• No results found

HOOFSTUK 4 DATA-ONTLEDING EN INTERPRETASIE

4.5 GEVOLGTREKKING

Die empiriese studie het die stand van die wiskundige bevoegdheid van eerstejaaringenieurstudente by toetrede tot hulle studie ondersoek en die verband bepaal met hulle prestasie in eerstejaarsvakke wat wiskundige bevoegdheid vereis.

Die betroubaarheid van die data deur die TIMSS-raamwerk as meetinstrument is gemeet en uit die bevindinge is die volgende afgelei:

 Die hoogste en laagste vlakke toon „n lae betroubaarheid wat beteken dat hierdie kombinasie van vrae wat gegroepeer is onder die onderskeie lae en hoë vlakke, nie dieselfde patroon getoon het onder al die studente nie. Byvoorbeeld het die korrelasie van individuele studente se prestasie ten opsigte van „n spesifieke vraag wat geklassifiseer is as „n Kennisvraag in vergelyking met die ander studente se prestasie ten opsigte van dieselfde vraag en vergelyking met hoe hulle met die ander Kennisvrae gedoen het, nie „n patroon gevorm nie. Die studente is onseker hoe om die vrae wat gevorderde wiskundige bevoegdheid en redeneringsvaardighede vereis, te benader. Hieruit kan afgelei word dat studente moontlik onvoldoende onderrig is in gevorderde wiskundige bevoegdheid.

 Dit is duidelik dat die ingenieurs wat ingeskryf het in 2011 as eerstejaaringenieurstudente die top van hulle Gr 12-wiskundeklas was met „n gemiddeld van 82.3% met „n klein verspreiding rondom die gemiddeld. Die ander deel van die toetree inligting van die studente is die data wat verkry is vanuit die Opknappingskursus. Die gemiddeld vir die Opknappingskursustoets is 64.6% met „n wyer verspreiding rondom die gemiddeld. Die gemiddeld van die Opknappingskursus- toets gee „n ander prentjie van die toetree-inligting van die groep eerstejaar ingenieurstudente.

 Die ontleding van die Opknappingskursustoets in terme van wiskundige bevoegdheids- en kognitiewe vlakke beskryf die bevoegdheid van die eerstejaaringenieurs duideliker as die Gr 12-wiskundepunt. Uit die vlakontledings van die Opknappingskursustoets is dit duidelik dat die studente se denke wel tot die middelste wiskundige bevoegdheidsvlak „Intermediêr‟ ontwikkel is. Die studente se toepassingsvaardighede byvoorbeeld om te kan selekteer, te voorspel, te modelleer, te implementeer en om roetineprobleme op te los waarmee die studente hulle

ingenieurstudie betree, is ook goed ontwikkel. Die Gr 12-wiskundepunt korreleer wel goed met die totale punt vir die Opknappingskursustoets asook met die Toepassingsvaardigheid van die studente, maar toon „n medium korrelasie met die wiskundige bevoegdheidsvlak „Hoog‟. Geen korrelasies kon bepaal word met die hoogste vlak van wiskundige bevoegdheid of met die hoogste kognitiewe vlak „Redenering‟ nie as gevolg van lae betroubaarheid. Hieruit kan afgelei word dat die studente nie genoeg op hierdie vlak uitgedaag is op skool nie en dus nie geleentheid kry om redeneringsvaardighede te ontwikkel nie.

 „n Moontlike rede hoekom die gemiddeld van die Opknappingskursustoets laer is as die Gr 12-wiskundepunt is omdat daar „n groter persentasie Gevorderde wiskundige bevoegdheidsvrae en Redeneringsvaardighede vereis is in die Opknappings- kursustoets as in die Gr 12-wiskundevraestel.

 Die wiskundige bevoegdheid van die studente by toetrede tot hulle studie is goed ontwikkel in terme van hulle Toepassingsvaardighede en wiskundige bevoegdheid van die vlakke „Intermediêr‟ en „Hoog‟. Daar is egter „n bekommernis oor die studente se vlak van ontwikkeling in die laagste kognitiewe vlak „Kennis‟ en hoogste kognitiewe vlak „Redenering‟en wiskundige bevoegdheidsvlak „Gevorderd‟.

 Die Gr 12-wiskundepunt toon „n groot korrelasie met die WISN 111-vraestel en die ITRW 115-vraestel, maar net met die tweede wiskundige bevoegdheidsvlak „Intermediêr‟ en die tweede kognitiewe vlak „Toepassing‟. Die Opknappingskursustoets se totale punt, wiskundige bevoegdheidsvlak „Intermediêr‟ en die kognitiewe vlak „Toepassing‟, toon ook „n groot korrelasie met die ITRW 115-vraestel se totale punt sowel as met die tweede vlak van wiskundige bevoegdheid en kognisie. Uit die bepalings van die korrelasies is dit duidelik dat die Gr 12-wiskundepunt en die Opknappingskursustoets „n goeie voorspeller is vir die vlak van prestasie van die studente op die Intermediêre en Toepassingsvlak. Die toetree-inligting is nie „n goeie voorspeller vir die vlak van prestasie op gevorderde wiskundige bevoegdheid en redenerings vaardighede nie.

Geen korrelasies kon bepaal word tussen die toetree-inligting van die studente op die hoogste wiskundige bevoegdheids- en kognitiewe vlakke in die eerstejaarsvakke nie, aangesien die vlakke onbetroubaar getoets is. Geen korrelasies is gevind tussen die wiskundige bevoegdheid van eerstejaaringenieurstudente by toetrede tot hulle studie en die

INGM 111-vraestel nie. Vraag 2 en 3 van die Ingenieursgrafika vraestel vereis die hoogste wiskundige bevoegdheidsvlak „Gevorderd‟ en al drie die vrae in die vraestel vereis die hoogste kognitiewe vlak „Redenering‟. Dus toon die Gr 12-wiskundepunt en die Opknappingskursustoets geen verband met die vlak van prestasie in die INGM 111 vraestel nie en het dit dus nie betekenisvolle voorspellingswaarde vir sukses in die INGM 111- module nie.

Aannames met betrekking tot studente se (verwagte) hoëvlak sukses in hulle eerstejaaringenieurmodules word gemaak op grond van die Gr 12-wiskundepunt en die Opknappingskursustoets se resultate, maar dit toon geen verband met die student se verwagte hoë-vlak wiskundige prestasie aan die einde van die eerste semester van hulle eerstejaar nie. Sodanige aannames mag dus op wanvoorstellings van die werklikheid dui. Beter gronde vir meer geldige aannames wat tot meer betekenisvolle optrede ten opsigte van die ondersteuning en ontwikkeling van studente kan lei, behoort verder ondersoek te word.

In Hoofstuk 5 is die studie se bevindinge saamgevat en is gevolgtrekkings gemaak waarvolgens aanbevelings gemaak is ten opsigte van ondersteuning vir eerstejaaringenieurstudente met toetrede tot hulle universiteitstudie.