• No results found

2.2. Die belangrikheid van fisieke aktiwiteit

2.2.1 Fisieke aktiwiteit en fisieke gesondheid

Gereelde fisieke aktiwiteit kan ʼn voorkom ende rol ten opsigte van verskeie siektes speel (Nowicka & Flodmark, 2007:39). Lakka en Bouc hard (2005:138); WGO (2004:4) en die W GO (2015) wys in hierdie opsig daarop dat fisieke aktiwiteit die risiko’s vir chroniese hartsiektes, insluitend hoë cholesterol en diabetes, verklein. Volgens die WGO (2015) kan matige weeklikse fisieke aktiwiteit selfs bors- en kolonkanker voorkom. Fisieke aktiwiteit bevorder dus die werking van ʼn individu se immuunstelsel en verklein so die kanse om siek te word (CDC, 2011a; NIH, 2011).

Kardio-respiratoriese en spierkrag-aktiwiteite kan verder ʼn persoon se daaglikse funksionaliteit bevorder deur middel van die vers keie fisiologiese aanpassings in die liggaam in reaksie op fisieke aktiwiteite (Seguin et al., 2002:2; WGO, 2004:4; WGO, 2015). In hierdie opsig lei spierkrag-aktiwiteite daartoe dat ʼn individu se spiere groter en sterker word in ʼn proses van aanpassing na aanleiding van mikro-skeurtjies in die spiere (Mercola, 2013; Rivera-Brown &

Fisieke aktiwiteit

Georganiseerde sport: Sportiewe stap

Gereelde f ietsry (≥ 30 min/per week) Swem

Aerobiese oefeninge Kompeterende aktiwiteite

Inf ormele sport Rekreasie: Rekreasionele stap of fietsry Aktiewe spel Dans Daaglikse aktiwiteite: Fietsry of stap Hoë-intensiteit tuiswerk Tuinmaak Beroepsaktiwiteite bv. harde arbeid

Frontera, 2012:799). Sodra oefening plaasvind, word bloed in die spiere sterker gepom p om sodoende ʼn aktiwiteit te kan uitvoer. Tydens kardio-respiratoriese oefening styg ʼn individu se harttempo, wat suurstofryke bloed na die spiere laat vloei, wat meebring dat ʼn persoon langer en meer effektief kan leef en werk (Mercola, 2013; Rivera-Brown & Frontera, 2012:799, 801). Gereelde deelname aan fisieke aktiwiteit verbeter dus ʼn individu se stamina en fiksheidsvlakke en verhoog energievlakke (The Parliamentary Office of Science and Technology [POST], 2001:161). Navorsing toon verder dat gereelde matige fisieke aktiwiteit by kinders en ouer geslagte bydra tot goeie nagrus (POST, 2001:161; Lira et al., 2011:3; Ekstedt et al., 2013:4). Nuwe bloedvate word voorts gevorm wanneer ʼn persoon gereeld aan kardiorespiratoriese aktiwiteit deelneem, wat weer kan lei tot laer bloeddruk. Die im plikasie hiervan is dat fisieke aktiwiteit ʼn effektiewe manier is om hoë bloeddruk te laat daal (Mercola, 2013; Rivera-Brown & Frontera, 2012:801). Dit blyk dat fisieke aktiwiteit inderdaad interverwant is aan hoë bloeddruk, wanneer gekyk word na die faktore wat volgens Norman et al. (2007:638) die oorsake is van Suid-Afrika se sterftes yfers. Hierdie navorsers vind dat hoë bloeddruk die tweede grootste oorsaak van sterftes in S uid-Afrika is, rook die derde grootste, alkoholmisbruik vierde, hoë liggaamsmassa-indeks (LMI) vyfde, interpers oonlike geweld as sesde, hoë cholesterol sewende, diabetes agste en fisieke onaktiwiteit negende (Norman et al., 2007:638). Aansluitend hierby het Fernandez et al. (2015:58) 169 individue tussen die ouderdomme 18 en 77 jaar, in Australië geëvalueer om hul algehele gesondheid te bepaal. Die individue se LMI, heupomtrek, rookstatus, fisieke aktiwiteit, cholesterol en diabetes is getoets. Die resultate het getoon dat 30% van die steekproef ten minste op drie vlakke risiko’s geloop het en nie aan gereelde fisieke aktiwiteit deelgeneem het nie (Fernandez et al., 2015:60).

Gereelde fisieke aktiwiteit kan ook ʼn positiewe invloed hê op die bene en gewrigte in die liggaam (Mercola, 2013; Rivera-Brown & Frontera, 2012:801). Die maksimale beenmassa word in volwassenheid bereik en neem stelselmatig af na gelang van toename in oude rdom, maar deur middel van gereelde fisieke aktiwiteit kan ʼn persoon se bene en gewrigte ʼn gesonde beenmassa behou (Mercola, 2013; Rivera-Brown & Frontera, 2012:801). Gewigdraende oefeninge word selfs as behandeling vir osteoporose toegepas (Merc ola, 2013; Rivera-Brown & Frontera, 2012:801). Volgens Skelton en Dinan (2010:5) neem beenverlies in die vroeë stadiums van menopouse toe. Oefening, ʼn gesonde leefstyl en ʼn gesonde dieet sal dan beenverlies help verminder sodat die breek van bene daardeur voorkom ka n word (Skelton & Dinan, 2010:5). Swem en fietsry is uitstekende aktiwiteite wat beoefen kan word om ʼn individu se hart en longe te versterk, asook om beendigtheid te vermeerder (Skelton & Dinan, 2010:5). Weerstandoefeninge en balans-aktiwiteite wat die spiere rondom die heupe, enkels en lae rug teiken, word verder aanbeveel sodat valle by ouer mense voorkom en breuke beperk kan word (Skelton & Dinan, 1999:106).

Te veel tyd bestee aan sedentêre gedrag word verder deur Wiec ha et al. (2004:469) en Steyn (2005:543) as ʼn bydraende faktor tot oorgewig en obesiteit by kinders en adolessente beskou, ʼn epidemie wat gedurende die laaste dertig jaar drievoudig by kinders toegeneem het (CDC, 2011c). Kinders in Suid-Afrika se algehele obesiteit-syfer het in soortgelyke mate toegeneem (Monyeki, 2013:10 & Pienaar, 2015:7). Volgens Monyeki (2013:10) is 17.3% van Suid- Afrikaanse meisies obees teenoor 8% van seuns. Gereelde fisieke aktiwiteit kan in hierdie opsig ʼn positiewe invloed hê omdat die verhoogde metabolisme en energieverbruik wat met die fisieke aktiwiteit gepaard gaan, kan lei tot gewigsverlies (POST, 2001:161; Batch, 2005:446). Kinders wat hoër fisieke aktiwiteitsvlakke en laer vlakke van sedentêre gedrag toon, se kanse om oorgewig te word, is skraler as dié van d ie kinders wat glad nie oefen nie aanges ien, fisiek- aktiewe kinders geneig is om gesonder lewenstyle te volg (Donaghy, 2007:77; Monyeki, 2013:10).

Volgens Nemet et al. (2006:666) versterk fisieke aktiwiteit ook oorgewig en obees kinders se beenkrag en bevorder dit beenontwikkeling. Batch (2005:446) wys verder daarop dat fisieke aktiwiteit oorgewig en obees kinders meer selfvertroue en ʼn beter selfkonsep gee deur die bevordering van hulle m otoriese vaardighede.

Die optim ale ontwikkeling van groot - en perseptueel-motoriese vaardighede deur middel van fisieke aktiwiteit word verder in die literatuur met optimale psigomotoriese ontwikkeling geassosieer (Cairney et al., 2005:77; Gallahue & Cleland Donnelly, 2003:76). In hierdie opsig is verbande tussen perseptueel-motoriese bewegings vaardighede en s elfkonsep gevind (Piek et

al, 2000:265), en swak koördinasie is met aandagafleibaarheid, lae selfbeeld en swak

selfwaarde verbind, wat weer met akademiese prestasie in verband gebring word (Cratty, 1986:3; Piek et al., 2000:265). Leerders met swak motories e behendigheid is verder geneig om fisieke aktiwiteit te vermy, wat daartoe lei dat ook hulle totale welstand benadeel kan word, aangesien ’n bose kringloop van onttrekking aan aktiwiteite met gepaardgaande sosialiser ings- en selfbeeldprobleme hieruit kan voortspruit (Cairney et al., 2005:77). Kremer et al. (2014:185) vind by 8 029 adolessente in Australië dat dié wat m eer aktief is, minder depressiesim ptome getoon het, as hul portuurgroep wat minder aktief is. Die verband tussen die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede en leerders se psigom otoriese ontwikkeling, sluit aan by die verband tussen fisieke aktiwiteit en psigologiese en geestesgesondheid, wat vervolgens bespreek sal word.