• No results found

Tabe 6.2 Model van fakl tore met veranderlikes.

10 Leerstyl: Verduidelik teenoor teks

Verduidelik Leerstyl_grafies.

11 Voorkennis: Selfoon Selfoonbesit Selfoongebruik.

12 Leerstyl: Nie verander Verander Anderoplossings.

Tabel 6.8 Faktore saam met veranderlike met hoogste belading.

6.7 GEVOLGTREKKING EN AANPASSING VAN MODEL

Die ander veranderlikes wat nie by die faktorontleding ingesluit was nie (afdeling 6.6.1), moet saam met die veranderlikes in tabel 6.8 vir verdere verwerking van die data gebruik word. Dit is geslag (een kolom), taal (veranderlikes afrhuis, enghuis,

afrikataalhuis), ras (veranderlikes blank, bruin, swart), sekondere skool (een kolom),

skoolprestasie (een kolom), gunstelingvak (veranderlikes gunstelingtaal,

gunstelingwisk en gunstelingleer).

Die veranderlikes by taal (afrhuis, enghuis en afrikataalhuis) is so saamgestel dat 'n Ieerder net by een van hierdie drie kolomme 'n 1-waarde sal he. Die rye wat 'n 1 by

nodig om te onderskei tussen leerders met Afrikaans en Engels as moedertaal nie, aangesien die module in Afrikaans en Engels beskikbaar is. Net die een kolom, afrikataalhuis, word dus in die data-stel vir verdere verwerking ingesluit.

Meeste van die leerders se ras is as blank gespesifiseer (2160 leerders uit 'n totaal van 2361 wat ten minste een vraelys ingevul het). Daar is net 89 leerders waarvan die ras as bruin gespesifiseer was, en 95 wat as swart gespesifiseer was. Die ras van 7 leerders was nie beskikbaar nie. Omdat die bruin en swart leerders baie min is, word net een kolom in die regressie gebruik, naamlik blank. Hier word dus net onderskei tussen leerders wat blank as ras gespesifiseer het en die res van die leerders.

Tabel 6.2 kan dus nou aangepas word, en in tabel 6.9 word die nuutste uiteensetting gegee.

Nr. Verwantskap Onafhanklike

veranderlike(s)

Afhanklike veranderlike(s)

1 Geslag => Sukses Manlik RVEks

2a Geslag => Voorkennis: Geen kursusse Manlik Kursusse_nee

2b Geslag => Voorkennis: Selfoonbesit Manlik Selfoonbesit

3a Geslag => Toekomsvisie Manlik Toekomsvisie2

3b Geslag => Toekomsvisie: Rekgebruik Manlik Rekwerkl

4a Geslag => Leerstyl: Toesig Manlik Toesig2

4b Geslag => Leerstyl: Aksie Manlik Aksiel

4c Geslag => Leerstyl: Verduidelikjeks Manlik Verduidelik

4d Geslag => Leerstyl: Nie verander Manlik Verander

5 Geslag => Selfvertroue Manlik Graadsuksesl

6 Geslag => Rekenaar-angs Manlik Rekenaarangs1_1

7 Taal => Sukses Afrikataalhuis RVEks

8 Ras => Sukses Blank RVEks

9a Voorkennis: Geen kursusse => Sukses Kursusse_nee RVEks

9b Voorkennis: Selfoon => Sukses Selfoonbesit RVEks

10 Sekondere skool => Sukses Skoolgroep RVEks

11a SekondeYe skool => Voorkennis: Geen

kursusse Skoolgroep Kursusse_nee

12a Leerstyl: Toesig => Sukses Toesig2 RVEks

12b Leerstyl: Aksie => Sukses Aksiel RVEks

Nr. Verwantskap Onafhanklike veranderlike(s)

Afhanklike veranderlike(s)

12d Leerstyl: Nie verander => Sukses Verander RVEks

13 Rekenaar-angs => Sukses Rekenaarangs1_1 RVEks

14a Voorkennis: geen kursusse =>

Rekenaar-angs Kursusse_nee Rekenaarangs1_1

15 Selfvertroue => Rekenaar-angs Graadsuksesl Rekenaarangs1_1

16 Selfvertroue => Sukses Graadsuksesl RVEks

17a Toekomsvisie => Sukses Toekomsvisie2 RVEks

17b Toekomsvisie: Rekgebruik => Sukses Rekwerkl RVEks

18a Sekondere skool => Toekomsvisie Skoolgroep Toekomsvisie2

19a Ras => Toekomsvisie Blank Toekomsvisie2

20 Tydsbestuur => Sukses Beplan1_2 RVEks

21 Skoolprestasie => Sukses GR12Mtelling RVEks

22 Skoolvakke => Sukses

Gunstelingleer, Gunstelingwisk, Gunstelingtaal

RVEks

23 Regte_graad => Sukses Regte_graad RVEks

Tabel 6. 9 Aangepaste model en verander ikes.

Om die ooreenkomste tussen die verwantskappe in figuur 6.2 en die wat hier gebruik word duidelik te maak, en om verwarring te voorkom, word die nommers dieselfde gehou. As gevolg van die aard van die veranderings, is dit egter nodig om by party verwantskappe a, b, c of d by te voeg. Dit kan verduidelik word met behulp van die volgende voorbeeld: In figuur 6.2 was daar een verwantskap tussen leerstyl en sukses aangedui. Nadat faktorontleding gedoen is, is leerstyl egter nie meer net een faktor in die model nie, maar onderskeid moet getref word tussen leerstyl:toesig, leerstyl:aksie, leerstyhverduidelik en leerstyl:nieverander. Die verwantskap wat in figuur 6.2 as 4 genommer was, word dus nou 4a, 4b, 4c en 4d. Nog 'n voorbeeld hiervan is die verwantskap by nommer 18b in tabel 6.9. Toekomsvisie, wat een faktor in figuur 6.2 was, is nou opgedeel in toekomsvisie en toekomsvisie:rekgebruik. Die invloed van hierdie twee verwantskappe op sukses word elkeen afsonderlik bepaal (17a en 17b), maar die invloed van die sekondere skool word net op toekomsvisie getoets en nie op toekomsvisie:rekwerk nie (dus net 18a).

Die model in figuur 6.1 moet ook vervolgens aangepas word, en dit is gedoen in figuur 6.2.

Geslag Moedertaal Voorkennis: Geen_kursusse Selfoonbesit 11a Toekomsvlsie Toekomsvisle: Rek Leerstyl: -Toesig -Aksie -TeksASrafies -Nie verander / verander

Selfvertroue 15 Rekenaar-angs Sekondere skool Ras Tydsbestuur Skoolprestasie Gunstelingskoolvak Regtegraad

Figuur 6.2 Aangepaste model van die faktore wat sukses van onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe bei'nvloed (vergelyk figuur 6.1).

6.8 SAMEVATTING

Na die versameling van data met behulp van vraelyste, biografiese data en eksamenpunte, was daar 'n groot aantal veranderlikes beskikbaar wat gebruik kon word om die verwantskappe in die model te toets. In hierdie hoofstuk is faktorontieding gedoen om te bepaal watter veranderlikes dieselfde faktor meet, sodat die aantal veranderlikes gereduseer kon word.

Omdat faktorontieding, as gevolg van die omvang van die data, nie op al die veranderlikes gedoen kon word nie, is daar eers met subversamelings van veranderlikes gewerk, naamlik voorkennis, leerstyle, rekenaar-angs, selfvertroue en toekomsvisie. Tydens hierdie proses is gevind dat die veranderlikes rekgebruik,

tydskedule, kwantitatief(geld)1, kwalitatief(mens)1, geld_mens1, kwantitatief(geld)2, kwalitatief(mens)2 en geld_mens2 by verdere verwerking uitgelaat kon word.

Die eindresultate van die faktorontieding is dat daar twaalf faktore aangedui word. Die totale variansie wat verklaar word, is 60.536%.

Uit elkeen van die twaalf faktore moes een veranderlike gekies word om daardie groep te verteenwoordig. By elke groep is die veranderlike met die hoogste telling gekies. Hierby is die faktore wat nie by die faktorontleding ingesluit was nie (aard daarvan nie geskik vir faktorontleding nie), gevoeg, en die resultaat daarvan is die model in figuur 6.2, wat as basis vir die res van hierdie studie dien.

In hoofstuk 7 word hierdie model gebruik om met behulp van regressie te toets watter van die verskillende verwantskappe in die model beduidend is.

HOOFSTUK 7 FAKTORE WAT DIE SUKSES VAN ONDERRIGLEER VAN