• No results found

Vervolgens word die Grondwet met spesifieke verwysing na artikel 24 bespreek. Die Grondwet is die hoogste gesag in Suid-Afrika. Alle ander wetgewing en reg is ondergeskik aan die Grondwet en geen wet of reg mag teenstrydig wees met die bepalings van die Grondwet nie.140 Die belangrikste artikel in die Grondwet met betrekking tot die omgewing is artikel 24 vervat in die Handves van Menseregte.

136 Departement van Minerale en Energie Report on investigation of hydraulic fracturing in the Karoo

basin of South Africa 64.

137 Wild Business Day 1.

138 Genis Landbouweekblad 112.

139 Departement van Minerale en Energie Report on investigation of hydraulic fracturing in the Karoo

basin of South Africa 50-51.

25

Artikel 24 beliggaam ʼn imperatiewe en grondwetlike mandaat vir die nakoming en toepassing van die omgewingsreg vervat in artikel 24.141

Die reg vervat in artikel 24(a) bestaan uit twee dele naamlik die reg op ʼn omgewing wat nie skadelik is vir gesondheid of welstand nie en die reg op die beskerming van die omgewing self.142 Subartikel (a) verleen dus ʼn fundamentele reg op die beskerming van die omgewing aan elkeen in Suid-Afrika en waarborg ʼn gesonde omgewing aan almal in die algemeen.143 Die term “welstand” moet wyd geïnterpreteer word. Welstand het ʼn geestelike en psigologiese betekenis waarby geargumenteer kan word dat die estetiese waarde van die natuurlike omgewing vir die mens ook ingesluit moet word in die definisie van die term en ook die idee van omgewingsregtelike integriteit.144 Die reg vervat in subartikel (a) kan horisontaal sowel as vertikaal afgedwing word deur die staat of individue en dus ook teen individue, soos ʼn myn sowel as teen die staat.145

Artikel 24(b) plaas ʼn positiewe verpligting op die uitvoerende, wetgewende, sowel as regsprekende regeringsfere om die omgewing te beskerm vir huidige sowel as toekomstige generasies deur redelike wetgewing en ander maatreëls uit te vaardig.146 Sodanige redelike wetgewing en ander maatreëls moet op so ʼn wyse uitgevaardig word dat besoedeling en ekologiese agteruitgang voorkom word, bewaring bevorder word en natuurlike hulpbronne op ʼn volhoubare wyse ontwikkel word met die inagneming van die bevordering van ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling.147 Die uitvoerende, wetgewende en regsprekende sfere is verantwoordelik vir die skepping van effektiewe meganismes wat die implementering en nakoming van omgewingsreg ten doel het.148 ʼn Positiewe verpligting rus dus op die regering om uitvoering aan hierdie reg te gee en sodoende die reg gewaarborg in

141 Feris “Environmental Rights and Locus Standi” 133. 142 Currie en De Waal Bill of Rights Handbook 526. 143 Feris Environmental Rights and Locus Standi 133.

144 Du Plessis Fulfilment of South Africa’s Constitutional Environmental Right in the Local

Government Sphere 245.

145 Currie en De Waal Bill of Rights Handbook 43-55.

146 Du Plessis Fulfilment of South Africa’s Constitutional Environmental Right in the Local

Government Sphere 248-249.

147 Thompson Water Law 320.

148 Kotze “Judicial Enforcement of Liabilities and Responsibilities for Pollution Prevention and Remediation: No more ‘Business as Usual’ for South African mines” 475.

26

subartikel (a) te realiseer.149 Daarmee saam rus die verpligting op die regering om ʼn myn te verplig om gehoor te gee aan artikel 24.150 Hierdie reg kan slegs vertikaal afgedwing word en die afdwinging lê by die howe.151 Verder verskaf subartikel (b) beskerming teen enige oortreding deur die staat wat die beskerming van die omgewing in gevaar stel of wat op enige manier skadelik is vir die omgewing.152 Subartikel (b) kan gesien word as ʼn duidelike indikasie van die rol van die regering in omgewingsbestuur en meer spesifiek die handhawing van omgewingsregte aangesien subartikel (b) ook ʼn konstitusionele plig is. Verder verleen subartikel (b) die staat die geleentheid om gebreke in die bestuur van die omgewing aan te spreek deur nuwe wetgewing te promulgeer of om bestaande wetgewing te wysig.153

Die belang van die omgewingsreg uiteengesit in artikel 24, het in die saak Director: Mineral Development, Gauteng Region and Sasol Mining (Pty) Ltd v Save the Vaal

Environment154 te voorskyn gekom, waar die hof bespreek het dat omrede die

Grondwet voorsiening maak vir omgewingsregte as fundamentele regverdigbare menslike regte moet daar behoorlike respek, erkenning en konsiderasie aan die omgewingsregte geskenk word in administratiewe prosesse van die land.155

Daar kan geargumenteer word dat artikel 24 die volhoubare beskerming van die omgewing bewerkstellig deur die beskerming van die omgewing vir huidige en toekomstige generasies.156 Die belangrikheid gekoppel aan die beginsel van volhoubaarheid is sentraal tot die bevordering en implementering van omgewingsbestuur. ʼn Ontwikkeling of myn moet dus poog om ekonomies

149 Feris “Environmental Rights and Locus Standi” 133. 150 Kidd Environmental Law 23.

151 Currie en De Waal Bill of Rights Handbook 524-525. 152 Feris “Environmental Rights and Locus Standi” 133.

153 Paterson en Kotze “Towards a more effective environmental compliance and enforcement regime for South Africa” 370.

154 1999 2 SA 709 (SCA) 719.

155 “Grondwetlike omgewingsbestuur” is verder uitgebrei in die saak BP South-Africa (Pty) Ltd v

MEC for Agriculture, Conservation, Environment and Land Affairs 2004 5 SA 124 (W). Du Plessis

en Kotze Stellenbosch Law Review 172.

156 In die saak BP Southern Africa (Pty) Ltd v MEC for Agriculture, Conservation, Environment and

Land Affairs 2004 (5) SA 124 (W), het die LUR op die beginsel van volhoubare ontwikkeling en

geïntegreerde omgewingsbestuur berus om sy weiering van ʼn aansoek vir die ontwikkeling van ʼn nuwe vulstasie te regverdig en die saak ook op die beginsel gewen. Die posisie rondom volhoubare ontwikkeling was verder uitgebrei in die Konstitusionele hof in die saak Fuel Retailers

Association of Southern Africa v Director-General Environmental Management, Department of Agriculture, Conservation and Environment, Mpumalanga Province, and Others 2007 (6) SA 4

27

lewensvatbaar, omgewingsverantwoordelik en sosiaal voordelig te wees.157 Aktiwiteite in die energiesektor is ook onderhewig aan artikel 24. Dit is egter van belang om te erken dat die reg vervat in artikel 24 ook die bevordering van regverdigbare ekonomiese en sosiale ontwikkeling ten doel moet hê. Dus is ʼn myn verplig om aan artikel 24 gehoor te gee, maar artikel 24 moet ook hidrouliese breking in ag neem en toelaat (op ʼn volhoubare wyse).158 Opsommend plaas artikel 24 'n verpligting op die regering om alle redelike maatreëls te neem om besoedeling te voorkom en te remedieer deur middel van omgewingswetgewing. Omgewingsowerhede word met verskeie meganismes bevoeg om omgewingswetgewing en bepalings te handhaaf.159

Indien ʼn myn inbreuk maak op enige regte met betrekking tot omgewingsaangeleenthede soos vervat in die Handves van Menseregte, kan ʼn hof genader word vir beskerming ingevolge artikel 38 wat locus standi aan ʼn individu verskaf.160 Indien enige individu of organisasie se reg vervat in artikel 24 op inbreuk gemaak word, kan die individu of organisasie gebruik maak van artikels 165-180 van die Grondwet. Indien daar bevind word dat ʼn gebrekkige regsraamwerk bestaan ten opsigte van die beskerming van die omgewing tydens hidrouliese breking kan nuwe wetgewing geproklameer word of huidige wetgewing gewysig word.161