• No results found

86

NORTH-WEST UNIVERSITY

YUNIBESIT! YA BOKONE-BOPHIRIMA NOORDWES-UNfVERSfTEIT

Tel:(018) 299 1773 Faks (018) 299 1825

Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportvvetenskap

WIE DIT MAG AANGAAN

Baie dankie vir u bereidwiliigheid ten opsigte van ons navorsingstudie! Hier volg cn kort verduideliking

van wat ons beoog om te bereik deur die toetse wat ons op die kinders wil uitvoer.

Die navorsing word gedoen vir 'n Meesters-graad verhandeling. Die toetse sal behartig word deur Honneurs en Meestersgraad studente onder leiding van Dr. Anquanette Peens. Die doel van die studie is om "n fisieke-vermoe profiele van fisiek- gestremde atlete saam te stel en ook sekere aanbevelings te maak ten opsigte van oefeningsprogramme. Die studie is deur die etiese komitee van die Noordwes Universiteit goedgekeur.(07M08).

Ons maak gebruik van die BROCKPORT toets wat saamgestel is op cn soortgelyke manier as die

"Fitnessgramme", maar wat vir kinders met gestremdhede aangepas is. Hierdie toets is interaasionaal goedgekeur en word reg oor die wereld aangewend om die fisieke vermoe' en fisieke fiksheid van kinders te bepaal. Die resultate word vergelyk met gestandardiseerde internasionale norme wat deur vorige

navorsing vasgele is.

Die Brockport toets sluit die volgende komponente in waarvan die kinders slegs op die relevante aspekte volgens klassifikasies getoets sal word:

LIGGAAMSAMESTELLMG EN AeROBIESE KOMPONENT Target Aerobic Movement Test (TAMT)

Hierdie toets meet die aerobiese fiksheid/vermoe van die kind en die vermoe om oefening binne die voorgestelde teiken harttempo vir 15 min te doen. Die kinders sal op vlak 1 van die toets geevalueer word, dit is die basiese vlak van die toets waar die kind aan matige intensiteit aktiwiteite deelneem.

1 Myl hardloop of loop

Hierdie toets meet die aerobiese fiksheid/vermoe van die kind. Die kinders moet 1 myl so vinnig as wat hulle kan loop of hardloop. Die tyd en harttempo word geneem.

Velvoue

Dit is antropometriese metings. Die liggaamsamestelling word bepaal deur 'n velvoutang te gebruik en sal geen ongemak vir die kind veroorsaak nie. Die trisep-, subskapuler- en kuitvelvou word gemeet. Liggaamsmassa en liggaamslengte word ook geneem om die liggaamsmassa-indeks te kan bereken.

MUSKULOSKELETALE FTJNKSIONERING Aangepaste Apley toets

Die kind poog om met sy een hand terugwaarts te reik en aan die teenoorgestelde skapula te raak. Hierdie toets poog om bolyf/skouer soepelheid te meet.

Aangepaste Thomas toets

Kind le op sy rug op n tafel met bene wat van die kant afhang. Die kind moet poog om een been op te trek na die bors terwyl die ander been stil gehou word. Hierdie toets meet die lengte van die heupfleksor spiere.

87

Target Stretch Test (TST)

Met hierdie toets word gepoog om maksimale bewegingsomvang van die gewrigte te meet. Die volgende sal gemeet word: gewrigsekstensie, elmboogekstensie, skouerekstensie, skouerabduksie, skouer eksterne rotasie, voorarmsupinasie, voorarmpronasie en knie ekstensie.

40 m Stoot/Stap

Hierdie toets vereis dat die kind 40 m stap of sy /haar rolstoel vir 40 m stoot. Hierdie toets meet die kind se krag en uithouvermoe.

Sittende opstoot

Die kind sit op die grond, 'n opstoot blok word weerskante gesit, die kind moet sy/haar hande op die blokke plaas en van die grond af opstoot en elmboe ekstensieer en die posisie hou vir solank moontlik. Kinders in rolstoele sal in die rolstoel bly sit en hom/haar van die rolstoel opstoot deur van die armleunings gebruik te maak. Die toets meet bolyf krag en uithouvermoe.

Dumbbell Press (13 - 17 jaar)

In hierdie toets word vereis dat die kind die dumbbell opstoot vir soveel kere as moontlik tot en met 50 repetisies. Persoon kan in rolstoel of op stoel sit. Die toets meet skouergordelkrag en uithouvermoe.

Rolstoel ramp toets

By hierdie toets moet die kind poog om homself/haarself in die rolstoel op 'n standaard ramp te stoot. Die evalueerder sal egter die kind volg om sy/haar veiligheid te verseker. Die toets meet bolyf krag en uithouvermoe.

Modified curl-up

Hierdie toets meet abdominale krag. Die kind le op die grond met hande of bene wat gebuig is. Hy moet dan sy skouers oplig, hande skuif dan tot by sy kniee soos opkom en weer terug in rustende posisie.

U is onder geen verpligting om u kind aan die projek te laat deelneem nie. Ek kan u verseker dat daar geen skade aan die kinders berokken sal word nie, hetsy fisies of geestelik. Daar is ook geen kostes aan verbonde nie. Geen Ieerling se naam sal bekend gemaak word nie.

Vind asseblief aangehef n ingeligte toestemmingsbrief wat u asseblief vir die ouers moet deurgee, asook 'n vorm waar ons die inligting van die kinders benodig wat vir ons die tipe gestremdheid van die kind asook hul ouderdom, geslag en aan watter item die kind deelneem aandui. Dit sal hoog op prys gestel word as u vir ons daardie vorm kan terugstuur sodat ons solank die datakaarte kan saamstel om die dag van toetsings te vergemaklik.

Ons sal u weer kontak met die presiese datums en om verdere reelings te tref. Ons beplan om in die eerste week na die skole heropen het, met die toetse te begin.

Ons besef dat u moeite doen om hierdie moontlik te maak en waardeer dit opreg.

By voorbaat dankie vir u samewerking.

Petro Human Dr. A. Peens

Kinderkinetikus Studieleier Tel: 072 444 0641 Tel: 018 299 1797

Epos: 12319503@,nwu.ac.za

88

BYLAAG C

VOORBEELD VAN N