• No results found

7. A ANBEVELINGS

5.3. D IE AKTIEWE MENTORVERHOUDING

Eldredge (2006:5) en Farrar (2006:13) is van mening dat ʼn vrou nie ʼn mentor vir ʼn seun kan wees nie. Laasgenoemde outeur spreek hom soos volg hieroor uit:

But if you let your wife become the primary mentor of your sons, one of two things will end up happening. They will grow up to be feminized men, or they will grow up to be angry men.

Die invloed wat die mentor op die deelnemers het en die betrokkenheid van die deelnemers in ʼn mentorverhouding, word vervolgens weergegee.

105 28

Het 'n mentor Het nie 'n mentor nie

N=133 5.3.1. Betrokkenheid by ʼn aktiewe mentorverhouding

Die persoon wat die deelnemers as ʼn mentor beleef, is nie noodwendig die biologiese pa nie, maar is in sommige gevalle ʼn ouer broer, ʼn ouer vriend of ʼn buitestaander. Uit die kwalitatiewe empiriese ondersoek blyk dit dat slegs een van die deelnemers uit die platteland (N=5) sy biologiese pa en een sy broer as sy mentor ervaar (kyk paragraaf 3). Die ander drie deelnemers het ʼn persoon buite die gesin as sy mentor. Dit staan in teenstelling met die deelnemers uit die verre platteland wat almal (N=5) hulle biologiese pa as hulle mentor beleef. Die deelnemers wie se mentor ʼn buitestaander is, staan reeds al gemiddeld drie jaar lank in hierdie mentorverhouding.

Van die 133 deelnemers (N=133) aan die kwantitatiewe deel van die ondersoek, het 105 (78.9%) aangedui dat hulle tans in ʼn aktiewe mentorverhouding staan, teenoor die 28 (21.1%) wat nie ʼn aktiewe mentor in hulle lewe het nie (sien Figuur B-6). Buhrmester en Furman (1990:1396) verduidelik dat jonger seuns opsien na ouer broers en waarde heg aan die interaksie met hulle.

FIGUUR B-6: BETROKKENHEID BY ‘N MENTORVERHOUDING

5.3.2. Redes vir die mentorverhouding

Die volgende is verbatim aanhalings van die deelnemers (N=10) se opmerkings wat hulle tydens die kwalitatiewe empiriese ondersoek gemaak het waarom hulle in ʼn mentorverhouding staan:

 Om my te help met belangrike keuses.

 Daar is dinge wat ek slegs met hom kan deel. Dit is soos ʼn leermeester en vriend.

Daar is ʼn ander soort van trust, nie hele tyd by jou nie, nie soos iemand wat in die huis bly nie.

 Want ek kort iemand om na op te kyk, om van my besluite te neem op die maniere

wat hy sou gemaak het. Om dinge saam te doen wat ons sal geniet. Om my foute te help uitsorteer.

 Om my te ondersteun in moeilike tye. Om my raad te

gee en reg te help waar ek ook al mag struikel.

Die deelnemers het dit duidelik gestel dat hulle in ʼn mentorverhouding staan om ondersteuning (f=5) en hulp ten opsigte van belangrike keuses en besluite (f=6) te ontvang. Vir

ʼn Christen-mentor is dit nie ʼn vreemde begrip dat ander mense jou voorbeeld moet nastreef nie. Van die Ou Testament tot in die Nuwe Testament kom talle voorbeelde voor van mans wat as voorbeelde vir ander mans gedien het. Enkele voorbeelde hiervan is Jethro, Joshua en Kaleb wat Moses se voorbeeld nagevolg het, Dawid wat as voorbeeld vir Samuel en Jonatan gedien het, Elia vir Elisa en Paulus vir Timotius en Titus wat beide jong seuns was (Hendricks & Hendricks, 1995:180-181). Paulus het die Korintiërs aangespoor om die regte leefwyse te volg deur te sê: Volg my voorbeeld, soos dit in 1 Korintiërs 4:16 en 1 Korintiërs 11:1 aangeteken staan (Bybel, 1983). Elke Christen moet hierdie voorbeeld waarna die Apostel verwys, nagestreef.

5.3.3. Die mentorverhouding

Die deelnemers beleef die verhouding met hulle mentor as uiters intens en persoonlik, tóg spontaan en respekvol. Die verhouding word soos volg deur die deelnemers beskryf:

 Ons het ʼn baie goeie verhouding. Ons verstaan mekaar regtig baie goed. Hy is

altyd daar as ek hom nodig het.

 Baie intieme vriendskapsverhouding met broeder liefde. Maak nie saak waaroor jy

chat nie, kan oor enige iets gesels. Nie perke nie, nie net ʼn pel nie, maar soos ʼn broer.

 Dit is meer as ʼn vriendskap, ons leer by mekaar. Daar is volkome vertroue van

beide af. Wedersydse verhouding. Dieper verhouding as net ʼn vriendskapsverhouding.

 Praat op die man af, eerlik met mekaar, bewonder mekaar, komplimenteer

mekaar. Hy sal reguit vir my sê as ek verkeerd is.

Dit blyk dus dat die deelnemers hulle mentor as ʼn steunpilaar en vriend ervaar. Verder is dit duidelik dat die deelnemers en die mentors reguit en eerlik met mekaar is en dat daar volle vertroue is. Die deelnemers beleef hulle mentors as betrokke by byna alles in hulle lewe (f=8).

Mentors is ʼn

steunpilaar en vriend

vir die adolessente

seun

5.3.4. Gevoel teenoor die mentor

Die deelnemers se gevoelens teenoor hulle mentors is betreklik eenders. Verbatim aanhalings van die deelnemers se response is soos volg:

 Ek is lief vir hom en respekteer hom.

 Hy is ʼn ouboet vir my. Hy was klaar deur waardeur jy

nog moet gaan, opkyk, jy kan hom vra wat jy nie weet nie, hy weet goed van jou wat jy self nie weet nie.

 ʼn Goeie vriend wat enige tyd sy kennis sal deel om my

op te bou. Iemand wat jou sien groei en die beste in jou uit te bring.

Uit die data blyk dit dat die deelnemers besonders positief teenoor hulle mentor staan. Hulle ervaar hulle mentor as ʼn rolmodel en rigtinggewer – ʼn persoon wat op hulle vlak kommunikeer, hulle opbou om ʼn hoër lewensgehalte lewe te lei.

5.3.5. Ouers se gevoel teenoor die mentor

Die deelnemers wie se mentor nie hulle biologiese pa is nie, of nie ʼn ander gesinslid in die gesin is nie, gee hulle ouers se gevoel teenoor die mentor soos volg weer:

 Niks negatiefs nie.

 Goed, hulle voel opreg en dankbaar.

Hieruit blyk dit dat die mentor ʼn goeie indruk by die biologiese ouers van die deelnemers laat en dat die ouers hom vertrou met die roeping as mentor. Sommige van die deelnemers beleef hulle biologiese pa betrokke by alles in hulle lewe, maar hulle het steeds ʼn buitestaander as mentor.

5.3.6. Die belangrikheid van die mentorverhouding

Die deelnemers (N=10) is almal van mening dat die mentor ʼn opbouende, positiewe invloed op hulle lewe het. Een van die deelnemers druk dit soos volg uit:

 Dit vorm die uiterste in jou karaktervorming en is nie net ʼn voorbeeld nie. ʼn

Mentor bring die sterkste eienskappe na vore en versterk die swakkes. Jy streef nie iemand ander se karakter na nie, vorm jou eie.

Dit blyk dus dat die deelnemers hierdie mentorverhouding as baie belangrik beskou. Die mentor help vorm aan die deelnemers se karakter en help hulle ook om die regte keuses uit te oefen. Die mentor verskaf verder rigting en ondersteuning.

Dit vorm die uiterste in

jou karaktervorming en

is nie net ʼn voorbeeld

nie. ʼn Mentor bring die

sterkte eienskappe na

vore en versterk die

swakkes. Jy streef nie

iemand anders se

karakter na nie, vorm

jou eie.