• No results found

5.4 ONTLEDING EN INTERPRETASIE VAN DATA BEKOM UIT

5.4.2 Kennis van Assessering: Resultate (Afdeling A, Vraag 1 – 10)

5.4.2.1 Wat verstaan u onder leeruitkomste?

Die respondente het oënskynlik probleme gehad om vraag 1 te beantwoord. Alhoewel daar in die response na kennis (D1, F1, en G1), ‘n vaardigheid (D1), vaardighede (E1 en G1) en houdings (E1) verwys word, kon geeneen werklik sê wat leeruitkomste is nie. Die uitsprake van respondent 1 iets wat jy moet bereik (D1), respondent 2 dit wat jy graag wil bereik (E1), respondent 3 dit wat jy wil

bereik (F1) en respondent 4 is what we do when we assess a learner (G1), dui

daarop dat daar nie heeltemal sekerheid bestaan oor wat leeruitkomste is nie, veral as dit vergelyk word met die beskrywing van onder andere Martin-Kniep (1998:27) dat leeruitkomste gestel word in terme van kennis wat opgedoen word, vaardighede wat verkry word, en waardes en houdings wat aangekweek word.

5.4.2.2 Wat verstaan u onder assesseringstandaarde?

Op vraag 4 kon net respondent 3 ‘n aanvaarbare respons lewer, nl. ... dit dui op

die vlak waar die kind behoort te wees ... (F1). Uit die meeste van die

respondente se antwoorde blyk daar ‘n vaagheid oor die essensiële kenmerke van assesseringstandaarde te wees. So byvoorbeeld meld D1 dit is ... hoe die

kind die werk verstaan ..., ... ‘n manier van evaluasie, en ... voordat jy die leeruitkomste kan bereik (E1), ... are something ... , ... I’m not sure ... (G1).

Genoemde uitsprake is geensins in ooreenstemming met die beskrywing wat in die literatuur aangetref word nie, naamlik dat assesseringstandaarde die vlak beskryf waarop leerders moet kan toon dat hulle die leeruitkomste bereik het.

5.4.2.3 Hoeveel leeruitkomste is daar vir die leerarea Sosiale Wetenskappe?

In die geval van vraag 2 het slegs respondent 1 ‘n aanvaarbare respons verstrek deur te noem dat daar ... drie leeruitkomste ... is (D1). Die antwoorde van die meeste respondente, soos byvoorbeeld dat daar ... ses ... (E1) en ... vier (F1), ...

four (G1) leeruitkomste is, het die onsekerheid van die respondente na vore

gebring omtrent die aantal leeruitkomste wat in die leerarea sosiale wetenskappe bestaan.

5.4.2.4 Op watter wyse is die leeruitkomste vir Sosiale Wetenskappe verdeel?

Die respondente het op vraag 3 almal ‘n aanvaarbare respons gelewer, naamlik ... aardrykskunde en geskiedenis (F1), ... geography and history (G1). Dit blyk uit die response van die respondente dat hulle redelik op hoogte is van die feit dat die leerarea Sosiale Wetenskappe uit geskiedenis en aardrykskunde bestaan.

5.4.2.5 Wat word geassesseer?

Ook in die geval van vraag 6 het al die respondente aanvaarbare response gelewer. So byvoorbeeld meld respondent 3 dit is ... kennis, vaardighede, en dan

waardes en houdings (F3). Uit die uitsprake van die respondente is dit duidelik

dat hulle heeltemal seker is oor wat geassesseer word.

5.4.2.6 Wie assesseer?

Die respondente het op vraag 9 almal ‘n aanvaarbare respons gelewer, soos blyk uit die uitsprake ... onderwysers, maats ... (D2), ... die leerder, opvoeder, ... die

ouers, ... leerareahoofde ... die hoof ... (E2), ... die opvoeders, ... die leerders, .... ‘n instansie van buite of ‘n persoon van buite ... (F2), ... the teacher, the educator, ... a parent, ... a learner, ... somebody outside your school (G2). Uit die response

5.4.2.7 Wat verstaan u onder assessering?

Die respondente kon, met die uitsondering van een, nie bevredigend antwoord wat onder assessering verstaan word nie. Respondent 1 kon wel slegs noem dat assessering ... ‘n manier van evalueer (D1) is, terwyl die meeste respondente ‘n gebrekkige kennis oor assessering toon, byvoorbeeld Dis kriteria om jou

assesseringstandaarde te kan meet (E1), ... meetinstrument ... (F3), ... is different from test ... (G2). Dit blyk dat daar by die respondente ‘n onsekerheid bestaan

wat onder asssessering verstaan word.

5.4.2.8 Waarom word geassesseer?

Op vraag 7 kon slegs respondent 3 en respondent 4 ‘n paar redes, soos wat in die literatuur vermeld word, noem wat die doel van assessering is, byvoorbeeld ...

om te bepaal op watter vlak is, ... in hoe ‘n mate die kind ... gevorder het (F2), ... to look for the progress of the learner, ... know which level the learner is, ... or he needs support somewhere ... (G2). Die ander respondente se kennis oor die doel

van assessering skyn gebrekkig te wees, soos reflekteer in die uitsprake ... ‘n

manier om te bepaal of jy op die regte roete is (D2), ... of die leerder wel sy leeruitkomste bereik het ... (E1). Genoemde response dui daarop dat daar nie

voldoende sekerheid bestaan waarom geassesseer word nie, veral as dit vergelyk word met die beskrywing in die literatuur dat daar heelwat verskillende doeleindes ten grondslag van assessering lê. Die uiteindelike doel van assessering is om vas te stel wat die leerders geleer het deur te bepaal in watter mate die leeruitkomste bereik is.

5.4.2.9 Wanneer word geassesseer?

In die geval van vraag 8 kon die meeste van die respondente ‘n aanvaarbare respons lewer oor wanneer geassesseer word. So byvoorbeeld meld D2 en E2 ...

deurlopend, terwyl G2 noem ... in each and every lesson. Die uitspraak van een

respondent ... gewoonlik na die afhandeling van ‘n taak (F3), dui daarop dat daar onsekerheid bestaan by respondent 3 oor wanneer geassesseer word.

5.4.2.10 Watter hulpmiddels of instrumente word gebruik in assessering?

Vraag 10 wou die respondente se kennis toets oor watter hulpmiddels of instrumente in assessering gebruik word. Slegs respondent 3 en respondent 4 kon sê die hulpmiddels in assessering is ... rubrieks, matrikse, memorandums ... (F2), en ... rubrics (G3), terwyl die ander respondente ‘n gebrekkige kennis getoon het, soos dit duidelik in hul uitsprake reflekteer, byvoorbeeld: ... met ‘n

toets of ‘n vraelys ... (D2), ... Jy kan werkstukke het, jy kan die kinders uitneem in die veld... (E2). Uit die response van die respondente blyk dit of almal nie seker is

oor watter hulpmiddels of instrumente in assessering gebruik word nie.

5.4.2.11 Samevatting

Uit die ontleding van vraag 1 - 10, met die uitsondering van vrae 3, 6 en 9, is dit duidelik dat die respondente tans ‘n gebrekkige kennis van assessering openbaar. Wat vraag 1 (sien 5.4.2.1) tot vraag 2 (sien 5.4.2.3), vraag 4 (sien 5.4.2.2) tot vraag 5 (sien 5.4.2.7) en vrae 7 – 9 (sien 5.4.2.8 – 5.4.2.10) betref, dui die response van die meeste respondente daarop dat daar onsekerheid bestaan oor assessering. Dit is kommerwekkend dat onderwysers, wat reeds in 2004 opleiding ontvang het om hulle te ondersteun in hul voorbereiding vir die implementering van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring in 2005, se kennis van assessering steeds onvoldoende is. Aangesien deurlopende assessering (DASS) ‘n belangrike assesseringstrategie binne uitkomsgebaseerde assessering is, behoort dit van elke onderwyser vereis te word om ‘n omvattende kennis van assessering te hê.

5.4.3 Kennis van die leerderportefeulje: Resultate (Afdeling B, Vraag 11 –