• No results found

Die invloed van koöperatiewe leer op die houding van Graad 8 leerders teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde

EMPIRIESE ONDERSOEK

31 Dit is moontlik om beter in wiskunde te doen deur hard te werk.

4.4.1.7.2 Die invloed van koöperatiewe leer op die houding van Graad 8 leerders teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde

Die kontrole- en eksperimentele groepe se gemiddeldes is met mekaar vergelyk ten opsigte van die natoets van die empiriese ondersoek. „n Effekgrootte (d) is bereken om te bepaal of daar „n prakties betekenisvolle verskil tussen die kontrole- en eksperimentele groepe se gemiddeldes was as gevolg van die intervensie (koöperatiewe leer) wat toegepas is op die eksperimentele groep.

106

Tabel 4.7 Vergelyking van eksperimentele en kontrolegroepe ten opsigte van die natoets vir die verskillende velde van houding teenoor wiskunde

Velde van die houdingsvraelys Eksperimentele groep (n = 79) Kontrolegroep (n = 178) Effekgrootte (d) Gemiddeld Standaard -afwyking Gemiddeld Standaard- afwyking Selfvertroue ten opsigte van

wiskunde

2,80 0,99 2,74 0,93 0,06

Motivering ten opsigte van wiskunde

2,63 0,95 2,88 0,87 0,26

Oortuiging dat wiskunde waarde het

2,84 0,88 1,92 0,73 1,05

Uit Tabel 4.7 blyk dit duidelik uit die effekgroottes ten opsigte van die velde “Selfvertroue ten opsigte van wiskunde” en “Motivering ten opsigte van wiskunde” dat geen betekenisvolle verskil voorgekom het tussen die eksperimentele en kontrolegroepe vir die natoets nie. Oortuiging dat wiskunde waarde het, het egter „n groot effek met prakties betekenisvolle verskil getoon. Dit blyk dus dat die leerders van die eksperimentele groep tot „n groter mate oortuig was van die waarde van wiskunde as wat die geval was met die kontrolegroep (kyk 2.5.2).

Tabel 4.8 Vergelyking van eksperimentele en kontrolegroepe ten opsigte van die natoets vir die velde van houding teenoor probleemoplossing in wiskunde

Velde van houding teenoor probleemoplossing in wiskunde Eksperimentele groep (n = 79) Kontrolegroep (n = 178) Effekgrootte (d) Gemiddeld Standaard -afwyking Gemiddeld Standaard- afwyking Selfvertroue ten opsigte van

probleemoplossing in wiskunde

2,82 0,90 2,65 0,80 0,19

Motivering ten opsigte van probleem-oplossing in

wiskunde

2,74 0,79 2,73 0,70 0,01

Oortuigings dat probleem- oplossing in wiskunde

waarde het

107

Uit Tabel 4.8 is dit duidelik dat geen betekenisvolle verskille waargeneem is deur die eksperimentele en kontrolegroepe ten opsigte van die velde van houding teenoor probleemoplossing in die natoets te vergelyk nie.

Tabel 4.9 Vergelyking van eksperimentele en kontrolegroepe se voor- en natoetse

vir die verskillende velde van houding teenoor wiskunde

Velde van die houdingsvraelys

Eksperimentele groep (n = 79) Kontrolegroep (n = 178) Voortoets gemiddeld Natoets gemiddeld Voortoets gemiddeld Natoets gemiddeld Selfvertroue ten opsigte van

wiskunde (r = 0,68)

2,88 2,80 2,68 2,74

Motivering ten opsigte van wiskunde

(r = 0,63)

2,82 2,63 2,69 2,88

Oortuiging dat wiskunde waarde het

(r = 0,54)

2,01 2,84 1,81 1,92

Pearson se korrelasiekoëffisiënt (r) is vir elkeen van die velde van houding teenoor wiskunde bereken (kyk 4.4.1.5). Uit die waardes kan afgelei word dat „n positiewe korrelasie tussen die voor- en natoetse vir beide die eksperimentele en kontrolegroepe bestaan ten opsigte van die drie velde van houding teenoor wiskunde.

Uit Tabel 4.9 kan afgelei word dat leerders uit die eksperimentele groep se houding ten opsigte van wiskunde vir die velde “selfvertroue ten opsigte van wiskunde” en “motivering ten opsigte van wiskunde” afgeneem het. Aan die ander kant, het hul oortuiging dat wiskunde waarde het, betekenisvol toegeneem. Die leerders uit die kontrolegroep, daarenteen, se houding ten opsigte van wiskunde het verbeter ten opsigte van al drie velde. Die gemiddelde waardes van die verskillende velde van houding teenoor wiskunde is grafies voorgestel in die onderstaande figure (kyk Figure 4.4 - 4.6) om sodoende „n verduideliking te probeer bied vir die resultate in Tabel 4.9.

„n Klein of geen betekenisvolle verskil tussen twee groepe word voorgestel deur „n kruising of snyding van die eksperimentele- en kontrole groepe se gemiddeldes (kyk Figure 4.4 en 4.5), waar „n medium of groot betekenisvolle verskil tussen gemiddeldes voorgestel word deur die neiging tot parallelle lyne (kyk Figuur 4.6).

108

Figuur 4.4 Vergelyking van groepgemiddeldes vir selfvertroue ten opsigte van wiskunde

Figuur 4.5 Vergelyking van groepgemiddeldes vir motivering ten opsigte van wiskunde

Figuur 4.6 Vergelyking van groepgemiddeldes vir oortuiging dat wiskunde waarde het

109

Tabel 4.10 Vergelyking van eksperimentele en kontrolegroepe se voor- en natoetse vir die verskillende velde van houding teenoor probleemoplossing in wiskunde

Velde van houding teenoor probleemoplossing in wiskunde Eksperimentele groep (n = 79) Kontrolegroep (n = 178) Voortoets gemiddeld Natoets gemiddeld Voortoets gemiddeld Natoets gemiddeld Selfvertroue ten opsigte van

probleemoplossing in wiskunde (r = 0,58)

2,89 2,82 2,66 2,65

Motivering ten opsigte van probleemoplossing in wiskunde

(r = 0,37)

2,67 2,74 2,79 2,73

Oortuiging dat probleemoplossing in wiskunde waarde het

(r = 0,57)

2,46 2,36 2,28 2,37

Pearson se korrelasiekoëffisiënt (r) is vir elkeen van die velde van houding teenoor probleemoplossing in wiskunde bereken (kyk 4.4.1.5). Uit die waardes kan afgelei word dat „n positiewe korrelasie tussen die voor- en natoetse vir beide die eksperimentele en kontrolegroepe ten opsigte van die velde “selfvertroue ten opsigte van probleemoplossing” en “oortuiging dat probleemoplossing in wiskunde waarde” het, bestaan.

Uit Tabel 4.10 kan afgelei word dat leerders uit die eksperimentele groep se houding ten opsigte van probleemoplossing in wiskunde vir die velde “selfvertroue ten opsigte van probleemoplossing in wiskunde” en “oortuiging dat probleemoplossing in wiskunde waarde het” afgeneem het. Aan die ander kant het hul motivering ten opsigte van probleemoplossing, toegeneem. Die leerders uit die kontrolegroep, daarenteen, se oortuiging dat probleemoplossing in wiskunde waarde het, het toegeneem, terwyl die gemiddeldes van die twee ander velde afgeneem het.

Die gemiddelde waardes van die verskillende velde van houding teenoor probleemoplossing in wiskunde (kyk Tabel 4.10) is grafies voorgestel in die onderstaande figure om „n moontlike verklaring vir die resultate te probeer bied. „n Klein of geen betekenisvolle verskil tussen die twee groepe word voorgestel deur „n kruising of snyding van die eksperimentele- en kontrole groepe se gemiddeldes, waar „n medium of groot betekenisvolle verskil voorgestel word deur die neiging tot parallellyne (positiewe gradiënt).

110

Figuur 4.7 Vergelyking van groepgemiddeldes vir selfvertroue ten opsigte van probleemoplossing in wiskunde

Figuur 4.8 Vergelyking van groepgemiddeldes vir motivering ten opsigte van probleemoplossing in wiskunde

Figuur 4.9 Vergelyking van groepgemiddeldes vir oortuiging dat

111

4.4.1.7.3 Die invloed van koöperatiewe leer op die prestasie van Graad 8 leerders