• No results found

4 4 Hiërargiese Regressie-Analise van Weerbaarheid en Lewenstevredenheid onder Verskillende Etniese Groepe

Die SPSS-rekenaar program (SPSS Incorporated, 2009) is gebruik om ’n hiërargiese regressie-analise uit te voer ten einde die bydrae van verskillende voorspellers te ondersoek in adolessente se lewenstevredenheid. Die veranderlikes, naamlik ’n gevoel van bemeestering, ’n gevoel van verwantskap en emosionele reaktiwiteit, is afsonderlik vir elkeen van die etniese groepe ingevoer. Resultate vir die swart, wit en bruin groepe

110

kan gevind word in Tabel 17, Tabel 18 (op bladsy 96) en Tabel 19 (op bladsy 97) afsonderlik.

Die resultate van tabel 17 toon dat die drie veranderlikes van weerbaarheid (’n gevoel van bemeestering, ’n gevoel van verwantskap en emosionele reaktiwiteit) gesamentlik vir 12.5 % (aangepaste R² = 0.125) van die variansie in die swart groep se

lewenstevredenheid verantwoordelik is. Daarteenoor kan 87.5% van die variansie toegeskryf kan word aan ander veranderlikes. Weerbaarheid het ’n beduidende effek op swart adolessente se lewenstevredenheid op die 1% vlak van beduidenheid [F3;267=

13.9, p<0.01]. ’n Gevoel van bemeestering het geen betekenisvolle bydrae tot swart adolessente se lewenstevredenheid gelewer nie. In teenstelling met hierdie bevinding het beide, ’n gevoel van verwantskap en emosionele reaktiwiteit, wel ’n betekenisvolle bydrae gelewer tot swart adolessente se lewenstevredenheid.

Tabel 17

Hiërargiese regressie vir die swart groep Veranderlike N= 271 DF Parameter skatting Standaardfout t Pr>[t] Aangepaste Afsnit 1 17.59 1.97 8.94 <.001 0.135 0.125 Weerbaarheid: Gevoel van bemeestering 1 0.06 0.04 1.49 0.138 Weerbaarheid: Gevoel van verwantskap 1 0.09 0.04 2.37 0.018* Weerbaarheid: Emosionele reaktiwiteit 1 -0.08 0.02 -3.52 0.0005** *p ≤ 0.05; ** p ≤ =0.01

111

Tabel 18 toon dat meer as ’n derde (35.8%) van die variansie in lewenstevredenheid toegeskryf kan word aan die gesamentlike effek van die voorspellingskriterium, naamlik weerbaarheid in terme van ’n gevoel van bemeestering, ’n gevoel van

verwantskap en emosionele reaktiwiteit. Ten spyte van weerbaarheid se bydrae tot wit adolessente se lewenstevredenheid, moet in ag geneem word dat 64.2% (1-aangepaste R²) aan faktore, anders as weerbaarheid, toegeskryf kan word. Ook vir wit adolessente blyk weerbaarheid ’n beduidende effek op lewenstevredenheid te hê, op die 1% vlak van beduidenheid [F3;130= 25.80, p<0.01]. ’n Gevoel van verwantskap en emosionele

reaktiwiteit lewer egter nie ’n statisties betekenisvolle bydrae tot wit adolessente se lewenstevredenheid nie, terwyl ’n gevoel van bemeestering wel ’n betekenisvolle bydrae lewer.

Tabel 18

Hiërargiese regressie vir die wit groep Veranderlike N= 134 DF Parameter skatting Standaardfout t Pr>[t] Aangepaste Afsnit 1 10.75 2.71 3.98 0.0001 0.373 0. 358 Weerbaarheid: Gevoel van bemeestering 1 0.26 0.05 5.10 <.0001** Weerbaarheid: Gevoel van verwantskap 1 0.010 0.05 0.42 0.675 Weerbaarheid: Emosionele reaktiwiteit 1 -0.05 0.03 -1.81 0.072 *p ≤ 0.05; ** p ≤ =0.01

112

Vanuit Tabel 19 kan afgelei word dat weerbaarheid bruin adolessente se

lewenstevredenheid tot ’n geringe mate voorspel (aangepaste R² = 0.080). Slegs sowat 8% van die variansie in bruin adolessente se lewenstevredenheid kan toegeskryf word aan die gesamentlike effek van die voorspellingskriterium (’n gevoel van bemeestering, ’n gevoel van verwantskap en emosionele reaktiwiteit) Die oorblywende 92% van die variansie kan aan faktore, anders as die voorspellingsveranderlikes, toegeskryf word. Hierdie R² waarde is betekenisvol op die 5% vlak van beduidenheid [F3;59 = 2.80]. Net

soos in die geval van die wit groep het slegs ’n gevoel van bemeestering ’n

betekenisvolle bydrae gelewer tot bruin adolessente se lewenstevredenheid. ’n Gevoel van verwantskap en emosionele reaktiwiteit het geen betekenisvolle bydrae gelewer het nie.

Tabel 19

Hiërargiese regressie vir die bruin groep Veranderlike N= 63 DF Parameter skatting Standaardfout t Pr>[t] Aangepaste Afsnit 1 17.49 3.22 5.43 <.0001 0.125 0.080 Weerbaarheid: Gevoel van bemeestering 1 0.19 0.08 2.53 0.014* Weerbaarheid: Gevoel van verwantskap 1 -0.05 0.06 -0.86 0.395 Weerbaarheid: Emosionele reaktiwiteit 1 0.001 0.05 0.03 0.980 *p ≤ 0.05; ** p ≤ =0.01

113

Die resultate van die hiërargiese regressie-analise sluit aan by Resnick (2000) se bevinding dat verskillende etniese groepe verskillende maniere vind om te cope in stresvolle situasies. Vir die swart adolessente is dit veral ’n gevoel van verwantskap en emosionele reaktiwiteit wat belangrik is, terwyl hierdie twee veranderlikes geen

betekenisvolle bydrae tot wit en bruin adolessente se lewenstevredenheid lewer nie. Vir laasgenoemde twee groepe is dit eerder ’n gevoel van bemeestering wat ’n

betekenisvolle bydrae lewer. Hierdie resultate bevestig die aanname van Ferrante (2003) dat die swart bevolking in Suid-Afrika hoofsaaklik kollektivistiese waardes nastreef, terwyl die wit bevolking neig om individualistiese waardes hoog te ag. Individualistiese kulture fokus op die ontwikkeling van onafhanklikheid en om die individu self te dien, terwyl kollektivistiese kulture meer op die bediening, omgee en ondersteuning vir en deur ander, sowel as groeplidmaatskap fokus (Kuppens et al. 2008;Mokwena, 2007). Dus kan aangeneem word dat bemeestering kenmerkend van individualistiese kulture is, en ’n gevoel van verwantskap kenmerkend van

kollektivistiese kulture is.

Die betekenisvolle impak van emosionele reaktiwiteit onder die swart groep, maar nie onder wit en bruin groepe nie, kan verduidelik word aan die hand van Ferrante (2003) se beginsel van emosionele reëls. Hierdie beginsel behels dat kulture sekere norms, van hoe om emosies op ’n toepaslike wyse uit te druk, daarstel vir lede van die spesifieke kultuur. Só byvoorbeeld is dit ontoepaslik vir twee mans om fisieke kontak te hê in individualistiese kulture, terwyl kontak tussen mans in kollektivistiese kulture nie ongewoon of vreemd is nie. Hierdie kulturele norms en waardes kan moontlik die rede wees waarom emosionele reaktiwiteit ’n beter voorspeller is van lewenstevredenheid in swart kulture (wat meer kollektivisties is) eerder as in wit kulture (wat meer

individualisties is).

Vroeër is genoem dat bruin adolessente vasgevang voel tussen die swart en wit kulture van Suid-Afrika (Steyn et al., 2010). Vanuit die hiërargiese regressie-analise blyk dit dat bruin adolessente in die Vrystaat meer neig na die individualistiese domeine van weerbaarheid, soos ’n gevoel van bemeestering, om hul lewenstevredenheid te bepaal, eerder as kollektivistiese domeine, soos ’n gevoel van verwantskap. Dit wil dus

114

voorkom asof die bruin gemeenskap in die Vrystaat meer soortgelyk aan die wit bevolking as aan die swart bevolking is, in terme van domeine van weerbaarheid om hul lewenstevredenheid te bepaal. Die bruin gemeenskap van Suid-Afrika bly egter ’n etniese groep van onsekerheid (Steyn & Kamper, 2009), en verdere navorsing word in hierdie groep benodig ten einde die bruin etniese groep beter te verstaan. ’n

115

Hoofstuk 5

Bespreking

In hierdie hoofstuk word ’n samevatting van beide die literatuur, sowel as die resultate van die huidige studie voorgestel. Beperkinge van die huidige studie sal ook in hierdie hoofstuk bespreek word. Hoofstuk vyf word afgesluit met aanbevelings vir verdere navorsing.