• No results found

Late om redelike veiligheidsmaatreëls te tref

B B ESERINGS AAN T OESKOUERS

3. Van Wyk v Thrills Incorporated (Pty) Ltd 1978 2 SA 641 (A)

5.1.5 Late om redelike veiligheidsmaatreëls te tref

i. Veenhoven v Hildebrands 1998 NJ 190

In hierdie Nederlandse saak het die feite kortliks behels dat 'n jong gimnas468 op 28 Januarie 1985 tydens 'n gimnastiekoefening gedurende dislokasie469 uit die ringe

467

Kyk ook die Amerikaanse saak Brown v Day 68 Ohio App.3d 447 588 N.E.2d 973 (1990); Snyder v Morristown Central School District No. 1 563 N.Y.S.2d 258 (App.Div 1990) en Kozlowski 1990: 1 ev.

468

Op daardie tydstip slegs 14 jaar oud. 469

geval het, en daardeur 'n neurologiese besering opgedoen het wat haar 'n blywende invalide gelaat het.470

Die afrigter, ene Anja Hildebrands, het tydens die gimnastiekoefening die gimnaste in drie groepe verdeel. Sy het toesig gehou oor 'n ander groep as waarin die beseerde was. Laasgenoemde was in 'n groep onder toesig van 'n persoon met die naam Ruud Willems. Alhoewel 'n geoefende gimnas, het hierdie toesighouer in daardie stadium nog nooit 'n dislokasie uitgevoer nie.

Buiten die feit dat die nodige matte onder die ringe aanwesig was, het niemand die val van die beseerde gimnas waargeneem nie, maar is sy met haar hoof op die vloer langs die matte aangetref.

Die hof a quo het die vader se eise vir kompensasie vir die benadeling en skade wat sy dogter gely het en nog steeds ly, afgewys met die beredenering dat die val nie voorkom kon gewees het nie, en dat daar geen onregmatigheid aan die kant van die verweerders was nie. In die Gerechtshof te Leeuwarden word die vader se appèl geha ndhaaf, en wys die hof die volgende vyf punte uit:

470

(a) Hildebrands was nie bevoeg om die gimnaste af te rig of te laat afrig in die ringe nie omdat sy self geen opleiding daarin gehad het nie.

(b) Omdat die hulpafrigter (Willems) nooit self die dislokasie uitgevoer het nie, was hy nie bewus van die spesifieke gevare wat aan die bepaalde oefening verbonde was nie en het dus ook nie behoorlik opgelet nie.

(c) By hierdie spesifieke oefening moes daar twee vangers teenwoordig gewees het.

(d) Weens die aard en moeilikheidsgraad van die spesifieke oefening moes daar 'n hoë mate van konsentrasie aan die kant van die afrigters gewees het, maar dit het ontbreek weens die feit dat die afrigters die gimnaste in drie groepe verdeel het, en was hulle aandag dus verdeeld.

(e) Daar is uit die feite afgelei dat die meisie op haar kop langs die matte geval het, en is daar dus aangeneem dat daar te min matte vir die oefening gepak was.

Op appèl na die Hoge Raad het die hof 'n paar punte van belang uitgewys.471 In die eerste plek, dat in alle regstelsels aanvaar word dat by bepaling van aanspreeklikheid vir beserings opgedoen tydens 'n sportwedstryd, "die aard van die spel en die ingeboude risiko's van die onderskeie sportsoorte meebring dat sekere aanpassings gemaak moet word."472 Tweedens moet vasgestel word of die besering in sy geheel aan die gebrek aan behoorlike voorsorgmaatreëls toegeskryf kan word, en of dit nie gedeeltelik weens die nalatigheid van die beseerde self was nie.

In hierdie verband kan ook verwys word na 'n beslissing van die Hoge Raad van 21 Oktober 1988473 waar die feite soos volg was:474

Tydens 'n sirkusvertoning is vrywilligers uit die gehoor gevra om deel te neem aan die laaste toertjie van die aand. Ene Spekman het homself aangemeld, en het instruksies ontvang om op 'n esel sonder tuig te gaan sit. Daar is verder aan hom gesê om nie die donkie te skop of aan die ore vas te hou nie. Nadat hy die donkie bestyg het, het die dier hom

471

Vir die volledige bespreking van die saak sien Labuschagne 1999: 132 ev. (THRHR) 472 Labuschagne 1999: 133. 473 1989 NJ 729. 474 Labuschagne 1999: 134.

afgegooi waarna hy 'n ernstige heupbreuk opgedoen het. Die eis vir vergoeding is met die volgende verduideliking gehandhaaf:475

"Het gaat hier immers, naar de onweersproken stellingen van Spekman, om schade veroorzaakt door een dier waarvan Mullens – als circusexploitant – zich bediende om het 'ter opsluiting van de voorstelling' ongezadeld door onervaren lieden als Spekman te doen berijden, terwijl Mullens wist dat 'uitermate grote risico's in zich hield'... Dan is de circusexploitant, zowel als eigenaar van het dier of degene die zich daarvan bedient, als omdat het in strijd met de maatschappelijk betamende zorgvuldigheid is een ander aan een dergelijk gevaar bloot te stellen, voor die schade aansprakelijk, en kan hij zich niet aan die aansprakelijkheid onttrekken door zich erop te beroepen dat de bezoeker van zijn voorstelling de aan het berijden van dat dier verbonden risico's heeft aanvaard, nu immers de circusexploitant, die de risico's minstens evengoed kende, zulks heeft uitgelokt. Ten hoogste is dan plaats voor een vermindering van de vergoedingsplicht indien de rechter op grond van de omstandigheden van het geval mocht oordelen dat de schade mede aan de bezoeker is toe te rekenen"

In sy artikel kom Labuschagne476 tot die gevolgtrekking dat in sportsoorte477 waar daar 'n hoë beseringsrisiko bestaan, 'n

475

Soos verkry uit Labuschagne 1999: 134 en 135. 476

veel hoër verantwoordelikheid as bloot dié van 'n redelike persoon deur die deliktereg in die betrokke afrigter se hande geplaas word. Sodanige verantwoordelikheid speel myns insiens 'n groot rol in die aanvanklike toestemming tot die betrokke risiko. Dit is tog die afrigter se werk om toe te sien dat die speler oor die nodige kennis beskik om ingeligte toestemming tot sodanige inherente risiko's te verleen.