Melissa: What was that? Stu: They started up the tractor. I think it backfired.

Gangster: Where the hell is he? Phil: Hey, easy, easy. I think we're looking for the same guy, okay? Hey! What the hell, man?

Baba begin huil nadat die ruit stukkend geslaan word.

2

3

Die karakters word telkens afgeneem deur die veiligheidsdraad van die polisievoertuig of die veiligheidsdraad kan gesien word soos in hierdie nabyskoot.

4

Skote waar die karakters van voor af verfilm word deur die voorruit van die kar word ook gebruik.

83

5

Daar word telkens teruggesny na die skoot van Melissa in die kombuis.

Melissa: What the fuck, Stu? Is that a baby?

Stu: Why would there be a baby? We're at a winery. That's a goat. Gangster: Where is he? Phil: I don't know!

What are you talking about?

Stu: Sir, can you please start the tractor so we can get out of here?

Phil: I'm trying to, but we're fucking blocked.

Melissa: Oh, my God!

What the hell is happening, Stu? Alan: Hey! There's a baby on board! Melissa: Someone just said "baby." Gangster: Get out of the car! Stu: It's a baby goat.

Eddy: Why you making trouble for my business, man? Go away from here. Gangster: Get out of the car! Alan: Phil, he's got a gun! Phil: No shit he's got a gun! Stu: I gotta call you back. Bye.

[Phil drives over the heavy‟s foot, his gun goes off shooting Eddy from the chapel.] Musiek is vinnig en die skoot

sowel as ander klanke kan gehoor word.

Phil: Fuck! Shit. Eddy: He shot me! Stu: He shot Eddie! Phil: Fuck this shit!

6

7

8

9

Daar word ook gesny na skote buite die kar wat die mans afneem soos wat hulle om die kar loop.

1 0

Die kamerahoek verskuif weer na binne die kar.

1 1

1 2

Die aksie buite die kar is gedoen deur vinnig opeenvolgende nabyskote van waar Phil oor die man se voet ry en hy dan vir Eddy skiet.

1 3 1 4 1 5

Daar word weer gewissel tussen nabyskote binne in die kar en medium langskote skote wat wys hoe Phil in die kar vasjaag.

1 6

84

1 7

[Phil reverses, crashes into a sports car and destroying a bus shelter. ] Stu: Fuck! Fuck! Go, go, go! [They tear off down the road.] Gangster: Fuck.

1 8

11B

1

Wanneer die aksie afloop word daar weer nabyskote binne in die kar gebruik. Daarna word ʼn langskoot gewys van hoe die kar by die hoofweg afry. Die kamera is nou buite die kar, maar die dialoog is steeds hoorbaar.

Phil: Okay. Oh, that was some sick shit!

Alan: Who were those guys? Stu: (to baby) We're gonna be okay. Everything's gonna be okay. What the fuck is going on?! Phil: I have no idea.

[The windscreen is cracked where the other guys hit it with a baseball bat]

Stu se foon lui

Phil: Why don't you just let that go to voicemail?

Stu: Ha-ha-ha.

That's a fake laugh, by the way.

2

3

Tabel 15 - Toneel 2 deel 3

Nadat Alan die aanmerking gemaak het oor die borsvoed van die baba word die oomblik onderbreek deur die OB wat sê: “A sportscar skids up.” Die kamera sny vinnig weg na die sportmotor wat agter die karakters se polisiekar ingejaag kom (11A1-11A2). Die volgende paar skote vind telkens binne in die kar plaas of van binne na buite. Stu word telkens deur die veiligheidstralies van voor af gewys en Phil en Alan word van agter ook deur die tralies afgeneem. Wanneer Phil in die truspieël van die kar kyk, kan hy die man sien wat met die kolf uit die sportmotor klim. Ook in hierdie skoot is die tralies sigbaar. Hierdie gebruik van kamerahoeke binne in die kar dra by tot die inlewing van die gehoor in die film aangesien hulle so geposisioneer is dat hulle in dieselfde oogpunt as die karakter geplaas word. Dit stel die gehoor in staat om die aksie te ervaar op dieselfde manier as wat die karakters dit ervaar. Verder kan die tralies ook simbolies wees vir die unieke situasie waarin die karakters vasgevang is.