• No results found

Hoofstuk 2: Liggaamsonvergenoegdheid en die vrou Deskriptief-empiries

2.3 Empiriese navorsing

2.3.2 Deelnemers

2.3.2.6 Interpretering van resultate

2.3.2.6.3 Liggaamsbeeld-emosies

In Hoofstuk twee word daar na die onderskeie emosionele gevolge van liggaamsonvergenoegdheid verwys. Die deelnemers wat liggaams- onvergenoegdheid toon en selfs die deelnemers wat slegs soms tydelik ontevredenheid ervaar, beleef verskeie ooreenstemmende negatiewe emosies. Die deelnemers se emosies wissel van selfbewustheid, ongelukkigheid, ontevredenheid, onsekerheid, vrees, vrees vir siekte, vrees dat hulle nie gewig sal verloor nie, moedeloosheid, woede, angs, begeerte na ʼn beter liggaam, skaamte, hartseer, frustrasie, haat eie liggaam of sekere eienskappe van haar liggaam, jaloesie, bedruktheid, depressiwiteit, besorgdheid, voel onaantreklik, vaal en gewoon, en swak selfvertroue.

Daar is ook ʼn paar liggaamlik vergenoegde vroue wat positiewe emosies ervaar, byvoorbeeld tevredenheid, gelukkigheid, aanvaarding, dankbaarheid en gemaklikheid.

2.3.2.6.4 Liggaamsbeeld-gedagtes

In Hoofstuk twee word daar na die kognitiewe dimensie van liggaamlike onvergenoegdheid verwys en na die belangrike rol wat die vrou se gedagtes in haar liggaamsonvergenoegdheid speel. Daar word onder andere verwys na Cash (2008:83-114) se tien veeleisende voorkoms-aannames (Ten Appearance

Assumptions) en die agt gevaarlike foute in die vroue se gedagtes en

selfgesprek (Body Image Distortions). Die dertig deelnemers se gedagtes sluit by bogenoemde aan.

33

Die liggaamsonvergenoegde deelnemers se gedagtes wissel van gematigde negatiewe gedagtes tot baie ernstige negatiewe gedagtes. Uit die kwalitatiewe navorsing is dit duidelik dat elke deelnemer se gedagtes verskillend en uniek is, maar daar blyk ook ooreenkomste te wees tussen die vroue. Een sal byvoorbeeld baie negatief dink oor haar liggaam, dink dat sy nie van haar liggaam hou nie, dat sy oorgewig is, dink dat spesifieke dele van haar liggaam vet is, dat sy nie genoeg oefen nie, dat sy onfiks is, dat sy nie gesond eet nie, dat sy spyt is dat sy so baie gewig opgetel het, bang is dat sy siek sal word, bang is dat sy nooit die gewig sal verloor nie, sy dink baie terug aan die dae toe sy nog maer was, sy dink sy moet drasties iets doen, want die feit dat sy so ontevrede met haar liggaam is, beïnvloed haar en haar besluite te veel. Sy ervaar ʼn

konstante stryd in haar gedagtes dat sy reg moet eet en hard moet oefen. Sy dink sy wil nie voor ander mense naak wees nie, sy wil nie lyk soos sy lyk nie. Sy is bekommerd dat sy nie haar liggaam en gesondheid gaan oppas nie, want sy gaan nie genoeg tyd hê nie. Sy dink ander is bevoorreg om sulke mooi liggame te hê en dit is vir haar sleg dat sy so hard moet werk daaraan om gewig te verloor, maar steeds oorgewig bly. Sy erken dat sy worstel met die gedagte dat haar liggaam nie haar waarde moet bepaal nie. Sy vergelyk haar liggaam voortdurend met ander mense se liggame. Sy dink sy is onaantreklik, nie ferm nie, vaal en gewoon, sy is bang dat haar man nie meer oor haar gaan voel soos hy moet nie en dat sy oë gaan begin dwaal. Sy dink en vra waarom sý met haar liggaam gebore is, sy probeer hard om nie aan haar liggaam te dink nie en wens sy kon dit “inruil” vir ʼn ander liggaam.

Die liggaamlik vergenoegde vroue se denke is vanselfsprekend meer positief, byvoorbeeld: sy dink dat sy bevoorreg is en is dankbaar dat sy gesond kan wees, om lank te wees, om nog aktief te kan wees en haar talentsport te beoefen. Sy is gelukkig en tevrede oor hoe sy lyk, al is daar sekere eienskappe wat nie perfek is nie. Sy is dankbaar, want sy besef ander mense worstel met groter probleme as sy. Sy het voor sy swanger geraak het, ʼn besluit geneem om haar denke en

34

houding teenoor haar liggaam te verander. Sy wil haar kinders help om elkeen ʼn

gesonde liggaamsbeeld te hê. Sy besef sy lyk nie soos voorheen nie, maar aanvaar dat ouderdom gepaard gaan met verandering.

As daar na elke deelnemer se gedagtes en emosies gekyk word, is daar ʼn definitiewe korrelasie tussen die twee. Die deelnemers met negatiewe denke, ervaar negatiewe emosies. Die deelnemers met meer positiewe denke, ervaar meer positiewe emosies. Dit sluit duidelik aan by die bevindinge van die literatuurstudie, wat eers later in die proefskrif bespreek sal word.

2.3.2.6.5 Fisiese eienskappe

Alhoewel al dertig deelnemers nie liggaamsonvergenoegdheid toon nie, is dit baie interessant dat al dertig deelnemers met een of meer fisiese eienskappe van hulle liggame ontevrede is. Dit sluit ook by die literatuurstudie aan wat toon dat baie vroue liggaamsonvergenoegd is en ontevrede is met sekere aspekte van hulle liggame. Die meeste deelnemers beskik ook oor eienskappe van hulle liggame waarvan hulle wel hou.

2.3.2.6.6 Potensiële risikosituasies

Potensiële risikosituasies verwys na situasies waarin of geleenthede wanneer die vrou ongemaklik of sleg oor haar liggaam voel. Dit is duidelik dat die deelnemers elkeen unieke ervaringe ten opsigte van hulle liggame het en dat elkeen verskillende situasies as risikosituasies ervaar.

Situasies wat die vrou in die algemeen en meestal ongemaklik kan laat voel oor haar liggaam is die volgende:

35

• Indien sy by sosiale funksies is, as sy voor ʼn groep mense staan of moet praat en as sy tussen ʼn groot groep vroue moet wees.

• Indien sy haar tussen maerder en mooier mense bevind.

• Indien sy in kontak met dogters kom wat selfgesentreerd en baie op skoonheid gefokus is en oor hulle gewig praat.

• Indien haar skoonma en skoonsussie aanmerkings maak oor haar ongesonde leefstyl.

• Indien sy seksuele omgang met haar man het terwyl die ligte brand.

• Indien sy nuwe mense moet ontmoet.

• Indien sy swemklere of kortbroeke moet aantrek.

• Indien sy ongemaklike klere aan het.

• Indien haar klere te styf aan haar lyf sit.

• Indien sy hoëhak-skoene aan het en langs haar man is wat korter as sy is.

• Indien sy menstrueer, want ʼn vrou se liggaam is dan geneig om te swel.

• Indien sy klere aantrek en dit vir haar te klein is.

• Indien sy by mense kuier en almal goed lyk en hulle alreeds kinders het.

• Indien iemand baie gewig verloor het en goed lyk.

• Sy kan ongemaklik voel wanneer mense praat oor hoe hulle oefen.

• Sy voel ongemaklik oor haar liggaam wanneer sy klere in ʼn aanpaskamer moet aanpas waar sy haar liggaam van naby onder die helder ligte kan sien.

• Sy voel ook ongemaklik oor haar liggaam as sy ʼn tyd lank nie geoefen het nie en wanneer sy ongesond eet.

• Sy voel ongemaklik oor haar liggaam in enige situasie waar maerder mense in ʼn vertrek is of waar ʼn klomp mans bymekaar is.

• Sy voel ook ongemaklik oor haar liggaam as sy ʼn mooi kliënt het.

• Sy voel ongemaklik oor haar liggaam in die gimnasium, en op die strand,

• Indien sy voor haar man moet uittrek en as sy haarself kaal in die spieël sien.

36

• Sy voel ook ongemaklik as haar man aan een van haar liggaam se “probleemareas” raak en sal dan eerder wegskram.

• Sy voel ongemaklik as sy mense lank laas gesien het en dan weer moet sien.

Sy voel ook ongemaklik as sy haar voor ander moet ontbloot.

• Sy voel ongemaklik oor haar liggaam wanneer sy klere wil koop en dit haar nie pas nie.

• Sy voel ook ongemaklik as sy wil begin oefen en swaar kry omdat sy oorgewig en onfiks is.

• Sy voel op die oomblik ongemaklik omdat sy swanger is.

• Sy voel ook soms ongemaklik as sy ʼn vol swembroek moet aantrek, terwyl ander vroue en dogters bikini’s dra.

• Pornografie en kaal tonele op televisie laat haar ongemaklik voel.

Bogenoemde is nie alleen potensiële risikosituasies nie, maar kan ook liggaamlike onvergenoegdheid meebring.

2.3.2.6.7 Moontlike oorsake

Die volgende oorsake blyk deur die empiriese navorsing bevestig te word. Kwalitatiewe navorsing kan voorgestel word of dit kan in kombinasie met kwantitatiewe data voorgelê word. Tashakkori en Teddle (2009:1-10) verwys na die “mixed methods” wat die integrering van beide metodes insluit. Ontwikkeling in die evalueringsprofessies het gelei tot ʼn toename in die gebruik van verskeie metodes wat die kombinasie van kwalitatiewe data en kwantitatiewe data insluit (Patton, 1987:8; Mowat & Swinton, 2007:50-51; Tashakkori & Teddle, 2009:1- 10).

Opsommend word die volgende oorsake, soos deur die deelnemers aangedui, uitgelig:

37

Moontlike oorsake Deelnemers beïnvloed 1. Sosiokulturele Dimensies • Sosiale druk 2, 3, 4, 5, 9, 14, 15, 19, 21 • Ouer- en familie-invloede 3, 4, 5, 6, 8, 10, 11, 13, 14, 19, 21, 22, 25, 26 • Portuurgroep en vriende 2, 3, 4, 8, 9, 14, 15, 17, 19, 20, 21 • Romantiese maat 3, 13, 15, 19, 20, 39, 26

• Spesifiek uitdagende mense 1, 2, 3, 4, 5, 8, 10, 11, 14, 15, 19, 21, 22

• Media-invloede 3, 4, 5, 6, 8, 9, 11, 12, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 24, 25, 26, 29, 30 2. Ontwikkelingsfaktore • Swangerskap 6, 7, 12, 17, 19 • Menstruele siklus 7, 9, 15 3. Kognitiewe Dimensies • Negatiewe gedagtes 2, 3, 4, 5, 6, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 24, 25, 26, 28, 29, 30 4. Lewensgebeure • Interpersoonlike afknouery 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 10, 11, 13, 14, 15, 17, 20, 22, 24, 25, 26, 27, 30

5. Individuele Sielkundige Faktore

• Internaliseringsgeneigdheid 2, 3, 4, 5, 6, 8, 9, 11, 12, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 24, 25, 26, 29, 30

• Geneigdheid tot Sosiale vergelyking

2, 3, 4, 5, 6, 8, 10, 11, 14, 15, 16, 17, 19, 21, 22

38

2.3.2.6.8 Moontlike gevolge

Onderstaande gevolge blyk deur die empiriese navorsing bevestig te word.

Moontlike oorsake Deelnemers beïnvloed 1. Emosionele gevolge • Swak selfbeeld 2, 3, 4, 5, 10, 11, 14, 15, 17, 19, 21, 22 • Ongelukkigheid en depressiewe gemoedstoestand 2, 3, 4, 5, 10, 11, 13, 14, 15, 17, 19, 21, 22, 25, 28 2. Gedragsprobleme • Vermydingstrategieë 1, 2, 3, 4, 5, 6, 8, 10, 11, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 26, 27, 29, 30 • Voorkomsverbetering- strategieë 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11,12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30 3. Sosiale gevolge • Swak interpersoonlike verhoudings 2, 3, 4, 5, 8, 10, 11, 14, 15, 16, 17, 19, 21, 22 • Huweliksprobleme 3, 10, 12, 14, 17, 18, 21

4. Kliniese sielkundige probleme

• Bulimia Nervosa 4 en 8

2.3.2.6.9 Hanteringstrategieë

Hanteringstrategieë is dit wat die vrou in die korttermyn doen om vir die oomblik beter te voel wanneer sy met liggaamsonvergenoegdheid worstel. Die volgende is die algemeenste onder die dertig deelnemers: slaap, eet, huil, harder oefen, vomering, gebruik van lakseermiddels, drink meer koffie, eet minder, beplan hoe

39

gewig gaan probeer verloor en klere gaan koop. Die meer positiewe hanteringstrategieë is die volgende: gaan kuier of stap saam met vriende, oefening, beoefen haar stokperdjie, laat doen haar hare en praat met die Here of bid.

2.3.2.6.10 Voorkomsverbetering-strategieë

Die voorkomsverbetering-strategieë van die dertig deelnemers sluit aan by die ondersoek van die literatuurstudie. Die volgende is die mees algemene voorkomsverbetering-strategieë wat die dertig deelnemers toepas of al toegepas het om beter oor hulle liggame te voel.

Die onderstaande is gesonder voorkomsverbetering-strategieë:

Oefening, gesonde dieet, gebruik van grimering en dra van mooi klere, gebruik van skoonheidsprodukte, kleur van hare, gesigsbehandeling, tande witter laat maak, tatoeëring van permanente ooglyne en behandeling van plooie.

Die volgende is minder gesonde voorkomsverbetering-strategieë:

Oormatige oefening, ongesonde dieet, gebruik van gewigsverlies-pille, sonbed- sessies, opgooi van kos en gebruik van lakseermiddel.

GERELATEERDE DOCUMENTEN