• No results found

Die metode van ondersoek in Artikels 1 en 2 was suksesvol en alle doelstellings is bereik. Die belangrikste gevolgtrekkings vanuit elke doelstelling is die volgende:

• dat gemiddelde tellings van hierdie ondersoekgroep op die meetinstrumente goed vergelyk met dié, gerapporteer in die literatuur van ondersoeke met vergelykbare groepe;

• dat positiewe copinggedrag, gekenmerk deur probleemoplossing en ander aktiewe copingstrategieë, prominent by hierdie groep leerders voorkom, hoewel die gebruikmaking van wensdenkery om van probleme te ontvlug „n sterk enkele copingstrategie blyk te wees. Die copinggedrag neig egter oor die algemeen meer na positiewe copingvaardighede wat „n mate van veerkragtigheid in die deelnemers aandui;

• dat „n meestal positiewe benutting van eksterne beskermingsfaktore voorkom in hierdie ondersoekgroep wat aanduidend mag wees van hul veerkragtigheid;

• dat interne bates deur die huidige ondersoekgroep aangewend word om negatiewe situasies en/of gevolge van teëspoed te vermy of met meer sukses te hanteer; en dat dit hulle ook in staat stel om bates en hulpbronne vir toekomstige hantering van soortgelyke omstandighede,op te bou;

127 • dat die leerders relatief min risiko beleef binne hulle omgewing van ontwikkeling, òf hulself

meestal binne omgewings bevind waar beskermingsfaktore teenwoordig is wat hulle in staat stel om die risiko‟s wat wel bestaan te kan hanteer;

• dat die betroubaarheid en geldigheid van beide die CCSC en die RYDM in hierdie ondersoek bevredigend tot goed was, wat dui op die teoretiese duidelikheid van die onderliggende konstrukte en modelle wat geoperasionaliseer word deur die meetinstrumente;

• dat die beduidend positiewe verbande tussen die skale en subskale van die CCSC en die RYDM dui op die wisselwerking van interne en eksterne beskermingsbates wat die individu in staat stel om veerkragtig op te tree (te kan cope);

• dat die beduidend negatiewe verbande tussen die CCSC, RYDM en RISKS dui op die onversoenbaarheid van veerkragtigheid en risikogedrag soos aggressie teenoor die self en ander, misbruik van substanse, selfverydelende gedrag ensomeer, asook op die beskermende invloed wat gesonde instansies soos die skool, gesin, omgewing en portuurgroep kan uitoefen tydens risiko blootstelling;

• dat die beduidend positiewe korrelasies tussen die skale en subskale van die CCSC en die RYDM daarop dui dat die onderliggende konstrukte eienskappe in gemeen het op „n empiriese vlak, wat gekonseptualiseer kan word as veerkragtigheid;

• dat dogters meer geneig is om veerkragtige gedrag te openbaar deur die gebruik van interne en eksterne hulpbronne of beskermingsbates, terwyl seuns meer geneig is tot vermyding en spesifiek tot fisiese uiting van emosies as vermydingstrategie;

• dat geslagsverskille ten opsigte van veerkragtige gedrag in hierdie studie dui op geslagspesifieke gedragseienskappe gedurende die middelkinderjare, maar ook op kultuur geïnspireerde verskille in die opvoeding van seuns en dogters;

128 • dat ouderdomsverskille daarop dui dat veerkragtigheidsprogramme en intervensies besondere aandag moet skenk aan kinders in die pre-adolessente ontwikkelingsgroep vanweë hul verhoogde kwesbaarheid vir risikogedrag;

• dat eksterne bates teenwoordig in die skool-, tuiste-, gemeenskap-, en portuuromgewing, asook interne bates in die kind self, deur die meerderheid deelnemers as beskermingsfaktore benut is, wat oënskynlik „n buffereffek gehad het teen risikofaktore wat ervaar is;

• dat die deelnemers aan hierdie ondersoek grootliks die eksterne omgewing wat die skool, tuiste, gemeenskap en portuurgroep insluit, as veilig en ondersteunend ervaar; gekenmerk deur omgeeverhoudings, en hoë verwagtinge wat soms aan hulle gestel is; en soms deur sinvolle deelname van hulle kant;

• dat die totale groep deelnemers meestal hoë tellings vir interne bates behaal het (behalwe vir probleemoplossing) en dat dit die seuns was wat geneig was tot matige benutting van sodanige bates (gemiddelde tellings vir samewerking en kommunikasie, empatie en probleemoplossing);

• dat die skool kan optree as beskermingsfaktor om die kind te help om meervoudige aanvalle van teëspoed of risiko teen te staan en/of effektief te hanteer;

• dat eksterne en interne faktore wedersyds interaktief is, mekaar beïnvloed en akkommodeer; en die uitkoms van sodanige wisselwerking veerkragtigheid is met betrekking tot risiko en teëspoed;

• dat „n eksterne omgewing gekenmerk deur omgee vir, verwagtinge aan en deelname van die kind, verband hou met eiesoortige ontwikkelingsbates in die kind en veerkragtigheid tot gevolg het; en

129 • dat beskermingsfaktore daardie individuele karaktereienskappe (interne bates) of omgewingsveranderlikes (eksterne bates) is wat die kind in staat stel om dreigende situasies, teëspoed of risiko waaraan hy/sy blootgestel is te weerstaan, vertraag, onderdruk of te neutraliseer sodat die uitkomste daarvan meer positief sal wees.

LEEMTES

Die volgende leemtes met betrekking tot die studie is geïdentifiseer:

• geen vergelykbare literatuur kon vir die RYDM gevind word nie, wat dui op „n leemte in navorsing met betrekking tot beskermingsfaktore wat „n rol in veerkragtigheid speel; aangesien die RYDM „n besonder bruikbare meetinstrument vir hierdie doel is, veral in die Suid-Afrikaanse konteks;

• min literatuur oor die algemeen en geen oor Suid-Afrikaanse navorsing gevind kon word vir die CCSC wat in hierdie studie „n besonder bruikbare meetinstrument vir copinggedrag en veerkragtigheid in kinders geblyk te wees het; en

• „n klein groep respondente en net een skool se leerders betrek is by die ondersoek. „n Groter deelnemergroep en/of meer skole kan gebruik word om „n breër perspektief met betrekking tot data versameling te verkry.

AANBEVELINGS

Die volgende aanbevelings word gemaak rakende veerkragtigheid in die middelkinderjare van ontwikkeling:

vraelyste is in Afrikaans aangebied. Verdere navorsing word aanbeveel waarin die RYDM vertaal word in die belangrikste tale van leerders in Suid-Afrika en dan gevalideer word vir

130 gebruik in die Suid-Afrikaanse konteks;

navorsing oor geslags- en kultuurverskille in veerkragtigheid, gemanifesteer deur die benutting van beskermingsbates, word ook aanbeveel;

die meetinstrumente kan ook gekombineer word met ander wat uitgebreide veerkragtigheidskenmerke meet om sodoende „n omvattende begrip te kry van die veerkragtigheidsverskynsel in kinders;

verdere navorsing word aanbeveel rakende beskermingsfaktore wat „n bydra kan lewer tot die bevordering van veerkragtige gedrag gedurende die ontwikkeling van middelkinderjare kinders; en

die gemeenskapsomgewing het as die sterkste algemene eksterne beskermingsbate uitgestaan vir hierdie groep deelnemers. Die rede hiervoor is onduidelik, maar die feit dat hierdie gemeenskap gekenmerk word deur „n verskeidenheid alternatiewe versorgingsbronne soos kinderhuise, plekke van veiligheid en pleegsorg, mag hierin „n rol speel. Verdere navorsing hieroor word aanbeveel.