• No results found

HOOFSTUK 4: DATA-ANALISE EN BESPREKING

4.3 Bespreking

4.3.2 Onkonvensionele spelling

4.3.2.1 Herhaling van letters

Die herhaling van letters en vokale word vir verskillende funksies gebruik. Tabel 4-4 gee ‘n aanduiding van watter funksies die meeste in die WKJ?-blog voorkom.

Vokale en konsonante se herhaling varieer ten opsigte van die emosionele intensiteit daaraan verbonde, hoe meer intens die emosie, hoe meer letterherhaling sal waarskynlik voorkom (Mikulík, 2007:22)

Herhaling van konsonante en vokale kom meer dikwels by uitroepe voor as enige ander funksie. Die voorkoms daarvan is betreklik gematig. 2008 se datastel is klein (17086 woorde), daarom is die agt keer wat letterherhaling voorkom taamlik hoog (per duisend woorde) in vergelyking met die frekwensies vir groter datastelle (vanaf 2010).

Grafiek 4-4: Herhaling van letters in uitroepe

Genormaliseer kom herhaling van letters 28 keer per 1000 woorde in die korpus voor in die kommentaargedeeltes, terwyl dieselfde verskynsel in die hoofteks slegs 7 keer per 1000 woorde voorkom. Letterherhaling kom dus by uitstek voor in die kommentaargedeeltes eerder as in die hoofteks van die WKJ?-blog. Konvensies in terme van die verskynsel het vanaf 2009 begin stabiliseer.

[4.20] Aggeneeeee! Ry dadelik Makro toe en koop klomp blikkieskos en komberse. (WKJ? 2010 Hoofteks)

[4.21] Een van daai plekke wat jy in Western movies sien waar mense mekaar opfok met vuiste, bar stools, bottels en six shooters. Heeee-haaaa! (WKJ? 2013 Hoofteks)

[4.22] Dis mos Ninja daai!!! Sjoooo fokken weeeee! (WKJ? 2012 Kommentaar)

Vullers word in gesproke diskoers gebruik om ‘ja’ te vervang, maar kan ook aandui dat ʼn persoon dink voordat daar gepraat word. Dit kan ook dien om amusie of verbasing uit te druk, en boots die funksie na wat in gesproke taal kon gebeur.

0.0 5.0 10.0 15.0 20.0 25.0 30.0 35.0 40.0 45.0 50.0 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017

Uitroepe

[4.23] Sy vra ook wat edible underwear is. Hmmm... kom ons dink 'n bietjie. (WKJ? 2004 Hoofteks)

[4.24] Dink eerder aan... hmmm. Dink aan... Dr Ruth. (WKJ? 2009 Hoofteks)

Herhaling van ‘mmm’ as eindklanke toon ʼn beduidende voorkoms eers vanaf 2009, waarna dit met redelike konsekwentheid tot in 2017 gebruik is. Letterherhaling kom bykans ewe veel voor in vullers en die nabootsing van gesproke taal. Gebruik toon ooreenkomste per periode, alhoewel letterherhaling vir die naboots van gesproke taal afgeneem het in 2016-2017 (sien grafiek 4-5). Die gebruik van vullers het egter toegeneem in 2016 en weer gedaal in 2017. Vullers behou ‘n redelike gebruiksfrekwensie. Letterherhaling vir vullers en naboots van gesproke taal kom onderskeidelik 12% en 16% in die kommentaargedeeltes van die korpus voor. Die oorblywende persentasie voorkoms (88% en 84% onderskeidelik) vorm deel van die hoofteks.

Grafiek 4-5: Vullers en naboots van gesproke taal per periode

0.0 2.0 4.0 6.0 8.0 10.0 12.0 14.0 16.0 18.0 20.0 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017 Vullers en naboots van gesproke taal genormaliseer per duisend woorde

Vullers en naboots van gesproke taal

Enkele voorbeelde van letterherhaling om gesproke taal na te boots uit die korpus sluit die volgende in:

[4.25] Die hoofmeisie steek 'n spietsie af. "Dankie jiiilllle. Dankie virrrrr allessss wat ek... uhm... ons... uhm... júlle hierdie jaar gedoen het. (WKJ? 2005 Hoofteks)

[4.26] die goue-goue-goue reël is so elke tien tot twintig jaar moet jy net sê "sooorriiieee" ons is net mense en as God dan vergewe wat is fout met julle idiotiese, ongelowige, breindood, imbisiele. (WKJ? 2000 Hoofteks)

Letterherhaling in liedjies is die frekwenste in 2015 (sien tabel 4-4). Die rede daarvoor is dat die spesifieke liedjie een nag, na ʼn redelike hoeveelheid alkohol ingeneem is, geskryf is, tesame met die vertaling daarvan:

[4.27] Aaaidiehaaaiii

My bybie, bybie, bybie Jy laat my hart tjoklits pomp

Bybieeee aiiidieeehaaaiii

Tabel 4-4: Funksies van letterherhaling in WKJ?

Funksie 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017 Totaal

uitroep 4 3 3 8 6 2 2 8 9 17 18 28 25 16 22 18 3 192

filler 1 2 6 3 1 2 8 5 3 6 10 6 10 16 3 82

naboots van gesproke taal 3 1 7 1 3 1 10 5 6 14 10 12 6 1 80

liedjie 3 1 1 5 1 2 8 2 47 2 72 klanknabootsing 9 3 8 3 3 8 4 6 10 2 1 2 59 beklemtoning 2 3 2 5 3 9 8 7 6 5 2 52 emosionele geluid 1 2 1 1 1 1 5 5 4 4 3 4 1 33 tikfout 1 1 3 1 6 4 1 5 1 23 lag 2 2 1 1 4 1 3 1 1 16 tussenwerpsel 2 1 2 5 1 2 1 14 onderklere grootte 1 1

Letterherhaling word ook dikwels teëgekom in klanknabootsing, sowel as die beklemtoning van woorde soos wat dit in gesproke diskoers sou beklemtoon word. Klanknabootsing se letterherhaling varieer per klank wat nageboots word. ‘Weee’ en variasies daarvan het slegs in 2011-2013 voorgekom, ‘eeeu’ en variasies daarvan het byna uitsluitlik in 2003-2008 voorgekom, met enkele verskynsels in 2015. ‘Rrrt’ en variasies het vir langer periodes en meer aaneen voorgekom, daar was beduidende gebruik vanaf 2003-2006, en weer vanaf 2009-2016.

[4.28] "Kinderrrrrrsssss," grom sy. (WKJ? 2014 Hoofteks)

[4.29] "SSSSHhhhhhh!!" Sê die water en die vlamme gaan staan in die hoek en skree terug "Rroooookk". (WKJ? 2003 Hoofteks)

[4.30] Dan probeer die ou die kar so rev maar daar kom net dolfyn geluide uit: "Eee!

Eeee! Eeee!" met skreeuende tyres daar by die Checkers verby...(WKJ? 2011

Hoofteks)

[4.31] Ten spyte van 'n moedige poging om die inevitable poep in te hou glip 'n dowwe "rrrrt!". Niks ernstig nie, maar hard genoeg vir almal aan die tafel om te hoor. (WKJ? 2010 Hoofteks)

[4.32] Ons het te veel Thai whiskey gedrink. Vat so, julle! En vat so, Batman!

BUUUURRRRP! (WKJ? 2013 Hoofteks)

[4.33] "Wheeeee! Kyk hoe fok ek rond met die Game trollie wat ons gesteel het in die parking lot! Wheee! (WKJ? 2011 Hoofteks)

[4.34] Ek glo ek verstaan die instruksies en dit is mos darem deur 'n vrou uitgevind en

baaaiiiieee ander vrouens gebruik dit op 'n daaglikse basis, so ek sal dit sommer

tjop tjop onder die knie kry. (WKJ? 2015 Hoofteks)

Emosionele geluide sluit uitdrukkings van verbasing, verveling en frustrasie in. Hoe meer intens die emosie is wat ervaar word, hoe meer letters word herhaal in die uiting.

[4.35] I started screaming, Aaaaaaargggh!!! Aaaaargghh!!!! Aaaaaaaaaaaaarghhhhhh!" (WKJ? 2010 Hoofteks)

[4.36] aaaaaaahhhhh. B9, altyd verfrissend, stel nooit teleur, mooi skoot!! (WKJ? 2011 Kommentaar)

[4.37] "Check my uit, ek is 'n fokken monster! Aaaaarrggh! (WKJ? 2011 Hoofteks) [Die

voorbeeld is verbatim uit die korpus geneem en die deelnemer het moontlik vergeet om die aanhaling te sluit.]

Tikfoute kom ook voor by letterherhaling, dikwels by dubbele konsonante wat ʼn ekstra konsonant bykry, vermoedelik weens tikspoed. Dit kom egter by vokale ook voor, waar ʼn ekstra vokaal onnodig bygevoeg word.

[4.38] As jy nog nie tickets het nie, beter jy vinnig hier gaan kry, want daar word nie verder weggeee deur ons nie. (WKJ? 2015 Hoofteks)

[4.39] So watter opsie gaan vir jou die beste werk? Dis maar 'n personal isssue. (WKJ? 2014 Hoofteks)