• No results found

Ouer/Voog/Regsverteenwoordiger

DIE EFFEK VAN ‘N GEPAARDE VERSUS ‘N KLEIN GROEP GROOT MOTORIESE INTERVENSIE OP GESELEKTEERDE KINDERS WAT VOORAF

GEΪNDENTIFISEER IS MET KINDER APRAKSIE VAN SPRAAK

Heike Nolte, BSc Meesters student, aan die Departement Sportwetenskap, Stellenbosch Universiteit, versoek vriendelik dat u, u kind toelaat om vrywillig aan ʼn navorsingstudie deel te neem. U kind is geselekteer om ʼn moontlike deelnemer te wees omdat hy/sy ingeskryf is in die skool wat aan die studie deelneem. Die resultate gaan bydrae tot ʼn Meestersgraad (Kinderkinetika) en ‘n navorsingsartikel. 0. DOEL VAN DIE STUDIE

Die doel van hierdie studie is om kinders se groot motoriese vaardighede en motoriese effektiwiteit te assesseer. Verder gaan die studie poog om te bepaal of ʼn gepaarde of ‘n kleingroep motoriese intervensie ʼn beter effek sal hê om kinders se groot motoriese funksionering te verbeter.

1. PROSEDURES

U kind is ʼn leerder aan die skool wat deelneem aan die studie en is tussen die ouderdom van drie en ses jaar oud. As u, u kind toelaat om aan die studie deel te neem, sal hy/sy aan die volgende aktiwiteite deelneem:

“Movement Assessment Battery for Children 2nd Edition (MABC-2)”

Die MABC-2 is ʼn wetenskaplike toets wat gereeld vir navorsingsdoeleindes gebruik word. Die MABC-2 identifiseer en beskryf motoriese vaardigheidsprobleme in kinders tussen die ouderdom van 3 en 16 jaar oud. Die duur van die toets varieer. Dit neem tussen 20 tot 40 minute om die toets af te handel. Die toets bestaan uit drie hoof areas: handvaardighede, mik en vang en balans. Onder hierdie drie areas is 8 verskillende vaardighede:

 Munt plasing, pennetjie plasing en omdraai van pennetjies  Ryg krale, ryg veter en maak boute en moere vas

 Tekeninge

 Vang ʼn boontjie sakkie, vang met twee hande en vang met een hand  Gooi ʼn boontjie sakkie op ʼn mat en teen ʼn teiken op die muur

 Een-been balans, een-bord balans en twee-bord balans

 Loop op tone, loop hak-toon vorentoe en loop hak-toon agtertoe  Spring op matte, hop op matte en hop zig-zag

“Test of Gross Motor Development 2nd Edition (TGMD-2)”

Die TGMD-2 is ʼn geldig en betroubare toets wat kinders, in die vroeë ontwikkelings periode (3 tot 10 jaar oud), se groot motoriese vermoëns, evalueer. Die toets is maklik om te administreer en neem 15 tot 20 minute om af te handel. Die TGMD-2 word verdeel tussen twee hoof subtoetse: lokomotories en voorwerp manipulasie. Hierdie twee groepe het 12 vaardighede wat individueel geëvalueer word:

 Hardloop  Galop  Hop  Spring  Horisontaal spring  Gly

 Slaan ʼn stilstaande bal  Dribbel stilstaande  Vang ʼn bal  Skop ʼn bal  Gooi oorhoofs  Onderarm rol Toets prosedures

U kind gaan deur ʼn Kinderkinetikus en “Kinderkinetici-in opleiding” geëvalueer word. U kind gaan aan bogenoemde aktiwiteite volgens die MABC-2 en TGMD protokol met die hulp van die navorsers, deelneem. Die assesserings gaan tot 30 minute neem om te voltooi en gaan voor en na die intervensie periode uitgevoer word. Albei assesserings gaan gedurende skoolure plaasvind.

Intervensie prosedures

Na die assessering gaan u kind aan die intervensieprogram deelneem. Hierdie program gaan of gepaarde groepe of in ‘n klein groep aangebied word. Die gepaarde groepe en die klein roep groot motoriese intervensieprogramme gaan deur ʼn geregistreerde Kinderkinetikus (01/015/03/1516/005) beplan en opgestel word. ʼn Kinderkinetikus gebruik beweging om ʼn kind holisties te ontwikkel deur die stimulering van spesifieke groot motoriese vaardighede. Hierdie sessies gaan 45 minute lank wees en sal twee keer per week gedurende skooltyd plaasvind. Die gepaarde groepe se groot motoriese program gaan opgestel word volgens elke kind se behoeftes soos bepaal deur die MABC-2 en TGMD-2. Die klein groep groot motoriese intervensieprogram gaan volgens die groep se behoeftes soos bepaal deur die MABC-2 en TGMD-2. opgestel word

2. POTENSIELE RISIKO’S EN ONGEMAKLIKHEDE

Daar is geen risiko’s tydens die assessering en intervensie periode van hierdie studie nie. U kind mag enige tyd vra om nie verder aan die assessering deel te neem nie, indien hy/sy ongemaklik voel. U kind gaan ook verskoon word van die assessrings of sessies indien hy/sy siek voel en nie kan deelneem nie. As u kind vermoeid of siek voel gedurende die assessering, mag u kind stop en op ʼn volgende geleentheid aangaan. Die veiligheid van u kind is nommer een prioriteit en die behoeftes van u kind sal bo enige assesseringsprotokol gestel word. Ongemaklikheid en enige risiko’s gaan uitgeskakel word deur direkte interaksie met u kind te alle tye te hê. In die geval van enige besering, sal die skool se protokol gevolg word.

3. POTENSIELE VOORDELE VIR DEELNEMERS EN/OF DIE SAMELEWING Die resultate van hierdie studie gaan die samelewing bevoordeel deur ʼn beter begrip oor die motoriese ontwikkeling en tekorte van kinders te ontwikkel. Hierdie studie gaan ook bewustheid skep oor watter tipe intervensie protokol die beste is om die groot motoriese vaardighede van kinders te verbeter.

2. BETALING VIR DIE DEELNEMERS

Die deelnemers gaan nie betaling ontvang vir hul deelname nie. 3. VERTROULIKHEID

toestemming of soos versoek deur die wet. Vertroulikheid sal gehandhaaf word deur al die informasie op ʼn rekenaar met ʼn wagwoord te stoor. Die wagwoord sal net bekend wees aan hierdie studie se navorsers.

4. DEELNAME EN ONTTREKKING

Dit is u keuse of u, u kind wil toelaat om aan die studie deel te neem of nie. U kan op enige oomblik u kind van die studie onttrek en daar sal geen negatiewe gevolge of diskriminasie wees nie. U kind gaan ook toestemming gee om deel te neem aan die studie en mag weier om deel te neem.

Die geregistreerde Kinderkinetikus mag op enige oomblik die kind onttrek indien die volgende omstandighede ontstaan:

 Wanneer die kind siek of beseer is en nie kan deelneem aan die nodige aktiwiteite nie.

 Wanneer die kind aanhoudend weier om deel te neem aan die sessies.  As die kind meer as 8 sessies mis.

 As die kind deur ʼn traumatiese episode gaan wat deur die ouer/voog/regsverteenwoordiger geïdentifiseer word.

5. IDENTIFIKASIE VAN DIE NAVORSERS

Asseblief voel vry om enige vrae te vra oor die navorsing of prosedures. Navorsingspersoneel: Heike Nolte 083 320 8998

Studieleier: Dr. Eileen Africa 021 808 4591 6. REGTE VAN DIE NAVORSINGS DEELNEMERS

U mag u kind enige tyd onttrek vanaf die studie sonder enige straf. Indien u/hulle vrae het aangaande die regte as ʼn deelnemer aan navorsing, kontak Mev Malène Fouchè [mfouche@sun.ac.za; 021 808 4622] by die Afdeling van Navorsing Ontwikkeling.