• No results found

Inligtings en toestemmingsvorm Beste deelnemer:

In document Gay sexuality in a coloured community (pagina 142-145)

Ek is n senior sielkunde student by die Universiteit van Stellenbosch, en hierdie navorsingsprojek is deel van my kursus. Ek wil jou graag nooi om deel te neem daaraan. Die navorsing kyk na hoe gay, kleurling mans in ‘n landelike gebied hulle seksualiteit verstaan en beleef. Hierdie projek sal help in die bevordering van positiewe gay navorsing in Suid Afrika, om ‘n beter begrip te ontwikkel rondom sielkundige prosesse gekoppel aan seksualiteit, en om te help in die formasie van kennis om sodoende beter MIV/VIGS en ander seksuele gesondheidsprogramme te ontwikkel. Ek besef dat dit ‘n sensitiewe onderwerp is en dat ‘n mens sulke inligting privaat wil hou. As jy verderaan lees, sal jy sien dat ek sal seker maak dat jou inligting aan my vertroulik sal bly.

Geen name van die deelnemers sal in die werkstuk wat ek oor hierdie onderwerp moet skryf, gebruik of bekend gemaak word nie.

As jy bereid is om deel te neem aan my projek sal die volgende van jou verwag word:

1. Om deel te neem aan ‘n individuele onderhoud met my. Hierdie onderhoud sal met ‘n bandopnemer op band opgeneem word. Hierdie onderhoud sal in ‘n kamer by die departement van sielkunde by die Universiteit van Stellenbosch plaasvind, maar net ek en jy sal teenwoordig wees en niemand anders sal weet waaroor ons praat nie. Jy hoef nie aan my jou naam te verstrek nie, en jy kan vir jouself enige naam gee as jy dit so verkies. Ek sal die enigste persoon wees wat na die band van die onderhoud luister.

2. Om behalwe die individuele onderhoud, ook deel te neem aan ‘n groep onderhoud. Dit beteken dat jy saam met ‘n groep ander gay mans van jou gemeentskap (en waarskynlik ander gemeentskappe ook) met my sal vergader (weer in ‘n kamer by die departement van sielkunde, Universiteit van Stellenbosch), en waar julle onder

mekaar praat oor julle seksuele ervaringe en idees oor seksualiteit. Die onderhoud sal op videokassette opgeneem word. Weereens kan ek jou verseker dat net ek na die opname sal kyk, en dat niemand anders teenwoordig sal wees nie.

3. Die onderhoude sal elk nie langer as twee uur duur nie. Vervoer huistoe sal vir jou gereël word as jy dit benodig.

Ek vertrou dat die onderhoud vir jou interesant en behulpsaam sal wees. Dit is moontlik dat die vrae vir jou ongemaklik sal maak en dat sommige vrae persoonlik van aard gaan wees. Jy is nie verplig om te antwoord nie en kan enige tyd weier om die vrae te beantwoord.

As jy na die onderhoud voel dat jy met iemand wil praat oor iets wat in die onderhoud vir jou gepla het, kan jy gerus een van die volgende nommers skakel:

Stellenbosch Hospitaal, Voorligtingsdienste: (021) 887 7913. Dr. E. Lesch: (021) 808 3466.

Mnr. C Petty: (021) 808 3453.

Ek, as navorser onderneem dat:

1. Al het jy die toestemmingsbrief geteken, kan jy ter enige tyd weier om ‘n vraag te beantwoord of om verder deel te neem aan die navorsingsprojek.

2. Ek die enigste persoon is wat jou kontak besonderhede het, en dat dit ten alle tye in veilige bewaring geplaas sal word.

3. Dat die band en video opnames ten alle tye in veilige bewaring geplaas sal word.

4. Ek die enigste persoon is wat toegang tot bogemoemde items het.

5. Na afhandeling van die projek sal ‘n afskrif van die werkstuk wat ek gaan skryf aan jou beskikbaar gestel sal word.

As jy nou alles gelees het, en bereid is om deel te neem aan die navorsingsprojek, kan jy die volgende vorm lees en invul.

Baie dankie !!

TOESTEMMINGSDOKUMENT:

Verklaring deur deelnemer: Ek, die ondergetekende,

______________________________________________________________________ van___________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ____________________(Adres) met kontak nommer___________________________

A. Ek bevestig dat:

1. Ek uitgenooi is om deel te neem aan bogemelde navorsingsprojek wat deur die navorser onderneem word.

2. Die doel en aard en die prosedures van die projek aan my verduidelik is.

3. Die hoeveelheid mense wat betrek gaan word sowel as die hoeveelheid ure wat van my verwag word, aan my bekend gemaak is.

4. Ek gewaarsku is dat sommige van die vrae dalk ongemaklik of persoonlik van aard gaan wees. Ek meegedeel is dat die inligting wat ingewin word as vertroulik en anoniem behandel sal word, maar wel vir ‘n Magistergraad in die Sielkunde, aangewend sal word.

5. Na afhandeling van die projek ‘n afskrif van die navorsing aan my beskikbaar gestel sal word.

6. Ek meegedeel is dat ek mag weier om deel te neem aan hierdie projek asook

deelname daaraan mag staak, en dat enige sodanige weiering of staking nie op enige manier my sal benadeel nie. Ek verstaan ook dat die navorser my van die projek mag onttrek indien dit in my belang geag word deur hom.

7. Ek die inligting wat hierbo weergegee is verstaan het, en dat ek die geleentheid gegee is om vrae te vra en dat al my vrae bevredigend beantwoord was.

8. Daar geen dwang op my geplaas is om toe te stem tot my deelname aan hierdie projek nie en dat ek besef dat ek deelname te enige tyd mag staak sonder enige penalisasie.

9. Deelname aan die projek geen addisionele koste vir my inhou nie.

B. Ek stem vrywilig in om deel te neem aan die bogemelde projek.

Geteken te______________________op________________________2005.

____________________________ _____________________

(HANDTEKENING) (GETUIE)

VERKLARING DEUR DIE NAVORSER:

Ek,_________________________________verklaar dat ek:

1. Die inligting vervat in hierdie dokument aan die

deelnemer,_____________________________________________ verdeuidelik het.

2. Hom versoek het om vrae aan my te stel indien daar enigiets onduidelik was. 3. Dat hierdie gesprek in Afrikaans plaasgevind het en dat geen tolk gebruik is

nie.

Geteken te________________________________op___________________2005.

_____________________________ __________________________

In document Gay sexuality in a coloured community (pagina 142-145)