• No results found

Die inligting in hierdie dokument sal die deelnemer voorsien van die nodige besonderhede, sodat ‘n ingeligte besluit rakende vrywillige deelname aan hierdie studie gemaak kan word. Titel van die navorsing:

Die rol van die maatskaplike werker in die bevordering van verhoudings tussen ouers met uitdagende sosiale omstandighede en onderwysers in ‘n plattelandse gemeenskap.

Instansie:

Sentrum vir Kinder, Jeug en Familie Studies (NWU) Naam en kontakbesonderhede van navorser: Hannalie van der Merwe

0233170427

Die vereistes van deelnemers en die rede waarom deelnemers gekies is:

Die deelnemers moet gemeenskapslede wees wat deur die ouers en onderwysers in die betrokke skoolgemeenskap aangewys is as rolspelers wat kan bydra tot die bevordering van ouer-onderwyser verhoudings. Die deelnemers is gekies deur middel van vrywillige doelmatige selektering.

Wat is die doel van die navorsing?

Om vas te stel of die betrokkenheid van ‘n maatskaplike werker kan bydra tot die bevordering van verhoudings tussen onderwysers en ouers met sosiaal uitdagende omstandighede in ‘n plattelandse gemeenskap.

Wat sal verwag word van die deelnemer en wat sal die fokusgroep behels?

Die deelnemers sal gevra word om hul subjektiewe ervaringe rakende verhoudings tussen ouers en onderwysers in die betrokke plattelandse gemeenskap te deel, asook om bydraes ten opsigte van hul rol in die gemeenskap te lewer in die opstel van ‘n moontlike aksieplan wat voorgelê kan word aan die gemeenskap. Die dinamika van die groep sal bydra tot die voorsiening van ryk en betekenisvolle data. Die fokusgroep sal opgeneem word op ‘n

182 videokamera om die akkuraatheid van die data wat ingesamel word, te verseker. Die navorser sal deurgaans ook veldnotas maak rakende haar observasies van die deelnemers se reaksies. Om te voorkom dat die navorser die fokusgroep verkeerdelik interpreteer, sal sy ter afsluiting opsom wat sy waargeneem en verstaan het tydens die gesprekke. ‘n Afskrif van die samevatting en aksieplan wat opgestel is, sal ook later aan deelnemers voorsien word. Wat is die potensiële ongemak/gevare of permanente nagevolge (hoe gering ookal) wat die deelnemers moontlik kan ervaar?

Alhoewel persoonlike en emosionele reaksies moontlik gedeel kan word, sal die navorser daarna streef om nie vir die deelnemers ongemak te veroorsaak of hulle tydelike of permanente skade te berokken nie. Die deelnemer het die reg om enige inlingting te weerhou en mag op enige stadium besluit om te onttrek van die fokusgroep.

Watter voorkomingsmaatreëls is geneem om die deelnemers te beskerm?

Die navorser sal alles binne haar vermoë doen om die konfidensialiteit en anonimiteit van die deelnemer te beskerm. Die naam van die deelnemer sal nie in die studie verskyn nie. Die transkriberings van die fokusgroep sal veilig bewaar word in die brandbestande kluis van die Sentrum vir Kinder, Jeug en Familie Studies (NWU).

Is enige vergoeding of voordele aangebied vir die deelnemers se deelname aan die studie? Nee

Watter potensiële voordele hou die studie in vir die breër gemeenskap?

Die studie sal fokus daarop om die verhoudings tussen ouers en onderwysers in die plattelandse gemeenskap te bevorder deur die rol van die maatskaplike werker daarin te ondersoek en ander rolspelers ook te betrek.

Hoe sal die bevindinge van die studie beskikbaar gestel word aan die deelnemers?

Die bevindinge sal deel vorm van ‘n tesis in artikel vorm wat gepubliseer sal word in ‘n akademiese joernaal.

As die navorser, bevestig ek dat die bogenoemde inligting volledig en korrek is. Handtekening van navorser: _______________________________

Datum: _______________________________

183

U word uitgenooi om deel te neem aan die bogenoemde navorsingstudie. Dit is belangrik dat u ook die onderstaande algemene beginsels, wat van toepassing is op alle deelnemers, deurlees en verstaan.

1. Deelname in die studie is vrywillig en geen druk, hoe gering ookal, word op u geplaas om deel ten neem nie.

2. Dit is moontlik dat u geen persoonlike voordeel sal trek uit u deelname aan hierdie studie nie, alhoewel die kennis wat opgedoen word gedurende die studie tot voordeel van ander pesone en die gemeenskap mag strek.

3. U mag op enige oomblik van die studie onttrek, sonder om ‘n rede daarvoor te verskaf en sonder om enige skade te ly. U mag ook versoek dat u data nie mag deel vorm van die studie nie.

4. Deur voor te neem om deel te neem aan hierdie studie, gee u toestemming dat die data wat ingewing word, deur die navorser vir toepaslike wetenskaplike doeleindes gebruik mag word, op die voorwaarde dat die data konfidensieel sal bly en u naam nie daaraan verbind kan word, sonder u toestemming nie.

5. U sal op navraag toegang kan verkry tot u data, behalwe as die Etiese Kommittee van Noordwes-Universiteit dit tydelike teenstaan.

6. ‘n Opsomming van die aard van die studie, die potensiële risiko’s, faktore wat moontlike ongemak of skade, die voordele wat verwag kan word en/of permanente nagevolge wat u deelname aan die studie mag inhou, word hierbo uit een gesit.

7. U word aangemoedig om op enige stadium die navorser enige vrae te vra wat u mag hê rakende die studie en die verwante prosedures. Die navorser sal graag u vrae antwoord en die nodige besonderhede met u bespreek, indien u dit sou nodig vind.

8. Die fokus van die studie is altyd sekondêr tot u welstand en die nodige stappe word geneem om u belange bo die van die studie te plaas.

184

Ek, die ondergetekende

____________________________________________________________ (volle naam & van) het die bogenoemde inligting rakende die studie, soos bespreek in die ingeligte toestemmingsvorm, gelees en het ook die mondelingse weergawe daarvan gehoor, en ek verklaar hiermee dat ek dit verstaan. Ek het ook elke bladsy van die vorm geparafraseer. Ek is die geleentheid gegun om die relvenate aspekte van die projek te bespreek met die navorser en hiermee verklaar ek dat ek vrywillig deelneem aan hierdie studie.

Handtekening van Deelnemer: ____________________________

Datum: ____________________________ Geteken te: ____________________________ Getuies: Handtekening Getuie 1: ____________________________ Datum: ____________________________ Geteken te: ____________________________ Handtekening Getuie 2: ____________________________ Datum: ____________________________ Geteken te: ____________________________