• No results found

Data-insameling is 'n reeks interafhanklike aktiwiteite wat gerig is op die versameling van goeie inligting om sodoende navorsingsvrae te kan beantwoord (Creswell, 1988:111).

Soos reeds in Hoofstuk 1 genoem, is gebruik gemaak van die volgende data- insamelingsmetodes, naamlik veldwerk (veldnotas), dokumente, fokusgroepe, onderhoude, oudio-visuele materiaal en deelnemende observasie. Metodes van data-insameling word vervolgens bespreek:

Veldnotas

Veldwerk vorm 'n integrale deel van data-insameling as deel van die studie, omdat dit die navorser in staat stel om deur informele gesprekvoering met die deelnemers betrokke te raak en sodoende die verskynsel, soos deur die deelnemers ervaar word, te verstaan en waar te neem. Veldnotas maak dit verder moontlik om verbale, sowel as nie-verbale boodskappe van die deelnemers waar te neem. Volgens Babbie en Mouton (2001:454) is die analisering van nie-verbale kommunikasie belangrik by kwalitatiewe navorsing, want "... the recording of facial expressions, gestures and movements can be triangulated with verbal data. The interviewer would trust the responses more if the body language was congruent with the verbal statements".

Fokusgroepe

In my navorsing het ek ook gebruik gemaak van fokusgroepe, dit wil sê, al die persone wat 'n besondere rol in die dogter se lewe speel. Die fokusgroep se primêre rol was om bates in die gemeenskap te identifiseer. Die sessies is op video met klank opgeneem vir die bewaring van die rou data. Tydens die derde fokusgroep- byeenkoms is die "Circle of Friends" tegniek gebruik om bates by die dogter te identifiseer. Dit sal as ondersteuningsnetwerk vir die leerder en die ouers dien.

Die "Circle of Friends"-tegniek is gebruik om die leerder, ouers, skool en die breër gemeenskap met mekaar in verbinding te bring in die identifisering van bates by die leerder.

Figuur 2: "Circle of friends" – Netwerk Model

Kerk (Geestelike Ondersteuning) Sondagskool

Skool

(Orford, 1993:251)

Die "Circle of Friends" verwys na al die ondersteuningsisteme wat in die lewe van die dogter met Downsindroom bestaan en wat ten doel het om haar te lei om tot haar volle potensiaal te ontwikkel en haar selfversorgend en selfonderhoudend te maak.

Kuns en Kultuurgroep Musiek/Dans/Voordrag Arbeidsterapeut Drywers Vervoer Opvoeders Verpleegkundige Klasmaats Kurrikulum Atletiek Dogter met Downsindroom Mamma Pappa Kelvin (broer) Neville (broer)

Die sisteme wat deel uitmaak van die ondersteuningsisteem sluit die huisgesin, die skool en die kerk in.

Onderhoude

Patton (1990:196) verduidelik die doel van onderhoude in kwalitatiewe gevallestudies:

"We interview people to find out from them those things we cannot observe. We cannot observe feelings, thoughts and intentions. We cannot observe behaviours that took place at some previous point in time. We cannot observe situations that preclude the presence of an observer. We cannot observe how people have organized the world and the meaning they attach to what goes on in the world - we have to ask people questions about those things. The purpose of interviewing, then, is to allow us to enter into the other person's perspective". Ongestruktureerde onderhoude is deur die loop van die data-insamelingsproses met die ouers, opvoeders, arbeidsterapeut en al die ander rolspelers wat 'n besondere rol in die dogter se lewe speel, gevoer. Ongestruktureerde onderhoude tydens my ondersoek het probeer bepaal hoe die verskillende individue die leefwêreld van die leerder met Downsindroom beleef en sin gemaak het uit die gebeure wat rondom haar plaasgevind het (Huysamen 1998:178). Ongestruktureerde onderhoude kan ook deur die rolspelers gebruik word om die bates in die gemeenskap te identifiseer en te aktiveer. Ek het die onderhoude met die opvoeder, arbeidsterapeut en die ouers gebruik om inligting rakende my eenheid van ondersoek te bekom. Die ongestruktureerde onderhoude is met die rolspelers in hul moedertaal gevoer en dit het dit vir my moontlik gemaak om meer kennis te bekom oor die bates waaroor die dogter beskik.

Oudio-visuele materiaal

Oudio-visuele opnames en foto's is tydens onderhoude, fokusgroepe en veldwerk geneem. Vooraf toestemming is van die leerder se ouers ontvang om opnames te maak en foto's neem van die leerder se eksterne bates te neem. Volgens Adelman et al. (1983:73) is dit die beste manier om detail van sessies by te hou vir latere gebruik. Die inligting wat op hierdie manier verkry is, word met die nodige konfidensialiteit hanteer en is slegs ter insae vir die navorser en die studieleier. Die video-opnames het my in staat gestel om die opnames te observeer en die moontlike bates te identifiseer. Al die onderhoude wat op video en klankband opgeneem is, is noukeurig getranskribeer om sodoende die bates van die leerder te kon dokumenteer.

Deelnemende observasie

Deelnemende observasie is in die ondersoek gebruik om die leerder beter te leer ken. Die navorser het die aktiwiteite waaraan die leerder in klassituasies deelgeneem het, waargeneem. Indirekte observasie is ook gebruik tydens klassessies waar die ondersoeker die deelnemer onopsigtelik waargeneem het, terwyl veldnotas gemaak is.

3.7.2 Data-analise en data-konsolidering

Volgens Marshall en Rossman (1995:111), is data-analise 'n proses wat gebruik word om orde, struktuur en betekenis te verkry uit die data wat ingesamel is. Kwalitatiewe navorsing maak gebruik van induktiewe analisering. "Inductive reasoning emphasize after-the-fact explanation, theory emerges from a careful consideration of the evidence (data). Theory is no more than a summarizing statement about the specific, concrete observations" (Leedy 1997:107). Data- analisering begin reeds aan die begin van die navorsing en vorm deel van die data- insameling. Volgens Merriam (1998:159) is data-analise in kwalitatiewe navorsing 'n aaneenlopende, sistematiese en omvattende proses wat reflektiewe aktiwiteite insluit. In my studie is gebruik gemaak van inhoudsanalise. Die inhoud van wat tydens die ondersoek ingesamel is deur middel van veldnotas, onderhoudvoering en dokumente is kwalitatief geanaliseer.

Tabel 6: Data-analise en data-konsolidering

BRON VAN DATA METODE VAN DATA-

INSAMELING ANALISERINGSTEGNIEKE

Ouers • Informele onderhoude • Fokusgroepe

• Oudio-visuele opnames

• Response word in detail opgeteken om temas, metafore, konsepte van bates saam te stel Opvoeders en

Arbeidsterapeut

• Oudio-visuele opnames • Fokusgroepe en informele

onderhoude

• Aantekeninge van onderhoude en die navorser se eie

observasie van sessies

• Response word in detail opgeteken om temas, metafore en konsepte van bates saam te stel

Klaskamersituasie • Deelnemende observasie • Veldnotas en die

transkribering van veldnotas vir temas, konsepte,

metafore vir die

Al die veldnotas, videomateriaal, klankopnames en observasies wat tydens die ondersoek versamel is, word in veilige bewaring vir latere gebruik gehou. Alle ongestruktureerde onderhoude met die ouers, opvoeder en die arbeidsterapeut, is op oudio- en videobande vasgelê. Dit bied die versekering dat geen inligting wat op hierdie wyse versamel is, verlore sal gaan nie, alhoewel nie alle inligting in die navorsing gebruik gaan word nie.

Tabel 7: Die kodering van Eksterne en Interne Bates

EKSTERNE BATES (EB) KODES

ONDERSTEUNING:

• Gesinsondersteuning

• Positiewe Gesinskommunikasie • Verhouding met ander volwassenes • Gemeenskap wat omgee

• Versorgende omgewing buite die huis

• Ouerlike betrokkenheid by buitemuurse aktiwiteite

OS Gesond. Posgk. Verh. Gemwo. Vers. Ouerlb. BEMAGTIGING:

Gemeenskapswaardering vir leerder • Roltoekenning

Diens aan ander • Veiligheid BEM. Gemw. Rt. Daa. Vlh.

GRENSE EN VERWAGTINGE: Gev.

• Gesinsgrense

Grense buite die huis • Gemeenskapsgrense Volwassenes as rolmodelle • Positiewe portuurgroep-interaksie

• Aanvaarbare verwagting vir ontwikkeling

Ggr. Gbdh. Gmgr. Var. Ppi. Avvo. KONSTRUKTIEWE TYDGEBRUIK: KT. • Kreatiewe aktiwiteite • Buitemuurse aktiwiteite

• Positiewe supervisie by die huis

Ka. Ba. Psup.

INTERNE BATES (IB) KODES

BETROKKENHEID BY LEER: Bbl.

Presteer, verwagting en motivering Verbind tot leer

• Stimulerende aktiwiteite Plesier van leer

• Lees vir ontspanning

Pvm. Vtl. Stak. Pvl. Lvo.

POSITIEWE GESINSWAARDES: Pgw.

• Versorging

• Gelykheid en regverdigheid

• Integriteit, eerlikheid, verantwoordelikheid en gesonde

leefwyse

Vsorg. Ger. Leveg.

SOSIALE BEVOEGDHEID: Sosb.

Besluitneming en maak van keuses • Interpersoonlike interaksie

• Kulturele interaksie

Positiewe konflik en weerstandbeoefening

Bemvk. Intpi. Kulti. Poskwb.

POSITIEWE IDENTITEIT: Pid.

Die gesin modelleer die volgende Dgmdv.

3.8 BETROUBAARHEID

Lincoln en Guba (1981:378) se stelling oor geldigheid en betroubaarheid by gevallestudies lei as volg:

"It is difficult to talk about the validity or reliability of an experiment as a whole, but one can talk about the validity and reliability of the instrumentation, the appropriateness of the data analysis techniques, the degree of relationships between the conclusions drawn and the data upon which they presumably rest, and so on. In just this way one can discuss the process and procedures that undergrid the case study: Were the interviews reliably and validly constructed; was the content of the documents properly analized; do the conclusions of the case study rest upon data? The case study is, in regard to demonstrating rigor, not a whit different from any other technique".

Geldigheid in kwalitatiewe navorsing is die mate waarin die interpretasies en konsepte tussen die deelnemers en die navorser wederkerige betekenis het (McMillan & Schumacher, 1997:404). Die navorser, sowel as die deelnemers, stem saam oor die beskrywing en die betekenis van die gebeure. Volgens McMillan en Schumacher (1997:404) is daar nege strategieë om geldigheid en betroubaarheid te verhoog, naamlik:

• Volhardende werk

• Woordelikse weergawe van deelnemers se vertolking van die inligting • Beskrywings moet so min as moontlik beïnvloedbaar wees

• Meervoudige navorsers

• Oudio-bandopnames van data • Deelnemende navorsers • Lede-verifikasie

• Deelnemers resenseer die navorser se sintese van onderhoude en teenstrydige data.

In hierdie navorsing is daar van die volgende strategieë gebruik gemaak: • Volhardende werk – data is op 'n deurlopende basis ingesamel. • Deelnemende observasie

• Die deelnemers se weergawe van die data is woordeliks weergee. • Die fokusgroep is gebruik om die navorser se sintese te verifieer.

• Triangulasie, dit wil sê, verskillende bronne is gebruik om data in te samel.

3.9 ETIESE OORWEGINGS

Etiese oorwegings speel 'n belangrike rol tydens die insameling van data en die bekendmaak van die bevindige (Merriam, 1998:179). Die volgende etiese riglyne is gevolg tydens my studie:

• Toestemming verkry van ouers om hul dogter te gebruik in die navorsing (sien Bylae 1).

• Toestemming verkry vanaf die Wes-Kaapse Onderwysdepartement om navorsing in skool te doen (sien Bylae 2).

• Besoek die skool en bespreek die doel en proses van die navorsing met die skoolhoof, opvoeder en arbeidsterapeut.

• Reël afsprake met die opvoeder en arbeidsterapeut.

• Tree as fasiliteerder op tydens fokusgroepe oor die moontlike bates in die gemeenskap.

• Voer onderhoude met opvoeder, ouers en arbeidsterapeut. • Observeer leerder in klassituasie en tuis.

• Skryf my waarnemings in veldnotas neer tydens observasies en onderhoude. • Gee versekering aan alle belanghebbendes dat die bevindinge van die navorsing

aan hulle bekend gemaak sal word na die voltooiïng van die navorsing.

• Volg etiese kode (eerlikheid ten opsigte van die doel van die studie; vertroulike hantering van alle inligting).

3.10 REFLEKSIE

Die kwalitatiewe navorsing en gevallestudie hou verskeie voordele in vir die identifisering van bates by die leerder met Downsindroom. Die deelnemers moet die grootste krediet ontvang, aangesien hulle waardevolle bydraes gelewer het tot die samestelling van 'n batelys vir die leerder met Downsindroom. Hule moes ook van hulle kosbare tyd opoffer tydens individuele onderhoude wat gevoer is. Die navorsing het ook my as deelnemer beweeg om die potensiaal van die leerder uit te lig eerder as om op die behoeftes van die leerder met Downsindroom te fokus.

HOOFSTUK 4

IMPLIMENTERING VAN DIE STUDIE

4.1 INLEIDING

In hierdie hoofstuk sal die verloop en die resultate van die bate-gebaseerde benadering bespreek word. In hoofstuk 3 het ek reeds van die redes waarom ek 'n gevallestudie gekies het, volledig bespreek asook die redes vir die geldigheid van die navorsing. In hierdie hoofstuk sal 'n volledige beskrywing van die gevallestudie wat onderneem is, gegee word. Die observasies en onderhoude met die ouers, opvoeders en fokusgroep sal in detail bespreek word.

Die identifisering van bates in hierdie navorsing het ten doel om die lewenskwaliteit van die individu te verhoog deur die interne sowel as die eksterne bates te identifiseer. Volgens Schalock (1997:250) speel lewenskwaliteite 'n belangrike rol in die lewens van persone met verstandelike gestremdhede. Families kan 'n groot rol speel in die lewens van persone met gestremdhede deur hulle tehelp om hul lewensdoel te bereik. Lewenskwaliteite het ten doel om die leerder se individuele, fisiese en psigologiese welstand te verbeter (Clark, 2000:700). Volgens Clark sal die integrasie van die persoon met gestremdhede en die opgradering van gemeenskapsbronne 'n groot impak op die lewenskwaliteit van so 'n persoon tot gevolg hê. Die verdere doel van hierdie navorsing is om die klem te laat val op die positiewe eienskappe van die individu en nie op die tekortkominge en gestremdheid nie. Die doel van die bespreking van die verloop en resultate van die navorsing is vir moontlike verdere studie ten opsigte van die identifisering van bates.