• No results found

VAN DIE EMOSIONEEL VERWONDE TIENER

Fase 5: Interpretasie en aanbieding

5.4 Empiriese ondersoek

5.4.1 Keuse van ʼn navorsingsonderwerp

Verskeie studies met betrekking tot die getraumatiseerde en emosioneel verwonde

adolessent is al gedoen. In hierdie studie word daar veral gefokus op riglyne vanuit die boek Prediker wat gebruik kan word in die pastorale begeleiding van die emosioneel verwonde tiener.

5.4.2 Formele formulerings

Die struktuur van Fouche soos aangedui in paragraaf 3 (pt. 4-5) word hier gevolg.

5.4.3 Selekteer die spesifieke navorsingsontwerp

In hierdie studie word hoofsaaklik gebruik gemaak van die kwantitatiewe model met die oog op die insameling en verwerking van data by vyf privaatskole.

5.4.4 Formuleer die probleem

Die tiener vandag word in toenemende mate blootgestel aan die gebrokenheid van die lewe onder die las van die sonde (Gen. 3). As gevolg van die gebrokenheid van verhoudings is hulle dikwels emosioneel verwond en maak die lewe nie sin nie en is daar talle van hulle wat worstel met ʼn gebrek aan lewensvreugde.

136

5.4.5 Stel ʼn navorsingsvoorstel op

Riglyne vanuit die boek Prediker kan rigtinggewend wees in die daarstelling van ʼn

voorgestelde model met die oog op die pastorale begeleiding van die emosioneel verwonde tiener.

5.5 Beplanning

5.5.1 Onderneem ʼn in-diepte literatuurstudie

In hoofstukke 2, 3 en 4 van hierdie studieis ʼn in-diepte literatuurstudie oor hierdie navorsingsvoorstel gedoen.

5.5.2 Kies 'n metode(s) van data-insameling en -analise

Vir die insameling van data is gebruik gemaak van die vraelysmetode en wel van die meervoudige keusevrae. Die vraelys, soos opgestel deur Perspektief Opleidingskollege, is gebruik by die insameling van data. Die spesifieke vraelys wat gebruik is, is dié van die "Kinderfunksionering Inventaris Hoërskool (CFI-Hoër)". Hierdie vraelys evalueer die tiener se huidige funksionering en daaruit word dan aanbevelings gemaak met betrekking tot die toekoms. Die vrae fokus besonderlik op die tiener in sy verhouding met homself, sy ouers, sy vriende en sy omgewing, aan die hand van die volgende kategorieë: positiewe

funksioneringselemente, selfpersepsie, traumadinamika, persoonlike verhoudings en besluitnemingsvermoë. Die agtergrond van die stigters van die Perspektief

Opleidingskollege, soos verkry uit hulle prospektus, is kortliks die volgende:

"Annatjie Faul is a social worker. Her doctoral thesis dealt with scale development and standardization in the field of Ecometrics, which is the quantification of psycho-social functioning within an environment. She started her career by doing research for the Human Sciences Research Council. After years of development and research (also at the Arizona State University) she completed her doctoral studies in scale development. Her years of research on the development and standardization of the Personal Functioning Inventory were rewarded with the Johanna Terburgh Research Award for an exceptional contribution in the field of social work research. Annatjie is a deputy dean at the University of Louisville (Kentucky) at present."

"Bertie Hanekom is an educationist and pastoral therapist and has always been interested in the development of personal development programmes. He became headmaster at the age of 31, and 5 years later in 1991 he and Annatjie Faul founded PTC. He made it his objective to develop programmes that can help people to realise their full potential in Christ. As a parent of a child with Attention Deficit Disorder with Hyperactivity, he was involved in

137 developing and standardising a behaviour rating scale for hyper children and was also instrumental in developing a support programme for parents. The present training programme was developed with the assistance and input of Annatjie Faul, pastors, psychologists and other social workers".

In die prospektus (Faul, 2006:15-16) word die betroubaarheid en geldigheid van hierdie meetproses gegrond. Ekometrieis die meting in die konteks van die ekologie. Ekologie weer het te doen met die studie van die delikate balans tussen lewende organismes en

hul omgewings. Ekometrie is dus die tegnologie wat hom bemoei met die kwantifisering van die mens se passing binne sy omgewing, en fokus op die manier waarop mense aanpas binne hul omgewings.

'n Gestandaardiseerde skaal van menslike funksionering moet dus die volgende kan doen: • gebruik kan word as 'n assesseringsinstrument om die hulpverlener en kliënt te help

in die identifisering en prioritisering van probleme wat aangespreek moet word; • benut kan word in die monitering van vordering tydens hulpverlening;

• benut kan word in die evaluering van effektiwiteit aan die einde van hulpverlening.

5.5.3 Kies ʼn steekproefplan

Aangesien hierdie vraelys reeds deur Perspektief Kollege beproef is en die geldigheid en betroubaarheid van hoogstaande gehalte is, is daar nie ʼn steekproef gemaak nie.

5.6 Implementering

5.6.1 Voer ʼn loodsondersoek uit

Die teikengroep en die navorsingsterrein is duidelik gedefinieer en afgebaken en gevolglik was daar nie die nodigheid van ʼn aanvanklike loodsondersoek nie en is daar direk

oorgegaan tot die kernnavorsing.

5.6.2 Voer die kernnavorsing uit

Hierdie navorsing is gedoen deur die vraelys van Perspektief Kollege deur 107 graad 10 leerlinge van vyf privaatskole in Namibië te laat invul. Die skole is die volgende:

• Berg-Op Akademie te Okahandja – 11 leerlinge • Edugate te Otjiwarongo – 21 leerlinge

• Elnatan te Stampriet – 35 leerlinge

• Tsumeb Gimnasium te Tsumeb – 24 leerlinge • Windhoek Afrikaanse Privaatskool – 16 leerlinge.

138 Toestemming is van die betrokke skoolhoofde verkry om hierdie vraelys te laat invul en die nodige dokumentasie betreffende hierdie toestemming is in besit van die navorser. Die vraelyste is anoniem ingevul onder die toesig van die betrokke klasonderwysers. Die voltooide vraelyste is aan Perspektief Kollege besorg wat dit elektronies verwerk het en waarvan die uitslag as Bylaag C aangeheg is.

Die riglyne soos neergelê deur die Etiese Komitee van die Universiteit van Noordwes is gevolg met betrekking tot die empiriese navorsing in hierdie studie.

5.7 Interpretasie en aanbieding