• No results found

Gender en die OB-vroue: Oorweging van navorsingsvrae, navorsingsdoelwitte en

1.3 Teoretiese beoordeling van die rol van Afrikanervroue in die Ossewa-Brandwag:

1.3.2 Gender en die OB-vroue: Oorweging van navorsingsvrae, navorsingsdoelwitte en

Scott self verskaf genoegsame motivering vir ʼn studie van Suid-Afrikaanse geskiedenis wat gebruik maak van gender as kategorie van analise: “Gender... provide[s] a critical wedge in other countries, where there have been fewer feminist inroads in politics and the academy, particularly where there is no exact translation for the word. As a foreign import, often left untranslated, gender serves as a point of contestation for a whole range of issues”.155

Hierdie sake (“issues”) sluit in ʼn ontleding van “social definitions of gender as they are developed by men and women, constructed in and affected by economic and political institutions, expressive of a range of relationships which included not only sex, but class and power.”156 Enige studie oor gender behoort dus hierdie elemente in ag te neem.

Die primêre doelwit van hierdie studie is ʼn histories-teoretiese beoordeling van Afrikanervroue se rol in die Ossewa-Brandwag deur gebruik te maak van gender as kategorie

152 N.Z. Davis, “Women‟s history in transition: The European case”, Feminist Studies, vol. 3, no., 3-4, 1976, p. 90.

153 J. Meyerowitz, “A history of gender”, p. 1346. 154 J.W. Scott, “Unanswered questions”, p. 1427. 155

J.W. Scott, "Millenial fantasies. The future of 'gender' in the 21st century", p. 9. 156 J.W. Scott, “Women in history: The modern period”, p. 153.

43

van analise. Die vraag wat deur hierdie doelwit gevra word, is die volgende: Wat was die rol van Afrikanervroue in die OB teen die agtergrond van ʼn historiese gender-analise? Die doel is dus tweërlei van aard, naamlik om ʼn beskrywing te gee van die rol en agentskap van vroue in die OB, maar om hierdie rol terselfdertyd te beoordeel deur gebruik te maak van gender as kategorie van historiese analise wat in besonder klem plaas op die volksmoeder-konstruksie. Ten einde die primêre doelwit van hierdie studie te bereik, word dit opgedeel in drie sekondêre doelwitte, elkeen met sy eie navorsingsvraag waarin die gender-aannames van Scott ingebou is. Die drie doelwitte moet geensins afsonderlik van mekaar beskou word nie. Dit word gedoen deur te fokus op “historiese agentskap”, “politiek/mag” en “identiteit”.

Eerstens stel die verhandeling dit ten doel om gehoor te gee aan die oudste oogmerk van die “skool” van vrouegeskiedskrywing, naamlik om die vroue van die Ossewa-Brandwag sigbaar te maak in die historiese rekord. Die doel is dus om die plek en rol van die vrou in die OB histories te verantwoord deur haar storie (her-story) neer te skrywe. Dit word gedoen deur die volgende vraag te beantwoord: Wat was die rol van die Afrikanervrou, as historiese agent, binne die konteks van die wesensaard en ideologie van die Ossewa-Brandwag? Dit behels die beskrywing en beoordeling van vroue se rol as lede van die Ossewa-Brandwag. Met ander woorde die aard van die OB, onder andere die organisasie se doelstellings, optrede, klasse- aard, plek in Afrikanergeskiedenis en in besonder die OB se beskouing van die vrou. Die vrou se voorafbepaalde plek binne die konteks van die OB se weergawe van Nasionaal- Sosialisme sal ook in berekening gebring word wanneer vroue se aktiewe agentskap oorweeg word. Die doel is nie om bloot net ʼn “aanvulling” te skryf vir die geskiedenis van die OB wat vroue as ʼn soort nagedagte hanteer nie, maar om ʼn geskiedenis te skryf wat nie net vir die eerste keer die rol van vroue in die OB beskryf nie, maar ook ʼn nuwe perspektief bied op die OB self. Die tweede sekondêre doel sluit hierby aan.

Die tweede doelwit wentel rondom OB-vroue se politieke agentskap en tydgenote se verstaan van geslagtelike verskil. Die doel is om die aard van OB-vroue se agentskap te evalueer deur gebruik te maak van gender as kategorie van analise. Hierdie verhandeling stem ook saam met Lou-Marie Kruger wanneer sy Afrikanervroue se politieke agentskap opdeel in drie vlakke. Kruger het in haar studie oor vroue se bydrae tot Afrikanernasionalisme tot die volgende slotsom gekom:

44 “... women were active agents of Afrikaner nationalism on three different, but related, levels. They firstly served the nationalist cause in organisations and actions of an explicitly political nature. In the second place they were instrumental to Afrikaner nationalism as the active members of public women‟s organisations, even if these were not explicitly political organizations, but welfare organizations or cultural groupings. Thirdly, on a much more basic level, as mothers, wives and houseworkers, they also contributed to Afrikaner nationalism in the private sphere of their own households.”157

Vroue se politieke agentskap kom voor op al drie hierdie vlakke in die Ossewa-Brandwag. Eerstens was vroue betrokke by die OB as ʼn politieke organisasie wat gestrewe het na die magsoorname van die Suid-Afrikaanse regering (alhoewel dit nie ʼn politieke party was nie). Die OB wou egter meer wees as net ʼn politieke organisasie en het homself gesien as “ʼn volksbeweging met omvattende oogmerke – politiek, ekonomies, maatskaplik en kultureel van aard – en wat die Afrikaanse nasionale strewe vertolk en beliggaam”.158 Tweedens was daar in die vorm van die Noodhulpfonds ʼn sterk welsynskarakter wat terselfdertyd instrumenteel was tot die bevordering van die OB se politiek, omrede dit onder andere gedien het as anti-oorlogspropaganda. Derdens was die OB van die begin af ʼn volksorganisasie “wat homself wou laat geld op alle terreine van ons volkslewe.”159

Die afdruk van sy stempel op die huisgesin, die “sfeer” van die vrou, oftewel “the private sphere of their own households”, was een van die hoofprioriteite van die OB: “Volksorg word gerig op die versekering van gesonde huisgesinne...”160

Beide die volksmoeder en die konteks van die OB se politieke ideale is weereens hier belangrik. Vroue se politieke agentskap word geëvalueer teen die agtergrond van die beweging se Christelike Nasionaal-Sosialisme en heersende idees oor die sosiaal gekonstrueerde verskille tussen die geslagte. Dit is dus belangrik om die tweede proposisie van Scott se gender-definisie in ag te neem, naamlik dat gender ʼn aanduider van mag is, aangesien die magsverhoudinge van die OB gereguleer is deur die betekenis wat tydgenote geheg het aan geslagtelike verskil: “manne sowel as vroue.”161 Die tweede doelstelling behels dus dat die vrou se funksionering op hierdie drie vlakke op die grondslag van gender as aanduider van mag ontleed word deur die beantwoording van die volgende vraag: Hoe het vroue, deur sosiaal te organiseer, hulleself laat geld as politieke agente in die

157 L.M. Kruger, “Gender, community, identity”, p. 23

158 P. de Klerk, “Die ideologie van die Ossewa-Brandwag”, in P.F. van der Schyff (red.), Die OB: Vuurtjie

in droë gras, p. 292.

159 OBA: Die OB, Ketting-vlugskrifte, no. 1, 1941. 160

A.J.H. van der Walt, ʼn Volk op trek, p. 136.

45

OB, gesien binne die konteks van tydgenote se verstaan van geslagtelike verskil? Daar word gereageer op Scott se kritiek dat te min studies let op hoe “politics constructs gender” deur juis te kyk na die artikulasie van geslagtelike verskil op grond van beide die amptelike konstruksie van identiteit en die eiening van die OB-ideologie deur vroue self. In hierdie verband word daar gebruik gemaak van skrywers wat saamstem met Scott se epistemologie van sosiaal-konstruksionisme.

Laastens stel die studie dit ten doel om die kollig te laat val op ʼn identiteitskonstruksie wat baie prominent na vore tree in die geskiedenis van Afrikanervroue, naamlik dié van die volksmoeder. Die oogmerke sluit in om, deur gebruik te maak van beide die eerste en tweede proposisie van Scott se gender-definisie (dat gender ʼn saamgestelde element van sosiale verhoudings is, gebaseer op verskille wat tussen die geslagte waargeneem word en dat gender ʼn aanduider van mag is), vas te stel hoe die kulturele simbool van die volksmoeder geïnterpreteer is deur die normatiewe konsepte gebruik deur die OB en hoe hierdie konsepte die politieke agentskap, werksaamhede in die OB en daaglikse lewe van vroue gekonstrueer het. Die volksmoeder word beskou as ʼn sosiale konstruksie wat ʼn sterk invloed uitgeoefen het op tydgenote se verstaan van geslagtelike verskil. Wat betref die volksmoeder se bydrae tot ʼn histories-teoretiese verkenning van OB-vroue se agentskap, word die volgende vraag gevra: Hoe is vroue beïnvloed deur (en het op hulle beurt weer ʼn invloed uitgeoefen op) die metaforiese konstruksie van die volksmoeder?

Die bogenoemde drie vrae integreer die kernelemente van Scott se gender-kategorie en bied terselfdertyd ʼn geskiedenis van OB-vroue aan. Al drie oogmerke vorm deel van die eerste deel van Scott se definisie. Ook die tweede proposisie van Scott se definisie vorm ʼn belangrike deel van die studie. Nie net is die elemente van die eerste proposisie ook teenwoordig nie, maar die legitimeringsfunksie van gender word ontleed deur te let op hoe politiek (mag) op grond van biologiese determinisme in die OB gereguleer is en hoe dit die agentskap van vroue beïnvloed het. Die vier subafdelings van Scott se eerste proposisie (kultureel-beskikbare simbole, normatiewe konsepte wat hierdie simbole interpreteer, sosiale instellings en organisasies wat hierdie normatiewe konsepte in die daaglikse lewe struktureer en subjektiewe identiteit) sowel as haar proposisie oor mag verander wel nie die binêre struktuur van gender self nie, maar die doel van hierdie verhandeling is nie ʼn filosofiese oorweging van hoe die binêr vervang kan word nie. Dit is wel die neerpen van analitiese geskiedenis deur gebruik te maak van hierdie twee proposisies: “Gender history would be the

46

story of their complex and altering interplay...”162

Dit is dus belangrik om die doelstellings nie in isolasie van mekaar te beskou nie. Die een beïnvloed die ander en daarom word die geheel van die dele behou deur die analitiese aspek van die verhandeling afhanklik te maak van ʼn sterk logiese verloop wat afspeel tussen 1938 en 1952, maar nie noodwendig hou by kronologie nie. Voorts word daar ook deurentyd in die studie kennis geneem van ander kategorieë van analise, soos klas en etnisiteit, en die bruikbaarheid daarvan word erken, maar dit is belangrik om in gedagte te hou dat die analitiese fokus vir die doeleindes van hierdie verhandeling uitsluitlik gerig is op gender (wat, as metode van ondersoek, ook elemente soos klas en etnisiteit verreken).

Scott skryf dat dit belangrik is om vrae te vra wat “the articulation of sexual difference itself the problem to be investigated” maak omrede dit nie net aspekte van “ideology and subjectivity” insluit nie, “but also of political, economic, and social institutions and the power relations they attempt to implement.”163

ʼn Begrip van die artikulasie van geslagtelike verskil in die OB tussen 1938 en 1954 impliseer dus ʼn ontleding van die sosiale, ekonomiese en politieke prosesse van die tyd. Om hierdie rede word daar in elkeen van die hoofstukke ook kennis geneem van die betekenis wat tydgenote geheg het aan “geslagtelike verskil” (met ander woorde wat hulle verstaan het onder die konsepte “man” en “vrou”). Nie net die narratief verseker ʼn koherente geheel nie, maar die verhandeling word ook aanmekaargebind deurdat die sosiaal-gekonstrueerde betekenis wat tydgenote geheg het aan die verskil tussen man en vrou soos ʼn fyn lyn dwarsdeur die teks ontleed word. In die beantwoording van elkeen van die bogenoemde vrae is die artikulasie van geslagtelike verskil, binne die konteks van die Ossewa-Brandwag en die Afrikanersamelewing van 1938-1954, ook deel van die tema van ondersoek.

In verband met hierdie ondersoek is dit belangrik om te onthou dat “[s]tudying gender is less a question of a single theory than of a method or procedure for investigation.”164

Elke historikus van vroue se metode stem nie noodwendig ooreen met ʼn enkele teorie nie. In die geval van hierdie verhandeling is die teoretiese basis gebou op die idees van Joan Scott, maar daar word ook gebruik gemaak van denkers wat gender vanuit verskeie hoeke ontleed het. Die potensiaal van sosiaal-konstruksionisme vir die verstaan van die rol van vroue in die

162 J. Boydston, “Gender as a question of historical analysis”, Gender and History, vol. 20, nr. 3, Nov., 2008, p. 563.

163

J.W. Scott, Gender and the politics of history, p. 217. 164 J.W. Scott, “Women in history: The modern period”, p. 153.

47

Ossewa-Brandwag lê opgesluit in die primêre bronnemateriaal gehuisves in die Ossewa- Brandwag Argief van die Noordwes-Universiteit. Wat die ontleding van hierdie bronne betref word daar gebruik gemaak van ʼn individualiserend-hermeneutiese benadering tot die geskiedenis. Die rede hiervoor spruit uit die aard van die bronne wat in die argief bewaar word. Die hermeneuties-historiese benadering tot argivale bronne sluit hoofsaaklik filologiese kritiek in wat uiters bruikbaar is in die hantering van primêre bronne.165 Voorts is die bronne gelees en geïnterpreteer teen die agtergrond van beide die studie se doelwitte en gender as kategorie van historiese analise.

Elkeen van die drie vrae, sowel as die temas van ondersoek, word geïntegreerd en in besonderhede in ses kernhoofstukke bespreek. Voordat OB-vroue se geskiedenis op die grondslag van gender se temas van agentskap en politiek beskou word, ontleed hoofstuk

twee die gekonstrueerde identiteit van Afrikanervroue in 1938. Daar word gehoor gegee aan

Scott se kritiek teen gegewe betekenisse van “man” en “vrou”. Die problematiese binêre opposisie word verken deur die kategorie “Afrikanervrou” histories te bevraagteken en te analiseer. In hierdie verband is die volksmoeder-konstruksie besonder bruikbaar en die idee van die “Afrikanervrou” word ontleed in terme van die volksmoeder. Erkenning word ook gegee aan die vloeibaarheid van identiteit deur te let op hoe die kategorie verstaan is in 1938 en hoe dit verander en ontwikkel het sedert die negentiende eeu tot dan. Om te kyk hoe die betekenis geheg aan “Afrikanervrou” verander het en wat die volle implikasies daarvan is, is ʼn studie in eie reg. Daarom word daar hoofsaaklik gefokus op die invloed wat die gekonstrueerde identiteit van die volksmoeder uitgeoefen het op die beskouing van vrouwees in die Afrikanersamelewing. Die volksmoeder word bestudeer aan die hand van Suid- Afrikaanse akademici se navorsing daaroor, en die invloed wat dit uitgeoefen het op tydgenote se beskouings van geslagtelike verskil word bepaal. Voorts word die aard van die volksmoeder as sosiale konstruksie ontleed ten einde in die latere hoofstukke met groter detail te kyk na hoe vroue se identiteit as volksmoeders neerslag gevind het in die Ossewa- Brandwag van 1938 tot 1954.

Hoofstuk twee bevat ook ʼn historiese kontekstualisering gemik op die omstandighede wat gelei het tot die stigting van die OB en Afrikanervroue se verset teen “vreemde” oorheersing. Só ʼn kontekstualisering is nodig om te verstaan wat die motiewe van vroue was wat deel

48

gevorm het van die Ossewa-Brandwag. Die hoofstuk stel dit ook ten doel om in besonder op een aspek van die volksmoeder-identiteit te fokus, naamlik vroue se “sin vir onafhanklikheid”, omrede daar baie klem gelê is op hierdie kwaliteit in die Ossewa- Brandwag. Lede van die OB het hulleself immers gesien as die “Tweede Rebellie”. Dit bied ook ʼn agtergrond van die plek en rol van vroue in beide Afrikanergeskiedenis en die Afrikanersamelewing van veral die negentiende eeu.

In hoofstuk drie word die onmiddellike omstandighede wat gelei het tot die stigting van die OB oorweeg. Die onstuimige dertigerjare word beskryf aan die hand van vroue se reaksie op die veranderende ekonomiese en sosiale situasie deur te let op hoe vroue uit verskillende klasse van die Afrikanersamelewing gegryp het na die volksmoeder. Die volksmoeder het sterk gemanifesteer in die OB en die rede hiervoor is die klimaks wat die konstruksie bereik het in 1938. Die dinamiese aard van die volksmoeder-diskoers word hier ontleed met die oog op die verstaan van tydgenote se gebruik van die konstruksie in die OB. Dit wil voorkom of die lede en leierskap van die OB se verstaan van die verskille tussen die geslagte (en veral tydgenote se verstaan van die plek van die vrou) grootliks beïnvloed was deur die volksmoederkonstruksie. Gender is gebruik as legitimeerder van die vrou se afgebakende rol. ʼn Beskrywing word gegee van die totstandkoming van die OB Vroue-afdeling in 1939 sowel as van die organisasie en leierskap van die afdeling. Die OB se amptelike beleid rondom die plek en rol van die vrou is ʼn uitstekende voorbeeld van hoe gender politiek konstrueer en hierdie proses word ontleed deur veral aandag te skenk aan die betekenisse van gender in die OB soos ontbloot deur die tekstuele, visuele en materiële taal van gender. Laasgenoemde drie aspekte werp nie net lig op tydgenote se verstaan van geslagtelike verskil nie, maar dit is ook vol metaforiese gebruike van die volksmoeder wat ʼn belangrike noordster was vir vroue se agentskap.

Die geskiedenis van die Ossewa-Brandwag vroue-afdeling kan opgedeel word in twee kenmerkende fases waar die rol van vroue sekere klemverskuiwings ondergaan het. Vanaf 1939 tot 1942/43 was die vroue-afdeling deel van die OB as massabeweging met ʼn dualistiese karakter van kultuur en verset. Hoofstuk vier en vyf gee gehoor aan die eerste doelwitte van die skool van vrouegeskiedskrywing deur hoofsaaklik ʼn historiese beskrywing te gee van vroue se agentskap in hierdie eerste fase. In hierdie hoofstukke word die genderinterpretasies van die beskrywing geskei. Gedurende hierdie jare het vroue hulle rol as fondsinsamelaars van die beweging gevestig, maar het hulle ook deelgeneem aan byna elke

49

kultuuraktiwiteit van die OB. Hoofstuk vier beskryf vroue se rol in dié algemene aktiwiteite van die OB, maar gaan ook verder as dit. Vroue se optrede is sterk beïnvloed deur hulle gekonstrueerde identiteit. Om hierdie rede word daar veral aandag geskenk aan hoe vroue in die OB gender “gedoen” het teen die agtergrond van die volksmoeder en performatiewe teorie. Die belangrikheid van genderdade, wat voortspruit uit die normatiewe aard van die volksmoeder, word gehandhaaf deur uit te wys hoe die volksmoeder ʼn belangrike rol gespeel het in die bepaling van vroue se plek in die OB. Die konstruksie is gewysig en aangepas om die beweging se doelwitte te dien. Teen die agtergrond van die OB se amptelike beleid en doelstellings word vroue se agentskap geëvalueer na aanleiding van hulle werksaamhede in die beweging tot ongeveer 1943. Voorts word daar geargumenteer dat OB-vroue ʼn unieke karakter aan die volksmoeder verleen het deurdat die karaktereienskap van onafhanklikheid sterk uiting gevind het in hulle deelname aan die verset teen Smuts se oorlogspoging. Tussen 1939 en 1943 het die oorlogsomstandighede OB-beleid bepalend beïnvloed. Die meeste internerings van OB-lede deur die Smutsregering het in hierdie tyd plaasgevind en daarmee saam ook die grootste verset vanaf die Ossewa-Brandwag – in besonder die Stormjaers.

Hoofstuk vyf bestudeer die verskillende wyses waarop OB-vroue deel gevorm het van die

Afrikaner se verset teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Die dinamika van die volksmoeder is duidelik te bespeur in beide die passiewe en ondergrondse verset van vroue in die OB. Hierdie hoofstuk poog primêr om die stemme van vroue self te laat praat oor hulle ervarings in die “Tweede Rebellie”. Die implikasies van vroulike verset vir politieke agentskap word ook oorweeg en daar word aangedui hoe die betekenis van Afrikanervroue se sin vir onafhanklikheid, soos beskryf in hoofstuk 2, ʼn hoogtepunt bereik