• No results found

Die aard van beriggewing in die Daily Voice

3.3 Mense-element (human-interest)

4.2.1 G root o ps krifte

Volgens Harrower (2002:23) het opskrifte vier funksies: Dit prioritiseer die stories, som die inhoud op, dit lei die leser in die storie in en help om die storie te organiseer. Die groot opskrifte is 'n belangrike uitlegelement wat die geelpers graag aanwend om sensasie te bewerkstellig. Harrower (2002:23) meld dat dit die sterkste wapen in die uitlegarsenaal is.

Groot opskrifte is 'n belangrike uitlegelement wat die Daily Voice op elke blad inspan. Die voorbladopskrif en vervolgstories binne-in die koerant se lettergrootte is almal 36 punte of groter. In sommige gevalle, soos by ("The Kaalgat Murders: I heard him say he shot

two men" [Kansley, 2006:4-5]), beslaan die opskrif driekwart van die blad en is die lettergrootte meer as 72 punte en boonop onderstreep.

Wat opval, is dat die voorbladstorie twee hoofopskrifte het. Een is op die voorblad ("Dina's Free" [Geduld, 2006:1]) en een by die hoofberig wat op die binneblaaie verskyn ("Dina cries freedom" [Geduld, 2004:4-5]). Dit word ondersteun deur verskeie kleiner

subopskrifte (lettergrootte tussen 24-36 punte) en 'n staande kop17 bo-aan die blad om

die spesifieke nuusartikels saam te groepeer. Die opskrifte is onderstreep of het kolpunte by. Andersyds kom beklemtoonde opskrifte in kleure van wit, swart, rooi en geel voor. Hierdie oordrewe gebruik van groot opskrifte, die hoeveelheid opskrifte en die kleur van die opskrifte skep die gevoel van oordrywing en gaan met sensasie gepaard.

Die groot gebruik van opskrifte help om die stories in die Daily Voice op te som, maar kan soms misleidend wees. In die berig onder die opskrif ("Dina's Free" [Geduld, 2006:1]) is die beskuldigde byvoorbeeld nog hoegenaamd nie op vrye voet nie en sou sy byna 'n jaar later tot lewenslange tronkstraf gevonnis word.

Uit die bogenoemde analise is dit duidelik dat die Daily Voice groot opskrifte inspan om hoofsaaklik prominensie aan nuusberigte te gee en boonop sensasie te bewerkstellig.

4.3 Groot dramatiese foto's, grafiese toevoegings en kleur

Die Daily Voice benut eenvoudige ontwerperselemente uitstekend en gebruik foto's, grafika, kassies en kantkolomme om moeilike ingewikkelde stories in maklike leesbare gedeeltes op te breek (Joseph, 2005:31). In 'n onderhoud met Hunter (2005:1) meld Howard die volgende: "We despise white space. Headlines have to fit perfectly. We are picture and people driven. Pictures will be big and bold."

Volgens Harrower (2002:57) anker 'n sterk foto 'n storie of selfs 'n hele bladsy. Die Daily

Voice se harde nuusafdeling gebruik sterk foto's wat emosie, beweging en drama

oorbring. 'n Voorbeeld is die groot voorbladfoto van Goldin/Bloom se liggame (sien bylaag bfoto 1).

In die storie ("They were still alive when we left them" [Kansley, 2006:6]) gebruik die

Daily Voice gesigfoto's van verdagtes en kriminele saam met die gesigfoto's van die

slagoffers (sien Bylaag B foto 2). Dit ondersteun die idee van goed teenoor sleg en dat geregtigheid uiteindelik seevierwanneer die kriminele agtertralies is.

'n Gesigfoto verskyn saam met byna elke berig in die Daily Voice. Gemanipuleerde foto's waarvan die gesigte van minderjarige slagoffers uitgewaas word (incognito), is ook gereeld gebruik om die leser emosioneel tot die berig te bind, ("Monster's Message") [Kansley, 2006:1]). Daarbenewens het die Daily Voice 'n fotoblad, ("Picture perfect" [Anon, 2006:28]), wat uit een of twee bladsye bestaan en waarop gesigfoto's van individue en gemeenskaplede wat 'n geselligheid bygewoon het, verskyn (sien Bylaag B foto 5). Mense hou daarvan om hulself in die koerant te sien, dus is hierdie sosiale blad 'n groot trekpleister vir die lesers.

Die Daily Voice span graag grafiese ontwerperselement soos kassies en kantkassies in om die blaaie kleurvol te laat vertoon. Tog gebruik die koerant selde ander grafika of inligtingsgrafika op die blaaie.

Verder is daar nie veel wit spasie in die Daily Voice nie. Die gebruik van groot foto's, kort stories, kleur, kassies, die benutting van kantkolomme en die gebruik van groot opskrifte vul al die wit spasie. - in pas met die stelling hierbo dat die koerant wit spasie haat.

Die Daily Voice lyk lomp en oorvol. In die algemeen skep die Daily Voice se besige bladsye en hoe storietelling die gevoel van oordrywing en sensasie.

4.3 Kort stories

Die oorgrote meerderheid van die stories is kort (van 30 tot 50 woorde) ("Cape Spot" [Anon, 2006:4]) tot langer dubbelbladberigte soos ("Naked Truth" [Kansley, 2006:4]). Die langer berigte word gewoonlik met twee tot drie sub-hofies opgedeel om die leesbaarheid daarvan te vergemaklik en om konteks aan 'n storie te gee. Die voorbladstories van vier van die uitgawes bestaan gemiddeld uit 50 woorde en die leser word dan na die binneblaaie van die koerant genavigeer.

Die storiebelading in die Daily Voice is aansienlik hoer as in die twee ander geelperspublikasies, die Kaapse Son en Daily Sun, vanwee die korter stories, die onderbenutting van wit spasie en die kleiner teksgrootte. Dit voorkom verveling en behou die leser se aandag, maar lyk slordig en oorvol.

4.5 Karakter van die voorblad

Joseph (2005:31) noem dat hy dieselfde vraag daagliks aan sy joernaliste gestel net: "That's a story the other papers will cover, how can we tell it differently so it is relevant to our reader?"

Die Daily Voice het in die ondersoektydperk elke dag 'n ander voorbladstorie as die

Kaapse Son gedra, slegs met die uitsondering van die 2 Junie-uitgawe waarin 'n berig

geplaas is oor die vrylating van Dina Rodrigues weens swak ondersoekwerk deur die ondersoekbeampte, kapt. Esmerald Bailey. Tog bevat die meeste voorbladstories, behalwe die 29 Mei-uitgawe, nie vars nuus nie en dra die Daily Voice 'n beperkte verskeidenheid van onderwerpe, hoofsaaklik misdaadberigte.

Die Daily Voice maak gebruik van dramatiese groot volbladfoto's, groot opskrifte, onderstreepte subopskrifte en kort berigte wat op ander bladsye vervolg word. Gesigfoto's van die slagoffers soos die foto van die verkragtingslagoffer in ("Monster's Message" [Kansley, 2006:29]), baba Jordan in ("Dina hold the phone" [Geduld, 2006:1]); Brett Goldin en Richard Bloom in ("'Killer' unmasked" [Kansley, 2006:4]) word ingespan om emosie te bewerkstellig. Hiermee saam word die gesigte van die boosdoeners gebruik om die alomteenwoordige tema van goed en kwaad te konstrueer. Soos Bird se:

"Tabloids are designed to exploit" (1992:50). Die Daily Voice buit sekere gebeure uit en

om koerante te verkoop en winste na te jaag.

'n Rooi en geel strook word onder aan die blad aangebring, wat meer aandag werp op ander groot stories op die binneblaaie soos "More kaalgat suspects jailed" (30 Mei); "Where skollies are hunted like animals" (1 Junie) en "Come on love and Socker Spaniels" (2 Junie). Die Daily Voice bly konsekwent is sy aanbieding van die voorblad en sal dus maklik herkenbaar vir die leser wees. Die enigste voorblad wat van die res

verskil is die 29 Mei-uitgawe waar twee prikkels, ("How we hijacked Goldin" en "Braziliant" [Anon, 2006:1]), onderdie mashoof verskyn.

Interessant genoeg verskyn die Daily Voice se mantra: "Sex, Skinner, Scandal & Sport" nie op die voorblad soos die Kaapse Son se "Ons sien alles" nie. Die herkenbare geelperspublikasiekleure naamlik geel, rooi en swart en wit verklap ook meer van die produk se geelpersaanslag.

Die karakter van die voorblad ten opsigte van seleksie van nuusonderwerpe, die groot gebruik van opskrifte en foto's, die geelperskleure en die kort storie, verseker dat die

H00FSTUK5