• No results found

Onderskeid moet getref word tussen formele gelykheid en substantiewe gelykheid ten einde ʼn aanduiding te kan gee van watter tipe gelykheid werklik op gestremde leerders van toepassing is.

Formele gelykheid behels dat die reg almal wat in dieselfde omstandighede verkeer, dieselfde moet behandel.813 Almal is hiervolgens gelyke draers van regte. Dit neem nie fisiese, sosiale en ekonomiese agterstande tussen individue en groepe in ag nie.814 Dit maak ook nie voorsiening vir die toepas van spesiale maatstawwe om persone te akkommodeer wat as gevolg van hulle gestremdheid nie aan die gestelde vereistes voldoen nie.815 Hierdie gelykheid behels verder dat almal aan die hande van neutrale reëls geëvalueer moet word, ongeag die effek op sekere individue of groepe.816

Formele gelykheid veronderstel dat alle persone gelyk is en dat enige differensiële behandeling wat op arbitrêre gronde gebaseer is, soos ras en geslag irrasioneel en onder verdenking is.817 Formele gelykheid hou ook ʼn formele benadering tot die reg (regsformalisme) in, waarin aangeleenthede dan gedefinieer en aan die sosiale lewe onttrek word.818 Formele gelykheid maak nie ruimte vir iets soos regstellende aksie nie, aangesien hierdie benadering nie verskille verduur nie.819

812

4 of 2000.

813

Currie en DDe Waal Bill of Rights 232. Sien in hierdie verband ook Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 171 wat bepaal dat Formele gelykheid beteken dat elkeen dieselfde behandel moet word, met ander woorde eenvormige behandeling vir almal.

814

Currie en De Waal Bill of Rights 233.

815

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 171.

816

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 171.

817

Albertyn en Goldblatt ―Equality‖ 35-6.

818 Albertyn en Goldblatt ―Equality‖ 35-6. 819 Albertyn en Goldblatt ―Equality‖ 35-6.

127

Indien die howe moet bepaal of daar aan gestemde leerders se reg op basiese onderwys voldoen word, kan dit nie voldoende wees vir die howe om formele gelykheid as standaard aan te lê nie, aangesien gestremde leerders meer behoeftes as die sogenaamde nie-gestremde leerders het en dit juis hulle onderdrukte verlede is wat hulle bo nie-gestremde leerders uitsonder. Die skep van ʼn omgewing waarin hindernisse in die weg van menswaardigheid en gelykheid van persone met gestremdhede staan,820 is nie meer in vandag se demokratiese staat gepas waar elkeen oor gelyke regte ingevolge die Grondwet beskik nie.

Formele gelykheid sal ongelykhede in elke ander opsig meebring.821 ‘n Voorbeeld hiervan kan wees dat, indien gestremde leerders dieselfde staatstoelaes as nie- gestremde leerders ontvang, dit ongelykheid kan meebring, want gestremde leerders se finansiële behoeftes is groter as dié van nie-gestremde leerders. Gestremde leerders het soms in ʼn klaskamer ook meer behoeftes (byvoorbeeld tolkdienste) as nie- gestremde leerders en deur aan hulle dieselfde tipe onderrig, sonder die nodige aanpassing by die tipe gestremdheid, te verskaf kan ongelykheid meebring deurdat die gestremde leerder nie dieselfde onderriggehalte ontvang as nie-gestremde leerders nie.

Substantiewe gelykheid,822 aan die ander kant, neem omstandighede in ag en vereis ʼn deeglike ondersoek na die ekonomiese en sosiale omstandighede van individue en groepe ten einde te bepaal of die Grondwet se gebondenheid aan gelykheid voorgehou word.823 Deur die reg op gelykheid te eng te interpreteer sal daartoe lei dat die verpligting wat deur die Grondwet opgelê is, afgeskeep sal word.824 Substantiewe gelykheid vereis van die reg om gelykheid van die uitkomste te verseker en verduur differensiële behandeling ten einde hierdie uitkomste te bereik.825

820

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 171.

821

Currie en De Waal Bill of Rights 233.

822

Albertyn 2007 SAJHR 253-276 waar Albertyn die verwantskap tussen substantiewe gelykheid en transformasie in Suid-Afrika beskryf. Sien ook Marumoagae 2012 PER 346 wat substantiewe gelykheid en die invloed daarvan op gestremde persone beskryf.

823

Currie en De Waal Bill of Rights 233.

824

Currie en De Waal Bill of Rights 233.

825

128

Die grondwetlike waarde van substantiewe gelykheid is gekoppel aan die bereiking van sosiale en ekonomiese gelykheid en die aftakeling van strukturele ongelykhede.826

Substantiewe gelykheid is ʼn konsep van gelykheid wat verder beweeg as nie- diskriminasie.827 Dit vereis meer as beskerming van individue teen irrasionele, arbitrêre maatreëls wat hulle gebaseer op beskermde gronde raak.828 Substantiewe gelykheid vereis om stereotipes uit te daag oor groepeienskappe wat die reg of regering onderlê sowel as die versekering dat verskille in ag geneem word.829 Soms vereis dit dieselfde behandeling en met tye vereis dit ander behandeling.830

Hierdie tipe gelykheid het die potensiaal om duidelikheid te bring waar formele gelykheid gebreke bevat. Persone in verskillende groepe kan dus gelyk kompeteer. Substantiewe gelykheid gaan verder as gelyke behandeling ten einde nie alleen differensiële behandeling op grond van vooroordeel te elimineer nie, maar ook die effek van ongelyke behandeling in die verlede.831 Substantiewe gelykheid wat in die

Grondwet vervat is, vereis dat die bepaling van regverdigheid en proporsionaliteit

gebaseer moet wees op ʼn individuele assessering van die aard van die betrokke gestremdheid.832

Substantiewe gelykheid spruit voort uit die erkenning dat ongelykheid nie alleen uit irrasionele regsonderskeid voortspruit nie, maar dat dit gereeld dieper gewortel is in die sosiale en ekonomiese skeiding tussen groepe in die gemeenskap.833

Substantiewe gelykheid behels dat aandag geskenk moet word aan die konteks.834 Konteks moet die invloede van die private sfeer of nadeel en ondergeskiktheid insluit of

826 Albertyn en Goldblatt ―Equality‖ 35-13; Ngwena and Pretorius 2012 SAJHR 83 waar hulle beskryf dat

substantiewe gelykheid die rede is vir inklusiewe burgerskap en dit die waardebelaaide voertuig is waardeur inklusiewe burgerskap bereik kan word.

827 Bhabha 2009 SAJHR 233. 828 Bhabha 2009 SAJHR 233. 829 Bhabha 2009 SAJHR 233. 830 Bhabha 2009 SAJHR 233. 831

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 172.

832

Ngwena 2005 2 Stell LR 241.

129

omvat.835 Substantiewe gelykheid erken dat dit nie die feit van verskille is wat die probleem is nie, maar eerder die skade wat hieruit voortvloei.836 Die fokus van die regsondersoek is op die impak van die handeling (eerder as op die verskil) en op die aard van die skade wat die handeling skep.837 Howe moet egter nie alleen die konteks in ag neem nie, maar ook die doel van die reg op gelykheid en die grondwetlike waardes waarop dit gegrond is.838 Hierdie buigsame benadering help die howe om te bepaal of daar inbreuk gemaak is op die reg op gelykheid.839

Volgens Ngwena het die regering, met die publikasie van die White Paper,840 aanvaar dat mense met gestremdhede deur die gemeenskap gemarginaliseer en ontmagtig is.841 Die White Paper beskryf nie alleen die mediese model nie, maar ook die sosiale model waarvolgens gestremdheid ʼn menseregtekwessie is.842

Die regering poog met hierdie strategie om die gemeenskap in ʼn gemeenskap vir almal te verander.843 Substantiewe gelykheid is ʼn belangrike instrument ter bereiking van ʼn gemeenskap wat oral in Suid-Afrika diversiteit en gelyke waarde en waardigheid van persone met

834

Albertyn en Goldblatt ―Equality‖ 35-6.

835

Albertyn en Goldblatt ―Equality‖ 35-6.

836

Albertyn en Goldblatt ―Equality‖ 35-7. Die skade wat hieruit voortvloei, kan byvoorbeeld wees dat gestremde persone nie die behandeling ontvang waarop hulle geregtig is nie, of sekere geleenthede ontsê word weens die feit dat die persoon as gevolg van sy/haar gestremdheid anders behandel word.

837

Albertyn en Goldblatt ―Equality‖ 35-7.

838

Albertyn en Goldblatt ―Equality‖ 35-7.

839

Albertyn en Goldblatt ―Equality‖ 35-7.Sien ook Brink v Kitshoff NO 1996 4 SA 197 (KH) par 42 waar regter O‘Regan die volgende beslis het oor die doel van die gelykheidbepaling en die konteks daarvan:

Section 8 was adopted then in the recognition that discrimination against people who are members of disfavoured groups can lead to patterns of group disadvantage and harm. Such discrimination is unfair: it builds and entrenches inequality amongst different groups in our society. The drafters realised that it was necessary both to proscribe such forms of discrimination and to permit positive steps to redress the effects of such discrimination. The need to prohibit such patterns of discrimination and to remedy their results is the primary purposes of section 8 and, in particular, subsections (2), (3) and (4).

840

Integrated National Disability Strategy, White Paper 1997.

841

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 187.

842

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 187.Sien Hoofstuk 1 vir die bespreking van die mediese en sosiale model.

843

130

gestremdhede erken.844 Substantiewe gelykheid blyk met die gelykheidsklousule in die

Grondwet te strook.845

Die doel met die lys gestremdheid as een van die gelyste gronde, is om substantiewe gelykheid vir persone met gestremdhede in dieselfde mate as enige ander groepe te bereik.846

Ngwena is van mening dat redelike akkommodasie moet geld as ʼn meganisme ten einde substantiewe gelykheid te bereik.847 Redelike akkommodasie behels of die persoon (staat verteenwoordig deur die Departement van Onderwys) wat na bewering onbillik teen die ander persoon (gestremde leerders) gediskrimineer het die nodige stappe gedoen het ten einde die eiser (gestremde leerders) te akkommodeer.848 Die benadering is in ooreenstemming met artikel 36(e) van die Grondwet, aangesien hierdie redelike akkommodasie deel uitmaak van die toets of daar minder beperkte wyses is om die doel te bereik.849

Substantiewe gelykheid verskaf die regverdiging vir die positiewe plig om die posisie van voorheen benadeeldes, soos gestremde persone of leerders te bevorder.850 Substantiewe gelykheid hou ook verband met ander positiewe optrede, naamlik redelike akkommodasie.851 Die verskil tussen akkommodasie en regstellende aksie is dat akkommodasie persone gelyk stel, terwyl regstellende aksie voorkeur aan persone gee. Akkommodasie is ook gerig op die individuele behoeftes van persone terwyl regstellende aksie voorkeur gee aan ʼn groep persone.852

Dit blyk dat gestremde

844

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 187.

845

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 188.

846

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 189.

847

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 191.

848

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 191.

849

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 191. Kyk ook na Hoofstuk 1 by die bespreking van die provinsiale skoolwetgewing, waar sommige van die provinsiale skoolwetgewing ʼn bepaling bevat dat, voordat enige stappe gedoen word, eers bepaal moet word of die leerder nie by die huidige skool geakkommodeer kan word nie. Die bepaling is ʼn goeie voorbeeld van hoe redelike akkommodasie in wetgewing aangewend moet word.

850 Bhabha 2009 SAJHR 242. 851 Bhabha 2009 SAJHR 221. 852 Bhabha 2009 SAJHR 221.

131

leerders die reg het op redelike akkommodasie van hulle behoeftes ten einde elkeen van hulle op gelyke vlak van die nie-gestremde leerders te plaas.

Volgens Bhabha is, wat vereis word, ʼn benadering tot gestremdheidsgelykheid wat menswaardigheid inkorporeer, maar nie daardeur gedefinieer word nie.853 Terwyl menswaardigheid kan help om gelykheid te verstaan moet dit nie aangewend word as ʼn bykomstige struikelblok wat ʼn applikant moet oorkom ten einde gelykheid te vestig nie.854 Ongelykheidseise impliseer geïndividualiseerde waardigheidsbelange sowel as breër sosiale en ekonomiese belange.855

Die aandrang op formele gelykheid sal meebring dat persone met gestremdhede natuurlike beperkings oorkom namate dit die norm word.856 In die meeste gevalle sal die oorkom van fisiese en psigiese onmoontlik wees.857 Substantiewe gelykheid is ʼn transformerende beginsel vir die erkenning van verskille ten einde gelykheid te bereik.858 Redelike akkommodasie moet verskaf word in onderrig van persone met gestremdhede ten einde transformasie en substantiewe gelykheid ʼn werklikheid te maak.859

Artikel 9(2) van die Grondwet dui op ʼn nuwe konsep, naamlik regstellende gelykheid. Die idee van regstellende gelykheid word geassosieer met die politiese konsep van transformasie.860 Die Grondwet gebruik nie die term nie, maar verklaar implisiet sy verbondenheid aan transformasie in ʼn aantal plekke.861

853 Bhabha 2009 SAJHR 236. 854 Bhabha 2009 SAJHR 236. 855 Bhabha 2009 SAJHR 236. 856

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 193.

857

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 193. Gestremdheid is ʼn blywende toestand wat sekere behandeling en hulpbronne benodig. Dit is nie bloot ʼn verskynsel wat gaan verdwyn nie. Sonder die nodige hulp kan en sal dit nie vir die gestremde persoon moontlik wees om die fisiese en psigiese gevolge van die gestremdheid te oorkom nie.

858

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 193.

859

Ngwena 2004 Journal for Juridical Science 193.

860

Currie en De Waal Bill of Rights 234.

861

132

Volgens Bhabha word uiting aan substantiewe gelykheid gegee deur sosio-ekonomiese regte en regstellende aksie.862 Die effektiewe verwesenliking van sosio-ekonomiese regte (waaronder die reg op basiese onderwys ressorteer) is noodsaaklik ten einde substantief inhoud te gee aan die reg op gelykheid.863 Die insluiting van sosio- ekonomiese regte by die Grondwet was ʼn uitdruklike erkenning dat om waardigheid, vryheid en gelykheid te waarborg, niks beteken vir mense wat nie toegang tot materiële hulpbronne en dienste wat nodig is om hierdie regte te geniet het nie.864 Die staat moet dus substantiewe betekenis gee aan die waardes soos in die Grondwet bedoel.865 Dit dui daarop dat die staat nie alleen gelykheid moet waarborg nie, maar ook stappe moet doen ten einde gelykheid te verwesenlik.

Gewoonlik word onderskeid getref tussen formele en substantiewe gelykheid, maar volgens Dlamini is daar basiese gelykheid in teenstelling met simplistiese gelykheid of slegs formele gelykheid.866 Basiese gelykheid behels dat alle persone gelyk is as menslike wesens met waardigheid en daar moet nie teen hulle gediskrimineer word op een van die gronde soos in artikel 9(3) van die Grondwet genoem, nie.867 Die rede hiervoor is dat dit nie die wyse is waarop mense hanteer moet word nie.868 Benewens basiese gelykheid is daar geen vaste inhoud van gelykheid nie.869 Dit hang af van die konteks en vergelyking en beperkings bestaan aan die verkryging van algehele gelykheid.870

Mense uit verskillende sosio-ekonomiese klasse, armes en rykes, volwassenes en kinders, is gelyk871 of in beginsel veronderstel om as menslike wesens gelyk te wees. Die waarde van substantiewe gelykheid verskaf nie ʼn definitiewe antwoord op die vraag

862 Bhabha 2009 SAJHR 240. 863 Bhabha 2009 SAJHR 240. 864 Bhabha 2009 SAJHR 241. 865 Bhabha 2009 SAJHR 241. 866

Dlamini 2002 Journal for Juridical Science 27(1):30.

867

Dlamini 2002 Journal for Juridical Science 27(1):30.

868

Dlamini 2002 Journal for Juridical Science 27(1):30.

869

Dlamini 2002 Journal for Juridical Science 27(1):36.

870

Dlamini 2002 Journal for Juridical Science 27(1):36.

871

133

gelykheid van watter aard nie.872 Dit stel egter voor dat die antwoord ʼn sosiale demokratiese visie is wat beide gelykheid van geleenthede en gelykheid van uitkomste vervat.873 So ʼn visie verduur ook die idee van herverspreiding van mag en hulpbronne en die eliminering van materiële nadeel.874