• No results found

SUMMARY, CONCLUSIONS, LIMITATIONS AND FUTURE RESEARCH

INGELIGTE TOESTEMMINGSVORM OUERS

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

TOESTEMMING VIR DEELNAME AAN NAVORSING

AFRIGTING- EN VAARDIGHEIDSPROFIELE VAN MINI-RUGBY AFRIGTERS EN SPELERS IN DIE WES-KAAP, SUID-AFRIKA

U word gevra om toestemming te gee dat u kind mag deelneem aan 'n navorsingstudie uitgevoer deur Jacques Basson, van die Departement Sportwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch. Hierdie navorsingstudie sal bydra tot 'n tesis vir 'n Magistergraad. U kind is gekies as 'n moontlike deelnemer in hierdie studie, aangesien hy/sy deelneem aan mini-rugby by een van die skole wat gekies is vir hierdie studie.

1. DOEL VAN DIE STUDIE

As gevolg van 'n gebrek aan gekwalifiseerde, ervare rugby afrigters in Wes- Kaapse primêre skole, is die afrigting van mini-rugby dikwels onvoldoende en verwaarloos. Hierdie studie sal egter poog om die belangrikheid van vaardigheidsontwikkeling in die mini-rugby jare te toon en dus die noodsaaklikheid van goeie gehalte afrigting om dit te bereik. Hierdie studie sal ook poog om 'n verskeidenheid van oefen aktiwiteite en metodologie te wys wat sal lei tot die optimale ontwikkeling van mini-rugby spelers om die verwesenliking van potensiaal te fasiliteer.

2. PROSEDURES

Indien u toestemming gee dat u kind mag deelneem aan hierdie studie, sal sy/haar betrokkenheid by die navorsingstudie soos volg wees:

Die mini-rugby spanne by die onderskeie skole wat gekies is vir hierdie studie sal lukraak aan die kontrole groep of die eksperimentele groep toegewys word. Al die mini-rugby spelers, van beide die kontrole- en eksperimentele groepe, sal getoets word oor ses verskillende rugbyvaardighede. Die spelers se vermoëns in die aangee en vang van die bal, die optel van die bal, ontwykende hardloop deur middel van die systap, die duikslag van die kant af, en om die bal in kontak in te neem sal beoordeel word. Die toets sal 'n observasie van elke speler wees, terwyl

124

hy/sy die spesifieke vaardigheid in 'n beheerde en nie-mededingende omgewing uitvoer. Hulle hoef glad nie voor te berei vir die toets nie. Dieselfde assessering sal drie keer gedurende die studie uitgevoer word. Eerstens sal 'n voortoets gedoen word aan die begin van die rugbyseisoen om die vaardigheidsvlak van elke speler te bepaal. Dan sal 'n middeltoets gedoen word na afloop van die midjaarvakansie om elke speler se vordering, indien enige, te bepaal. Laastens sal 'n natoets aan die einde van die seisoen uitgevoer word om weer die vaardigheidsvlak van elke speler te bepaal, en om dit dan met die voortoets uitslae te vergelyk.

Indien u kind toegewys word aan die kontrole groep, sal die drie toetse sy/haar enigste kontak met die navorsing wees, en hy/sy sal voortgaan met hulle normale oefeninge met hulle gewone afrigter soos aangewys deur hulle skool. Indien u kind egter toegewys word aan die eksperimentele groep, sal sy/haar span 'n intervensieprogram van 16 weke volg. Die eksperimentele groep sal afgerig word, by hulle onderskeie skole, deur hul eie afrigters wat opgelei sal word in terme van die bepaalde intervensieprogram en ook oor BokSmart akkreditasie beskik. Hierdie intervensieprogram sal tydens hul normale rugby oefeninge

plaasvind, maar hulle sal afgerig word deur die voorgestelde

vaardigheidsprogram en metodologie te gebruik. Die doel van hierdie voorgestelde vaardigheidsprogram en metodologie is om die vaardighede van elke speler optimaal te ontwikkel.

Om enige ongerief vir u te verhoed, sal die vaardigheidstoetse asook die intervensieprogram (dit wil sê die rugby oefeninge) gedoen word tydens die gereelde tye en op die gereelde plekke. U kind se betrokkenheid in die navorsingstudie sal beperk word tot die rugbyseisoen vir primêre skole, wat die tweede en derde kwartale is. Geen bykomende vereistes van tydbesteding deur u of u kind is dus nodig nie.

3. POTENSIËLE RISIKO'S EN ONGEMAK

Die spelers sal aan fisieke kontak en oefening blootgestel word, wat inherent is tot die sport van rugby. Daar is egter geen voorsienbare risiko's, ongemak of ongerief spesifiek met betrekking tot die studie nie. Die eksperimentele groep sal afgerig word deur die voorgestelde vaardigheidsprogram te gebruik, wat gebaseer is op gesonde en veilige beginsels. Dit kan nie gewaarborg word dat geen beserings sal voorkom nie. In die onwaarskynlike geval dat ernstige beserings wel voorkom, behoort die eksperimentele groep afrigters egter die beserings te kan hanteer aangesien hulle BokSmart akkreditasie sal hê.

U kind mag dalk 'n bietjie bang voel tydens die assesserings, aangesien hulle gewoonlik toetse as bedreigend ervaar. Die navorser sal egter sy uiterste bes doen om hulle gerus te stel.

4. POTENSIËLE VOORDELE VIR DEELNEMERS EN/OF DIE SAMELEWING

Die deelnemers wat deel van die eksperimentele groep gaan wees, sal blootgestel word aan 'n spesifieke vaardigheidsprogram en afrigtingsmetodes waardeur hul vaardighede hopelik optimaal ontwikkel sal word.

125

Indien hierdie navorsing toon dat die vaardigheidsprogram in werklikheid lei tot die optimale ontwikkeling van mini-rugby spelers se vaardighede, sal dit tot voordeel van die groter rugbygemeenskap wees.

5. BETALING VIR DEELNAME

Daar sal geen betaling vir u kind se betrokkenheid in die navorsingstudie wees nie.

6. VERTROULIKHEID

Enige inligting wat verkry word in verband met hierdie studie en wat met u geïdentifiseer kan word, sal vertroulik bly en sal slegs bekend gemaak word met u toestemming of soos deur die wet vereis.

Die identiteit van die deelnemers wat gaan deelneem aan die studie sal nie beskikbaar gemaak word nie, aangesien dit nie relevant sal wees nie. Die name van hierdie spelers sal slegs gebruik word vir administratiewe doeleindes, dit wil sê die toetsing van die spelers en om hul bywoning te kontroleer, maar hul identiteite sal nie relevant wees in terme van die resultate van die navorsing nie, en sal dus vertroulik gehou word.

Indien die resultate van hierdie studie, of enige ander inligting hoegenaamd gepubliseer of beskikbaar gestel word aan enige ander party, byvoorbeeld die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU), sal die identiteit van die deelnemers nie relevant wees nie, en sal weereens vertroulik gehou word.

Met u toestemming, sal die drie assesseringsessies op video opgeneem word om bewyse van elke speler se vaardigheidsassessering te verskaf, en om die akkurate en korrekte assessering van hul vaardighede te fasiliteer. Hierdie opnames sal streng vir opvoedkundige doeleindes gebruik word en slegs die navorser en sy studieleier sal daartoe toegang hê. Alle opnames sal aan die einde van hierdie spesifieke studie uitgewis word.

7. DEELNAME EN ONTTREKKING

U kan kies of u kind deel van hierdie studie gaan wees of nie. As u wel toestemming gee vir u kind om deel te neem, kan u hom/haar te eniger tyd onttrek sonder gevolge van enige aard.

Die navorser kan u kind van hierdie navorsing onttrek indien omstandighede sodoende daartoe aanleiding gee. Deelnemers wat enige van die drie vaardigheidsassesserings mis, sal uit die studie uitgesluit word. Daarbenewens sal 'n deelnemer in die eksperimentele groep wat vier of meer oefensessies tydens die intervensieprogram mis, ook uitgesluit word.

126

8. IDENTIFIKASIE VAN NAVORSERS

Indien u enige vrae of bekommernis oor die navorsing het, voel asseblief vry om die volgende persone te kontak:

Hoofnavorser: Mnr. Jacques Basson

074 203 2424

minirugbyproject@gmail.com

Studieleier: Dr. Wilbur Kraak

021 808 2379

kjw@sun.ac.za

9. REGTE VAN PROEFPERSONE

U kan u toestemming te eniger tyd onttrek en u kind se deelname staak sonder enige straf. U hef geensins enige wetlike eise of regte op as gevolg van u kind se deelname aan hierdie navorsingsprojek nie. Indien u vrae het oor die regte van ‘n proefpersoon, kontak Me Maléne Fouché [mfouche@sun.ac.za; 021 808 4622] by die Afdeling Navorsingsontwikkeling.

GERELATEERDE DOCUMENTEN