• No results found

164 wat `n goeie aanduiding van bakkwaliteit gee in die vroeë generasies van die teelprogram,

GENOTYPE X ENVIRONMENT INTERACTION FOR THE SDS SEDIMENTATION TEST AND ITS ABILITY TO DISCRIMINATE BETWEEN HARD RED WINTER WHEAT

164 wat `n goeie aanduiding van bakkwaliteit gee in die vroeë generasies van die teelprogram,

sal effektiewe seleksie vroeg in die program moontlik maak.

Gevorderde (elite) en vroeë-generasie (F4) materiaal is evalueer om te bepaal wat die invloed van omgewing en genotipe op die variasie in SDS sedimentasie is. Eerstens is nege intermediêre harde rooi elite lyne en twee intermediêre harde rooi kultivars geëvalueer vir drie opeenvolgende seisoene by agt lokaliteite in die Oos-Vrystaat. Tweedens is ses F4 populasies en twee harde rooi kultivars geëvalueer vir een seisoen by drie lokaliteite in die Oos-Vrystaat. Die invloed van F2 SDS sedimentasie seleksie op die F4 generasies is bepaal. In die F2 generasie se geselekteerde groep is enkelplante geselekteer met die hoogste SDS sedimentasie volume. In die ongeselekteerde groep is daar bloot op agronomiese voorkoms geselekteer, sonder om die SDS sedimentasie in ag te neem.

Dievolgende gevolgtrekkings kan uit die studie gemaak word:

• Daar is `n betekenisvolle korrelasie tussen bakvolume en SDS sedimentasie. SDS sedimentasie kan dus as `n betroubare aanduiding van bakvolume gebruik word.

• SDS sedimentation het effektief tussen die genotipes in beide die F4 en elite materiaal diskrimineer. Die bydrae deur genotipe was hoog genoeg om effektiewe seleksie vir SDS sedimentasie moontlik te maak. Die groot bydra deur die genotipe x jaar interaksie dui aan dat evaluering van SDS sedimentasie oor jare meer belangrik is as evaluering oor lokaliteite.

• Daar was betekenisvolle verskille tussen groepe waar vir die hoogste SDS sedimentasie geselekteer is (geselekteerde groep) en waar seleksie gedoen is bloot op agronomiese voorkoms, sonder om SDS sedimentasie in ag te neem (ongeselekteerde groep). Die verskil in SDS sedimentasie tussen die geselekteerde en ongeselekteerde groepe het konstant gebly van die F2 na die F4 generasie. Vroeë generasie seleksie vir SDS sedimentasie sal dus effektief selekteer vir hoër bakvolumes in latere generasies. Dit sal die hoeveelheid lyne wat in latere generasie geëvalueer moet word verminder, wat praktiese en finansiële voordele vir `n teelprogram inhou.

• In beide die elite en F4 materiaal was die korrelasie tussen SDS sedimentasie en miksograaf mengtyd hoogs betekenisvol, moontlik omdat glutien glutenien bevat wat verantwoordelik is vir die flokkulering in die SDS sedimentasie proses en glutien ook verantwoordelik is vir deegsterkte. SDS sedimentasie seleksie in die vroeë generasies van `n teelprogram kan lei tot te sterk deeg mengeienskappe as dit nie gekombineer word met ‘n parameter wat deegsterkte ook evalueer nie.

165

• SDS sedimentasie en proteïeninhoud was hoogs betekenisvol in sommige gevalle, maar nie betekenisvol in ander, moontlik as gevolg van die verskille in die hoeveelheid en kwaliteit glutenien wat variëer het. Daar was `n negatiewe korrelasie tussen SDS sedimentasie en graanopbrengs in die elite materiaal. Dit kan moontlik toegeskryf word aan die invloed van proteïeninhoud, aangesien `n negatiewe korrelasie tussen graanopbrengs en proteïen-inhoud oor die algemeen bestaan, wat ook sigbaar was in die studie.

• Miksograaf mengtyd en hardheid (F4 generasie) en graanopbrengs en miksograafmengtyd (elite generasie) is die eienskappe wat die meeste bydrae tot die variasie in SDS sedimentasie. Dit is dus duidelik dat miksograafmengtyd `n groot invloed op SDS sedimentasie het.

• Een tot twee lokaliteite is voldoende om suksesvol vir SDS sedimentasie te selekteer in vroeë generasies. `n Verdere vermeerdering van die aantal lokaliteite sal slegs tot `n klein toename in proefakkuraatheid lei, maar groot praktiese en finansiële implikasies hê en word daarom nie aanbeveel nie. Die toename in proefakkuraatheid deur die aantal jare te vermeerder is baie groter as die toename in akkuraatheid met die vermeerdering van die aantal lokaliteite.

• Evaluering vir vier tot vyf jaar is nodig vir betroubare evaluering van SDS sedimentasie. Dit kan gedoen word in die F2 tot F5 generasie van `n teelprogram, wat `n vermindering in die variasie en verbetering van stabiliteit vir SDS sedimentasie tot gevolg sal hê. Dit sal ook lei tot `n drastiese verlaging van die effek van genotipe x omgewings interaksie, wat verdere seleksie later in die program onnodig sal maak.

166 REFERENCES

American Association of Cereal Chemists (AACC), 2000. Approved methods of the American Association of Cereal Chemists Inc., St. Paul.

Agrobase Generation II, 2005. Agronomix Software Inc. Winnipeg, Canada

Atkins, I.M., Gilmore, E.C., Scottino, P., Merkle O.G. and Porter, K.B., 1965. Evaluation of the sedimentation test in a wheat-breeding program. Crop Science 5: 381-385. Ayoub, M., Fregeau-Reid, J. and Smith, D.L., 1993. Evaluation of the SDS-sedimentation

test for the assessment of eastern Canadian bread wheat quality. Canadian Journal of Plant Science 73: 995-999.

Baenziger, P.S., Clements, R.L., McIntosch, M.S., Yamazaki, W.T., Starling, T.M., Sammons, D.J. and Johnson, J.W., 1985. Effect of cultivar, environment and their interaction and stability analyses on milling and baking quality of soft red winter wheat. Crop Science 25: 5-8.

Blackman, J.A. and Gill, A.A., 1980. A comparison of some small-scale tests for bread- making quality used in wheat breeding. Journal of Agricultural Science 95: 29-34. Blumenthal, C.S., Batey, I.L., Bekes, F., Wrigley, C.W. and Barlow, E.W.R., 1991. Yearly

changes in wheat-grain quality associated with high temperatures during grain filling. Austrian Journal of Agricultural Research 42: 21-30.

Blumenthal, C.S., Barlow, E.W.R. and Wrigley, C.W., 1993. Growth environment and wheat quality: the effect of heat stress on dough properties and gluten proteins. Journal of Cereal Science 18: 3-21.

Bushuk, W., Briggs, K.G. and Shebeski, L.H., 1969. Protein quantity and quality as factors in the evaluation of bread wheats. Canadian Journal of Plant Science 49: 113-122. Carter, B.P., Morris, C.F. and Anderson, J.A., 1999. Optimizing the SDS sedimentation test

for end-use quality selection in a soft white and club wheat-breeding program. Cereal Chemistry 76: 907-911.

Crossa, J., Fox, P.N., Pfeiffer, W.H., Rajaram, S. and Gauch, H.G., 1991. AMMI adjustment for statistical analysis of an international wheat yield trial. Theoretical and Applied Genetics 81: 27-37.

Cubadda, R.E., Carcea, M., Marconi, E. and Trivisonno, M.C., 2007. Influence of protein content on durum wheat gluten strength determined by the SDS sedimentation test and by other methods. Cereal Foods World 52: 273-277.

167