• No results found

Hoofstuk een het die vraag gevra: Wat is aan die gebeur ? Die waarneming is gemaak dat baie tienermeisies in NGK Waterkloof aan depressie ly of depressiewe simptome toon. Depressie as ’n geestesgesondheidsprobleem is gedefinieer as ‘n algemene geestesversteuring met die volgende eienskappe: hartseer, verlies aan belangstelling en vreugde, skuldgevoelens, lae selfbeeld, versteurde slaap- en aptytspatrone, gevoel van moegheid en swak konsentrasie. Dit kan langdurig of herhalend wees en so ’n persoon se vermoë om ten volle te kan funksioneer by die werk of by die skool benadeel en hom of haar verhoed om die daaglikse lewe te hanteer. Op sy ergste kan depressie lei tot selfdood. Ligte depressie kan sonder medisyne behandel word. Depressie ontwikkel gewoonlik op ’n jong ouderdom. Gewoonlik affekteer dit meer vrouens as mans. (WHO 2016).

Depressive Disorder). Geloofsontwikkeling van tieners in die NG Kerk is bespreek en

die belangrikheid dat dit die konteks, taal en kultuur in ag moet neem waarin tieners groot word. Verder is depressie onder tienermeisies ondersoek. Die studie het bevind dat tienermeisies meer as tienerseuns geneig is om aan depressie te lei. Die invloed van postmodernisme op die sosiale samelewing van tienermeisies is ondersoek. Verder is daar gekyk na hoe die studie saamgestel sou word. Hoofstuk een het bevind dat daar geldigheid in die navorsingsprobleem is naamlik.: dat kontemporêre jeugkultuur ’n invloed het op tienermeisies met depressie.

Hoofstuk twee het steeds die vraag ondersoek Wat is aan die gebeur? (Osmer 2008:83). Kontemporêre kultuur en die invloed wat dit het op tieners se identiteitsvorming is breedvoerig bespreek (Helfenbein 2010: 239-248; Kjeldgaard en Askegaard 2006:233-234&245). Daar is bevind dat jeugkultuur ’n groot impak het op die lewe van tieners (Mueller 2006: 27&28). Huidige tieners word na verwys as die

millennial generasie. In hierdie studie is daar nie verwys na generasie Z nie omdat milennials na Generasie Y- en Z kan verwys en omdat die tydperke waarin hierdie

twee generasie val dikwels oorvleuel en daarom word die woord millennial gebruik sodat beide generasies in ag geneem kan word.

Hoofstuk twee gaan dan verder en vra Osmer (2008) se tweede vraag: Hoekom is dit aan die gebeur? Die karaktereienskappe van millennials is bespreek omdat dit bydra tot die identiteitsvorming van depressiewe tienermeisies in NGK Waterkloof (Mueller 2006: 89-108). Die impak van populêre jeugkultuur op die uiterlike voorkoms van meisies is bespreek. Kontemporêre jeugkultuur adverteer ’n sekere beeld van hoe meisies moet lyk en as meisies nie so lyk nie, dan voel hulle depressief. Hierdie hoofstuk het gepoog om die navorsingsteorie te bevestig deur redes te gee dat tienermeisies depressief kan raak as gevolg van kontemporêre jeugkultuur Daar is bevind dat dit wel ’n invloed het op depressie by tienermeisies.

Hoofstuk drie het gekyk hoe daar gereageer kan word op tienermeisies met depressie in NGK Waterkloof (Osmer 2008:133). Die konsepte spiritualiteit, godsdiens en geloof is ondersoek. Daar is gekyk na die negatiewe en positiewe invloed van hierdie konsepte op depressiewe tienermeisies. Teologie is in verband gebring met die vakdissiplines van Sielkunde en Psigiatrie om te kyk na depressie onder tienermeisies. Spiritualiteit, geloof en godsdiens is binne die sfeer van jeugbediening geplaas om die

waarde te ondersoek wat dit vir depressiewe tienermeisies kan hê en daar is gevind dat dit positiewe waarde het.

Hoofstuk vier het die vraag gevra wat die praktiese implikasies van die betrokke studie is en hoe dit toegepas kan word. Om depressiewe ervarings binne ’n veilige gemeenskap van gelowiges te deel is as waardevol gesien vir depressiewe tienermeisies. Die studie het gevind dat die manier waarop depressiewe tienermeisies God sien ook van belang is. Ackermann se feministiese teologie van praxis, Legge se teologie van ervaring, Scrutten se teologie oor potensiële transformasie, Van der Walt se feministiese Afrika-hermeneutiese lees van Bybeltekste en Dreyer se teologie oor pastorale begeleiding is as waardevolle bevind tot die studie. Dit fokus op die bevryding van onderdruktes en beklemtoon ook ervaring en die deel van ervaring as ’n belangrike bydrae tot bevryding. Dreyer,Scrutton,en Van der Walt het binne die velde van pastoraat, potensiële transformasie en die lees van Bybeltekste ook klem gelê op die belang van stories, die ervaring daarvan en die interpretasie daarvan. Die studie beveel aan dat daar binne die veld van jeugbediening in NGK Waterkloof ruimtes geskep moet word vir depressiewe tienermeisies om hulle ervarings in ’n veilige omgewing te deel.

5.3 DIE STUDIE TOT BETREKKING MET VORIGE NAVORSING

Oor die afgelope dekade is baie min navorsing gedoen oor tieners, veral gegoede tieners in Suid-Afrika. Die studie was dus meestal afhanklik van oorsese bronne. Die bevindinge van die studie is breedweg in lyn met navorsers soos Chrisler (2011), Ford (1999), White (2007), Angola et al. (1998), Desrosiers en Miller (2007), Ge et al. (1994), Miller et al. (2002), Nolen-Hoeksema et al. (1999), Pearce et al. (2003), Pillay et al. (2010), Botta, (2003) en Calles (2007).

Die studie het bevind dat daar al hoe meer navorsing gedoen word oor die invloed van kontemporêre jeugkultuur op tieners. In die artikel Have Smartphones Destroyed a

Generation wat pas gepubliseer is, sê Twenge (2017) dat depressie onder tieners,

veral tienermeisies, onmiskenbaar is as hulle baie tyd spandeer op die kuberruimte. Tienermeisies wat baie op sosiale media is, is 27% meer geneig om simptome van depressie te toon terwyl tienermeisies wat eerder verkies om kerk toe te gaan, hulle